top of page
Search

Ma Ellen 2

‘Ek was nog nooit so in my lewe beledig nie ek gaan liewer in voor ek iets doen wat ek later voor spuit gaan wees.’ Edwin en Andrea staan en lag lekker’ Ja ou Maggie vertel haar, sal somer vir haar ‘n nuwe hangkas koop, geld, geld jirri kan nie wag vir daai testament’ lewer Andrea komentaar. ‘Ek hoop sy het vir elkeen van ons haar besighede gelos en vir my haar kar.’ Chorus Edwin. Andrea staan en lag lekker met die bottle black label in haar hande ‘Nou praat jy broer, dink net as ek moet die Bottle stoor erf ek hou vir jou elke naweek partyyy…’ Dus kom sy vrou om die draai met hulle seun in haar hand ‘Jirre wat staan julle so Edwin gee skyf daarso en hulle sź reeds vrouens wat black label drink bliksem manne. ‘Maak Katrina, Edwin se vrou ‘n opmerking die oomblik toe sy nader is en vir Andrea met ‘n bottle Blacklabel sien. ‘Sien jy wil vandag ‘n madam hou, vergeet waar my broer jou gekry het. Jou gat was dun soos ‘n riet, gemmer gesyp uit twee litre bottles nou kan jy vir my hierso kom vertel van Blacklabel jirrie dus beter as daai kak skokiaan wat jy so gesyp het.’ Beduie Andrea high and low terug aan Katrina. ‘Bly liewer stil Katrina voor Andrea nou weer aan gaan.’ probeer Edwin die vure dood slaan. ‘Ek is mos nie bang vir die Blacklabel Queen nie!’ begin Katrina hardegat te raak. ‘Ek is nie lus vir jou nie skokiaan myt, los my ek chill hierso met die ouens gaan vee jou kinders se gatte af.’ Andrea maak weer laat sy gaan sit en hierdie keer op haar boyfriend Thabang se skoot. En dus begin Katrina te sing ‘Thabang maak die kinders bang!’ nog om vir Andrea uit te tart. ‘Gaan jy skokiaan lieste.’ Almal begin te lag vir wat Andrea so pas gesź het. ‘At least het my man colour kyk jou man die ding lyk soos daai drie been swart potte. ‘n Welcome Dover.’ Almal lag oor die beledeging en Maggie skreeu van die ander kant af ‘Dus die Godsewaarheid Andrea my sister jy het rerig vir black Mamba daar.’ Andrea raak stadig maar seker kwaad ‘Julle soek my neh? Ek steek ‘n meit met ‘n bottle kop.’ ‘Dus net ‘n grap Andrea. ‘Probeer Thabang haar stil maak.’ ‘Maggie waar is prinses Diana?’ Will Katrina weet. ‘Sy is glo al een wat ‘n Ma verloor het, lź daar binne soos ‘n madame haar dae van lekker lewe is getel.’ Antwoord Maggie. Andrea lag kliphard ‘kom ek gaan haal haar ek is moeg vir haar wat al die jare soos ‘n Queen behandel word.’ Dus staan Andrea op en gaan in die huis. Andrea klop en klop aan Daisy se kamer deur. ‘Andrea is jy dan laf?’ vra Mildred terwyl sy uit die Kombuis kom na Daisy se kamer. “Maar Aunty Mildred dus onregverdig, Hoekom kan sy slaap?’ begin Andrea aan te gaan. ‘Hoekom drink jy bier? Jy kan ook mos vir Maggie help, sien die is die problem van vandag se kinders vinnig om die splint in die ander een se oė te sien maar blind om die splint in hulle eie oė te sien.’ En soos Mildred nog beduie gaan die kamer deur oop. ‘Kan julle net op hou!’ skreeu Daisy. Haar oė is bloed roo,i haar wange is sop nat soos sy nog die heeltyd lź en huil. En met dit gryp Andrea vir Daisy met geweld aan haar arm. ‘Jy maak my seer Andrea, wat doen jy?’ probeer Daisy sin maak van wat Andrea nou besig is om te doen. ‘Madampie die swart potte wag!!!’ Gaan Andrea voort. Dus spring Mildred in ‘Los vir Daisy nou dadelik voor ek jou kap met die Pap stok.’ Andrea wat alreeds vir Daisy uit by die deur getrek het wil nog terug praat maar sy sien Mildred is dood erinstig en dus los sy vir Daisy. ‘Maar dit is rerig nie fair nie al die vrouens moet werk en Daisy wil niks doen nie.’ staan Katrina nader. ‘Katrina as ek jy is dan gaan was ek my lieste, sies donderse goed vrot.’ Maak Mildred dadelik vir Katrina stil. Daar waar Andrea staan, sy staan en lag want Katrina is somer doodstil. En dus maak Daisy haar mond oop, ‘Ek gaan trek net iets Gemaklik aan dan kom help ek.’ ‘My kind dus nie nodig nie, jy hoef niks te doen nie rerig alles is onder beheer.’ Probeer Mildred vir Daisy keer. ‘Dus oraait Aunty Milly ek kan nie verewig in my kamer wegkruip nie, realiteit is dat Mammie dood is en ek moet dit begin aanvaar dit help nie ek huil nie dit gaan haar nie terug bring nie.’ Daisy probeer om sterk voor te kom. ‘Ja so praat ‘n ou bek !’ Maak Maggie van die anderkant af geraas. ‘Ek is bly jy besef daai ding is dood wat jou voorgetrek het, jy moet nou op die harde manier leer prinses Diana.’ Gooi ‘n dronk Andrea ook haar sent in die bord, is net Edwin wat niks gepraat het nie. ‘Ek het jou gehoor Maggie en ek verstaan jou Andrea. ‘Probeer Daisy beskaafd klink. En met dit draai Daisy haar rug en gaan in die huis om ander klere aan te trek en Mildred het haar Agtervolg. En toe hulle in Daisy se kamer kom sit Mildred op die bed. ‘Jy moet nie laat hulle so saam jou praat nie. ‘Ek weet Aunty Milly maar my Ma het altyd gesź ek moet ouer mense respekteer en since hulle grooter as ek is sal ek maar die regte ding doen!’ ‘Maar hulle is so hardkopig en selfsigtig my kind.’ ‘Aunty Milly ek soek nie oneinigheid tussen ons nie hulle is Letterlik al wat ek huidiglik oor het, so ons moet mekaar waardeur en ondersteun so ek sal maar doen wat hulle van my verwag om die om die vrede tussen ons te bewaar.’ ‘Aih Daisy jy is so volwasse ek wens jou siblings was soos jy gewees, staan sterk my sister se kind en onthou ek is hier om jou al die pad te ondersteun.’ Maak Mildred dit duidelik aan Daisy terwyl sy haar vas hou in ‘n drukkie. ‘Dankie Aunty Milly ek sal altyd dit onthou, maar laat ons uit gaan en gaan werk in die nat weer.’ Die reėn het lankal gestop en dus basies net modder orals waar jy trap. ‘Ek sal maar die vloer af mop terwyl jy vir Maggie gaan help met die potte want sy sukkel nou al ‘n tydtjie.’ ‘Is reg Aunty Milly.’ En dus is Daisy uit by die deur om Maggie te gaan help terwyl Andrea nog lekker sit en haar blacklabel drink saam met haar boyfriend en Katrina is ook in die mix, die se stem is die hardste. ‘So Daisy het jy al iets vir die matriekafskeid my sister?’ wil Maggie uitwis. ‘Dus nog ver maar ek en Mammie het ‘n rok gesien wat ons albei op saam gestem het maar ons het dit nog nie gekoop, sou mos nou die week maar toe gebeur die ongeluk so ons kon nooit nie maar, ek soek daai rok net omdat ek en Mammie albei van dit gehou het dit sal haar trots maak.’ Daisy probeer net die trane keer as sy dink aan die feit dat haar Ma nie by haar matrieksfskeid gaan wees nie, tenminste het sy die rok aangepas en haar Ma het haar in dit gesien maar steeds dit is nie dieselfde nie. ‘Dan moet jy seker maak jy kry die rok, maar jy moet weet die finansies gaan nou bietjie skraal is die dat ons nog moet wag vir Ma se testament om gelees te word en soos ek Ma ken het sy jou geld heel moontlik gefreeze totdat jy ‘n sekere ouderdom is. ‘Antwoord Maggie vir Daisy terug, bietjie sarkasties. ‘Ja sis maar ek dink die testament sal in die week gelees word dan sal ons mos sekerheid het oor Ma se geld en die besighede en alles so as Ma nou my geld gefreeze het sal aunty Milly maar vir my moet geld leun want ek soek daai spesifieke rok.’ ‘Dink jy daai Madam sal vir jou leeun? Sy is reeds net hier vir erf goed jy moet haar watch moet haar nie so vinnig vetrou nie hoekom dink jy sy en Ma het nie die afgelope tyd gepraat nie?’ Daisy is bewus van die feit dat Mildred en haar Ma nie juis die laaste ruk gepraat het nie maar sy weet nie die eintlike rede agter die storie nie want sy is nie die tipe wat haar in groot mense se besigheid meng nie al is sy Nuuskierig om te weet. ‘Wat het gebeur Maggie?” ‘Aunty dinges het tien duisend by Ma geleen om een van haar Ben 10’s te entertain en so het sy nooit vir Ma terug betaal toe Ma haar geld soek toe maak Aunty dinges ‘n helse stry.’ Daisy is ‘n bietjie verbaas omdat Anuty Milly haar favourite aunty is. ‘Hoekom nou aunty dinges? (Daisy lag so effens) maar Maggie ek dink nie ons moet ons deel maak nie, ek likes actually vir aunty Milly, sy is baie nice en dit was verkeerd om nooit Ma se geld terug te gee nie maar ons ken mos Ma het nie rerig daai geld nodig gehad nie sy het genoeg gehad.’ ‘Omdat die ding soos ‘n dinges lyk dus Hoekom ek haar so noem, Mildred geld dief dus wat Andrea haar altyd noem so my naam is nie so erg vir haar nie. Daisy my sistertjie dus hoe jy voel ek haat vir Aunty dinges sal haar altyd haat totdat sy daai geld gee wat ek nogal die prokureur wat kom om die testament te lees gaan vertel want ek soek daai geld.’ Daisy sig net voordat sy haar sister kan terug antwoord, ‘Maggie jy is die ousies, begin soos die ousies aan te gaan asseblief dus al wat ek jou vra, raak bieitjie groot man.’ ‘Begin jy met my Daisy - Prinses Diana???’ begin Maggie haar stem toon harder te maak. ‘Ek soek nie moeilikheid nie, ek help jou net reg, Ma sou wou hź ons moet vir Aunty Milly vergewe nie dat ek iets teen haar het nie.’ ‘Okay ek sal laat daai tien duisend gaan want ek weet ons kom erf somer meer as daai.’ Daisy rol haar oė, sy kan nie glo dat Maggie so oor erf geld is nie, hulle Ma is skaars in die graf en dit word al so gepraat. ‘Hopelik as elkeen hul deel kry kan elkeen ‘n huis vir hulle begin kry.’ Maak Daisy ‘n opmerking. ‘Wat?? Die is ons Ma se huis ons almal gaan hier bly tot ons dood Andrea, Andrea my dronk suster kom hoor watse goed praat Miss Perfect hierso.’ ‘Moenie dinge erger maak nie Maggie, jy weet hoe is Andrea, ek het nie snaaks bedoel nie ek mean maar net dus tyd dat almal hul vlerke versprei dink jy nie? Dus kom Andrea dadelik slinger slinger aan. En Maggie sź vir haar wat het Daisy sopas gesź. Andrea raak dadelik kwaad en kap die leė blacklabel bottle laat die glas stukkies waai. ‘Vandag steek ek ‘n meit met ‘n bottle kop…’ maak Andrea duidelik terwyl sy na Daisy loop….. ‘Asseblief Andrea ek het nie snaaks bedoel nie asseblief moet my nie seer maak nie.” Staan en pleit Daisy. En dus het Mildred gehoor en sy is dadelik uit. ‘Jou meit wie dink jy is jy? Dink jy ons gaan ons Ma se huis verlaat? HUH? Of dink jy, jy gaan dit erf? Jy maak jou laat Prinses Diana! Ek en Ma het oor die huis gepraat en dus ‘n familie huis, ‘n boedel huis, so niemand gaan nźrens, ek wil jou ‘n les leer!’ en dus lug Andrea die stuk bottle kop in haar hand op reg om Daisy te steek. Maggie staan daar sonder om ‘n woord te sź of om vir Andrea te keer. Dus spring Mildred dadelik in ‘Steek daai kind en jy slaap vanaand in die tronk.’ Dus gooi Andrea dadelik die bottle kop eenkant en bespring sommer vir Mildred. ‘Jy lankal my Ma se geld gevreet jou ou teef, vandag gaan ek jou wys ek is nie my Ma wat jou somer net so gelos het nie by my gaan jy kak.’ Andrea sit 'neet' op Mildred se rug terwyl sy Mildred al in die gesig met haar naels krap. ‘Andrea hou op! hou op!’ Gaan Daisy nader om Andrea af van Mildred af te kry maar sy kom nie reg nie. En dus kom Greg (Mildred en oorlede Ellen se enigste broer.) Vader aleen weet waar het hy die heeltyd rond gedwaal maar hy ruk vir Andrea soos niks van sy sister se rug af en dus het hy haar aan haar nek net om haar so bietjie te wurg. Sy skrik haar boeglam laat die pis behoorlik van haar swart rok af loop. Almal is doodstil, Daisy staan en hou haar kop.. ‘Ek verlang somer nou my Ma.’ Praat sy in stilte sodat niemand haar kan hoor nie.

5 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page