Marleen handig aan Kevin die papiere oor. ‘Ons kla ons regte af geteken, jy moet net teken dan is die plek jou plek…’ Gaan Marleen voort.
‘Yoh maar die skuld eisers mos nie gespeel nie, ek wonder wat Doran gaan sê. Dankie Auntie en oom.’ Gaan Kevin voort.
‘Wel ons moet hom net die waarheid sê, hy is by die sokker practice.’ Gaan Dennis voort.
‘Sterkte my oom.’ Kevin teken dan die papiere.
Kevin handig dan die Flash stick met die recordings oor aan Marleen en Dennis.
‘So alles oor Ellen En Daisy se moontlike moord is hier op?’ Vra Dennis.
‘Ja dit is, sterkte, die Booysens nogals ’n harde gesin.’ Gaan Kevin voort.
‘Niks wat ek nie kan handle, ek soek lankal Mildred se kop.’ Gaan Marleen voort.
‘My auntie hulle kan nog aan in die huis bly tot dat ek anders besluit.’ maak Kevin Homself duidelik soos hy die title deed vat.
‘Onthou ons gaan ons huis terug koop by jou sodra ons,ons Kaarte reg speel.’ Gaan Dennis voort.
‘Is reeds van Kaarte speel wat ons hier sit.’ gaan Marleen voort, die huis is leeg, hulle sit op emmers.
‘Ek moet nou gaan’ Kevin groet hulle en ry weg.
Erica skreeu naarlik want Midlred het haar in haar arm geskiet, is net bloed wat waai.
‘Ek mos gesê moet nie enige iets try nie teef. Kom nurse, help die slim prokie daar.’ Gaan Midlred voort.
Daisy raak kwaai kwaad en sy dink nie nog twee keer, Mildred focus nog op Erica en die nurse, dus bespring Daisy vir Mildred.
‘Jy is ’n monster!! Jy is ’n monster!!” Skreeu Daisy soos sy wil Mildred slaan.
Sy slaan vir Mildred laat die gun uit haar hand val.
‘Klein Madampie! Vandag maak ek jou vrek, Madampie trek Auntie se hare’ En soos een slaan Mildred, soos ‘n bees neer en Daisy is op haar en slaan haar al in haar gesig.
‘Ek het genoeg gehad van jou genoeg!! Genoeg gehad van jou .’ Skreeu Daisy soos sy slaan.
‘Uhmmm Daisy los haar.’ Gaan Erica voort sy is in soveel pyn.
Mildred se mond is vol bloed.
Dus klim Daisy van haar af, Daisy se neus begin bloei ook.
Mildred kruip na die gun toe maar Daisy spring haar voor.
‘Beweeg en ek skiet.’ Skreeu Daisy.
‘My foon is daar tussen die papiere bel die polisie’ Gee Erica aan die nurse ‘n bevel.
Sy doen dit.
‘JY sal my nie skiet nie, Klein Bitch’ Gaan Mildred naar voort soos sy haar tand uit spoeg.
‘Maak ‘n move en jy vrek Mildred!! Jy vrek!’ Skreeu Daisy soos die trane loop. Haar neus is in pyn maar sy hou daai gun na Mildred toe.
Mildred lag al te lekker. ‘Ek sê skiet my. Jou swak teef’ En Mildred beweeg en Daisy kyk haar met meaning.
‘Moet nie skiet nie Daisy’ Skreeu Erica.
Maar soos Mildred beweeg na Daisy se voete trek Daisy die sneller. En Mildred kreeun soos ‘n mal varkie soos die bullet haar been tref.
‘Jy is ‘n gemors om jou eie auntie so seer te maak.’ Skreeu Mildred.
Daisy staan en bewe Behoorlik, haar senuwees is klaar die trane rol en dan slaan realitiet haar dat sy pas vir Mildred geskiet het.
‘Wat ek gedoen Erica?? Wat ek gedoen?’ Begin Daisy panic.
Ek sou dit ook doen, dit was either jou lewe of haar lewe en vetrou my sy sou nie twee keer dink om jou te skiet nie, die polisies is nou hier… nurse los, ek is oraait help haar, haar wond bloei!’ Erica is diep in pyn maar sy probeer sterk wees vir Daisy.
‘Ek het painkillers nodig. Ek pyn darem te seer.’ Kreeun Mildred.
Dus kom die ander personeel in om te help en die polisies ook, Andrea en Kevin en Katrina storm ook daar in.
‘Wat op aarde het hier gebeur?’ Wil Katrina weet.
‘Lyk my Aunty Dinges se pistool het haarself geskiet.’ Gaan Andrea voort.
‘My arme Mammie.’ Gaan Kevin voort.
‘Kevin my baby, help my. Kevin help my.’ Skreeu Mildred naarlik soos die polisie handcuffs om haar hande sit.
Kevin staan en kyk haar net met hartseer oë ‘Ek kan niks doen om te help nie Mammie.’
‘Jy Daisy! ek kom vir jou, jy skiet mos vir my.’ Skreeu Mildred.
Andrea begin lag toe sy sien Midlred se voortste tand is weg ‘ Jiiree kyk nou, lyk die ding eers bitter, sy lyk nou soos ‘n skolie met daai een lang tand.’
Katrina kan nie haar lag in hou nie. ‘Ja hoender kop, ek wonder hoe gaan die ding se mugshot lyk, want as daai pryk moet af kom.’
‘Ek sê jou my skoon sister as daai wig moet afkom, is lelik daai ver voorkop gaan mos nou lelik uit wys met daai bietjie hare.’ lag Andrea naarlik.
Kevin se hartjie brand daar waar hy staan.
‘Sy gaan soos ‘n bles hoender lyk.’ lag Katrina ook soos sy byvoeg.
‘Aunty dinges moet ons vir jou ‘n razor blade saam bring om jou virginity te beskerm daar in die choekie??’ Vra Andrea.
‘Andrea jou stink black label gat.’ Vloek Mildred naarlik.
‘Jy sal my so vloek, my Klein sistertjie De Melker het jou kak been lekker geskiet, sien jy Kevin jou blou bloude is geskiet.’
Kevin loop dan ‘ Moet nie loop nie baby.’ Skreeu Mildred.
Maar Kevin kyk nie terug nie hy hardloop. Die polisies staan daar terwyl die Dokters help om Mildred se bloed te stop.
Erica en Daisy word dadelik gehelp.
‘Kyk hoe hardloop Mammie seun nou.’ lag Andrea al te lekker.
‘Polisie man, hierdie vrou het vir my ook ontvoer en in die basement toe gesluit, ek wou ‘n saak maak maar die auntie het my met die einste gun gedreig.’ Gaan Katrina al te dramaties voort.
‘Moet jy so lieg Katrina jy weet nou nie eers wat ontvoer beteken nie polisieman lyk die vir jou soos ‘n vrou wat ontvoer is??? Die meit het suurwyn gesyp toe gaan tiep sy in die basement…..maar wat ek kan vir jou sê mnr Konstabel is dat Mildred Ben 10 wig voeltjie kop Booysens wraggies my sister, my bloed sister Maggie, vet Magdalena Booysens ontvoer het…Ek agtergekom sy my sister in die kamer en toe dreig sy my met die einste gun.' Gaan Andrea voort.
‘Julle kan die verklarings by die polisiestasie aflê ek wil nou eers uitvind wat hier gebeur het.’ Gaan die polisieman voort.
‘Kom ons gaan kyk liewer hoe dit met Daisy gaan.’ Gaan Katrina voort.
Sy en Andrea loop dan na Daisy.
‘Is jy oraait my sistertjie.’ Gaan Andrea al te vals voort.
‘Ek is oraait onder omstandighede, waar is Maggie?’ Vra Daisy.
‘Vet gevaarte is vas gemaak in haar kamer alles Aunty Dinges se skuld’
‘Ek is jammer ek julle nie geglo toe julle my teen haar waarsku.’ Vra Daisy Omverskoning by Andrea.
‘Dit is niks nie my sister…Jy moet nou huistoe kom Diana.’ Ons kan nie sonder jou survive nie’ Gaan Andrea voort.
‘Hoekom is jy dan nou so vals???’ Vra Katrina vir Andrea.
‘Ons moet nou Nice wees Skokie lieste Daisy is die nuwe madam en as ons nie volgens haar ritme dans is ons uitgeskop.’
‘is waar Andrea …jammer omdat ek jou so aangerand het Daisy, maar is alles daai slegte Edwin se skuld.’ Gaan Katrina voort.
‘Ek vergewe julle man, ons is mos familie en familie staan saam …’ Gaan Daisy effens skepties voort.
‘Ons gaan dan, want Maggie moet nog los gemaak word.’ gaan Andrea voort soos sy en Katrina weg van Daisy af loop.
Mildred lê en kreeun soos ‘n bees.
Andrea en Katrina loop na die hoek van die hospital toe om te wag vir ‘n Taxi aangesien Kevin hulle net daar gelos en weg gehardloop.
‘Het jy gesien hoe vinnig maak Kevin laat hy weg kom.’ Vra Katrina vir Andrea.
‘Jirrie Skokiaan lieste jy gaan aan, kyk ek was nie daar nie ek gesien hoe Mammie kind weghardloop hoor vir Aunty dinges ‘Kevin help Kevin help’ ( Andrea imitate vir Mildred) kyk vir Kevin ‘Mammie ek kan nie' daar hardloop hy soos ‘n wilde bees, hy loop nie eers nie hy hardloop …en is Mildred se kar wat hy so lekker ry’ Gaan Andrea al te dramaties voort.
Katrina kyk haar en dan begin sy te lag ‘Weet jy wat ek en jy hou nie van mekaar nie maar hierdie afgelope week het jy darem laat ek my klaar lag met al jou goed…Maar ek is kwaad vir jou, kan jy vir die polisieman sê ek lieg jy weet goed hoe vas was ek gemaak.’
‘Jy mos gelieg, ientlik Aunty Dinges het jou gedreig met die einste gun om nie ‘n saak te maak nie jy weet mos jy lieg nadat die arme rosyntjie tette eers vandag daardie gun uit die safe gehaal het.’
‘Jy dan ook gelieg nogals sy het jou gedreig met die gun toe jy ontdek Maggie is vas gemaak in haar kamer jy weet mos jy het gehelp om vir arme Maggie vas te maak.’ Gaan Katrina voort.
‘Jy weet mos nie hoe om slim te lieg nie nou ek weet toe ek hoor jy sê sy het met die gun gedreig toe kry ek ook mos die idea dat dit ‘n slim plan is om te sê duif kop my gedreig.’
‘Maar Andrea jy is verkeerd kom steel my leeuns nou wie is die slim een tussen ons duidelik ek.’
Andrea kyk vir Katrina dan gaan sy voort. ‘Jy het definitief op jou kop geval met geboorte, ek my woorde deur gedink.’
‘Jy hoor nie as Maggie los kom dan gaan sy die polisies vertel dat jy ook gehelp het met die ontvoering.’ gaan Katrina voort.
‘Weet jy wat Skokie Lieste. Jy het nogals ‘n punt beet ons moet vir Maggie basement toe skyf, maar Vader my arme sister moet nou jou stink dampe gaan kry.’
‘Ek stink nie het jy al geruik hoe ruik jy?? Jirrie soos die baby Pools bydie swembad eena ou pis.’
‘Jy sal mos weet want jy kan nie swem, loop sit in die baby pools as ons swem, jirri my broer darem ‘n dom harde kop getrou met ongeskikte korrels.’ Gaan Andrea dramaties aan soos sy beduie.
‘AAAGGG! Maar pis gat met boots voorkop vir die pad, hoe gaan die plan Voorentoe?’ Vra Katrina.
‘Nee my skat jy onderskat vir Andrea CHELAN CHULA CHEKA FERARI KOVAKI BOOYSEN.’ Klap Andrea op haar bors.
‘Watse goed???’ Katrina is heel deurmekaar.
‘My Sesotho name as ek Makoti word daar by Thabang hulle se huis’ help Andrea vir Katrina op die regte pad.
‘Darem bitter name maar ek wil hoor wat Andrea KOEKERAKI KAKERLAKI CHECKERS SPORTSKAR KOEVOEKIE VETKOEK BOOYSEN beplan.’ Katrina voort.
‘Jy darem een dom skomfaan Kataza bitch, laat Thanbang se ancestors jou hoor en jy gaan die suiker begin tel…Ek laat Ben plooie haarself speel, ek geweet iets gaan skeef loop dus het ek seker gemaak ek speel met haar gedagtes, ek vir Manning gebel Daisy se regte Pa, dit was step one en die ou koei het kwaad geraak haar kop verloor en toe sy die gun kom haal het ek haar vrywillig gehelp met elke plan, maar ek lankal plan B gehad…ons moet in Daisy se goeie boeke kom, doen wat sy vra as sy wil hê jy moet haar pis pot uitgooi doen dit…Sy soek een ding so desperate en dus om aanvaar te word van die familie sy soek ons liefde dis haar swak punt, op die manier byt ons haar uit, ons plan kan dalk nie soos Voëltjie hare sin is nie wat geld soek, maar ons plan gaan laat ons vir die lang termyn benefit.’
Dus hou die taxi stil.
‘Maar jy is slim Andrea ek stem saam.’ Gaan Katrina voort soos sy inklim.
‘Ek is bly Skokie lieste’ Gaan Andrea voort.
Lettie hardloop die hospitaal binne. ‘Waar is my kind? waar is my kind?’ Skreeu sy.
Manning is ook saam met haar. ‘Ma kalmeer die nurse gaan mos nie kan vir Ma verstaan of antwoorde gee as Ma net skreeu.’
‘Wat ken jy??? As mens skreeu dan word mens vinnig gehelp, jy weet mos as jy nie die goed se vel kleur het dan word jy nie vinnig gehelp so ek skreeu.’ Gaan Lettie kwaai voort.
‘Ma ook nie verander.’
‘Mevrou die nurse hier het vroeër glo ‘n skietery gebeur ek kom haal my dogter, watter vloer is sy, die meisie wat in die arm geskiet is volgens die tablette.’ Gaan Lettie voort.
‘Ma bedoel seker die tabloids.’
‘Die Zoeloe hoender hier voor my het my verstaan.’ fluister Lettie vir Mannie.
‘Ma' Gaan Manning voort.
Maar Lettie is min gespin.
‘Sesde vloer mejuffroe’ Gaan die vrou voort.
Lettie sê nie eers Dankie, sy maak laat sy begin stap.
‘Ma ons kan net die lift vang, dis vinniger.’ Gaan Manning Voort.
‘Jy weet ek laaik nie daai donderse goed, laaste keer toe ek vir Erica hier kom haal toe sit ek in die ding vas, laat ek Behoorlik juig ahaha trappe kom jy kry nou hoeka reeds ‘n alcohol pens..’ KOM! Lettie mors nie nog tyd sy begin klim.
Sy loop en sing ‘What a mighty God we serve…’soos sy op gaan.
Manning is uitasem. ‘Sien jy wat doen drank? En drink elke dag my Holy water om my krag te gee dus Hoekom ek so fiks is, one glass of Holy water keeps the sicknesses away, ek sê vir jou and one glass of alcohol makes a young man lose his manhood.’ Gaan Lettie Erinstig voort.
Manning rol net sy oë vir Lettie.
Manning is lekker uit asem terwyl Lettie al te vinnig loop sy vra dan die nurse waar haar dogter is en die nurse beduie vir haar watter kamer.
‘Here Erica! ek is lus en klap jou .’ Gaan Lettie voort die oomblik toe sy vir Erica sien.
‘Ma dit kon soveel erger gewees het, waar is Charles?’
‘Sê jy dan nie eers hello vir jou boeta nie’ Vra Manning.
‘Ek so deurmekaar ek jou skaars gesien wanneer het jy gekom? Jou verlang boeta hoop alles is oraait.’
‘Vanoggend met my gaan nog oraait dankie.’
Lettie staan en hou haar kop ‘Charles het nie gekom nie want, want ek hom gesê wat jy vir Daniel gedoen het.’
‘MA! Hoekom? Dit is my plek om my man dit te sê…’ Gaan Erica al te lam voort..
Ma Ellen 17
Updated: Nov 15, 2020
Comments