top of page
Search

Ma Ellen 8

Updated: Nov 7, 2020

‘Hoekom die polisie?? Hoekom die polisie?’ Mildred los dadelik Daisy se hand en staan op en kyk haar erinstig aan. ‘Ek gaan ‘n saak maak teen Edwin.’ ‘Wat is jy dan bevok of hoe? Dit gaan net nog meer skande in die familie bring die gemeenskap mense kyk ons al klaar aan oor wat volgende gaan gebeur verbeel jou die polisie Van gaan hou voor my sister se huis stil en laai haar enigste seun??’ Mildred half skreeu. ‘Op die stadium gee ek nie om nie, ek was nice met hom, hy het my seer gemaak, wie weet wat hy volgende aan my kan doen, ek is jammer Aunty Milly maar hy gee my geen keuse nie.’ Daisy sukkel om te praat want sy haal asem deur haar mond. ‘Moet nie so harteloos wees nie hy het kinders, wie gaan vir hulle kyk as hy moet tronk toe gaan?’ ‘So nou is ek harteloos ek dink nog aan sy kinders want ek wil albei hy en Katrina laat vang het,maar ek sien haar nog oor ter wille van die kinders, sien Aunty Milly nie wat is besig om te gebeur nie?? As ek nie nou vir hulle wys waarna toe ek instaat is nie gaan die aanhou gebeur tot ek vermoor word.’ Daisy het klaar haar mind opgemaak, alhoewel Mildred nie saam stem nie. Mildred haal dan Daisy se foon uit haar bedkasie en sit dit in haar handsak. “Niemand gaan die polisie bel nie ,as jy dink jy wil ‘n saak teen Edwin maak, gaan ek laat hy ‘n saak teen Doran maak, want Doran het hom in ons huis aangerand en daar is getuies glo my vir Maggie koop ek om met vetkoeke, vir Andrea met ‘n paar rand vir Blacklabel en my boeta vat altyd my kant …’ Daisy sig en trane verlaat haar oë ‘Wat het ek verkeerd gedoen? Hoekom behandel julle vir my asof ek nie deel van julle is nie? Hoekom? Aunty Milly ek vertrou jou met my hele hart ek was al een wat vir jou by gestaan het as Maggie en Andrea hulle sleg van jou praat…’ ‘Jy sal nie nou verstaan maar eendag sal jy verstaan.’ En dus loop Mildred vinning uit by die kamer. ‘My Ma is skaars ‘n week onder die grond en my lewe is hel, Hoekom was ek nie saam met haar in daai kar ongeluk nie?? Hoekom God?? Hoekom?? Daai swart Corrolla van my Ma het so gerol, ek onthou my rooi Hart Kussing was agter gelos toe my Ma my by die skool gaan aflaai,oppad na haar afspraak in JHBURG. Niemand het my lief soos my Ma my lief gehad het nie, niemand ondersteun my soos sy my ondersteun het nie, ek wonder Hoekom sy nie alles vir die anders gegee nie…Miskien moet ek maar die prokureur kontak en alles oorplaas na Andrea, Edwin en Maggie miskien gaan hulle lief is vir my soos ek lief is vir hulle.’ Daisy lê en praat met haarself. Mildred en Anne kom by die huis aan, almal om hulle is dronk glads Greg ook. ‘Wat gaan hier aan is nou eers Dinsdag!’ Gil Mildred. ‘Nee ou is Andrea en Thabang het krate biere gaan haal by die bottle stoor so wie is ons, ons syp saam.’ Gaan Greg voort. ‘Mamma ek is honger!’ Huil Katrina en Edwin se een seun teen Katrina se been. ‘Het ek nie vir jou gesê jy moet loop lê’ Vervloek Katrina die arme kind. Mildred vat die kind aan die hand.’ Julle moet op hou kinders maak as julle weet julle hou nie van vir hulle sorg, shame kom Aunty Milly gaan gee vir jou ‘n vetkoek.’ ‘Jy Mildred jy hou jou verniet Jesus jy, ons sien almal reg deur jou ‘ Gaan Katrina voort. ‘Wel jy kan deur my sien maar jy sal niks aan my kan doen.’ Gaan Mildred voort. Katrina kyk haar vuil. Mildred is in die Kombuis toe om vir die kind die vetkoek te gee. ‘Die hele besigheid stress my uit ek gaan nou saam syp.’ Dus is Mildred sitkamer toe met ‘n glas. ‘Ek soek ook julle, na vandag se dinge, ek nie geweet Daisy is so nie.’ ‘Thabie baby, gooi daar vir Aunty Dinges… Nee jy mos gedink ons lieg as on sê daai ding hou haar beter as ons.’ Gaan Andrea voort lekker in ‘n vibe. Thabang gooi ook vir Mildred die glas. ‘So Auntie Dinges ek weet jy het ‘n plan laat weet vir ons ookdan, help ons want Daisy is ‘n gemors’ Gaan Edwin voort. ‘Ja, Ja Kom Mildred’ Gaan Maggie voort. ‘Julle moet solank net terug sit ek gaan haar solank speel, doen solank alles wat sy vra as ek strike dan gaan alles vir julle back to normal vertrou my net hierdie een keer. Andrea jy moet rerig rehab toe gaa, doen soos Ellen gevra het en Maggie gaan asseblief terug college toe. Edwin ek gaan haar nog convince dat jy moet in die yard bly ek het Ellen aan die prokureur voorgestel en ek ken paar donker geheime van die prokureur ek moet net my feite agter mekaar kry en dan kan ek ‘n deal met hom strike wat ons almal gaan benefit julle moet net belowe julle is aan my kant.’ Andrea kry al te lekker. ‘Ons duidelik vir Aunty Milly onderskat gooi nog vir daai Ou girl, "laat hy val waar hy wil.’" ‘Jiso Mildred is rerig slim, dankie Aunty Milly ek kan nie wag om die uitdrukking op De Melker se gesig te sien nie, Diana Prinsess van vuilgoed.?’ Gaan Maggie voort. Greg smile netso breed ‘ Solank ons almal iets uit hierdie deal kry, is ek en Anne Game.’ ‘Ek en Katrina is ook Game…Daisy se dae is getel.’ Gaan Edwin voort. Die klomp cheers glads in die sitkamer. Die Booysen gesin het lekker dronk geraak, hulle omtrent vir Mildred gepraise oor haar plan. Die volgende oggend is dit net bier bottles wat in die sitkamer rond lê. Mildred tiep op die vloer terwyl Greg op ‘n bank tiep dus net Anne wat nie saam gedrink het nie. Die anders tiep elkeen in hulle kamers. Dus Woensdag oggend, Daisy lê en huil vroegoggend. ‘Wat is fout meisie?’ Vra die nurse wat haar op kom check. ‘Ek is seker sy sal later kom kuier.’ Gaan die nurse voort. ‘Sy is oorlede…’ ‘Ek is jammer my engel’ dus hou die nurse haar hand. ‘Dis oraait dankie’ En dus loop die nurse. ‘Die dood verander alles…hoe ek dink toe ek oor seker goed voel ek mis haar stem ek mis haar raad…haar stories.’ Lê en dink Dasiy. Dus kom Doran en sy ouers die kamer binne. ‘Daisy my kind hoe voel jy Doran het my alles vetel.’ Gaan Marleen, Doran se Ma voort, die oomblik toe sy Daisy gewaar. ‘Is dit nie te vroeg vir besoek tyd? Vra Daisy ewe deurmekaar. Doran en Oom Dennis groet dan ook vir Daisy. ‘Nee my lief dus nie vroeg nie ek wou draai maak voordat ek skool toe gaan.’ gaan Doran voort.

5 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page