top of page
Search

Ma Ellen 9

Updated: Nov 7, 2020

‘My kind was heelnag wakker van bekommernis’ Gaan Dennis voort. ‘Ek voel beter vanoggend, dankie tannie. Doran jy hoef mos nie oor my te worry nie my lief’ Gaan Daisy voort. ‘Maar ek doen ek jou mos belowe van nou af staan ek jou vierkantig by’ Gaan Doran vol passie voort. ‘Gaan jy ‘n saak teen daai broer van jou maak?’ Vra Dennis. ‘Ek wou maar Aunt Milly het gesê as ek ‘n saak maak dan gaan sy ‘n saak teen Doran maak omdat hy Edwin geslaan het.’ ‘Wat?’ Gil Marleen. ‘Maak die sak my lief ek gee nie om of Edwin my tronk toe stuur nie maar maak die saak jou familie gaan jou nog dood maak die manier waarop almal in daai vergadering aangegaan het.’ Gaan Doran voort. ‘Ek bel somer dadelik die polisie’ Gaan Dennis voort. ‘Is julle seker ek moet ‘n saak maak?’ Vra Daisy verward. Dennis praat al oor die foon saam die polisies. ‘Ja my engel ons is seker.’ ‘My kind ek weet jy het ‘n Ma verloor maar onthou ek is hier vir jou ek is mos nou jou tweede Ma.’ Doran se Ma vryf Daisy se hand soos die woorde haar mond verlaat. ‘Dankie Aunty Marleen…’ Gaan Daisy voort. ‘Noem my sommer Mammie van nou af, jy is ook mos nou my kind.’ Gaan Marleen voort. ‘Okay Mammie…’ Die woorde verlaat Daisy se mond so Klein bietjie ongemaklik. ‘Hulle gaan later kom om jou statement te vat.’ Gaan Dennis voort soos hy die foon drop. ‘Daar is nog iets, ek het vir Aunty Milly gehoor toe ek uit die operasie saal kom sy het woes geklink gesê dat dit nog net die begin is die, ek voel nie veiling nie, kan ek paar dae by julle bly as ek onslaan word?’ Gaan Daisy bekommerd voort. ‘Maar natuurlik kan jy kind ek weet daai Auntie van jou is ‘n skeemer?’ Gaan Dennis voort. ‘Ek sal love, love om al twee kinders van my onder een dak te hê.’ Gaan Marleen Opgewonder voort. ‘Sal lekker wees.’ Gaan Doran ook voort. ‘Maar julle gaan nie in een kamer slaap nie.’ Gaan Marleen voort. ‘Maar natuurlik nie Ma!!’ Gaan Doran voort. ‘Kom jy gaan LAAT wees vir skool en Daisy moet nie bekommerd wees nie jou Auntie sal niks aan jou doen terwyl ons nog in die omte is.’ Gaan Dennis voort. ‘Dankie Oom vir die understanding.’ Gaan Daisy voort. ‘Lief vir jou.’ Soen Doran haar op haar hand. ‘En ek lief vir jou, geniet jou dag by die skool. Daisy groet hulle… Die dag het geloop, Daisy het die verklaring afgelê. Dus storm Mildred in by Daisy se kamer. ‘Jou Klein teef.’ Begin sy te skel. ‘Jou Klein teef, wie gee jou die reg om die polisie vir Edwin te bel?’ Gaan Mildred naar voor. ‘Aunty Milly weet wat ek het nie krag hiervoor nie.’ Dus druk Daisy die knopie sodat die nurses kan inkom. ‘Jy is ‘n Vuil Klein Ding. Nadat ek jou so mooi gevra het om nie vir Edwin te laat vang nie.’ Dus hardloop twee nurses in. ‘Kan julle asseblief die vrou uit sit, sy kom onstel my…En nog ‘n ding Aunty Mildred leet om volgende keer sag te praat ek het alles gehoor hoe jy my wil destroy.’ Gaan Daisy voort. ‘Jy is ‘n hoer kind jy!!! Jy moet liewer jou Pa gaan opsoek, jou siblings laaiks jou nie want jy is ‘n hoer kind.’ Skel Mildred soos sy uit by die kamer deur loop. Toe sy weg is lê en wonder Daisy wat sy beteken het met die hoer kind woord. Dit pla haar verskriklik maar sy maak dan haar oë toe om te slaap. Mildred is uit by die hospitaal ‘ Daai Klein Madam gaan ek ‘n les leer, sy dink sy ken van beter, is goed as sy Edwin tronk toe stuur met hom uit die pad nog beter en Andrea in die rehab uHmm.’ Sy trek dan met ‘n spoed weg sy hou stil voor Daisy se Ma se supermarket. Die winkel se naam is ‘Spaar by Ellen’s’ Mildred vat haar handsak op die passenger seat en sit haar donker sonbril op en gaan die supermark binne. Sy is in die kantoor van die manager. ‘Goeie dag ek is namens die Booysen gesin hier jy weet mos Ellen het afgesterwe, ek is haar sister en alles is huidiglik aan my bemaan so ek wil net vinning ’n meeting saam met jou het aangesien ek jou nuwe baas is.’ Gaan Mildred voort. ‘Goeie dag Mevrou is ek bly om darem te sien iemand van die familie kom check darem op. Ek is Willimiena Willemse’ Gaan die oulike dame voort. ‘Goedso ek wil graag weet hoeveel geld julle gister opgecash? Ek is Mildred Booysen.’ Ek kyk gou vir U’ Gaan die vrou voort. Sy krap en krap daai tyd haal sy ’n hewige boek uit en begin blaai. Mildred haal haar sonbril af om in die boek te loer. ‘Ons gister vyf en twintig duisend opgecash was bietjie besig gewees.’ Gaan Willimiena voort. ‘Ek wil hê jy moet vir my tien duisend in betaal ek wil nuwe meubels vir die toonbanke gaan uitcheck.’ ‘Maar Mevrou, ons kan nie sulke groot geld net uit gee nie sonder enige bewyse dat mevrou rerig Ellen se familie is.’ Gaan Willimiena voort. ‘Ek sal jou dan my ID wys en ‘n foto van ek en Ellen. Of wil jy gefire word? Ek kan dit doen’ Gaan Mildred KWAAI voort. ‘Nee is nie nodig nie mev..kom ons loop somer bank toe dan maak ek die transaksie’ Gaan Willimiena bietjie bang voort, sy wil nie haar werk verloor nie. ‘Ek is bly ons verstaan mekaar.’ Gaan Mildred voort. Sy en Willimiena verlaat dan die kantoor en gaan bank toe. ‘Sien jy ek ry glads my sister se kar…’ Gaan Mildred voort soos sy wegtrek met Willimiena in die Passenger seat. ‘Ek sien so mev…’ Gaan Willimiena voort. Hulle het uiteindelik by die bank gekom en Willimiena het vinnig die transaksie van die Besigheids account na Mildred se account gemaak. Sy gaan laai dan weer vir Willimiena af en ry na die huis. Sy bel dan vir Kevin, toe sy voor die deur stil staan. ‘Hello my liefde gaan jy nog kom?’ Gaan sy voort. ‘Ja Mammie, ek gaan kom, is Mammie seker Mammie se mense gaan nie ’n probleem het nie?’ Gaan Kevin voort. ‘AARRRGGG hulle sal nie my sweetheart.’ ‘Sien dan vir Mammie nou nou!’ Dus drop hy die foon. Mildred klim uit en gaan die yard binne, Katrina sit en huil DROEWIG op die stoep ’My man Mildred, hoe byl ek hom uit, help my asseblief’ Huil Katrina. ‘Moet jy altyd so dramaties wees. Edwin gaan fine wees, jy weet ons het nie geld vir uitbyl nie, jy werk nie, ek werk nie, Andrea werk nie nog minder Maggie met haar dik gat.’ Gaan Mildred voort. ‘My kinders moet vanaand sonder ’n Pa slaap, ek maak vir Daisy vrek as sy uit die hospitaal kom.’ ‘Nee dus nie hoe ons dink nie.’ Gaan Haal vir Andrea dan haal julle paar biere, ons gaan weer vanaand drink en ’n braai hou, ek het iets om te celebrate.’ Gaan Mildred voort. ‘Braai””’OOO Jirrie maar nou praat Aunty dinges mos’ Gaan Katrina van hart seer na opegewonder voort, soos sy opspring om vir Andrea te gaan haal. Mildred draai een vir een van die Booysen’s om haar pinkie. Hulle is ’n klomp liggelowige mense wat in die Booysen huis woon. Mildred lag al te lekker ’Ons maak vir Daisy bank krot, HAHAHAHAHAHA” Mildred het net vir haar ander klere kom aantrek dus spring sy weer in die kar, Mall toe om vir haar lingerie te gaan koop en paar nuwe klere. ‘Jirrie ek kan mos gewoond raak aan die lifestyle.’ Dus is sy weer terug by die huis en sy gewaar Kevin met sy klomp sakke wat hy uit die boot van haar kar, wat hy ry uithaal. ‘Welcome home baby’ Soen sy hom op sy mond. ‘Dankie Mammie die is nogals ‘n fancy huis’ Gaan hy voort soos hy sy lippe aflek. ‘Jy gaan sommer lekker hier bly’ Dus sien Maggie wat gebeur ‘Oh is dit hoe dit werk? Trek jou boyfriend nou glads in??’ ‘Ja ou Maggie hy is deel van ons plan as hy nie hier kan bly dan moet ek maar die plan kanseleer, ek raak ook mos lonely.’ Gaan Mildred voort. ‘Seker maar ‘n goeie ding, aangesien Edwin in die tronk is en ons nie ‘n man in die yard nie’ Gaan Maggie ewe droog voort. ‘Dus so ousie’ Gaan Kevin voort. ‘Nogals ousie jirri’ Vererg Maggie haar. ‘Moet jou nie aan haar steer ons beplan ‘n fees omdat jy intrek, ons gaan braai baby en syp’ Gaan Mildred voort. Wats Daai Rasta nommer wat jy van hou, daardie Reggae blues…’Three Little Birds’ speel daai nommer toe Kevin.. “Yeees Mammie,,Yeees Mammie!!’ Dus Middag ure en die Booysen gesin is al lekker punte voor. ‘Maar ons darem lelik sleg, ons drink op ‘n Woensdag’ Gaan Greg voort. ‘Is vokol nie boeta, jy moet vir Kevin help om die vuur aan te steek vir die braai vanaand.’ Gaan Mildred vroeilik voort. ‘Maar jy hoor ook nie met hierdie Ben 10’s van jou nie, ore is min, jy was laas amper vrek met daai Abel een.’ Gaan Greg kwaai voort hy en Mildred is aleen in die Kombuis terwyl die ander lekker daar buite sit en musiek speel. ‘Ek weet , maar Kevin is anders’ Gaan Mildred met soveel confidence voort. ‘Totdat jy weer bankrot gaan, dan slaan hy jou ook na aan die dood.’ ‘Arg boeta, hoekom is jy so negatief?? Hoekom? Kevin is nie Abel nie ek het volkome beheer oor die situasie.’

3 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page