top of page
Search

Ma Ellen 3

Updated: Oct 27, 2020

Midlred staan en hou haar gesig daar is ‘n bietjie krap merke en soos haar broer vir Andrea los wil sy sommer weer vir Andrea gryp maar Greg keer dadelik.

‘Is tyd dat julle moet groot raak! Maggies! My sister het sulke stryd met jou gehad Andrea ek gaan dit nie duld nie.  Mildred kry jou ook inraad jy is die kinders se aunty maar jy is ook in die mix van hierdie goed.’

Almal is doodstil.

Andrea is geskrik.

‘As julle nou so aangaan wil ek nie hier wees as die testament gelees word nie want dan is dit seker oorlog.’  Gaan Greg voort.

Andrea is die huis binne om haar lieste wat sy natgepis het te gaan was terwyl almal aangaan lyk niks het sopas gebeur nie.

Die Sondag oggend (Volgende oggend)

Daisy lê en huil weet met haar Mas se foto teen haar bors.

‘Ek wens ek was saam met jou in die kar dan het ons altwee dood gegaan, Ma los my met al hierdie mense wat nie rerig vir my omgee nie.’ lê en praat sy met die foto wat sy in haar hand hou en trane loop Behoorlik van haar wange af die kussing is sop nat.

Sy het so met die foto in haar hand aan die slaap geraak die vorige aand.

En dus is daar ‘n klop aan haar kamer deur sy vee vinning die trane af.

‘Ek kom nou.’

Toe sy die deur oop maak staan Mildred daar met ‘n deftige kerk pak.

‘En as jy nog reg is nie kind?’

Daisy is verward niemand het haar vertel van kerk toe gaan nie.

‘Môre Aunty Milly, hoe laat begin die kerk?”

‘Jy het nog genoeg tyd om reg te maak dit begin eers 10 uur, en dus nou maar eers half 8.’  Antwoord Mildred vir Daisy terug.

‘Okay dan Aunty gee my net paar minute en ek is klaar.’

‘Ek bring solank tee?’

‘Dus reg, sal dit waardeur Aunty is ‘n Stêr, herinder my somer weer aan Mammie, sy het elke oggend vir my kom wakker maar met ‘n koppie tee en dan sing ons so paar kerk koortjies voordat ek gaan was.’

Mildred glimlag baie breed, ‘Julle twee het ‘n baie spesiaale band gehad, jy is al een wat haar al baie gaan mis.’

Daisy haal diep in en diep uit asem om haar trane te keer want elke keer as sy aan herinderinge dink wat sy en haar Ma gemaak het raak sy emotioneel.

En Mildred kom dit agter, dus vryf sy haar linker hand oor Daisy se linker skouer, ‘Gee jouself net tyd, maar onthou jou Ma sou wou hê jy moet aanbeweeg met die lewe.’

‘Ek weet Aunty Milly, laat ek klaar maak.’  Daisy onsnap dadelik die diep gesprek sy sien nie kans vir dit nie, sy weet wat haar Ma van haar sou verwag het maar sy weet nie hoe om aan te gaan met haar lewe sonder die mees balangrikste mens in haar lewe.

Hul Pa is 5 jaar gelede oorlede, een van sy vriende het om met ‘n mes mors dood gesteek en dus moes Ellen hulle alleen veder groot maak sy het nie weer getrou na dit nie.

Vir Daisy was Haar Pa se dood nie so erg nie want sy het hom amper nooit gesien nie hy was permanent besig met al die verkerde dinge, maar vir haar broer en haar susters was haar Pa se dood baie erg dit is wat Andrea na drank gedryf het en Maggie na kos gedryf het.  En Edwin het net nie meer begin omgee oor wat en met wie hy besig begin raak het nie.

Daisy staan en sing in die shower een van haar Ma se gunsteling kerk koortjies. ‘Ek kyk nie meer rond om my nie, ek wil die Here dien met my hart en my siel wil ek die Here dien.’

Mildred staan by die deur met die koppie tee staan en luister hoe mooi Daisy sing.  En dus maak sy die deur oop en skreeu, ‘Jou tee los ek op die bed Kassie.’

‘Baie dankie Aunty Milly.’

Mildred is weer uit die Kamer deur.

Nadat Daisy klaar is met alles, kry sy vir Mildred in die Kombuis. Daisy is deftig uitgevat vir die kerk en so is Mildred.  Is net hulle twee wat kerk toe gaan, Andrea en Thabang tiep in die sitkamer in mekaar se arms,lyk my Andrea se kamer was te ver toe gooi hulle, hulle self maar daar neer.  Maggie is vroeg besig om te sit en eet aan tafel die manier waarop sy eet lyk die kos gaan uit fashion uit.

Edwin en Katrina skel mekaar weer liederlik uit in die buite kamer wat Ellen vir hulle gebou het agter in die yard.

Greg en sy vrou Anne hoot alreeds voor die deur vir Daisy en Mildred om uit te kom.

Mildred kan natuurlik bestuur maar een van haar jong boyfriends het haar kar gestamp so nou moet sy maar so loop en lift hier en daar vang by plekke uit te kom.

Daisy is ‘n bietjie bang om in die kar te klim net die gedagte dat haar Ma in ‘n kar ongeluk dood is maak haar bietjie geskrik om somer net in te klim.

‘Is net tot by die kerk ou Daisa, oom sal baie stadig ry.’  Verseker Greg vir Daisy sodat sy kan inklim.

‘Is oraait Oom ek het maar net Klein bietjie anxiety maar alles sal oraait wees.’  met dit gesê klim sy stadig maar seker in die kar terwyl sy haar oom se vrou groet.

‘Mildred jy is mos weer deftig uit gevat.’  Begin Anne te praat die oomblik toe die kar weg trek.

‘Begin jy alweer met my Anne ek nie gesê julle moet vir julle so oud hou nie. Jirrie julle maak asof as mens in jou 40’s is moet jy nou vergaan nee jong die lewe werk nie so nie.’  antwoord Mildred vir Anne baie beskafd terug.

‘Aih Mildred soek jy alweer ‘n Ben 10.’  Probeer Greg wat op die pad Focus ‘n grap te maak.

Maar Mildred dink nie dus snaaks nie’ ‘Rerig nou? Ek is nie by dit nie ek het ‘n nuwe assignment van bo af gekry en dus om na Daisy te kyk.’

Daisy sit en smile ‘Amen Aunty Milly.’

‘Is dit ek kry vir Daisy jammer.’  Gaan Greg voort.

Want hy ken nou al hoe is sy sister, sy weet iets wat niemand weet en dus Hoekom sy so mal is oor Daisy, sy het ‘n AGENDA.

‘Aunty Milly gee maarnet om Oom, dus al en ek is so dankbaar dat sy hier aan my kant is om my deur die moeilike tyd te help ek weet nie wat ek sonder haar gaan doen nie want my sisters en broer is op hulle eie missions uit, ek bid so Ma het nie vir Andrea die bottle stoor gelos nie want dan is daar moelikheid, sy drink al die profeit in twee dae se tyd op.  ‘Gooi Daisy haar sent in die bord, sy probeer om te kalmeer deur baie te praat.

‘Ek hoop ook nie so nie want dan het ons eers moeilikheid, maar wanneer word die testament gelees? Ek hoop my sister het daarem vir my iets gelos.’  Praat Greg terwyl hy nou en dan in sy spieël kyk om te sien wat agter hom aangaan.

Daisy sit en rol haar oë, sy voel dat almal net gewag het vir Haar Ma om dood te gaan, want skierlik wil almal nou iets erf.  Sy begin nou iriteerd te raak, maar omdat almal in die kar groter as sy is antwoord sy maar beskaafd.

‘Ons wou dit vandag afhandel wanneer ons die klere en breek goed en meubels deel maar die prokureur is eers Maandag beskikbaar so die testament word Môre gelees, eerlik waar wil ek net alles agter die rug kry sodat ek kan Behoorlik grieve en my skool werk aandag gee.’

‘Oh, so ek loop eers Dinsdag.’  Maark Mildred ‘n opmerking.

‘Ja aunty, ek gaan môre skool toe hopelik kan die testament môre na skool afgehandel word.’

‘Maar Daisa dink jy nie dus te vroeg om terug skool toe te gaan nie.’  vra Anne uit die voorste seat terwyl sy besig is om ‘n cigarette te light.

‘Aunty Anne ek is nou al ‘n hele twee weke uit die skool uit en Doran kan nie elke keer vir my die werk bring nie so ek moet nou net terug gaan die Junie Eksamens is amper hier.’

‘Ek verstaan.’

Doran is Daisy se boyfriend, hulle date nou al van graad 6 af…

En dus hou hulle stil by die kerk en klim uit, almal verwelkom hulle.

Nadar die kerk uit is, sit Daisy op haar foon en text heen en weer vir Doran, hy kom nie by die begrafnis wees nie, hy het een of ander flou Verskoning en nou is Daisy kwaad vir hom want sy het hom nodig gehad by die begrafnis, sy voel asof hy haar verstoot in die tyd wat sy hom die nodigste het.  Dit het haar nie gister gepla nie al wat sy op gefokus was, was haar Ma se begrafnis.

Die rit huis toe was maar doodstil in die motor, niemand het ‘n woord gepraat.  Mildred half slaap in die motor omdat die diens te lank was.

En Daisy se Vingertjies is pienk getik.  En Anne sit en kyk uit by die venster en rook.  Toe die motor uiteindelik stil hou vra Greg vir sy sister of daar genoeg kos gekook is sodat hy en sy vrou ook kan kry.  Hulle kinders is groot genoeg, die een is getroud en die ander een is op varsity.

Mildred aan die anderkant het geen kinders nie maar dus seker maar verstaanbaar.  Sy was nog altyd about the ‘Nice Life.’

‘Ek hoop Maggie het gekook, maar soos ek daai vet kind van jou sister ken, het sy gekook en genoeg so jy en Anne is welkom.’  Antwoord Mildred vir Greg.

Almal klim uit die motor.  Daisy se oë is steeds gespits op haar foon.

En soos hulle die yard in gaan word hulle verwelkom met harde musiek, terwyl Andrea en Katrina lekker dans met bier in hulle hande en Katrina het haar kind in haar heup.

‘Die onheiligheid!’ verskreeu Mildred dadelik die klomp.

En Andrea is nie lui met woorde nie sy begin sommer alweer. ‘Onheiligheid is jy (wys sy haar wys vinger na Mildred) jy, jy wat my Ma tien duisend rand skuld en kwaai vrinne speel, ek weet nie eers Hoekom jy begrafnis toe gekom het nie, OOOOH ek sien jy het die tien duisend rand kom begrawe.’

‘Asseblief Andrea gedra jou moet nie so saam Aunty Mil praat.’  Probeer Daisy mooi met haar sister praat.

‘Daisy de Melker!!Hoe was die kerk my sister, jy darem iets geleer oor jou high and mighty houdings?’  verander Andrea somer die gesprek.

Mildred is Bloedrooi van kwaadheid daar waar sy staan, maar dan stap sy in om die musiek af te gaan sit en om te kyk wat het Maggie gekook.

Anne en Greg het net daar gestaan sonder ‘n woord nie juis verbaas oor Andrea se maniere nie, almal ken haar as die omkraper.

‘Andrea hou nou op, geniet jou bier in stilte asseblief.’

‘Okay Daisy. Jy is mos die baas! Hozaaaaa.’

En met dit gaan sit Andrea op Thabang se skoot.

Edwin staan op om saam met Greg te praat oor besigheid want hy is vas beslote dat Ellen vir hom al die besighede gelos het since hy die man is wat die Booysens van vir ewig sal dra so hy soek paar tips by Greg oor hoe om die besighede te run.

‘Ek gaan help liewer in die Kombuis.’ Maak Daisy duidelik.

‘Jy beter Ma is nie weer hier wat jou bederf nie.’  Maak Katrina ‘n opmerking.

‘Skierlik het almal iets om te sê maar toe my Ma lewe was hulle doodstil net daar agter in die yard.’  Maak Daisy ‘n sarkastiese opmerking teenoor Katrina.

‘’Het Prinses Diana nou saam my gepraat ek is nie ‘n een om mee te mors nie.’  staan Katrina dadelik nader.

Maar dus vlieg Andrea op ‘Oh stop net daar jy gaan mooi niks doen aan my baby sister nie hoor jy vir my jou skokiaan lieste.’

En dus gryp die meide mekaar weer en Daisy loop stadig maar seker in die huis.

Greg en Edwin moes maar daar keer.  Maggie en Mildred is besig om op te skep.  Maar met elke op skep gooi Maggie vleis in haar mond.

Anne sit alweer in die sit kamer sit en rook haar woes.

Dus lui Daisy se foon, sy is dadelik kamer toe om te antwoord dus Doran.

‘Hey Babe…’

‘Moenie nog heey Babe nie, jy het my Ma se begrafnis gemiss en nou heey babe jy my.’

‘Ek bel dan nou reeds daaroor babe ek wou oor die foon verskoning vra ek weet my texts is nie genoeg nie, maar ek wil hê jy moet hoor hoe jammer ek regtig is.’

‘Doran ek wil verstaan maar jou verskoning maak net nie sin nie, jou ouers was hier ek is lief vir jou maar hierdie is nie die eerste keer wat jy my in die steek gelaat het nie.’

‘Maar Babe dit is my foon se skuld hierdie keer dit moes my wakker gemaak het.’

‘Doran, hou op lieg en praat die waarheid jy was saam die ouens Vrydag gewees en toe het jy dronk geraak en dus die rede waarom jy nie kon opdag nie, babelaas, want ek ken jou Ma sy het jou tien ten een wakker gemaak so los net die small talk asseblief admit net jy was uit saam met bo Andre goed en ons sal oraait wees.’

Doran sig effens voordat hy kan terug antwoord.

‘Okay ek was saam met hulle gewees.  Ek is so jammer my Daisy blom.’

‘Ek weet nie hoe ek jou hierdie keer sal kan vergewe nie, ek weet nie Doran dit was vir my die Seerste dag in my hele lewe en ek het Letterlik jou hand nodig gehad om vas te hou punt, en jy was nie hier nie en dit breek my.’  Begin Daisy te huil.

‘Daisy ek is van verlede week af saam met jou toe jy uitvind oor jou Ma se dood ek was elke dag van die week met jou vir jou skool werk gebring, ek het selfs in pyn om my meisie so te sien dink jy dit is lekker vir my? Dink jy dit is? En ek haat myself omdat ek jou Ma se begrafnis gemis het maar al wat ek vra is wees redelik.’

Die trane rol nog steeds van Daisy se oë af. ‘Doran ek weet nie wat om te sê, ek is regtig kwaad en seer gemaak maar wat ek besef het is dat die lewe te kort is so ek dink ek en jy moet eers ‘n ‘Break’ van mekaar af vat ek is nie myself nie en ek wil nie daai tipe vibe na ons verhouding toe bring nie ek wil nie.’

Daar is ‘n stilte vir ‘n oomblik voordat Doran kan reply.

‘N Break?’ Na alles? (Hy begin huil) ek’s lief vir jou…so lief vir jou! (begin hy te skreeu) Ek weet ek sê dit te min maar ek sê dit nou.  Al die kak wat ons al deur is.  Ek is Lief Vir Jou!’

Daisy hoor dadelik die seer in sy stem en verander dadelik van plan.

‘Okay kom ons los die break want ek is net so lief vir jou, ek het jou nou meer as ooit nodig want my Aunty Milly val Dinsdag weer in die pad dan het ek niemand om mee te praat nie, Niemand.’

‘Dankie Babe, ek sal opmaak ek belowe kom jy môre skool toe?’

‘Ja ek moet, het nie juis ‘n keuse nie ek is seker Janelle het my verlang.;

Janelle is een van Daisy se beste vriende sy kon nie die begrafnis bywoon nie want sy hou nie van begrafnisse nie en dus was dit nie juis ‘n probleem vir Daisy nie.

‘En ek ook skat ek is so gewoont ek kom steel jou pouse om sokker saam my te gaan speel.’

‘Dus sweet van jou ek het net so skool verlang.’

‘Ons sien dan mekaar môre, moet my Pa jou kom oplaai?’

‘Asseblief as dit nie moeite is nie ek vertrou nie my broer agter ‘n wiel nie.’

‘Okay dan dus settled lief jou babe.’

‘En ek vir jou.’

Daisy gooi haar foon op die bed en sy is Kombuis toe om te gaan, is Mildred en Maggie al klaar.

Die Maandag het aangebreuk en Daisy is vroeg wakker want sy moet klaar maak vir skool.

‘Ek sien nie kans vir die kinders om my te bejammer nie miskien moet ek maar tog by die huis bly.’  Kerm sy voor die spieël.

Dus is daar ‘n klop aan die deur, ‘Wie is daar?’

‘Is ek Daisy, ek vir jou ‘n koppie tee gebring.’

‘Ek kom Aunty Milly, ek kom.’  Maak Daisy haarself duidelik.

Dus gaan maak sy die deur oop. ‘Jy reg vir jou eerste dag terug op skool?’  Vra Mildred die oomblik toe sy vir Daisy sien.

‘Ek is nie seker nie ek voel so asof almal my gaan aan kyk en my bejammer en ek soek nie dit nie Aunty Milly.’

‘Stort liewer klaar my kind ek gaan vir Edwin vra om jou skool toe te vat, jy gaan okay wees my engel’  dus gee sy vir Daisy ‘n soen op haar kop.

‘Dus nie nodig nie Aunty Milly, Doran en sy Pa gaan my kom oplaai.’

‘Doran?’ vra Mildred.

‘Ja, my boyfriend.’  Antwoord Daisy.

‘Ek nie geweet jy het ‘n boyfriend nie…’

‘Nou al vir ‘n lank tyd ons twee kom ‘n lang pad saam aan.’

‘Dus goed so laat ek jou skool hemp gaan stryk.’

‘Dus nie nodig nie Aunty Milly.’

‘Ek dring daarop aan’ met dit vat sy Daisy se skool hemp en verlaat die kamer.

Nadat Daisy klaar gestort het en Mildred haar skool klere vir haar gebring het om aan te trek gaan sy Kombuis toe.  ‘Na 2 uur is ons ryk mense my sister’  Gaan Andrea voort wat alreeds vir haar luuks aangetrek het.

‘Ja,ja sister van my, jy gaan sommer vir Thabang veruil vir iets nuut.’  Chorus Maggie.

‘Môre julle’  Groet Daisy die twee. ‘Diana gaan jy dan skool toe, jirri my sistertjie jy hoef nie eers meer skool toe te gaan nie ons gaan ryk wees vir wat jy ‘n sertifikaart nodig? Myne lê daar binne, vokol met die lewe uit te waai’  Gaan Andrea voort.

Maggie staan en lag ‘Wel as my matriek Certificate soos jou Certificate gelyk het dan het ek ook laat dit daar lê.’  Andrea het net vir Maggie ‘n ‘Vuil’ kyk gegee. Daisy het net haar oë gerol en dus maak sy vinnig vir haar weetbix net om haar maag te level.

‘Wie gaan vandag vir jou sakgeld gee.?’ vra Maggie.

‘Niemand nie Doran sal vir my iets koop om te eet pouse.’  Gaan Daisy voort.

‘Daai ding wat nie eers sy gesig hier by die funeral gewys het nie, hy mos nou seker al klaar jou virgin vir him gegee nou gaan hy so aan want wie kom nie na jou meisie se Ma se begrafnis?Nee hoor jy wat ek sê Maggie hy het klaar nig koot se pakkie geslaan’  Gaan Andrea voort.

‘Ek is nog ‘n virgin ,…dus ook al waaraan jy kan dink Andrea. Hy kon dit rerig nie maak nie en ek verstaan wees julle liewer Bekommerd oor die testament is mos al waaroor julle Bekommerd is deesdae, dus asof julle niks Vir Ma gevoel het nie.’  Daisy staan dan op om haar bord in die sink te sit.

‘Hoor hier saam wie praat jy nogals so?’  Vra Maggie.

‘Diana is nogals lekker bekkig kan sien wie se kind is sy…’ Gaan Andrea van die eenkant voort.

Dus stuur Doran vir Daisy ‘n boodskap om te laat weet hy en sy Pa is buite.

‘Aunt Milly my lift is hier ek sien jou na skool’ sy het nie haar sister geantwoord nie sy is dan vinnig uit by die deur.

‘Reg so onthou jy moet betyds wees vir die lees van die testament.’

Daisy sig so saggies. ‘Ek sal wees moet nie bekommered wees nie.’

‘Die lees van die testament ek kan sommer sien dit gaan moeilikheid bring ek is nie juis opgewonder oor dit nie…’

Dink sy soos sy uit by die deur stap.

Sy klim saggies in …
‘Môre Oom Dennis, Môre Doran’ Groet sy vir Doran en sy Pa.

‘Môre Daisy is jy reg vir die dag’ Vra oom Dennis terwyl hy weg trek.

Doran het net vir haar oog geknip.

‘Dankie eerstens vir die lift oom, ek voel gereed.’  Lieg Daisy vinnig diep binne haar wil sy net lê en huil want die seer is nog baie vars maar sy besef dat haar Ma sou wou hê dat sy moet opstaan en aangaan met haar lewe.

‘En ek hoor jou Ma se testament word vandag gelees.’  Gaan oom Dennis voort.

‘Nuus travel ook maar vinnig in die gemeenskap’ Maak Daisy ‘n opmerking.

‘Jou Ma was dan baie beroemd hier in die gemeenskap so mens kan dit verwag.’  Antwoord Doran want hy kan sien Daisy is besig om haar te vererg vir almal wat so in hulle familie se besigheid is.

En dus antwoord Daisy nie terug nie, is ‘n doodste stilte in die kar tot by die skool.

‘Julle moet julle dag geniet en Doran kyk asseblief na Daisy.’  Maak oom Dennis himself duidelik die oomblik toe hulle uitklim by die skool hek.

‘Maak so Pa’

Dus sien Daisy vir Janelle haar beste vriend.

Sy gee Doran vinnig ‘n soen op sy wang ‘Ek sien jou in klas ek gaan gou saam Janelle bietjie gesels’

‘Reg so Dais”

‘Janelle! Ek het jou so verlang’ sy gee Janelle ‘n stywe drukkie.

‘En ek vir jou my Daisy is jy nog alright?’

‘Ek probeer maar vanmiddag begin my lewe sonder my Ma.’

‘Hoe mean jy?’

‘Die testament word vandag gelees en dit maak die dood van my Ma net vir my finaal daar is geen ander uitweg nie sy is weg.’

Daisy klink effens hart seer.

‘Alles gaan oraait wees net tyd Daisy net tyd.;

Dus gee Janelle vir Daisy ‘n stywe drukkie …

Die dag by die skool was bietjie moeilik vir Daisy sy het net daar in die klas gesit en dink oor alles wat na die testament gaan plaas vind.  Sy het haarself net besig begin hou met skool werk om te vergeet sy het selfs pouse een van die onderwysers gevra of sy kan agter in die klas bly.

Janelle moes ook maar sit saam met haar.

‘Ek het ‘n nare gevoel oor die hele testament.’  Vertel sy aan Janelle.

‘Ek is seker jy oordryf so ‘n bietjie man, jou Ma het ‘n kop op haar skouers gehad.’  Verseker Janelle vir Daisy.

‘Dus nie waaroor ek bekommerd is nie, ek is bekommerd oor my sisters en broer se reaksies nie een van hulle is bekwaamd om oor te vat nie die besighede gaan verswak en ons as familie gaan geld verloor…Hulle wil net geld hê om dit te misbruik. ‘Die kommer kan mens in Daisy se stem hoor.

‘Ek verstaan aih maar vriend sort net as jy een van die besighede erf, jy maak ‘n sukses daarvan want onthou jy wil nog volgende jaar gaan studeer.’

‘Dus my plan.’

Die klok lui wat beteken pouse is verby.  Daisy en Janelle gryp hulle tasse en loop na hulle klas.

Die Middag het vinnig geloop, die skool is uiteindelik uit.

‘Lief gaan jy weer saam ons huistoe ry? Vra Doran.

‘Natuurlik…’Gaan sy voort.

‘My Pa voorgestel jy ry elke dag saam met ons dan betaal jy hom R100 per dag’ Gaan Doran voort.

Daisy begin hoes nie omdat sy ‘n hoes het nie maar omdat hy voorstel sy moet betaal om saam met hulle te ry.

‘Ummm ek sal daaroor dink.’ Gaan Daisy voort.

En dus sien sy Edwin en Katrina optrek met haar Ma se kar.

‘Kom sister die prokie is al oppad so ons kan nie tyd mors dus het ek en Katrina gedink om jou somer te kom haal.’  Gaan Edwin voort soos hy uit die kar klim en Daisy se sak van haar rug af haal.

‘Ek sou by Doran en Oom Dennis ry..maar nou.’  Dus klim sy in die kar.

‘Jirrie Diana jy is nie nog dankbaar my man het jou kom haal met onse kar’  Gaan Katrina voort die oomblik toe Daisy in klim.

‘Die testament is nog nie eers gelees nie en dus al haar man se kar…’sit en dink Daisy sy antwoord nie vir Katrina terug.

Dus trek Edwin weg ‘My vrou na vandag kan ek jou op daai honeymoon vat wat ek jou belowe het.’

Katrina sit en smile net so breed ‘Maar wat van ons boys?’

‘Ons los hulle by Daisy sy kan anyways nêrens gaan sy het skool’  Gaan Edwin voort.

Daisy sit en trek haar gesig ‘Julle kinders is baie Griewelig vat hulle net saam asseblief.’

‘Jy hou bek as dit by my kinders kom.’  Gaan Katrina ewe kwaai voort.

‘Ek mos nie lelik bedoel nie…’

‘Hou liewer julle monde albei, julle wil die mood bederf’  Gaan Edwin voort.

Albei Daisy en Katrina is stil.

Hulle ariveer by die huis.

Andrea en Maggie en Mildred staan en wag al by die hek al drie mooi aangetrek.  ‘Is hy nog nie hier nie?’ Vra Edwin.

‘HY is oppad.’ Gaan Mildred voort.

Daisy het hulle net gegroet en verby na haar kamer gegaan om haar skool klere uit te trek.

Dus trek Greg en sy Vroutjie ook op.

‘Ek weet nie Hoekom Aunty dinges en Oom Greg ook hier is hulle gaan mos niks erf nie.’  Gaan Maggie voort.

Andrea stem hoog en laag saam met Maggie.
‘Ons moet hier wees om dinge onder beheer te hou dus ons plig as die groot mense.’ Gaan Mildred voort.

Met die ariveer die prokureur.  Andrea spring glads op en af van blydskap.

‘Goeiemiddag ek neem aan almal is teenwoordig?’ Gaan die prokureur voort.

‘Ja ons almal is, ons kan na die sitkamer beweeg en moet nie die proses lank maak.’  Gaan Andrea dapper voort.

Die prokureur volg almal na die sitkamer, Daisy kom ook uit haar kamer.

Sy gaan sit langs Mildred.

‘Ek is Meneer Groeneweld en ek is die executive van julle Ma se estate, ek gaan nie nog tyd mors ek gaan sommer begin om die testament te lees…’

Almal sit doodstil en Fokus.

‘Heroepings klousule, Die is die finale testament van Ellen Booysen haar laaste wense, enige ander testament wat gemaak was voor 12 September 2018 is ongeldig.

Laaste wens en bemakings Aan my dogter Maggie Booysen bemaan ek net R20 000 uit enige van my besighede, sy kan die slaghuis erf wanneer sy terug Universiteit toe gaan om haar besigheid degree klaar te maak.’



5 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page