top of page
Search

Tik,Tok.Koekeloer....

Updated: Jul 5, 2020

Ok dit gaan 'n bietjie van n lang storie wees, maar ek moet die boodskap oor kry. Miskien as mense se koppe nie begrawe was in die sand van onkunde nie sou hulle die tyd geneem het om te verstaan, in plaas van oordeel en dink dit sal nie met hulle gebeur nie, want hulle het die perfekte familie, sou hulle dit n bietjie makliker maak vir mense wat dit ervaar! Dit raak naby aan die huis vir my, vir familie en vriende wat onder hierdie skaduwee leef. Die dae van om nie oor "dit" te praat nie moet taboe wees. JA, dit is ongelukkig waar dat daar diegene is wat die stelsel melk en selfs hartseer dat daar diegene is wat nie weet hoeveel hulp daar beskikbaar is vir hulle. In die moelikste oomblikke van die lewe besef jy wie jou ware vriende is, en die mense wat jou werklik waardeer. Ongelukkig is die meeste sosiale media "vriende" nie ware vriende nie. Hulle sal hier en daar n "like" stuur maar in werklikheid neem hulle nie tyd om jou blogs te lees of vlogs te kyk nie. Ek het besluit on hierdie boodskap te plaas ter ondersteuning van al diegene wat voortgaan om te veg met hul geestelike siekte of dat hulle dalk miskien Positief getoets vir hierdie gevaarlike virus "Covid - 19". As jy alles tot dusver gelees het, die stories, asseblief se tog iets, sodat ek n dankie kan sit. Meer geestelike gesondheid bewustheid is dringend nodig. Net omdat jy dit nie kan sien nie, beteken nie dat mense nie ly nie. Asseblief, probeer om n bietjie van jou tyd af te staan aan iemand wat dalk net wil praat (oor enigiets). Praat kan ons almal help om dinge n bietjie meer hanteerbaar te maak, om dinge op te krop maak dit erger. Die meeste mense sal se, "as jy iets nodig het, moet asseblief nie huiwer om my te bel, ek sal daar wees om jou te help" maar sal hulle? "Of die of daai doen!" Ek glo n paar van my vriende sal help waar hulle kan,om n mens te ondersteunig, om te bel en om te hoor "Hoe dinge met my gaan". So ja! As ek nog kan aanlas, sal ek nog se, is darem lekker om nie onderklere te dra nie.n Mens voel baie vry,geen pantie of bra vir 19 dae....ha ha...

17 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments

Couldn’t Load Comments
It looks like there was a technical problem. Try reconnecting or refreshing the page.
All Videos

All Videos

bottom of page