top of page
Search

Ma Ellen 6

‘Môre Doran! Gaan darem lekker’ Gaan Daisy voort. Hulle albei groet haar. ‘Janelle kan ek saam Daisy gou aleen praat?’ ‘Maar natuurlik …Geluk vriendin ek hoor jy het alles gekry…’ Daisy staan en smile net soos Janelle wegloop sy het nie eers dankie of iets gesê vir Janelle se opmerking. ‘Wat is jou problem Huh?’ Gaan Doran ewe kwaai voort. ‘Jy is die een met ‘n probleem …Ek het skaars geerf en jy is op my case? Ek ken jou mos nie so nie my lief…’ Gaan Daisy kalm voort. ‘Jy het verander ek maak net ‘n voorstel en jy drop die foon in my oor jy moet sien hoe teleurgesteld is my Pa, hy het jou nog die heeltyd skool toe gery.’ ‘Jou Pa het my net gister skool toe gery en ek nie gevra, julle het self aangebied ek kon vir Edwin gevra het om my af te kom laai het gister maar julle het aangebied en ons het ‘n kar en Aunty Mildred gaan my elke dag skool toe bring sonder dat ek ‘n sent moet betaal…jou voorstel was belaglik ek het skaars geld nou op my en ek kan nie links en regs my Ma se geld spandeer nie.’ Gaan Daisy weerheens kalm voort. ‘Vok jou dan!’ Gaan Doran voort terwyl hy wegloop. Die trane begin te stroom van Daisy se oë ‘Doran!!! Doran!!!’ Skreeu sy maaar hy loop net aan. Sy los haar sak dan voor die klas en hardloop na die badkamer. Sy het net op die toilet gaan sit en letterlik inmekaar gesak en begin huil. ‘Ek kan nie meer nie, my Ma het ‘n helse burden op my gelaat eers my familie en nou my boyfriend wie is volgende?? En alles oor geld …dit maak seer, diep seer… Ek is lief vir Doran, hy is my eerste…’ Daisy snik huil. Die klok lui en sy vee vinning haar trane af en hardloop klas toe. Almal in die klaas sit en praat oor die matriekafskeid, die onderwyser is nie in die klas nie. Daisy praat nie saam nie, haar vriendin, Janelle praat ook lekker saam die anders oor ideas. Daisy se gedagtes is net by die familie vergardering en wat Doran vroeër gedoen het. ‘Daisy gaan jy saam na die after party toe?’ Vra Janelle. ‘Uhmmm ek glo nie…’ Gaan Daisy sonder lus voort. ‘Praat van stuck up Doran gaan ook daar wees.’ Maak Janelle haarself duidelik. ‘Goed vir hom’ Gaan Daisy weer voort. ‘Wat is dit met jou? dit is asof jy nie hier is nie.’ ‘Janelle daar is soveel tot die lewe as om bekommerd te wees oor 'n after party’ Gaan Daisy voort. ‘Jy is skierlik nou Mevrou verantwoordelikheid…’ Gaan Janelle sarkasties voort. ‘Ek het my Ma verloor ek kan nie beskostig om oor parties te worry nie en ek sê die uit soveel respek my lewe is nie meer dieselfde nie jy sal nie weet hoe dit is om ‘n ouer te verloor nie. Janelle dit vat aan ‘n mens maar dink maar wat jy wil die wêreld het mos klaar hulle mind op gemaak oor my…’ Daisy staan dan op en gaan sit by ‘n ander tafel. Janelle staan dan op en gaan tot waar Daisy sit ‘Ek is jammer vriendin ek dit nie so bedoel nie en ek bly vergeet jy het jou Ma verloor.’ ‘Dis oraait.’ Dus gee die twee mekaar ‘n drukkie. Pouse het geeindig. ‘Daisy verstaan … asseblief my lief.’ Gaan Doran voort toe hy sien Daisy verby hom loop sonder om enige iets te sê. ‘Doran ek appreciate nie die feit dat jy vroëer saam met my so gepraat het nie! Ek appreciate dit rerig nie as ek eending by my Ma geleer het is dat geen man ‘n vrou ooit moet disrespect nie! Ek gaan nie sulke gedrag duld nie, ek is meer werd as hoe jy my laat voel.’ Daisy gaan al te kwaai voort en sy bedoel elke woord wat haar mond verlaat. ‘Ek weet ek was lelik maar ek is jammer, ek is lief vir jou, ek gaan nie maak dat geld tussen ek en jy kom nie, nooit en ek weet ek was onredelik’ Smeek hy toe hy sien Daisy is erinstig. ‘Ek vergewe jou maar laat dit die laaste wees, want volgende keer gaan ek huil en oor dit kom.’ Dus gee sy hom ‘n pik soen. ‘Ek is lief vir jou Doran onthou dit maar ek gaan nie laat jy weer vir my skel oor geld wat ek nie eers verdien het nie dus nie hoe dit werk nie of hoe dit van nou af gaan werk nie almal is al klaar teen my ek wil net hê jy moet op my kant wees hier vir my wees want ek het jou nodig…’ Doran sluk ‘n helse knop terwyl sy oë nat raak. ‘Ek is jammer ek kon nie na jou Ma se begrafnis toe gaan nie, ek is jammer omdat ek nie vir jou emotioneel ondersteun nie maar ek belowe van vandag af gaan ek vir jou daar wees ek gaan jou hand hou deur alles ek belowe.’ Daisy staan en smile . ‘Ek hoop jy bedoel dit, ons begin somer van middag jy moet saam my huistoe kom ons het ‘n familie vergadering en ek het jou nodig.’ ‘Rerig ek is daar saam met jou babes ek belowe…’Die twee omhels mekaar. ‘Ons is ‘n team van vandag af!’ Gaan Daisy ewe versekerd voort. Sy loop dan weg van Doran af na Janelle en haar ander vriende. Die dag het vinng verloop dus staan en wag sy en Doran by die skool hek vir Mildred om hulle te kom haal. Doran het klaar sy Pa laat weet dat hy saam met Mildred en Daisy gaan ry. Mildred kom met harde musiek met ‘n erinstige swart bril wat haar wange ook bedek daar aan. ‘Was gorilla ‘n persoon danwas dit definitely Aunt Milly, sy dink sy lyk mooi met daar bril’ Staan en dink Daisy maar geen woorde verlaat haar mond sy staan en smile liewer vir haar eie nonsies wat in haar kop aangaan. ‘Klein Madam wie is daai langs jou?’ Vra Mildred die oomblik toe sy stil hou en Doran sien. ‘Dus my oukie Doran’ Gaan Daisy voort soos sy haar sak optel en in die boot sit en Doran Agtervolg haar terwyl hy vir Midlred groet. ‘Maar hy is darem sexy!’ Gaan Mildred voort. Doran staan en smile baie awkward. ‘Is alles in orde by die huis Aunty Milly? Vra Daisy soos sy voor langs Mildred inklim. ‘Klein Madam is lelik by die huis, Andrea het vanoggend by die bottle stoor in gestorm en amper die helfte van die stock gevat… Sy en Thabang en Katrina en Edwin is alreeds punte voort is net Maggie wat nugter is so ek weet nie hoe gaan jy maak nie want jy ken vir Andrea as sy Blacklabel bevok is, Maar gelukkig kom my boeta ook sy is bietjie bang vir hom.’ Gaan Mildred voort soos sy wegtrek. Daisy hou haar kop ‘Hoe mean Aunty Milly sy het die hele stock gevat? Sien hier begin die dinge maar gelukkig het ek Doran langs my sy…’ Gaan Daisy voort. Mildred kyk vir Daisy dan kyk sy weer die pad. ‘Is hy nou deel van die familie?? Ek dink is ‘n familie vergadering…en Andrea net ingestorm en alles gevat volgens die manager, het sy verklaar dat sy die bottle stoor geerf…’ ‘Hy is nie deel nie maar hy is my boyfriend en al persoon wat ek soek aan my kant is as dit van almal afhang dan maak julle my somer dood nog by die vergadering dus Hoekom ek hom saam bring as my bodyguard…’ ‘My sister draai in haar graf voor ons weer sien trek die klong saam in die huis!’ Sig Mildred naarlik sy antwoord nie op die gedeelte wat Daisy sê van hulle wat haar dood sal maak. ‘Ek sal nooit nie, Aunty Milly …Ek hoop Aunty Milly het die managers van al die winkels ook laat weet dat ek saam hulle wil later in die dag praat.’ Gaan Daisy voort. ‘Maar natuurlik hoe vinniger ek Ellen se posisie oorvat hoe beter.” Doran sit met ‘n mond vol tande agter en luister. Daisy sit en smile. Dus hou hulle voor die deur stil. Die musiek is kliphard en soos Daisy uitklim so Kom Andrea met die storm aan. ‘Hier is die bitch met die naam Diana nou!!! Ek maak jou nog vandag vrek!!! Jy kom steel ons rykdom!!!’ Gaan Andrea kliphard voor. ‘Wel net ‘n dwaas sal dink dat geld ‘n mens ryk maak.’ Maak Daisy ‘n opmerking. Andrea gee haar weer ‘n klap en Doran… Doran spring in en hou vir Andrea vas. Daisy gooi haar skool tas op die grond en gee vir Andrea twee warme klappe. ‘Ek is moeg vir jou wat dink jy kan met my maak wat jy wil ek is moeg!’ Skreeu Daisy. ‘Los my Doran!!!’ Andrea skop Behoorlik hoog dat Daisy teen die kar waai. ‘Los haar Doran sy soek nog!!’ Gaan Daisy ewe kwaai voort. Mildred het vir Daisy aan haar arm ‘Sies van waneer af gedra jy jou soos ‘n straat meit?’ Die trane loop uit Daisy se oë ‘Ek is moeg Aunty Milly!! Ek is moeg vir die mense wat my behandel asof ek niks van hulle is nie! Ek is hulle se sister nie ‘n donderse punching bag!’ Mildred wys vir Maggie om suiker water te bring… Doran hou vir Andrea styf vas. ‘Hier pis sy haar nat’ Gaan Doran ewe droog voort soos hy haar los. Andrea sit verklaar stil op die grond met haar kop tussen haar bene. ‘Ek geweet die pis gat gaan weer nat pis…Thabang!! Thabang heey ouboetie kom haal jou meit hier” Skreeu Mildred. Daisy bewe so kwaad is sy. Maggie bring die suiker water. ‘Aunty Milly los my ek is reg…’ Gaan Daisy uit asem voort. Thabang kom tel vir Andrea op om haar in te dra laat sy haar skoon kan maak. ‘Jy is nie reg kind drink die suiker water’ Mildred foseer Behoorlik die suiker water in Daisy se mond. Daai tyd kalmeer sy en Doran hak haar in en hulle loop in. ‘Ek wonder waaroor gaan die meeting’ Staan Katrina hande in die heupe by die Kombuis deur ook lekker in ‘n mood. Maar Daisy antwoord haar nie sy en Doran is reg uit na haar Kamer. Mildred staan nader en gesels saam met Edwin. ‘Die Klein Madam is nie so dom soos ons gedink het nie…julle moet saam met my staan ek het ‘n plan, kry net vir Andrea en Maggie onboard.’ Fluister Mildred in Edwin se ore. ‘Wat is die plan Aunty dinges?’ Vra hy ook ewe Erinstig. ‘Wag wag laat sy môre skool toe gaan dan kom ons almal bymekaar en dan maak ek dit aan julle bekend…sy wil ‘n meeting met die managers ook het vanmiddag maar ek glo nie sy gaan daar uitkom, so seker môre maar kom sê ek jou sy dink daaraan om my sister se hele besighede te verkoop…’ Fluister Mildred. Edwin maak dadelik geraas ‘WAT? WAT EK GAAN DAAI BITCH MOER!’ ‘Ssssht moet nie nou hier oor aangaan nie, sy vertrou my so bly jy net stil moet nie die anders vertel nie jou auntie het ‘n plan vir Daai Klein madampie, nooit op die Here se aarde gaan ek laat sy my sister se besighede verkoop nie…as ek moet dink hoe hard jou Ma vir dit gewerk het nog nooit!!” Gaan Mildred voort soos sy vir Edwin stil maak. Edwin is somer dadelik nie lekker nie. ‘Ek gaan vir Daisy doodmaak sy het geen reg om te verkoop terwyl ek nog asem haal nie Edwintjie, kalmeer Aunty Mildred het die, hoor jy boetman’ Gaan Mildred voort soos sy vir Edwin op die skouer tap. ‘Kan ons almal in die sitkamer bymekaar kom.’ Skreeu Daisy. Thabang het vinning vir Andrea gehelp om ander klere aan te trek. Maggie stop nog die laaaste vetkoek in haar mond. Katrina light haar RG zol. Edwin kom stadig maar seker die sitkamer binne. Oom Greg en sy vrou kom ook in. Mildred sit langs Daisy en Doran sit in die anderkant. ‘Middag Familie…ek het die vergadering geroep want ek weet daar is huidiglik baie onsekerheid na die testament gelees is ma…’ Gaan Daisy voort maar Maggie onderbreuk haar. ‘Die wat kinders groot mense summon…kom net tot by die punt ons weet jy jet alles geerf so kom praat Diana!’ Gaan Maggie voort. ‘Yeees Mags sê vir Diana vertel die meit vertel haar sy dink mos sy is smart!!’ Gaan Andrea lekker dronk voort. ‘Dankie maar kan ons stilte kry Daisy wil praat so ons gaan luister!’ Maak Greg vir Maggie en Andrea stil. ‘Dankie Oom Greg…Ek het die meeting geroep want ek wil hê julle almal moet my help om die besighede aan die gang te hou, want ek gaan nie fisies betrokke kan wees nie. Ek het klaar saam met Aunty Milly gepraat sy gaan Ma se tasks oorvat tydelik…ek weet nie gaan Maggie terug Uni toe nie maar as sy nie gaan nie moet sy begin werk by een van die besighede en as sy begin werk en ‘n salaris verdien dan moet sy asseblief uit die huis trek en as sy besluit om terug Uni toe te gaan is sy meer as welkom om aan te bly in die huis…’ ‘Wat!!!! Watse kak voorwaardes is die? vok jou Daisy vok jou!!!!!!! Sit en vibreeer Maggie. Maar dit pla nie vir Daisy, Oom Greg het vir Maggie stil gekry en Daisy het voort gegaan. ‘En Andrea jy moet ook besluit of jy rehab toe gaan want so kan jy nie aangaan nie. Ek vertrou jou nie naby die besighede nie jy het klaar vandag skade gedoen deur verniet drank te vat, ek wil hê jy moet rehab toe gaan of trek uit…’ ‘Ek sal gaan ek sal gaan’ En as ek daar uitkom best believe me ek kom vir jou’ Wys Andrea vir Daisy met die middel vinger… ‘En Edwin en Katrina ek dink is tyd dat julle moet uit die buite kamer trek… Boeta is tyd vir jou om ‘n man te word. Ek sal jou natuurlik werk gee met ‘n redelik salaris…’ Edwin is bloed rooi. ‘Hier vokken trek ek nie, dus my Ma se plek die. Ek trek nie.’ ‘Ek ook nie gaan bloed kos om my hier uit te kry’ Gaan Katrina ook van die eenkant voort. ‘Kom ons maak net vir almal dinge maklik en loop in vrede laaste ding wat ek wil doen is om julle soos honde uit te sit..Ma wou al lankal vir jy en Katrina uitgesit het maar sy het nooit so ver gekom nie so ek doen maarnet wat sy sou doen..’ Gaan Daisy baie rustig voort. Edwin gryp die blom pot en….

1 view0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page