top of page
Search

Ma Ellen 7

Edwin gooi die blompot wat op die tafel staan direk in Daisy se gesig.  Is net bloed wat begin tap, hy het so vinning gegooi dat niemand kon keer.

‘My neus!! Aunty Milly my neus!’  Kerm Daisy soos die bloedtap uit haar neus dit lyk effens gekraak.

‘Is jy dan Para om my meisie so seer te maak??”  Doran dink nie nog twee keer nie, hy bevlieg vir Edwin, hy slaan al op sy bek met sy vuiste en Edwin slaan Doran ook terug laat sy mond dadelik bloei.

‘MAGGIE!! BRING NET ‘N NAT WASLAP EN YS IN DIE YSKAS!! En Boeta keer daar vir Doran en Edwin.’  Skreeu Mildred.

Daisy begin huil, ‘ Dus seer Aunty Mildred, voel asof iets gebreek het en my oog daar is iets in my linker oog.’

‘Nou moet ek vir die madam ys loop haal en ‘n waslap, sy kan dit mos bladdie self doen.’  Gaan Maggie voort.

Andrea sit en lag al te lekker. ‘Sien, jy sal dit oorkom, jy wil mos jou ousies en boeta disrespect!! Maar Edwin nog niks gedoen nie ek wil jou gevreet oop sny met ‘n bottle kop.’

‘Julle is vieslik’, Skreeu Mildred terwyl sy opstaan om maar self die nat waslap te gaan haal en die ys.

Greg probeer hard om vir Doran en Edwin te keer wat besig is om mekaar se gesigte op te mors.

Dus Sien Katrina ‘n geleentheid en sy gaan vir Daisy, sy dink nie nog twee keer nie sy gee vir Daisy ‘n helse vuis op haar neus wat besig is om te bloei.

‘EINA, EINA!!, Andrea help my’  Gaan Daisy voort soos Katrina haar bekrap en slaan.

‘OOOO hoor daar black daddy, sy roep nou vir my.  Slaan haar skokiaan lieste, slaan die ding.Wys haar ons is Booysens, regte gemorse.’  Andrea is min gespin soos nat was goed oor Daisy wat so pakslae moet kry.

Oom Greg gryp vir Katrina aan die arm en gooi haar, laat sy op haar sterre val tussen die ander twee sofas.

Maar hy kry net nie vir Doran en Edwin uitmekaar nie.  Doran slaan vir Edwin laat Katrina begin huil ‘Los my man, jy gaan hom dood maak, my twee kinders se Pa, los hom tog net.’

Mildred het vinning ingekom met die ys en nat was lap.  ‘Ons sal moet Dokter toe nou ry want die ambulaans gaan lank vat om hier uit te kom.’

‘Sy verloor bloed’  Gaan Greg se vrou voort wat ‘n nurse is.  Sy het heeltyd niks gedoen nie sy het net gesit en aanskou en haar neus opgetrek, maar nou dat sy sien Daisy het rerig seer gekry help sy gou vir Mildred na die kar.

Doran los dan vir Edwin ‘Ek kom saam.’  Skreeu hy soos hy agter Mildred en Greg se vrou hardloop.

Daisy en Daron sit op die agter seat.  Terwyl Mildred en haar skoon sister voorsit.  Mildred spin Behoorlik die kar soos sy wegtrek.

‘As jy nie sulke belaglike voorstelle gemaak het nie Klein madam dan was jy nou nie in die situasie nie.’  Gaan Mildred voort.

‘Is jy oraait my lief?’  Vra Doran bekommerd, sy oogies is ook maar pot blou geslaan deur Edwin.

‘Die pyn is erg, Voel asof ek iets gebreek het.’  Die trane loop uit Daisy se oë.  Die bloed het nie totally gestop nie, maar loop ook nie so erg soos dit paar sekondes terug.

‘Julle almal gaan betaal.  Hoor wat ek sê’ Gaan Doran kwaai voort laat Mildred se oë Behoorlik rek.

‘Nee Klein manetjie ons het mos niks gedoen nie jy kan mos nou nie sulke Gevaarlike dreigemente uit deel nie, jou meisie het geweet om ‘n vergadering te roep gaan gevaar bring.’  Gaan Mildred voort.

‘Los hulle Babes asseblief ek het nie nou drama nodig nie, ek is in soveel pyn.’  Fluister Daisy.

‘Okay Daisy…Trap die kar.  My vrou is in pyn.’  Gaan Doran naarlik agter aan.

‘Ooo glads vrou, Hoor Diana is glads nou sy vrou.  Ek gaan nou trap gaan nie eers by rooi robots staan nie Klein baas.’  Mildred is baie sarkasties.

Toe hulle uiteindelik by die dokter se kamers ariveer, beweer hulle dat Daisy haar neus been gebreuk.  Die ontvangsdame het hulle reguit na die Emergency kamer toe geneem.  Dokter Richard het dadelik ingekom en Lerato opdrag gegee om ‘n ambulaans te kry om Daisy hospital toe te neem.  Sy het ‘n operasie dringend nodig.

Hulle het vir Daisy reguit na die teater ingejag vir die operasie toe hulle by die hospitaal opdaag.

‘En alles oor erf posie lê die liefde van my lewe nou op ‘n operasie tafel.  Kan julle so stupid wees.’  Verskreeu Doran vir Mildred en Anne.

Mildred sit mooitjies haar swart son brille op en staan hande in die heupe.

‘Wel sy lê daar deur haar eie mond, sy wil mos Miss smarty pants wees… En dis die laaste wat jy so saam my praat ek is nie jou ouderdom nie verstaan ons mekaar.’  Maak Mildred haarself duidelik aan Doran.

‘Sê jy dit vir my neef ook in die bed day hy nie jou ouderdom is nie?? Jy is ‘n kinderverkragter!’  Gaan Doran voort.

Mildred is rooi geskrik…

‘Wou mos sê jou vuil gesigie lyk bekend, nou weet ek jy is Familie van Kevin, jou Klein gemors.’  En dus klap Mildred vir Doran laat haar vyf vingers op sy wang sit.  

‘Klap my soveel keer as wat jy wil maar die waarheid bly die waarheid auntie, date jou ouderdom.’

Dus spoeg Mildred in Doran se gesig ‘Voetsek”

Anne moes maar lelik vir Mildred terug hou.  Terwyl Doran staan en lag soos ‘n duiwel …

Doran het na die Cafeteria verdwyn om ‘n kofee te kry, die dokter het nog niks laat weet oor Daisy nie. Mildred en Anne wag al te Geduldig.

‘Ek was nog nooit so woorde gegee deur ‘n Klein kind, ek het ‘n gevoel oor die manetjie, hy is nie saam met Daisy vir die regte redes nie.’  Gaan Mildred voort die oomblik toe sy en Anne aleen is.

‘Vandag se kinders het mos gee respek dis Hoekom ek my kinders boarding school toe gestuur het want ek gaan nie laat ‘n kind saam met my terug kom staan en praat nie. Maar jy het ‘ punt beet Mildred hy lyk na die tipe wat ook net agter haar geld is.’  Maak Anne duidelik aan Mildred.

‘Maar natuurlik. En ek gaan nie dit toelaat nie as hy dink hy gaan vir Daisy kom uitbyt, gaan hy hom klaar maak…Jirrie wat het van liefde geword?’  Vra Mildred ewe Erinstig.

Anne sit en kyk Mildred met ‘n ander aandag aan ‘Hoor wie praat van liefde sy koop dan ook liefde maar geen woorde verlaat Anne se mond.

‘Mense is nie weer lief vir mekaar nie, hulle kyk na geleenthede, ons trou nie eers meer vir die regte redes nie, ek is so bly ek het Greg ontmoet destyds, hy was genuine en is nou nog genuine, ons mekaar vir die regre redes getrou.’  Gaan Anne voort.

‘Uhmmm regte redes jy het hoeka reeds my broer getrou vir wat hy het’ sit en dink Mildred.

‘Nes jy daar sê ons het totaal en al die konsep van liefde verloor.’  Gaan Mildred skepties voort.

Mildred se foon lui dan.

‘Kevin?’ Antwoord sy dadelik.

‘Mammie, Suger Mildred, ek staan in die middle van nowhere, petrol is klaar, kan Mammie asseblief vir my R1500.00 Inbetaal?’ Gaan Kevin in die anderkant van die lyn voort maar die musiek is kliphard.

‘Lieg jy weer baby?? Lieg jy weer? Jy is weer saam met jou Hoer, Samantha, hoor net die musiek in die agtergrond. R1500.00 vir petrol?? Kevin, KEVIN,’  Skreeu Mildrede Behoorlik.

‘Nee man Mammie, ek speel kliphard musiek omdat ek bang is rowers ry verby en beroof my, dis net om my senuwees te kalmeer. Die R1500.00 is mos om genoeg in te gooi en te bere vir as ek weer stuck.’  Gaan Kevin voort.

‘Die son skyn nog buite, wie sal vir jou beroof?? Maar is oraait my baby ek doen somer nou ‘n transaksie van my foon af, wees net veilig.’

‘Dankie Mammie, dankie.’  Dus drop hy die foon sonder dat Mildred nog goodbye gesê het.

Anne sit en kyk vir Mildred maar sê dan niks.

Mildred transfer ook vinning die R1500.00 in Kevin se rekening.

Dus kom Doran terug hy is nog in sy skool klere.

‘Julle nog niks van die dokter gehoor nie?’  Vra hy aan Anne.

Maar Mildred antwoord, ‘Ek weet nie wat soek jy nog hier by die hospitaal moet jy nie al by die huis gewees het nie want laaste keer toe ek check is dit net familie wat welkom is en jy is mos nie familie nie.’

Doran sluk ‘n groot knop, ‘maar ek is haar outjie, ek het die reg om hier te wees.’

‘Jy sopas gesê outjie…nie haar wetige man nie so maak laat jy pad gee.’  Gaan Mildred voort.

‘Ek gaan nêrens nie…Hoor jy my.’  Doran se stem weerklank baie hard soos hy begin kwaad raak.

‘Jongman jy sal nooit in hierdie familie welkom wees nie nooit. So verdwyn liewer nou uit Daisy se lewe voor ek en haar ander familie dit vir jou moeilik maak.’  Gaan Mildred aan.

‘Ons sal sien.’

Dus kom die dokter…

‘Sy is stabiel maar ons sal haar paar dae hier moet hou en monitor, gaan haar maande vat vir haar neus om volkome te herstel, maar sy is stabiel, familie kan haar maar sien.’  Gaan Dokter Richard voort.

‘Dankie vader Daisy de melker is oraait.’  Sig Mildred.

‘Kan ek haar ook sien’ Vra Doran.

‘Slegs Familie lede …Kom Anne.’  Gaan Mildred voort soos sy agter die dokter loop.

‘Ek gaan liewer bly gaan jy maar Mildred’  Gaan Anne voort.

Doran lyk diep hart seer maar bel dan sy Pa om hom te kom oplaai.

‘Sy slaap nog’  Maak die nurse aan Mildred bekend.

‘Maat natuurlik die arme kind kom nou net onder narkorse uit.’

Daisy se neus is dik toe gedraai met wit bandages.

Haar oë is pot toe, Katrina se merke kan mens op haar gesig sien.

‘Die is nog net die begin, Klein Madampie net die begin ek gaan seker maak elke sent wat jy kry van my sister kom na my toe, jou broer en sisters is vrek dom ek gaan jou speel soos ‘n klavier elke noot gaan perfek wees en jy OOO sweet Daisy en jy gaan op elke noot dans.’  Gaan Mildred met soveel wraak in haar stem voort toe die nurse uit die kamer is en sy en Daisy aleen is…

Daisy het skierlik haar oë oop gemaak Mildred het so groot geskrik.

‘Is die nurse wat so geraas maak kind hoe voel jy?’  Mildred vat Daisy se hand.

‘Ek voel oraait is net ek klink nou baie snaaks.’  Gaan Daisy voort.

‘Al wat belangrik is, is dat jy oraait is, dis al, ek weet nie werk jou Ma se medisie fonds nog nie want hoe op aarde gaan ons die rekening betaal’  Mildred lyk kamig bekommered.

‘Ons sal uitvind, moet nie nou al daaroor stress nie… Bel liewer vir my die polisie’ Gaan Daisy voort…..


3 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

댓글


All Videos

All Videos

bottom of page