top of page
Search

Ma Ellen 16

Updated: Nov 14, 2020

‘Arg shame lovey, hoe kry ek jou nou jammer, wat ek nie doen, jy dit verdien, ek al te lekker jou laaste dagga uit gerook.  Mildred kan jou maar kidnap’  Gaan Andrea voort soos hulle uit die basement kom.
‘Ek gaan maak ‘n saak teen daai ding wat soos die letter B in die alfabet gebou is….En jy Andrea jy gaan ook saam met daai ou plooi bek gaan sit.’

‘Julle praat darem lelik van my Mammie.’  lewer Kevin komentaar.

‘Gaan laat vang haar, ek gaan mos huka sê jy lieg…jy kan nie vir Aunty Dinges laat gaan tronk toe, sy is ons enigste manier hoe ons ons hande op Ellen se Fortuin kan sit …En hoor die vuil melk kind jou Mammie is die duiwel haarself seuntjie, jy gaan nog agterkom’  Gaan Andrea voort.

Dus sien sy die boodskap wat Mildred haar gestuur het.

‘Sien julle operation ‘Kill Daisy de Melker’  moet inwerking gesit word…ek weet nie hoe die ou bitch vir Daisy in ‘n bad wil verdrink..sy moet die bitch se gesig in ‘n deep fryer met warma oilie in doop op die manier vrek sy vinnig.’

‘Andrea! Aunty Dinges is oneerlik en nou gebruik sy jou.’  Gaan Katrina voort.

‘Katrina dink jy ek is sooo dom?’

Kevin gaan dan weer na die kamer om hom klaar te maak.

Katrina stop die vetkoeke Gevaarlik in haar mond.

‘Jy is ‘n dom doos’

‘Ek voer Aunty Milly se planne uit net om ‘n lekker cut te kry van die geld’  Gaan Andrea voort.

‘Jy gaan nie ‘n sent kry nie as Aunty Dinges jou klaar gebruik het dan gaan sy jou los hande Rehab toe stuur of dalk tronk toe vir haar dade, Daai auntie is ‘n real gangster, ek sê jou nie kak.’  Katrina is al te honger.

Andrea staan en dink ‘ Weet jy wat, jy het nogals ‘n punt beet Skokie lieste…’

‘Ek mag dalk dom lyk, maar ek Katrina Booysen ken baie diep goed ek rook nie verniet dagga nie.’  Prys Katrina haarself.

‘Dagga maak nog net veder daardie brein selle dood.’

‘Blacklabel maak jou knypers klaar.’  lag Katrina.

‘Jaloers! much omdat jou derms nie kerm want Edwin sit in die tronk.’

‘Jou broer weet huka nie hoe om ‘n derm te laat kerm.’

‘Sies!’  Gaan Andrea voort.

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

Erica sit daar, Mildred begin te skel.

‘Wie gee jou die reg om prokureur te verander???HUH??? Waar kom jy aan hierdie lelike maniere ek dog ons bespreek alles met mekaar.’

‘My oumie ek net gedoen wat vir my reg voel, daar was geen intensies by nie…Since almal deesdae so oor geld is niemand van julle is rerig lief vir my en al wat ek nog die heeltyd vra is liefde.’  Gaan Daisy voort.

‘Liefde?? Jy verdien nie liefde nie jy is ‘n gemors kind.  Jy verdien om te vrek soos jou donderse Ma.’

Dus spring Erica in ‘Mev. Ek ken nie vir jou nie maar dus nie hoe ‘n mens met ‘n kind praat nie, kan jy nie sien sy het seer?’

Mildred kyk vir Erica van kop tot toon. ‘En wie dink jy is jy HUH? Ek sal saam met Daisy praat soos ek dink ek wil.  Hoor jy vir my?’

‘Ek is haar prokureur en sê nog een belaglike ding en ek Sue vir jou vir Naamskending, is jy nie groot om soos ‘n straat vrou te kom skel?’  Maak Erica haarself duidelik.

‘OOOOH so jy is die een.  Die is nie die laaste wat julle van my gaan hoor nie’ en dus draai Mildred om en loop.

By die Hendriks wooning gaan dol, hulle furniture word als gelaai…

Marleen bel vir Kevin aan een, sy staan voor op die gras.

‘Het ons dan nie ‘n deal gehad? hier laai die mense ons meubels.’  Gaan sy voort toe Kevin antwoord.

‘Ons het, ek gaan later kom, my auntie verwag tog nie as ek die recording oor handig dat my auntie hulle somer geld gaan kry nie my autie hulle moet mos nog eers die Booysens dreig.’

‘Dit maak sin jaaa maar ons moet die plan al inwerking sit sodat ek my meubels terug kan koop…’

‘Ek verstaan ek gaan mos kom, Geduldig wees.’  Gaan Kevin voort.

Marleen sit dan die foon af.

Dus trek Lettie en Hannes op.

Lettie vlieg Behoorlik uit die kar uit met twee bottles onder haar arm.

‘Dankie Vader sister kom bless ons, lyk sister het gesien hoe die duiwel besig is…’  Gaan Marleen voort.

‘Jy is die duiwel.’  Skreeu Lettie en sy maak daai bottle oop en gooi dit klaar op Marleen uit.

Marleen skreeu Behoorlik ‘Is jy dan mal, wat het ek jou gemaak??’  Haar hare het behoorlik gemince.

‘Jy en jou blink bless man dreig mos my dogter.  Wie dink julle is julle?’  Lettie tel die ander bottle op. ‘Ek gooi daai volstruis nek van jou pap donderse stywe nek.’  gaan Lettie kwaai voort.

Marleen hardloop in die huis en slaan die deur in Lettie se gesig toe.

‘Jy sal daar binne bly jou onheilige volstruis Gees, laaste keer wat julle my dogter dreig volgende keer bring ek die fire fighters om jou in jou moer te spyt…donderse Satan wat agter die bybel skuil…’  Skel Lettie vol bors.

‘Dit is nou genoeg my vroutjie.’  Kom kalmeer Hannes vir Lettie.

‘Daai Dennis met sy sop oog moet uit kom ek soek hom, hy dink omdat hy ‘n sop oog het, hy kan my kind dreig. EK maak kak, kom pad toe.’  Hannes lui vir Lettie na die kar en maak dat hy wegtrek.

Marleen haal behoorlik asem,in en uit.
‘En nou my vrou, as die paint so afloop?’  Vra Dennis.

Marleen hom net een vuil kyk gegee toe is sy badkamer toe.

**********************
Mildred se bloed kook Behoorlik sy spring in die kar.

‘Ek maak daai ding persoonlik vrek nog vandag.  Vir ‘n prokureur het.’

Sy trek dan weg oppad na die huis.

Sy kry dan vir Andrea en Katrina in die Kombuis.

‘Jy my mos in die basement gelos vir die dood jou ou heks’  Katrina gryp ‘n mes wat op die tafel lê.

‘Kom teef maak my vrek kom.  Kom.  Gaan Mildred voort ewe sterk gevreet.

Katrina staan nader.

Andrea begin skreeu  ‘Thabang. Kevin. Katrina gaan dood. Katrina gaan dood julle.’

Katrina kom vir Mildred met meaning.

‘Kom Katrina.  Wys my wat jy kan doen.  Skreeu Mildred.

Soos Katrina wil steek vang Kevin haar van agter af en haal die mes mooi uit haar hande uit.

En soos Kevin hou so gee Mildred vir Katrina twee helse klappe. ‘Jy gaan my respekteer verstaan ons mekaar?’

Katrina begin huil soos ‘n kind ‘los haar baby’  gee Mildred aan Kevin ‘n bevel.

Andrea staan en lag alweer.

‘Nou luister julle bitches vir my.  Julle sistertjie hou haar mos slim, sy het vir haar ‘n prokureur gekry, die hele gelde is by daai prokie! Andrea wat is die safe se code??? Ek kan onthou julle Ma het ‘n gun daar binne in’ verskreeu Mildred vir Andrea.

Katrina huil al te hartseer ‘eers kap sy my oor die kop, laat ek in ‘n coma gaan en nou klap sy my, sy is nie reg nie, wat ek gedoen om so abused te word .’

‘Shut up! as jy in ‘n coma was, was jy nou nog in een…kom Auntie Dinges ek ken die code’  Gaan Andrea voort.

‘Mammie ek moet gou iewers gaan.’  verskoon Kevin Homself.

‘Dus regso baby ek moet ‘n job klaar gaan maak, iets wat ek al jare terug moes doen.’  Gaan Mildred voort soos sy Andrea na die safe volg.

Andrea druk die code in en die safe gaan oop, die pistool lê daar.

‘Gaan Aunty Dinges vir Daisy klaar maak?’  Vra Andrea met groot oë.

‘Jaa ek gaan, bitch gaan oplaai en langs die pad vermoor of sommer in daai hospitaal vrek skiet.’ Gaan Mildred sonder genade voort.

‘Ek kan Thabang se balaclava vir Aunty Dinges leen.’

‘Kry dit dan my kind.’  Gaan Mildred voort.

Andrea dink nie nog twee keer nie, sy hardloop om die balaclava te gaan haal.

Sy gee dit dan vir Mildred.

Mildred klim in die kar en trek met spoed weg hospitaal toe.

‘Vandag gaan jy Ellen join jou Klein gemors.’  Gaan Mildred voort soos sy ry.

‘Ek is so jammer oor haar gedrag.’  Vra Daisy nederig verskoning by Erica.

‘Arg nee man jy het mos nou niks gedoen nie die auntie herinder my aan Daniel my ex se Ma, Hy het my verkrag en die volgende dag toe hy Homself in die tronk vind daag sy Ma op by die hospitaal om vir my om te koop met geld om die saak te drop, dit my so seer gemaak want dit was amper of sy my geglo het maar toe daag my super hero op my Ma en sy skel daai auntie laat die see haar nie kan afwas en boonop gooi sy haar nat met die Holy Water…dit is Hoekom ek kan relate met jou op al daardie vlake, ek ken seer kry al te goed my eerste liefde Homself dood gemaak omdat hy saam my bestie geslaap het en sy later swanger geraak, so ek ken die seer van dood, ek my vir maande en maande net besig gehou en selfs in ‘n nuwe verhouding gespring om van sy dood te vergeet…Maar hier is ek vandag, sterker as ooit Hoekom? Want ek het ‘n biddende Ma en ek moes leer hoe om sterk te wees…Jy het al daai qualiteite, jou Ma is oorlede en inplaas van dat jy in 'n hoekie sit veg jy vir dit wat jy wil hê en ek admire dit van jou en moet nooit vir ander se gedrag jammer sê nie.’  gaan Erica voort soos sy Daisy se hand vryf.

Daisy se oë skiet vol trane ‘Dankie vir die mooi woorde, jy is al persoon waarmee ek Gemaklik voel en kan vertrou, ek dank die Here vir jou…Seker ook die Hendrikse.’  Lag Daisy effens.

‘Hulle het darem iets goed gedoen deur te dink ek sal hulle help.’  Lag Erica.

Die nurse kom dan in met die papiere.

‘Jy gaan finally huistoe, teken net hierdie papiere en jy is onslae van ons’  Gaan die nurse vriendelik voort.

‘Ek sal eerder hier wil bly ek is so onseker of ek huistoe wil gaan, ek is bang ek sou by Marleen en Dennis gaan bly het maar hulle soek geld vir die tyd wat ek daar gaan bly en Aunty Mildred is klaar kwaad sy gaan my lewe hell maak as ek moet soon toe.’  Gaan Daisy al te Hartseer voort soos sy die papiere teken.

‘Arg nee kind’  Gaan die nurse voort.

‘Ek bel net gou my man om te hoor kan jy vir paar dae by ons bly. ons ‘n gerieflike cottage agter in die yard. My Ma en my stiefpa bly daarin maar daar is nog ‘n kamer.’  Gaan Erica voort.

‘Ek kan nie dit van jou verwag nie Erica.’  gaan Daisy voort.

‘Kom ek hoor eers  by my man, maar daar is geen manier dat jy by Mildred gaan bly nie, daai auntie het die duiwel in haar siel.’  Erica staan dan op en verlaat die kamer om vir Charles te bel.

Sy was nie lank weg toe kom sy weer die kamer binne.

‘Jy juffroutjie moet jou sakke reg kry jy gaan by ons bly.’  Gaan Erica opgewonder  voort.

‘Jy is te goed Erica, baie goed ek weet nie wat om te sê nie maar dankie’  Trane van dankbaarheid verlaat Daisy se oë.

‘AWWWW jy is ‘n oulike mensie, my twee dogterjies gaan so van jou hou.’  En dus versmoor Erica vir Daisy in ‘n drukkie.

Daisy is so bly sy pak haar sakkie en dus groet sy die nurse en nes sy en Erica uit wil gaan by die kamer deur kom Mildred in met haar handsak heel kalm.

‘Jy kon mos net gesê het dat jou fancy lawyer (sy kyk vir Erica van kop tot toon) jou huistoe gaan vat dan het ek mos nie petrol gemors om tot hier te kom.’  Maak Mildred ‘n stelling.

‘Wel ek en sy het besluit is beter as sy vir eers by my bly, sy voel onveilig’ gaan Erica voort.

‘Ja Aunty Milly’  Gaan Daisy ongemaklik voort.  

‘Oh so dus hoe dinge werk, julle donderse twee dink julle kan vir Mildred Booysen õre aansit, die was nie deel van die plan nie maar…’

Sy ruk die gun uit haar handsak en point dit na altwee van hulle.

‘Vandag vrek julle altwee’

‘Asseblief Aunty Milly laat Erica gaan sy het niks gemaak nie Auntie mos vir my gekom.’  Smeek Daisy haar oë is groot in haar kop, sy het dit nie verwag van aunty Mildred af.

Die nurse wil nog hardloop ‘Waarna toe dink jy gaan jy HUH???Kom join die party’

‘Mildred jy kan tronk toe gaan vir die, laat ons gaan en ons gaan niks sê’  Gaan Erica voort soos sy bewe.

Mildred is so kwaad ‘Nee, nee prokie hier is hoe die gaan werk! Jy gaan vir my die dokumente gee en Daisy moet wettig alles oor aan my teken en dan my liewe mensies gaan ons vir ‘n drive.’

‘Is jy van jou kop af???Die kanse dat jy gevang word is 90%, hoe op aarde gaan jy vir ons hier uit kry ‘n hospitaal vol mense?’  Gaan Erica voort.

‘Oh prokkie wil jy slim slim speel.  (sy klap dan vir Erica)  haal daai papiere uit jou tas.’

‘Eina, Dink jy rerig jy gaan weg kom met die? En daar is sekere dokumente wat moet opgestel word om eiendom en geld oor te plaas op iemand anders se naam, die papiere wat ek het, het net Daisy se besonderhede op en ek nie my rekenaar hier nie.’

‘Ek sal well plan maak’  Gaan Mildred voort.

Sy bel dan vir Andrea ‘Kry vir Kevin om vir jy en Katrina hospitaal toe te bring ek het ‘n job vir die drie van julle.’

Andrea wil nog terug praat maar Mildred drop die foon in haar õre.

‘Ek gaan kyk, kan ek nie die emergency button druk bo by die bed.’  Fluister Erica vir Daisy.

‘Versigtig wees sy is gevaarlik, sy gaan nie twee keer dink om te skiet’  Fluister Daisy terug.

‘Okay okay! Ek dink daar is ‘n dokument wat ek wat aller regte oor aan jou kan handig.’  Lieg Erica.

‘Ek het geweet jy lieg vir my prokkie’  Mildred kry eintlik lekker.

‘Ek het so baie dokumente daar binne daai tas ek sal alles op die bed moet uitgooi.’  Gaan Erica voort.

‘Nurse maak toe die deur en jy beweeg jou gat ons het nie heeldag.’  gaan Mildred kwaai voort.

Daisy hou duim vas.

Erica gryp die tas en gooi die papiere almal op die bed uit en sy maak asof sy soek.

‘Ek jou gesë ou Daisy ek speel hierdie game langer as jy.’  lag Mildred.

Erica druk dan die emergency button….
En Mildred sien ‘Wat dink jy doen jy???’

En dus gaan daar ‘n skoot af……


2 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page