top of page
Search

Ms Ellen 14

Updated: Nov 12, 2020

Dennis en Marleen stress Behoorlik.

‘Het die Here ons gehelp?’  Vra Dennis nadat hulle klaar gebid het.

‘Jy kan mos nie verwag ons gebed moet somer net bentwood word nie.’  Gaan Marleen voort.

Sy los dan vir Dennis in die kamer en gaan Kombuis toe.

‘Ons moet seker maar aanvaar dat dit verby vir ons is. Ons moet solank Zinke gaan soek om ‘n Makoekoe op te slaan, of beter dat ons vir Quinton Adams bel om ons te hulp, HY is mos bekent, daai manetjie wat Wendy’s en Shacks bou.’ Maak Dennis ‘n opmerking.

‘Jy darem dramaties. Ek sal eerder dood gaan as om in ‘n Makoekoe te bly…Jy ken nog vir my min, ek mos belowe ek gaan nie laat die familie ondergaan, daar is iemand wat ons laaste hoop is.’  Skreeu Marleen uit die Kombuis.

Dus kom Dennis Kombuis toe. “Wie is dit?”

‘Jy gaan sien ek gaan hom nou bel.’  Gaan Marleen voort.

‘Is Doran weer lui Auntie?’  Antwoord die persoon aan die anderkant.

‘Nee man ek en Oom Dennis wil net saam jou praat.’

‘Okay dus dood reg Auntie, ek gaan nou kom.’

‘Regso Kevin.’  Gaan Marleen voort soos sy die foon neer sit.

‘Hoekom jy vir Kevin gebel, hoe kan hy ons help?’  Dennis verstaan nie so mooi nie.

‘Jirrie Dennis, jy is ook gevrek, hy vry saam met Ellen se sister, die een wat van jong manetjies hou, met haar colourful tights.’  Gaan Marleen  aan.

‘KEVIN is mos rou om groot mense op te klim.’  Gaan Dennis verbaas aan.

‘Ek hoop net hy ken van daai familie se geheime, my sister het paar dae reeds gekla by my dat hy daar ingetrek het so natuurlik moet daar iets wees wat hy kan doen, al is dit krap…’  Gaan Marleen voort.


****************

Daisy lê en wag vir Erica om op te daag, sy het natuurlik van die nurse se foon af gebel.

Erica het ingeloop, sy is nie formeel soos elke keer Aangetrek nie omdat sy nie vandag by die werk was.

‘Ek bring darem goeie nuus, jou geld word Maandag in my sorg geplaas en dan kan ons jou plan in aksie sit.’  Gaan Erica voort die oomblik toe sy klaar vir Daisy gegroet het.

‘Ek is bly ek wil alles net agter die rug kry want as ek hier uitkom moet ek net op skool focus, maar dus nie die rede Hoekom ek jou hierna toe geroep het nie my auntie is dalk nou, nou terug so ons moet vinnig praat.’

‘Ek luister.’

‘Ek wil ’n guns vra, ek weet nie wie anders om te vra nie. Maar kan jy asseblief vir my ’n DNA toets doen. Ek vermoed dat my Auntie my regte Ma is maar ek wil eers seker maak.’  Gaan Daisy vinnig voort.

‘Ek kan dit reël vir jou, het jy enige iets van haar?’

‘Ek wil nie hê my auntie moet weet, ek het haar haar hier by my en ‘n haar van my.’  Sy handig dit oor aan Erica.

‘Ek sal dit Maandig ingee vir die Lab results, gaan seker ‘n week vat.’

‘ ‘n WEEK is bietjie lank maar dus seker maar reg, Dankie baie ek waardeur dit.’  Gaan Daisy voort.

‘Dis ‘n plesier ek help waar ek kan, ek moet seker nou gaan voor jou Auntie ogdag.’  Erica groet dan vir Daisy en sy is uit by die kamer deur.  In die gang loop sy en Mildred en Kevin verby mekaar.

‘Auntie het vir hou KFC gebring’  Gaan Mildred vroeilik voort.

‘Ek is hoeka honger Aunty Milly’  Gaan sy opgewonder voort.

‘Daisy die is jou nuwe Uncle, sy naam is Kevin.’  Gaan Mildred voort.

Daisy se oë rek Behoorlik want sy ken hom, hy is haar vriendin, Janelle se boyfriend.  Sy wil iets sê maar die skok is net te groot sy kan nie die woorde uit haar mond kry nie.

Kevin kom ook dadelik agter dat Daisy hom ken.

Maar hy speel cool,’ So jy is die Daisy wat my Mammie so van praat?’

‘Mammie?’  Gaan Daisy deurmekaar voort.

‘Ja dus wat hy my noem, is dit nie cute van hom nie?’  Gaan Mildred voort.

‘Ek sien’  Daisy voel baie ongemaklik.

‘Moet ek vir Janelle sê wat aangaan?  Maar sy het nooit my 'back' waar is sy, sy my nooit kom kuier nie, so Hoekom moet ek die een is wat die nuus breek aan haar, ek is seker Doran weet ook, is sy neef after all lê en dink Daisy soos Kevin en Mildred heen en weer met mekaar flirt.

‘Jy kom darem Maandag uit, ek gaan al jou favourite kos kook.’  Gaan Mildred voort.

‘Dankie ek sal dit waardeur Aunty Milly.’

‘Ons moet gaan Andrea het ‘n boodskap gestuur, daar is glo weer moeilikheid by die huis.  Katrina weer iets gedoen glo nou moet ek alwee ingryp.’ Mildred en Kevin groet dan vir Daisy.

‘Baby ek moet na my Auntie toe gaan, sy wil hê ek moet haar uithelp met iets.’  Soen Kevin  vir Mildred terwyl hy in sy kar klim.

Mildred ry vinnig huistoe.

‘Wat gaan hier aan, is Maggie nog Veilig in die kamer?’  Vra Mildred die oomblik toe sy Andrea in die Kombuis kry.

‘Ja,ja daar.  Maggie is nog reg daar binne, ding is, Katrina het gister gevlug, sak en pak, ek nie eers geweet nie as ou Mielie pitte nie Omgekom het en kom huil het dat hy honger is, het ek nie eers geweet.’  Gaan Andrea dramaties voort.

‘So sy het die kinders gelos???’

‘Sy het en ek vir Thabang gestuur om te gaan kyk of sy by haar Ma se plek is…Sy is ook nie daar nie ons sit met ‘n probleem.’

‘Speel solank Mammie ek het belangrike goed om af te handle.’  Gaan Mildred voort.

‘Maar Aunty Mildred dus Hoekom ek my vrugbare eiers lankal uit gehoer het.’  Gaan Andrea voort.

“Jy bedoel seker jou baarmoeder?”

‘Wat ook al, maar ek gaan nie na daai vrou se demon kindertjies kyk nie wat lyk as mens hulle in die nag kan sien dan gaan mens weg hardloop’  Gaan Andrea dramaties voort.

‘Jy vergeet jy het soos ‘n aap gelyk toe jy Klein was, nou wil jy Katrina se kinders uitmaak. Ek glo nie Ellen het daai 1000 dae saam jou connect toe jy verwek was.’

‘Ek klap vir jou Auntie Dinges, ek klap vir jou’  Gaan Andrea voort.

‘Gooi net black label in daai goed se bottles en hulle slaap die hele dag so bye Andrea ek wil gaan kyk, het jy darem laat arme Maggie toilette toe gaan.’  Gaan Mildred voort soos sy uit die Kombuis loop.

Mildred is in kamer toe om op te check op Maggie.

Sy haal die “Ou Lap” uit Maggie se mond uit.

‘Asseblief Aunty Mildred laat ek gaan, ek sal niks sê…’ smeek Maggie.

‘Ek sal jou nie seer maak nie Maggie Magdalene Booysens, ek wil jou net Klein bietjie maniere leer. Jy duidelik die reëls vergeet…’

‘Aunty Mildred ek sal van nou af by die reëls hou ek belowe ek gaan nie meer uitrek en ek sal doen net wat auntie wil hê ek moet doen, ek is honger my auntie.’  Gaan Maggie voort.

‘Vir nou gaan jy droë bruin brood met ‘n glas melk kry vir paar dae, totdat jy sien ek is Erinstig ek speel nie as ek iets sê’  Maak Mildred haarself duidelik.

‘En as ek die toilet wil gebruik??’  Vra Maggie.

‘Andrea sal jou help terwyl ek hier sit met my teizer, probeer iets en choke daai extra lae uit jou liggaam.’

“Jy is ‘n bitch! Plooi gesigte’  Begin Maggie te skel.

‘Daar is Maggie mos nou’  Gaan Mildred voort soos sy weer die lap in Maggie se mond druk.

‘Andrea, Andrea Justinia Booysens.  Kom hier’  Roep Mildred.

Andrea kom die deur in ‘En as jy vir my so op my government naam roep?? Wats jou storie Mildred Ben 10, relaxer wig Booysens?’

‘Jy darem een dom bitch van ‘n kind syp en rook jou brain selle dood…Maak vir Maggie skoon.’  Gaan Midred kwaai voort.

‘Hoe bedoel jy maak vir Maggie skoon?’  Vra Andrea.

‘Sy het haarself bemors.’

‘Vader Lordt have genade (Sy loer of Maggie haar rerig nat gepis het) ientlik ‘n groot blaas in haar panty gepis sies.  Maggie is jy nie groot om so te pis met jou blaas panties’  Gaan Andrea mal voort soos sy haar gesig trek.

‘Well ek moet my prepare vir Maandag se meeting met die prokureur so ek los vir julle twee om te bond.’  gaan Mildred voort terwyl sy uit die kamer gaan.

‘Die meerkat gevreet met die naam Aunty Dinges sal haar laat maak as sy dink ek gaan jou vetkoek en snoek pis skoon maak.’  Dus maak Andrea ook day sy uit die kamer gaan.

Nes sy Uitgaan kom Katrina se twee kinders die gang af.

‘Auntie Andrea, Auntie Andrea.’  Gaan Austin aka 'Mielie pitte' en sy sister Mieke aka 'The girl' voort.

‘Het ek nie nou net vir julle vrete gegee nie??’  Gaan Andrea Kwaai voort.

Auntie moet vir on bad ook en dan moet auntie saam on TV kyk’  Gaan Mielie pitte voort.

Andrea kyk op na die ceiling’  Here jy weet ek bid nie want ek is te lelik om voor U te buig maar wees my siel genadig stuur tog net vir skokiaan lieste terug, ek is nog nie gereed om ‘n Ma te word nie…’

Albei van die kinders kyk vir Andrea aandagtig vas wat so te kere gaan.

‘Kom laat ek julle loop was maar geen TV kyk nie, Oom Thabang het vir Auntie Andrea nodig’  Gaan Andrea voort terwyl sy saam met die twee na die buitekamer loop.

Sy het hulle mooi gebath, die probleem het in gekom toe sy The Girl se hare kam.

‘Jou ma darem baie ongeskik…sy sowaar vir jou haar harde skuur draad hare gelos, ons Booysens het darem nie sulke ongeskikte korrels nie, neee Jirrie The Girl, jy nodig al die soort relaxer op die raak om die pit ‘n "Booysens" pit te maak’  Gaan Andrea dramaties voor soos sy The Girl se hare kam.

‘Auntie Andrea maak my seer…’  koets koets The Girl maar Andrea sit neet aan daai kop.

‘Mens moet ‘n prys betaal om mooi te lyk in jou geval nodig jy "magic" want God weet aleen Keendtjie jy is better.’  Gaan Andrea sonder geen skaamte voort.

****************

Kevin arriveer by die Hendriks wooning.

‘Ons moet gou praat ek moet nog Doran by die skool gaan haal en na Daisy vat.’  Gaan Dennis voort.

‘Jy groet nie eers die kind nie.’  Skel Marleen vir Dennis.

‘Dus alright my Auntie ek al gewoond aan oom Dennis’  Gaan Kevin voort.

‘Ek is nou nog geskok tot in my Suiker Tone dat jy met ‘n ou vrou vry.’  Gaan Dennis voort.

Kevin kry effens skaam maar dan smile hy net.

‘Jy ook, geen wag voor jou mond nie Dennis…maar kom ons gaan sitkamer toe.’  Gaan Marleen voort.

Die drie is dan sitkamer toe…

‘Hoe kan ek vir my auntie hulle help?’  Vra Kevin die oomblik toe hulle sit.

‘Belowe jy gaan niks vir Doran sê?’  Vra Marleen mooi.

‘Maar natuurlik sal ek nie….’

Marleen vertel al te hart seer die hele storie van Dennis se gamble probleme.

Kevin Luister aandagtig.

‘YOHHH my auntie, maar ek verstaan nie hoe moet ek help, ek nie daai tipe klas geld nie.’

‘Maar jy is in ‘n familie wat daai klas geld het, ons wil hê jy moet van hulle donker geheime uitvind en hulle dreig, op die manier help jy ons’  Gaan Marleen voort.

‘Nou sien ek maar wat kry ek uit die deal?’

‘Jy help jou gunsteling Auntie mos.’  Gaan Marleen al gretig aan.

‘Wat ek weet van daai gesin en op recording het gaan nie verniet kom nie…’  Gaan Kevin voort.

Marleen kry al te lekker ‘So jy ken geheime van hulle en jy dit record??’

‘Elke woord my Auntie maar soos ek sê, ek gaan dit nie verniet oor handig.’

‘Wat soek jy dan??’  Gaan Dennis voort.

‘Julle moet julle huis oor sit in my naam.’ Gaan Kevin voort.

Marleen val amper van die bank af. ‘Ek al die jare jou nappies gechange en die is die Dankie wat Ek Kry.’

‘Die laaitie is bevok, nogals die huis.’  Gaan Dennis kwaai voort.

‘Wel dan kan ek nie my Auntie hulle help…’ Dus staan Kevin op.

‘Wag! Wag!’  Skreeu Marleen..

‘Kevin het al die Kaarte in hom guns, gaan hy die KING OF QUEEN van harte speel.  Of Dalk die ACE van smaarte op gee.  Die Hendriks wag op hom,,,'

2 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page