top of page
Search

Ma Ellen 20

Updated: Nov 18, 2020

Andrea loop en sing glads af na die basement toe, ‘Ek kom braai nou daai meit se vette, ek kom skroei vette.’ Sy gryp dan die Jerry Kan vol petrol en loop brave weer op ‘Ellen ons sien jou nou in die hemel, jou twee dogters, jou enigste twee dogters, jy mos Mildred se sleg kind groot gemaak en vir die bitch alles gelos, ek kom moer jou dik as ek daar bo kom.’ Sy kom in die kamer en begin gooi die petrol al om die bed waar Maggie op lê, sy gooi die petrol op Maggie en dan die laaste bietjie wat oor bly, gooi sy oor haarself. Sy het nie vuurhoutjies nie, sy is dan Kombuis toe en gooi elke laai uit is net lepels wat op die grond lê, sy gooi borde stukkend soos sy in die kaaste krap vir vuurhoutjies. Maar sy kry niks nie sy is dan na haar kamer toe en soek en soek maar ook niks dus is sy na Mildred se kamer maar ook niks, dan onthou sy Katrina moet vuurhoutjies agter het, sy is dan vinnig weer uit by die venster want die deur se sleutels is nie aan die deur nie. Agter is ook gesluit, dan weer om deur die venster te spring sy sien ook net bloed daar waar Katrina gelê het. Sy krap dan en krap dan sien sy daar is ‘n zol met vuurhoutjies in die laai langs mekaar. ‘Bingo!! Maar kom ek rook eers’ Lag sy effens. Sy light die weed en sit en rook op haar tyd. ‘Vanaand gaan ons saggies dood in style ek wou nog altyd verass word.’ Toe sy klaar die weed gerook het is sy weer om en dus sien sy die polisie Vangwa voor die hek staan en die Kombuis deur is oop. Sy loer deur die venster en sien niemand nie ‘Seker in Maggie se kamer, ek het mos vergeet om die deur toe te maak’ Sy loop op haar tamatie tone in. En dus sien sy hoe die twee SAPS beamptes vir Maggie los maak, sy light dan die ‘Matches’ en gooi dit in die kamer en soos niks vat die kamer vlam en sy sluit die deur van buite toe. ‘Vok ek jou gesê staan buite’ Skel die een polisie man die ander een. ‘O Modimo ons dood vanaand net toe ek dink ek gaan ‘n lekker vetkoek met polony en kaas eet, nou moet ek verbrand; Skreeu Maggie van benoudheid die vlamme raak al hoe erger in die kamer is net skreeu geluide. Andrea maak laat sy weg hardloop ‘ Was nou nie deel van die plan nie maar jirrie waarna toe nou.’ Gaan sy voort soos sy rigtingloos hardloop. Die vuur begin heavy brand in die kamer en die polisie manne probeer die venster breek om uit te kom terwyl Maggie naarlik skreeu. ‘So jy het jou eie sister dood gemaak Mildred?’ Gaan Marleen verbasend voort. ‘So Kevin het vir jou inligting weg gevat die Klein etter met sy Klein privaat goedere’ Skel Mildred sy wil vir Marleen weg praat van Ellen se moord. ‘Gaan nie nou oor Kevin nie, jy het sopas daai punt bek van jou verby gepraat, so kom 'spill the beans' sister of ek gaan kla jou persoonlik aan.’ Gaan Marleen kwaai voort die ander vrouens in die sel slaap al is net Mildred en Marleen wat gesels. ‘In die lewe in, Jesus, ek het verkeert gepraat… OOOOO Kevin better maak laat hy solank sy goed pak want as ek hier uitkom op borg gaan ek sy knaaters afkap.’ Gaan Mildred voort sy dodge nog al die pad die vraag. ‘Kevin het ‘n deal saam met ek en my man gemaak, hy het ons die recordings gegee ons het geld nodig gehad, ek sou jou kom dreig het met dit vir geld.’ Gaan Marleen voort. ‘Jy is darem vuil Marleen en nog vir my wil dreig ek sou jou na jou graf stuur jou vuil gemors.’ Marleen dink nie nog twee keer toe sy hoor ‘Jou vuil Gemors.’ TOE gruip sy vir Mildred aan die keel. ‘Ek maak jou vrek. Ek maak jou vrek, vir my kom vuil Gemors noem ek was my kont ek was my sterre.’ Gaan Marleen voort. Mildred smag behoorlik na asem. ‘Los my …Los my …’ Dus word die ander vrouens in die sel wakker en almal begin somer die twee aanval wat met hulle slaap mors. Dennis sit en maak die papiere reg om sy claim in te stel môreoggend vroeg. Die kamer raak benoud en Maggie en die twee Polisiemanne hoes gevaarlik maar hulle probeer hard om die venster oop te breek. ‘Here! ek dood vanaand, ek dood en nog honger ook.’ Huil Maggie al te hart seer. ‘Mev kalmeer!Kalmeer! Ons gaan nou hier uit kom’ Probeer die een polisie man vir Maggie kalmeer. En na paar sekondes Maggie het al vlam begin vat en geskreeu en dus breek hulle die venster en kom uit. Die polisie man het dadelik die vlamme op Maggie dood gemaak maar sy het diep gebrand en dus bel hulle sommer die ambulans en die firefighters. Dennis is vroeg op die volgende oggend om hom klaar te maak om die geld te gaan eis…Die papiere en alles is reg, hy loop en sing nog soos hy vir hom koffie maak. Dus is daar ‘n klop aan die deur ‘ Wie wil so vroeg kom kuier, mense kom soek net weer nuus oor wat gister gebeur het.’ Gaan hy voort soos hy deur toe gaan. ‘Wie is daar?’ Vra Dennis voor hy oop maak. ‘Dit is ek Pa maak oop.’ Gaan Doran voort. Dennis se oë rek Behoorlik, ‘Maar Doran is Gisteraand dood verklaar, moet nou nie sê my kind is ‘n dwalende gees.’ ‘Maak net oop die deur Pa ek het rus nodig.’ Gaan Doran voort. Dennis is effens bang ‘My kop speel saam met my rerig’ Hy maak dan die deur oop met die gadagte dat hy net stemme hoor. En toe hy vir Doran sien, skrik hy hom lam, hy hardloop na sy kamer toe en sluit hom toe. Hy huil al te hart seer en gaan op sy kniëe ‘Here ek kom vanoggend voor U ek kom bestraf die mens wat my kind ‘n zombi gemaak het, asseblief laat my Doran my enigste seun net in vrede gaan rus asseblief…Amen’ Gaan Dennis voort. Hy maak dan die kamer deur oop en hy loop stadig die gang op toe hy Doran weer sien draai hy in sy spore terug. ‘OOOOOOOOOOOOOOOOOOO!! Net nie dit nie ….. OOOOOOOOOOOOOOO Marleen waar is jy. Oooo Here spoke dwaal nou.’ Dennis sluit hom verklaar pot toe, hy sit en bewe Behoorlik. Doran klop by die kamer deur. ‘Pa! Pa maak oop.’ ‘Dan së die ding nog Pa.’ Gaan Dennis ewe bang voort. Daisy het vroeg gewas en ontbyt saam met die gesin Bosman - Botha geëet maar Lettie hou haar die heeltyd dop en vrae die weirdest vrae… ‘Is jy allergies vir Peanut butter of vis?? Watter tand van jou eerste uitgeval?’ Gaan Lettie voort. Daisy sit en antwoord maar Geduldig elke vraag. ‘Ma dit is nou genoeg, die kind moet reg maak vir die familie vergadering vandag…’ Gaan Erica voort. ‘Weet jy al wanneer die DNA toets uitslae uitkom Erica” Vra Daisy. ‘Later vandag…Kom laat ek en jy daai Booysen gesin gaan besoek.’ Gaan Erica voort soos sy haar bord in die sink sit en haar tas gryp, sy gee dan vir Charles ‘n soen. ‘Alle sterkte julle twee.’ Gaan Lettie voort. Erica en Daisy trek weg van die huis af, ‘Is jy gereed?’ Vra Erica vir Daisy. ‘Ek is bietjie bang want my sisters kan netso gevaarlik raak, maar Maggie was nou die dag toe ek haar sien kalm en nice en Andrea was ook gister vir een of ander rede nice so ons wag en sien maar…’ Gaan Daisy voort. ‘Dink jy nie liewer ons moet my boeta wakker maak om saam ons te kom vir beskerming” Vra Erica soos sy alreeds ‘n entjie ver van die huis af is. ‘Nee dit is nie nodig nie…Ek glo nie hulle sal omkeer nie…’ ‘Okay dan.’ ‘Hoekom het Auntie Lettie vanoggend sulke klomp weird vrae gevra?’ Vra Daisy vir Erica. Erica bestuur met haar een arm gelukkig is haar kar automatic. Sy sig effens ‘ Want …OOOOO kan jy onthou wat het Manning Gisteraand aan tafel kwyt geraak?’ ‘Ja’ ‘Hy vermoed dat jy sy kind is by Mildred…’ Gaan Erica voort. ‘Wat????” Daisy haal in en uit asem sy is effens geskok. ‘Moet nie bekommerd wees nie kind dus op hierdie stadium met spekulasie as daardie toetse vanmiddag uitkom en Mildred is jou Ma dan kan ons die toetse doen om te sien of my broer jou Pa is, en as dit so is dan is jy in goeie hande my Ma sal die wêreld se liefde vir jou gee en boonop Holy Water vir al die jare wat jy nie gekry het nie.’ Lag Erica effens om Daisy se by op te helder. ‘Julle is nice en alles maar dit gaan net vir my moeilik wees ek is so gewoond daaraan dat ek nie ‘n Pa het nie… Maar sal super cool wees om ‘n Auntie soos jy te hê, fierce and bold en om twee niggies by te kry.’ Daisy begin die idea laaik. ‘Ek weet dink net ek en jy sal mos lekker bond, hare doen, naels doen, uitgaan eet…’ Smile Erica. ‘Dit sal nogals lekker wees maar aan die anderkant wens ek so Mildred is nie my Ma nie want my hele lewe gaan soos ‘n leeun voel ek was gewoond aan Ellen …’ ‘Weer waar, maar hou moed alles gaan op die einde van die dag uitwerk soos dit moet uitwerk glo net, ek alles op ‘n stadium verloor en kyk waar is ek vandag sterker aan die anderkant uitgekom …’ Gaan Erica voort. Dus hou hulle stil voor die Booysens wooning min wetend dat daar niemand tuis is nie… ‘Dankie Erica die Here het rerig vir jou op my pad gestuur.’ Gaan Daisy met soveel dankbaarheid voort. ‘Nou kom jong dame laat ons, ons taak vir die dag doen en klaar kry…’ Die twee klim dus uit. Marleen en Mildred is pot blou geslaan, hulle lê soos twee papsakke Namaqua wyn in die hoek, moeg, want hulle was heelnag geslaan…. ‘Lyk hier het groot drama gebeur’ Gaan Erica voort soos hulle die yard binne gaan en die firefighters goed rond sien lê. Daisy gaan straight na die deur maar dus gesluit dan sien sy die Kombuis venster is gebreek. ‘Hier is niemand kom ek hoor gou by die buurvrou wat hier aangaan.’ Gaan Daisy voort. ‘Is regso…’ Sy roep dan vir Tietie wat langsaan bly. ‘Môre Aunty Tietie waar is die mense van die huis?’ Vra Daisy. ‘Môre kind, ek is bly jy is weer op die been, nee nee, groot drama, groot drama.’ Beduie Tietie met haar hande. ‘Wat het gebeur?’ ‘Andrea het glo vir Thabang en Katrina betrap sex het op die Kombuis tafel, volgens Mielie Pitte, toe steek Andrea net links en regs. Thabang is dood op die scene en arme Katrina die vrou is dood daar in die hospitaal, die kinders is nou nog by die welsyn mense tot die familie lede hulle kan kry en arme Maggie was vasgemaak in daai kamer en toe steek Andrea dit aan die brand maar Maggie en daardie twee Polisiemanne het vinnig ontsnap en Mildred glo in die tronk, maar ek dink jy weet daai, want ek hoor sy wil vir jou geskiet het, julle familie het darem vir jou drama altyd geweet ryk mense het groot probleme groot probleme want geld is mos alles vir julle soort. Daisy, maar ek is bly jy is uit en reg vir die wêreld jy moet jy moet nou vir Katrina begrawe want haar ouers het haar nie verdra nie so hulle gaan nie nog vir hulle moeg maak nie… Drop maar die klagtes teen Edwin sodat hy self sy kinders kan groot maak.’ Gaan Tietie al te dramaties aan. Daisy staan en rol haar oë want die auntie laaiks oordryf en stories oor vertel. ‘Waar is Maggie nou en Andrea?’ ‘OOOO Vader Maggie lyk soos Kentucky sy het omtrent gebrand, sy is nou in die ICU dalk ek weet nie maar toe die ambulans haar optel toe sien ek sy het darem gewig verloor… Maar meisikind, Andrea is glo on the run, sy hardloop orals rond niemand weet huidiglik waar sy is nie maar sy sal haar moet inhandig een of ander tyd waar gaan daai moordenaar kos kry?? Sy moet net dit help, nie sy hardloop weg nie en nou vry sy nog saam die nasie sy gaan hardloop ek sê jou daai man se ouma het op Pampoene gevlieg daai jare is Gevaarlik vir haar sy moet net kom tog, Jesus, die Andrea’ Gaan Tietie voort. Daisy is deurmekaar gepraat, maar sy staan en smile en luister maar ‘ Dankie Aunty Tiete ek waardeur die informasie, maar ek moet nou gaan, weet auntie dalk waar die sleutel is vir die huis?’ ‘Glo saam Andrea kind, glo saam daai moordenaar.’ ‘Dankie Auntie Tietie.’ Daisy loop dan na Erica toe wat al om die huis loop asof sy alles fyn bestudeer. Sy vertel toe vir Erica wat gebeur het. ‘Joh die familie van jou is erg, maar wat doen ons nou, gaan jy nog voort om die besighede te verkoop?’ Vra Erica. ‘Natuurlik gaan ek voort, ek wil niks te doen hê met dit nie…Kan ons asseblief hospitaal toe gaan ek wil seker maak Maggie is okay…’ ‘Dit is in die haak dan kry ons somer die DNS toetse.’ Die twee klim in die kar en trek weg. ‘Ek is nogals nervous en boonop hoor ek, ek moet Katrina se begrafnis reël wat weet ek van begrafnis af? Ek dink ek moet die klagtes teen my broer drop want sy arme kinders hulle kan nie sonder hulle ouers groot word nie, my hart is nou diep seer Katrina was wat sy gewees het maar om haar so dood te maak en arme Thabang wat skaars ‘n woord kon uit kry my sister is sowaar die duiwel haarself…’ ‘Ek is jammer dat jy sulke familie lede het as jy wil hê ek moet help om die klagtes teen jou broer te drop sal ek dit verniet doen…’ ‘Stop die kar…Dus Andrea’ Val Daisy vir Erica in die rede. Andrea loop al te kalm in haar vuil klere met die nat skoene, dus hou Daisy en Erica langs haar stil. ‘Klim in Andrea laat ons jou polisies toe vat.’ Gaan Daisy voort. ‘Jy is mal De Melker’ Skrik Andrea groot en sy maak laat sy hardloop. ‘Die is ‘n regte boesman kyk hoe hardloop sy.’ Gaan Erica voort. ‘Trap Erica ons moet haar vang sy is van haar kop af.’ Erica sit ook voet neer en Andrea hardloop vrek hard. Erica hoot toe die kar langs Andrea is. ‘Staan net still Andrea jy kan mos nie verewig hardloop nie.’ Gaan Daisy deur die venster voort. ‘Ek was nie verniet ‘n atleet op skool nie, ek hardloop julle karetjie weg..’ Brag Andrea soos sy hardloop. ‘Andrea!!’ Skreeu Daisy toe sy die paal sien maar Andrea het te laat gesien en sy is in die ligpaal in, sy slaan soos ‘n kameel perd neer. Erica wil lag maar sy hou lag in want Daisy is baie Erinstig. En dus hou Erica stil. Andrea kreeun Behoorlik van die pyn. Daisy dink nie nog twee keer sy en Erica spring vinning uit die kar uit die mense in die straart hou hulle dop. ‘De Melker help my’ Kreeun Andrea van die pyn. ‘Kom ons laai haar in die kar en vat haar somer polisiestasie toe.’ Gaan Erica voort. ‘Sy is vuil en stink vrot, kom ons vat haar ees huistoe sodat sy haar kan was dan kan ons haar polisiestasie toe neem en ons moet haar wond skoon maak.’ Daisy is al te besorg. Hulle help vir Andrea in die kar in.


2 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page