top of page
Search

Wat Die Hart Van Vol Is.

WAT DIE HART VAN VOL IS.

My hart is weer effens rou vanoggend.  Ek sukkel nog om vrede te maak met my verhouding wat verby is en dit voel kompleet asof ek nou weer ou wonde moet oopgrawe hierdie naweek.
Ek het geweet dit gaan nie maklik wees nie, maar nou dat die "onttrekking" voor my deur lę, nou lę my hart ook weer op die sypaadjie.  Hoe neem ń mens af-skeid van iemand wat vir so ń lang tyd deel van jou lewe was.  Hierdie mens was deel van my asem, my bestaan en my drome.  Ek het vas geglo dat hy my sielsgenoot  was (en ek glo nou nog so).  Ek weet ook dat  ek niemand soos hy ooit weer sal ontmoet nie.  Maar met die groot liefde kom ook die groot pyn.
Die verhouding was moeilik …… gekompliseerd en tog ook op ń hoër vlak van intimiteit as wat ek nog ooit beleef het.  Ek het nog nooit voorheen so ń  “konneksie” met iemand gehad nie en om nou daardie band te moes breek, was uiters moeilik.
Ek weet nie hoe ek ooit weer iemand gaan vertrou nie …….hoe ek ooit weer iemand so naby my hart sal toelaat nie, want die risiko is net eenvoudig te groot.  En ek sien ook nie die krag en tyd daarvoor nie.  Daarom sal ek eerder verkies om nou alleen deur die lewe te gaan, tot ek eendag weer die moed het om my hart oop te stel vir iemand …..maar of dit ooit gaan gebeur weet ek nie.  Nou moet ek hom vandag ontmoet, om die finale on- trekking van sy goed uit my lewe to oraniseer.  Dit is moeilik.  Ek weet nie wat om te verwag nie en ek weet ook nie hoe ek dit moet benader nie.  Moet ek my hart weg bęre en hom op ń afstand hou of moet ek net myself wees en sien of ek nog “Connect” met die  persoon wat eens my siels genoot was.
Gewoonlik hou ek net daarvan om iets te skryf as ek soort van weet wat ek wil sę.  Wat ek bedoel by “soort van”, is dat ek nie sommer net iets wil sę.  Wat ek bedoel by “soort van”, is dat ek nie sommer net iets wil sę ter wille van sę nie.  Die moet hier uit ń ander deel van my kom waar my verstand nie geleë is nie. 
Die groot probleem met al die mislukkings van die węreld is dat ons steeds dink dat ons verstand die uiteindelik bron van alles is, ………..en dit is nie.  “Tevergeefs dat jy vroeg opstaan en laat gaan slaap”. (Aldus die Woord).  Dinge soos vroeg opstaan en laat gaan slaap is dinge van die vlees.  Die verstand is die vlees en dit sal dus slegs tevergeefsheid meebring.  Nie seën nie! En, dis seën wat ons nodig het om die uiterste hoogtes te bereik, met ookal!
So, wat is seën? Ek het altyd gedink dis nou God wat daar iewers staan en dan besluit wie is nou oukei en wie is nie oukei nie en dan daar volgens dan seën Hy ń mens.  Ek meen, Ek meen dis immers wat die kerk sę.  As jy mooi soet is dan kry jy ń Koekie en as jy nie mooi soet is nie, dan kry jy nie ń Koekie nie.
“Die seën van die Here maak ryk en jou moeite volle arbeid voeg daar niks by nie”  Hierdie moeite volle arbeid is nie noodwendig harde werk nie, hoor! Dis eerder die eie vleeslikke gebruik van die bron van die verstand en nie die gebruik van die bron binne ń mens van waaraf God vir alle mense wil “werk” nie.  Dis ń misgekykte beginsel! “God het ons reeds alles gegeë.” ………om ń lewe van oorvloed te hę.  So, as God reeds alles gegeë het , soos Hy wel het, hoe kom sukkel die hele węreld dan so!? Ek inkluis!
Te lank nę, het ek myself vasgestaar teen die misgeinterpreteede woorde van die geloof waarvan ek deel was en elke dag gewonder waar en wat is die werklike waarheid.  Werklike waarheid en nie skyn-werklike waarheid nie.  “Julle sal ń groter oordeel ondergaan,” word daar aan die bedienaars van die Woord belowe.  Nie dat enige bedienaar van die Woord , veel daaroor bekommerd in nie!
Daar binne in jou nę, daars ń verkuilde bron waar God vanaf werk.  Dit help nie jy kwoteer elke dag bybel versies en goed nie.  Dit aktiveer niks nie! 
Dit is slegs ń slaafse herhaling van vol woorde wat steeds leegheid tot gevolg het ……. Sonder beginsel.  God  se dinge werk slegs, vir almal, wanneer die daargestelde beginsel toegepas word.  So nie sal jy vroeg opstaan en laat gaan slaap sonder enige noemenswaardige vooruigang.
“God ondersoek die hart”.  Hy kyk nie of jy ń beginsel toepas nie, Hy sien bloot die resultaat van sy beginsels wat werk in jou lewe en dan weet HY, …….. Uiteindelik het jy ontdek….
Ou tipe geloof het niks daarmee te make nie.  As jy iets in die lug opgooi, dan kom dit altyd af grond toe.  Dis ń beginsel van God.  Die werk altyd en dit werk vir almal.  Die ander beginsels is nie daar buite om te gaan soek nie.  Om daar buite te soek moet ek vroeg opstaan en laat gaan slaap.
“Daarna het God sy asem in die mens geblaas”……… dis al’s hierbinne in ons.  Ons soek net verkeerd.  Dit is maar die beste om die regte “Connection” te hę om daardie “Special” iemand te ontmoet.

8 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page