top of page
Search

Ma Ellen 19

Updated: Nov 17, 2020

Die polisies ariveer by die Booysens wooning. Katrina se kinders sit op die stoep, sit en huil, snot en trane. ‘Wat gaan hier aan’ Vra die polisieman vir The Girl en Mielie Pitte. ‘My Auntie Andrea het vir Thabang gesteek en my Mammie ook.’ Gaan The Girl voort. Maar Mielie Pitte gee extra details. ‘My Ma was kaalgat gewees saam met oom Thabang en toe sien Auntie Andrea hulle het die tafel amper gebreek, my ma was besig om te kook oom.’ Gaan Mielie Pitte voort. Die polisie man gaan in om te ondersoek en dus sien hy vir Thabang op die vloer, die vroue beampte bel dan dadelik die ambulans. ‘Dink jy hy lewe’ Vra die vroue Beampte die man Beampte. ‘Ek dink nie so nie, die kind gepraat van sy Ma ook, KYK, kry julle haar?’ Die vroue beampte besoek elke kamer behalwe die kamer waar Maggie in vasgemaak is, dus gesluit maar geen teken van Katrina. Dus hardloop The Girl ‘Sy agter, sy agter my Mammie is agter.’ Die polisie vrou is dan om en sowaar daar kry sy vir Katrina wat nog lelik asem haal, dit klink amper sy gorrel. Die ambulans daag dan op en verklaar vir Thabang dood en Katrina is in die ambulans hospitaal toe gejaag want sy is in ‘n baie kritieke Toestand, niemand weet of sy dit gaan maak nie. Die kinders was gelaai en saam polisiestasie toe geneem. Arme Maggie lê aleen in die huis vasgemaak met ‘n stuk lap in haar mond, sy het nog dae laas iets oor haar lippe gehad. Sy kan nie los kom nie, sy kan ook nie skreeu nie.

%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%% Andrea spring oor die draad by die begrafplaas. Sy gaan lê dan op Ellen se graf ‘Mamma beskerm my asseblief, ek het jou hulp nodig, beskerm my asseblief, beskerm my.’ Huil Andrea al te hartseer. Dus sien sy skierlik ‘n wit lig ‘Andrea toe ek saam jou praat en jou wil reg ruk toe wil jy nie luister’ Gaan die stem voort in die wit lig. Andrea pis haar sop nat.’ Asseblief as jy van Thabang se ancestors is, ek hom nie dood gemaak nie, los my uit’ Gaan Andrea bang voort. Dus verdwyn die wit lig …En Andrea spring soos ‘n volstruis oor die begrafplaas draad en gly in ‘n sloot vol Riool water. Sy het teen die bank van die sloot opgeklim en maak laat sy hardloop om vir haar ander skuil plek te gaan soek. Lettie se oê rek Behoorlik ‘Maar jy was dan nog ‘n kind 18 jaar gelede?’ Gaan sy verbaas voort. ‘Ek was Ma, maar ek het ‘n Auntie swanger gemaak.’ Gaan Manning voort. Soos die woord Auntie uitkom, val Lettie van haar stoel af. ‘Sy kry ‘n stroke! Holy Water Erica’ Skreeu Hannes. Manning is geskrik, Daisy weet nie wat om te doen nie sy gedink haar familie drama is erg, maar lyk my hier is erger. ‘ ‘n Auntie? my kind het ‘n Auntie swanger gemaak. Here waar het ek verkeerd gegaan.’ Gil Lettie soos sy die ruk en tit kry op die grond. Sy makeer niks nie, sy oordryf, net as Hannes aan haar vat, dan ruk sy. Erica het net mooi genoeg van haar Ma gehad, sy storm in om die bottle Holy Water te gaan haal in Lettie en Hannes se kamer. Manning weet nie watter kant toe, hy probeer vir Hannes help, om vir Lettie op te tel. ‘Los my, moet nie aan my raak met jou ou Auntie geeste.’ Gaan Lettie voort soos sy nog al te dramaties ruk. ‘Ma kom ons help vir Ma op, dan kan ons mos help.’ Gaan Manning voort. Daisy sit en drink aan haar juice, sy weet nie wat om te maak, die hele situasie het haar deurmekaar. Erica storm in, sy dink nie nog twee keer, sy draai die bottle Holy Water oop. ‘Die Duiwels en huwelik verwoesters moet nou uit. Uit jou Satan’ Gaan sy voort soos sy die hele bottle op Lettie uit gooi. Lettie se oë is verklaar toe, Hannes wil haar nog op help toe vlieg sy self van die grond af op. Daisy sit en skud net haar kop. ‘Was dit nodig?? Op my ouderdom kry mens vinnig flu.’ Gaan Lettie kwaai voort. ‘Sit liewer, laat ons mooi Manning se storie hoor.’ Gaan Erica voort. ‘Kom praat nou!’ Verskreeu Lettie vir Manning. Hy sluk ook ‘n groot knop dan maak hy sy mond oop. ‘Ek het ‘n Auntie 18 jaar gelede swanger gemaak en ons sou trou toe kom Elizabeth en …’ ‘Wat trou?’ Vra Erica. ‘Ja sis trou, maar ek geweet Ma sal nooit approve nie omdat sy ‘n groot vrou is.’ Gaan Manning skaam voort. ‘Jesus take the wheel’ Gaan Lettie al te dramaties voort daar waar sy sit. ‘Ek het weg gehardloop…’ ‘Wie is die vrou’ Vra Lettie ewe Erinstig. ‘Mildred Booysen, Daisy se auntie’ Gaan Manning voort. Daisy skrik groot asook Erica. ‘Praat jy van daai ongeskikte vrou wat se hare lyk soos ‘n gelekte mango pit?’ Vra Lettie naarlik lyk asof sy kan ‘n oorval kry. ‘Ja Ma.’ ‘Jy daai ou koei swanger gemaak??? Jy is onheilig om saam met ou mense te slaap!’ Gaan Lettie voort. ‘Verskoon my, maar kan ek maar gaan lê?’ Vra Daisy beskaafd. ‘Maar natuurlik’ Gaan Erica voort. En dus verlaat Daisy die tafel. Manning sê nie ‘n woord nie. Erica meng ook nie in die maar Lettie is bloodrooi so kwaad is sy. ‘Ek weet nie waar ek verkeerd gegaan het met jou nie rerig, die een is te sag en forgiving en die ander een hoer met ou vrouens wat soos verlepte appelkose lyk ek kan nie, ek kan nie!! Nou wat het van die kind geword?’ ‘Ek weet nie, maar Daisy sy lyk amper asof sy die kind kan wees.’ Fluister Manning. ‘Modimo weeh!’ Hou Lettie haar kop. ‘Kan moontlik wees Daisy wag vir DNA toetse omte bevestig of Mildred haar Ma is’ Gaan Erica voort. ‘So daar is ‘n kans dat sy myne is?’ Gaan Manning opgewonder voort. ‘Ons moet eers seker maak die arme kind is deur so baie en nou moet sy nog dit ook uitvind kom ons hou dit eers my geheim tot ek die DNA toetse het.’ Gaan Erica voort. ‘Wou sê die kind het ‘n trek na my oorlede Ma.’ Gaan Lettie voort. ################################ Katrina is in die emergency room, hulle is hard besig om haar te red. Paar minute nadat hulle probeer het, stop haar hart. Hulle probeer hard om haar weer terug te bring maar kom nie reg nie, Dokter Richard het haar dood verklaar. Hy was baie onsteldt oor die hele storie. Doran se lyk word in die mortuary laai gestoot en soos die mense wat daar werk dit instoot hoor hulle hoe beweeg iemand in die sak en skreeu ‘Ek is nie dood nie, ek is nie dood nie.’ Hy skop dus die laai oop en maak Homself oop. Almal in die mortuary hardloop vir hulle lewens want hulle dink hulle het sopas ‘n spook gesien. Hy hardloop dan kaalgat uit in die gange, sy kop is baie seer. Dus slaan hy neer in die gang en Dokters ondersoek hom en sien dat hy nog lewe, maar HOE? Marleen word in dieselfde sel gesit as Mildred. ‘Lyk my hier kom net klomp ou vleise vandag’ Gaan die vrou wat vroeër vir Mildred geslaan het voort. ‘Mildred wat soek jy hier?’ Vra Marleen verbasend. ‘Ken ek jou teef!’ Vra Mildred. ‘Hoor vir ou auntie, sy bottle haar ouderdom toe ek haar nou geslaan het toe het sy geen bek nie.’ lag die vreemde vrou. ‘Ja, ja my seun date jou sister se dogter Daisy?’ ‘Oh ja Doran goed se Ma, wat soek jy hier, jy lyk te classy vir hierdie plek?’ ‘Ek vir Doran vermoor dit was ‘n ongeluk.’ Gaan Marleen voort. ‘Plaas van jy het vir Daisy vermoor’ Gaan Mildred voort. Marleen lyk effens verbaas. ‘HOEKOM?’ ‘Want daai Klein teef het alles kom bederf, ek het mooi vir Andrea en Edwin vir my sister se dood geframe en toe kom Daisy, mors sy alles op.’ Gaan Mildred voort sonder om te dink. ‘Kevin vir my die recording gespeel, wat bedoel jy met jy het hulle geframe? het jy vir Ellen dood gemaak??’ Mildred kan nie ‘n woord uit kry nie. ‘Ek…..’ Daisy lê en huil al te hartseer, sy weet nie watter kante toe nie sy het nie geweet haar finale jaar op skool gaan so uitdraai, eers verloor sy haar Ma en nou moet sy deur al die drama gaan. Daisy sit regop en begin haar gunsteling Psalm 27 vers 1-2 op sê ‘Die HERE is my lig en my hiel, vir wie sou ek vrees? Die Here is die toe lug van my lewe vir wie sou ek vervaard wees?….AS kwaad doeners my teen my nader kom om my vlees te eet my teenstanders en my vyande, ja myne struikel hulle self en val. Amen.’ Gaan sy voort en sy vee haar trane af. ‘Jy het die regte ding gedoen Daisy al gaan hulle teen jou, môre gaan jy opstaan, omdat jy nie vir hulle hul wil wil gee nie het jy die regte ding gedoen.’ Verseker Daisy haarself. Sy maak dan die bed oop en sit die lamp af en slaap, maar nes sy wil slaap hoor sy stemme in die kamer langsaan. ‘Rerig Erica na alles wat ek jou gegee het, ek het jou lewe kom gee.’ Gaan Charles kwaai voort. ‘Ek weet en ek is so jammer ek wou jou nooit seer maak nie, ek nie eers gedink dit sal jou seer maak nie, nie eenkeer nie, want ek dit nie met die gedagte gedoen om jou seer te maak nie.’ Gaan Erica al te hart seer voort. Charles is besig om sy sak te pak. ‘Ek kan nie glo jy hom uitgebyl en nog sy studies betaal, hoe Vergewe ek dit, hy sy hande vir jou op gelig en boonop nog vir jou verkrag ook hoe Vergewe ek dit???’ ‘Ek wil nie lelik klink nie maar dit was my battle en my battle aleen ek is die een wat soos jy moet aangaan ek is die een wat nie moet Vergewe nie, want raai wat dit was aan my gedoen. …Maar die God wat ons dien het my hart oop gemaak en ek het hom gehelp nie omdat ek skuldig voel of vir jou wil seer maak nie maar omdat God dit in my hart geplaas het om hom te Vergewe en hom ‘n tweede kans te gee in die lewe.’ Gaan Erica voort soos sy aan Charles se arm klou. ‘Dit is waar jy verkeerd is toe ons trou het jou probleme myne geword, jou vyande het my vyande geword…Ek gaan bly vir paar dae in ‘n hotel tot ek my kop skoon kry.’ Charles zip sy sak toe. Erica sit op die grond soos sy smeek die trane rol. Lettie storm die kamer in ‘Watter kak gaan hier aan, wil julle die kinders wakker maak en waarna toe dink jy gaan jy met ‘n suitcase??Jy het gesê “FOR BETTER OR WORSE en die is nou worse nou wil jy hardloop???’ Beduie Lettie al te kwaai. ‘Ma!! Nou is nie die tyd nie is deur Ma wat ons in die gemors sit en nou meng Ma alweer in die huwelik is tussen ek en Charles…’ Gaan Erica voort. ‘Moet nie jou Ma blameer vir jou doen en late nie so as sy my nie gesê het sou ek nou nog nie geweet het nie.’ ‘Kyk hier julle is albei my kinders kom sit op die bed…’ Die twee sit ook maar op die bed Charles die suitcase neer gesit. Lettie gaan dan voort ‘Julle is lief vir mekaar, moet nie laat die Klein dinge van die lewe julle onderkry nie ek weet my Erica het nie die guns vir Daniel gedoen uit die goedheid van haar hart en ek verstaan jy is kwaad maar my kind sal nooit terug na iemand gaan wat haar seer gemaak het nie nooit, dus hoe ek haar ken so jy het geen rede om kwaad te wees nie ek weet jy is teleurgestel omdat sy vir jou gelieg het maar vergewe haar.’ Charles kyk na Lettie ‘Maar Ma ek het net paar dae weg van die huis af nodig, die het my te seer gemaak te seer.’ ‘Ek verstaan my Ma, jy kan maar gaan om jou kop skoon te kry.’ Gaan Erica voort. ‘WATTER TWAK!, julle waardeur nie mekaar nie sowaar….Hier lê Daisy sonder ‘n Ma sonder ‘n Pa familie lede wat teen haar draai en julle het tyd om so aan te gaan??? Wie weet wat kan met Charles kan gebeur as hy hier uit by die deur gaan vermoor, kar ongeluk.’ Maak Lettie haar duidelik. Beide Charles en Erica voel sleg. En besluit maar om vrede met mekaar te maak. ###################### Andrea sit al te lekker by ‘n shebeen, maar niemand sit saam met haar nie omdat sy na strond ruik. Die Riool water sit nog in haar skoene. ‘Vok julle, wil julle beter hou asof julle nog nooit in strond water getrap nie.’ Skel sy die mense wat weg skyf van haar af. Sy drink Pineapple gis al te lekker maar sy het nie ‘n sent op haar nie. ‘Kom betaal daai scoop voor jy loop’ Gaan die vrou voort van die plek. ‘Wag ek gaan gou toilete toe.’ en Andrea verdwyn. Sy spring mooi by die toilet venster en maak laat sy hardloop …soos sy hardloop, maak haar skoene net ‘Tshwa-Tshwa-Tshwa, soos die strond water uit spat, maar sy is min gespin, dit pla haar nie. Sy staan eers agter die boom naby die huis om te kyk of die 'coast clear' is. Sy sien dan daar is nie ‘n mens of ‘n kar. Die ligte is af. Sy hardloop dan en vat aan die deur, maar dit is gesluit, sy kap dan die kombuis venster oop en klim deur. Thabang se bloed en bloed spatsels is die hele Kombuis vol. ‘Naai nog jou blou balle. Naai nog, nou gaan die wurms jou opvreet’ Gaan Sy voort. Sy is dan in, sy sluit oop waar Maggie lê. Maggie is pap nat gesweet en die kamer ruik bedompig en sleg van die gemors. ‘Jy sowaar gewig verloor… Miskien moet ek jou ook dood maak dan is daar nie ‘n Booysen oor nie.’ Gaan Andrea voort. Maggie maak haar oë oop en ‘wikkel - wikkel haar boude’. Andrea haal dan die ‘nat ou lap’ uit haar mond sy smaag Behoorlik na asem. ‘Ek is honger Andrea ek kan nie meer nie maak my los ek belowe ek sal nie vir Mildred laat vang nie, ook nie vir jou nie, laat ek net gaan asseblief.’ ‘Jou bitch, Auntie sit in die tronk, jou bitch skoon sister, ek weet nie lewe die teef en daai swart drie been pot is vrek en ek en jy gaan ook nou vir Jesus ontmoet my sister.’ Lag Andrea al te lekker. ‘Wat wil jy doen asseblief laat ek gaan. Ek soek net ‘n vetkoek met Jem op. Ek is so so honger.’ Andrea druk die lap weer in Maggie se mond en dus gaan sy af basement toe om die Jerry Kan petrol te kry…. ‘Arme Maggie se minute is getel…’


Moloi ha a mela boya

8 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page