top of page
Search

Ma Ellen 15

Updated: Nov 13, 2020

‘My kind dit is tyd dat jy met die waarheid uitkom’  gaan Lettie vroeg voort.

Dit is Maandag oggend en Erica maak klaar vir werk.

‘Ek dink nie dus nodig nie ek vir Marleen en Dennis van my rug af.’

‘Het ek reg gehoor???Marleen met haar stywe nek? En Dennis met sy blink Bless? So is daai skorriemories wat jou dreig??”  Gaan Lettie kwaai voort.

Die name het verongeluk Erica se mond verlaat.

‘Ma belowe my jy gaan niks doen, ek hulle mooi onder beheer…’

‘Hulle dink mos omdat hulle daai jare uit ons gemeenskap hierna toe getrek het, hulle Is beter! Ek kan maar nie vat plek in daai volstruis se stywe nek vat, dink net vir jou kom dreig, die nerv.; vibreer Lettie daar waar sy sit.

‘Vir ‘n kerk Auntie is Ma darem judgemental.’

‘As dit by my kinders kom trek ek my kerk baatjie uit, dan is ek ‘n gospel gangster.  Wie dink sy is sy??  OOOOOO my bloed kook.’

Erica skud net haar kop en dan loop sy uit by die deur.

‘Vandag is die groot dag, ek hoop alles loop volgens plan, ek mag nie Daisy in die steek laat nie…Here wees saam met my vandag in al die vergaderings, guide my in elke dokument wat ek teken vandag , in elke onderhandeling…’ Sit en dink Erica soos sy haar kar uitrek.

Die son skyn al te lieflik vanoggend, Mildred is vroeg op besig om klaar te maak want sy gaan sien vir Mnr Greoneweld.

‘Maar Mammie lyk al te sexy’  Gee Kevin vir Mildred ‘n kompliment.

‘Dankie Mammie se baba, ons is dalk skat ryk na vandag, jy moet solank jou sak pak want ons gaan somer 'Paris - France' toe en dan vra jy my voor die Eifel Tower om te trou.’  gaan Mildred met Passie voort.

‘Klink romanties en dan voer Mammie my strawberries met heuning en chocolate op.’

‘My baby jy weet net hoe om my te laat glimlag.’  Mildred gee dan vir Kevin ‘n nat soen.

‘Sterkte Mammie. Ek count op jou’  Gaan Kevin voort terwyl hy haar op haar boud ‘n klap gee.

Sy glimlag en loop uit die kamer.

‘Mildred! Hy mos weer aan jou gevat jong.’  Hoor sy ‘n bekende stem.

‘Manning is dit jy?’  Skrik Mildred haar boeg lam.

‘Einste my OU BOK’

‘Maar hoe? Waar val jy uit?? En wie jou ingelaat?’  Mildred is geskok.


‘Andrea, sy is daar in die Kombuis…laas keer toe ek jou sien was jy swanger, soos ‘n Koei.’ Manning kyk behoorlik vir Mildred aan.

‘Daai black label Queen laat ook almal in, in my huis…Laas keer toe ek jou sien toe hardloop jy mos rond saam met daai Klein Meit…kom kom.  My boyfriend mag jou nie sien.’

Sy gryp dan vir Manning aan die hand en smyt hom by die deur uit.

Hy probeer nog terug praat, maar Mildred slaan die deur in sy gesig toe.

Andrea staan en lag al te lekker, sy is besig om lunch te pak vir The Girl en Mielie Pitte.

‘Is daai een van jou Ben 10’s??”

‘Was gewees die ding my net dik met die lyf gemaak toe hardloop hy met daai jong meit weg.’  Gaan Mildred sonder lus voort.

‘So daai is Daisy se Pa??? Nogals nie bad looking nie.’

‘Ssshhtt.  Netnou hoor iemand ons. Die wat Ellen so my besigheid met julle bespreek het.’

‘Aunty Dinges ek was 7 jaar toe jy hier rond loop met De Melker in jou pens en ek mos al daai tyd geken van spuiker, so niemand my vokkol gesê, ek geweet jy is swanger, Jirrie wie kom dit mis, jy dan soos ‘n Hippo gelyk.’  Gaan Andrea kwaai voort.

‘ Nogsteeds nie jou besigheid nie.’  Skel Mildred.

‘Antyways..antiways…Ek dink Maggie het nou maniere geleer, ons kan haar maar los maak, my arme sister het glads bietjie gewig verloor.’

‘Dalk kan ons maar, ek moet eers die prokureur gaan sien en as ek fail, onthou ons verdrink vir Daisy dan, sy kom reeds vandag uit die hospitaal.’

‘Is jy dood seker jy wil jou eie kind dood maak?’  Vra Andrea.

‘Dit is Ellen se kind nie my kind’  Maak Mildred dit duidelik.

‘Jy darem nie moederlike liefde in jou hart nie, voeltjie hare…’

'Het jy liefde in jou hart? Het jy die puisies op The Girl se kop gesien??Die polisie kom vir jou.’  Mildred sit dan by die Kombuis tafel.

‘Ek wou nog gevra het, Wat het ‘Two minutes to Midnight’ gebeer, wie het so Geskrou in die agter kamer?’  Vra Mildred.

‘Ek wou maarnet The Girl se pit ‘n Booysen pit maak, Hoekom moet jy so in almal se beisgheid wees?’

‘Gee vir my liewer ‘n glas water ek kan nou nog nie glo Manning dag hier op na al die jare…’

‘Hoeveel jaar was hy toe hy vir jou dik maak?’  Vra Andrea.

‘As ek nou moet sê beland ek in die tronk weet net hy en Maggie is dieselfde ouderdom.’

Andrea kyk vir Mildred ‘so hy was 19 jaar??? Want Maggie en Daisy is 19 jaar uitmekaar…dit is sowaar kinderverkragting en jy was seker in jou dergtigs??’

‘Andrea toe jy moes wiskunde doen op skool toe sien jy nie kans nou wil jy somme van my lewe doen…Ek weet ook nie waar kom jy aan die idea dat Daisy my kind is, ek geboorte aan ‘n seun gegee.’ gaan Mildred voort.

‘Ek was 7 Jaar ek weet wat ek weet dit was ‘n meisie baba en my Ma was nog nooit swanger na my.’

‘Jy dink jy ken als’  Mildred sluk die water soos niks en maak dan laat sy uit Andrea se pad kom…

Mildred voel effens nie lekker nie omdat Manning opgedag het na al die jare.

Maar dan onthou sy, sy het vir Kevin ‘n trip 'Paris - France' toe belowe so sy sit dan haar Game face op en trek dan weg.

‘Daisy as jy maar net wil weet arme kind, ek kry jou so jammer'  Gaan Mildred voort soos sy bestuur.

******************
Kevin se foon lui.

‘Aunty Marleen?’  Antwoord Kevin die foon.

‘Die papier werk is reg, jy moet net kom teken en vir ons die recording oor handig.’  Gaan Marleen voort.

‘Ek sal later oorkom.’  Gaan Kevin voort.

‘Is reg so Seun.’  drop Marleen die foon.

‘YOHHH kan nie glo nie ek is teen vanaand ‘n eienaar van my huis…My Auntie en Oom se planne kan dalk fail want my Mammie word nie maklik gedreig nie, maar al wat saak maak is ek het ‘n huis’  lag Kevin lekker soos hy opstaan.

Hy is Kombuis toe om vir hom ‘n glas melk te kry.

‘OOOO die Sugga Mammie se baba maak hom lekker at home, loop hier met sy speedos rond.’  Gaan Andrea voort.

‘Môre Andrea hoe het jy geslaap Andrea?’

‘Kan jy net vir jou gaan aantrek met jou dun pap sterre…’

‘Jaloers omdat Thabang nie het?’  Vra Kevin vir Andrea.

‘Nee! my man weet hoe om die bootjie te roer, hy mors darem nie in plooi koekaries nie’ lag Andrea effens sarkasties.

‘AAIIIHHH Andrea wanneer gaan jy rehab toe?’

‘Een van die dae my G, as ek daar uitkom is ek tien duisend rand ruiker en dan gaan suip ek dit net so,  Dink hulle dan hulle gaan my weg hou van alcohol af???’  Gaan Andrea voort.

‘Lekker jy.’

‘En wat van jou ? Wat jou Mammie jou belowe?’  Vra Andrea aandagtig.

‘Niks nie, ek is lief vir Mammie, ek soek niks van haar af nie.’

‘OOOOOO bestaan liefde nog?? Want ek weet EK is saam met Thabang vir die Lobola geld, hy moet my koop en ek gaan daai geld vreet.’

‘Jy het geen chill nie Andrea maar ek is saam Mammie vir die regte redes’  Gaan Kevin voort.

‘Uhmmm so sê hulle almal ons kyk maar as ek uit die rehab kom is jy nog around…’  dus hoor hulle ‘n geluid in die basement.

‘Jy ook daai gehoor Kevin?’  Vra Andrea met groot oë.

‘Ek Het.’

Die twee hardloop basement toe gelyktydig om te gaan kyk wat maak sulke geraas.

***********************
Mildred stap in by Greoneweld se kantoor.

‘Goeie dag, dit is lekker om vir jou weer te sien Mildred.’

‘Selfde Mnr Groeneweld maar ek nie hier gekom om small talk te maak nie.’  Gaan Mildred voort.

Greoneweld sig effens, ‘Jy weer gekom om my te dreig? Ek is nie verbaas nie.’

‘Presies ek het nog daai foto’s van jou wat jy mos strip clubs loop, doen net nie wat ek vra nie en jou vrou gaan weet van jou prostitusie goed.’  Gaan Mildred kwaai voort.

‘Wat soek jy nou weer Mildred?’

‘Ek soek 50% van al my sister se besighede’  maak Mildred haarself duidelik.

‘Ek sou help maar Daisy het jou lankal voorgespring …’ Gaan hy voort.

‘Hoe meen jy???’  Begin Mildred haar stem toon hoog maak.

‘Sy het vir haar ‘n prokureur gekry en alles is vanoggend vroeg oor gehandig aan haar prokureur so ek is jammer, ek kan jou nie hierdie keer help.’

‘Jy is darem een dom doos prokureur, hoe kon jy?? En jy laat weet my van niks af nie.  OOOO ek gaan daai kind iets aan doen.  So sy lê nie net daar in die hospitaal, sy plot die heeltyd’  Mildred is rooi geskrik want sy het nie die nuus verwag nie.

‘Wat moek ek gemaak het? Ek nie geweet jy soek 50% van wat Daisy sin is as jy velede week gekom het dan kon ons alles mooi beplan het, ek steeds jammer Mildred.’  Gaan Groeneweld voort.

‘Jy is ‘n slaap gat.’  Dus vlieg Mildred op en storm uit by Groeneweld se kantoor.

Sy klim in die kar en dan stuur sy vir Andrea ‘n boodskap.

‘Kry solank die bad reg ons versuip vandag vir Daisy.’

‘Ek kan nie glo nie, ek het duidelik vir Daisy onderskat maar sy ken nog min van my…’

Mildred is so kwaad sy haal haar wig af en gooi dit op die seat langs haar en dan start sy die kar.

‘Vandag gaan Daisy ‘n lelike ding oor kom, sy dink mos sy kan saam met groot mense speel.’

Mildred is oppad hospitaal toe om vir Daisy te gaan confront en moontlik gaan haal.

***********

Erica sit by Daisy en gaan paar dokumente met haar oor wat sy moet teken sodat die planne inwerking tree…’

'Sodra jy gesond is stick ek jou vir ‘n lekker ete.’  Gaan Erica voort.

‘Dankie ek sal dit waardeur …Ek is so bly alles loop volgens plan.’

‘Ek ook jy moet uit kyk vir jou skoon mense dit lyk vir my hulle het geld probleme, hulle het my glads gedreig, hulle wou van jou geld hê maar ek het vas getrap, maar kyk uit vir hulle asseblief.’

‘Hoekom is ek nie verbaas nie??Ek geweet hulle is verniet vriendelik, ek weet nie meer vir wie om te vertrou nie, jy is huidiglik al persoon wat ek vertrou en jy is nie eers my familie nie al my familie is teen my.’  Gaan Daisy effens hartseer voort.

‘Ek sien dit al te goed wanner ek met erf goed deal, dit bring die evil in mense of jy nou bloed is of nie.  Dit is hoe dit gaan maar ek is hier al die pad saam met jou, onthou dit ek mag nie so baie betrokke raak nie maar met jou is net anders soos ek gesê het, jy het hierdie fighting spirit in jou wat my so baie aan myself herinder…Staan sterk.’

‘Dankie Erica ek waardeur dit.’

Dus storm Mildred die kamer binne…

Toe Andrea die basement se deur oop sluit sien sy en Kevin vir Katrina op die grond lê, vas gemaak in ‘n stoel met tape om haar mond.

‘Jirrie ek nie geweet ons het ‘n bok bestel nie.’  Begin Andrea te lag.

‘Jy maak ook van alles grappe, Katrina is vas gemaak en jy staan en lag.’  Gaan Kevin voort terwyl hy die stoel met Katrina in is op lig.

‘Ek kan net nie help nie! Kyk hoe kodig lyk sy.’  Andrea lag laat die trane rol.

Kevin haal die tape versigting van Katrina se mond af en maak haar los.

‘Daai Mildred.’  Skep Katrina asem.

‘Jou gesê met Aunty Dinges word nie gemors nie, nou lyk jylle soos Geslaagte bokke’ lag Andrea aan een.

Katrina is baie onsteld.

‘My Mammie sal nooit sulke goed doen nie.’  verdedig Kevin vir Mildred.

‘Mors met haar en jy gaan soos Katrina en Maggie op eindig’  Gaan Andrea voort.

‘OOh so niemand gaan vir my vra wat gebeur het.’  Staan Katrina van die stoel af op.

‘Vertel jy suur lieste Milla het ‘n lelike ding gedoen want nou vrot hierdie basement.’  Gaan Andrea vroot.

‘Dit is nie ek nie, daai ou kar battery wat daar staan, vrot soos ou hoender eiers. Ek kon nie reg asem kry nie. Die Agoa imports van ou hoender en kar batteries het my amper laat Pneumonia kry.’

‘Daai ou plooi bitch, ek en sy het gestry oor Edwin, sy wil hom nie uitbyl, sy lieg die heeltyd dat hy nie kan byl kry nie maar ek was self daar omte hoor en toe kom confront ek haar my Vader toe ek net terug na my plek loop, kap sy my met iets oor die kop en toe EK wakker skrik is ek hier,in die vrot eier reuke, ek vir twee dae nie kos of water gehad,niks 'Vis of Vleis' nie, even Aunty Poppie se Rooster brood sou goed af gaan.”  Katrina klink al te hart seer.

Kevin staan en kyk maarnet vir Katrina.




















3 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page