top of page
Search

Ma Ellen 13

Updated: Nov 11, 2020

‘Wat op Here se aarde gaan hier aan’  skel Lettie.

Erica sit voor die TV met ‘n bak popcorn in haar pink gown, sy is nie aangetrek vir werk nie, sy sit en huil.

Charles is al werk toe en Hannes is besig buite in die tuin.

‘Ek voel net af vandag MA’  Gaan Erica sonder lus voort.

‘Die is meer as af voel jy en Charles windbal gestry?? Jirri my kind, kan nie wil skei nie OOOOO Vader wat sê ek vir my mooi Klein dogters.  Hoekom het hulle ouma nie hulle Ma en Pa vasgebind met die bloed’  Gaan Lettie al te bekommerd voort.

‘Moet Ma altyd die ergste dink?? Bel liewer vir Manning’  Gaan Erica kwaai voort.

‘Ek gister saam met daai dronkgat van ‘n kind van my gepraat maar die ding is wat gaan met jou aan?  Moet ek my laaste bottle gaan haal voor jy jou mond oop kan maak?’

‘Ma die werk gee my net stress…Ma het ons altyd mos geleer om die regte ding te doen? Right?’

‘Ja ek het, wetig gee ‘n klient jou moeilikheid niemand mors met my kinders nie… Naam, Van en Address asseblief’  Gaan Lettie kwaai voort.

‘Ma kan darem dramaties wees…Ek het iets goed vir iemand in my verlede gedoen nou kom buit dit in my gat…Ek het dit sowaar uit die goedheid van my hart gedoen soos Ma ons geleer het, ons moet Vergewe en vergeet want hoe langer mens aan die seer hou hoe bitter maak dit mens, right Ma?  So ek moes terug gaan in my verlede dus was toe ek swanger met die tweeling was…Ek het die klagtes teen Daniel gedrop en hom gehelp om klaar te maak op Universiteit.

‘WAAAAAT???? WAAAAAT????’  Skreeu Lettie.

‘Ja Ma’  Gaan Erica saggies voort.

‘Die selfde gemors wat sy hande op gelig het vir jou, dieselfde gemors wat jou verkrag het ??????Is jy van jou kop af’  Gaan Lettie kwaai voort.

‘Ma ek is jammer.’  Antwoord Erica.

‘Jy sal laat ek my bekeer baaitjie uittrek en jou bliksem. OOOO Charles divorce vir jou my kind en dan vat hy sy kinders. Jy weet hy hou nie van Daniel nie.’  Gaan Lettie kwaai voort.

‘Ek weet, maar Ma het ons geleer van vergifnis.’

‘Oh Vader jy moet nie na alles luister wat ek sê.’  Gaan Lettie al te dramaties aan.

‘Maar Ma…’

‘Maar niks nie jy vertel nie vir Charles van die nie, asseblief. Jy het finally iemand goed gekry’  tripel Lettie.

‘Ek moet ongelukig … Mense soek daai arme kind se geld wat Ma gister voor gaan bid het en hulle wil my gebruik om toegang tot haar geld te kry, ek kan dit eenvoudig nie aan haar doen nie, sy het in my hart kom kruip, ek kan nie Ma, as ek dit doen gaan ek nie juis ‘n goeie voorbeeld vir my dogters wees nie… Want die wiel draai, onthou ek het ook kinders en ek wil nie hê hulle moet vir my sondes betaal eendag.’  Gaan Erica voort.

‘So jy woord gedreig, die in ‘n situasie wat gebed en Holy Oil en Water nodig het..OOO Ek jou gesê word liewer ‘n onderwyser dan moer jy jou hele frustrasies op die kinders uit…Maar nee, jy wil mos ‘n prokie gewees het en die is nog niks nie, daar gaan somer nog gangs vir jou kop kom.’  Oordryf Lettie.

Erica net haar kop geskud vir haar Ma wat so aangaan.

Maggie het weer ‘n Taxi huistoe gevat.

‘Ek wil net die regte dind doen ek kan nie deel wees van al hierdie goed nie ek moet nou polisiestasie toe gaan en almal gaan rapporteer, ek moet eenvoudig maar eers moet ek huistoe gaan om my tasse te pak.’  Sit en dink Maggie soos sy in die taxi sit.

Sy klim af en die gaatjie groet vir Maggie, ‘Ma moet ‘n goeie dag verder hê.’Sy loop huistoe haar hart is baie swaar.

‘Waar was jy weer so vroeg lui Vette’  Vra Mildred die oomblik toe Maggie die Kombuis inkom.

‘By die poskantoor en ek waardeur nie die feit dat my vette altyd in die mix-gegooi word nie, as ek jou plooie moet vermaak dan wat?’  Gaan Maggie kwaai voort.

‘Waar sien jy plooie, HUH?’  Vra Mildred.

‘Laat ek maar liewer niks sê nie ek gaan my sakke pak, ek gaan by my Pa se sister gaan bly.’  dus loop Maggie uit die Kombuis.

Andrea groet haar in die gang maar sy gee vir Andrea die koue skouer.

‘Wat gaan met Vetkoek aan Aunty Dinges?’  Vra Andrea.

‘Kry haar kamer sleutel ons moet haar net daar in die kamer toesluit.’  Gaan Mildred voort.

‘Vir die wat nou?’  Vra Andra deurmekaar.

“Ek dink sy is besig om teen ons te draai, ek net die gevoel sy wil uitrek.’  Fluister Mildred.

‘Aunty Dinges dink tog nie sy gaan vir ek en Edwin ingaan gee by die polisie?’  Gaan Andrea bang voort.

‘Dit lyk vir my so.’

‘Sowaar sy het my skaars gegroet nou.’  Gaan Andrea voort.

‘Jy attack ons, maak haar vas in haar kamer en sit iets op haar mond as die anders vra waar sy is ons gooi voor sy is terug Uni toe… kry die riem daar in die garage ons moet vinning speel voor Katrina van agter af kom.’  Gaan Mildred Mal voort.

Andrea dink nie nog twee keer sy is weg garage toe…

****************************

Maggie se woorde maal In Daisy se kop.

‘Dit kan tog nie wees nie, ek lyk nie soos Aunty Dinges nie ek het ook nie haar maniere nie ek lyk soos my Ma, my regte Ma Ellen…Ek weet nie watter siek Speeletjie Maggie besig is om te speel nie, het sy dan nie ‘n hart ons net nou die dag ons Ma verloor.

Die onsekerheid vreet aan Daisy Behoorlik aan die eenkant, glo sy wat Maggie gesê het want die verduidelik Hoekon hulle haar so stief behandel het en aan die anderkant voel sy Maggie lieg omdat sy kwaad is dat sy alles geërf het.

‘Ek moet vir Mildred nog vandag sien… Dus al hoe ek gaan weet of dit die waarheid is ek moet haar sien.’

‘Nurse! Nurse’  Roep Daisy die vriendelike nurse wat altyd saam met haar gesels.

Sy kom ook nader. ‘Kan ek U foon asseblief gebruik om ‘n oproep te maak.  Ek belowe om U airtime terug te koop.’  Vra Daisy die nurse.

‘Maar natuurlik kind en jy hoef nie eers die airtime terug te koop nie dus totaal en al nie nodig nie.’  die nurse handig haar foon oor aan Daisy.

Sy druk vinning Mildred se nommer in.

Die foon lui en lui dan gaan dit oor voicemail toe.

Daisy probeer weer ‘n tweede keer.  En dus antwoord Mildred uit asem.

‘Hallo!, Dus Mildred Booysen wat praat, KEVIN se girlfriend wie is jy?’  Antwoord Mildred.

Daisy rol Behoorlik haar oë ‘Dus ek Daisy, Aunty "Milly" ek wil graag iets saam met Aunty Milly Bespreek.’

‘Nou ewe skierlik? Jy was mos lekker bekkig gister, nou wil jy skierlik praat nee jong, my tyd van praat is verby.’  Gaan Milly voort.

‘Ek smeek vir Aunty Milly dus Belangrik.’

‘Ek sal kom Klein madampie, jy beter nie dink jy gaan my weer disrespect nie ek gaan jou hierdie keer reg moer.’  Gaan Mildred kwaai oor die foon voort.

Daisy drop dan die foon in haar ore.

****************************

Dennis het vir Doran afgelaai by die skool en soos hy terug huistoe ry lui sy foon.

‘Liefde van my lewe’  antwoord Dennis die foon.

‘Kom net aan toe, die mense is hier, hulle gaan ons meubels op die auction sit.’  gil Marleen Behoorlik oor die foon.

‘Ek is nou daar’  drop Dennis die foon en sit sy voet neer om by die huis uit te kom.

Dennis trek op en Marleen staan voor die garage.

‘Hulle is daar binne, dit prys tags op alles, Is die FEDS.’  gil Marleen.

‘Moet nie worry nie my vrou.’  Dus storm hy in.

‘Wat op aarde dink julle doen julle?’  verskreeu Dennis die mense wat ‘n prys tag op alles sit.

‘Ons doen net ons werk meneer’  Gaan die een dame voort.

‘Julle werk?? Gee my tog net die naweek teen Maandag sal ek my hele skuld dek.’  Begin Dennis smeek.

‘Meneer ons gaan U goed op veiling sit as jy jou goed terug soek dan moet jy dit terug koop’  Gaan Die Vroutjie voort.

‘Gee my net tot Maandag toe kans asseblief’  Smeek Dennis.

‘Okay dan meneer, ek weet nie waar jy die klas geld gaan kry voor Maandag maar sterkte.’

Sy roep dan haar ander span lede sodat hulle kan loop.

Dennis sig van verligting, Marleen se stress levels is hoog.

‘Die is sowaar real Dennis, jy ons rerig bankrot gemaak.’  Gaan Marleen al te dramaties aan.

“Ek weet my vrou kom ons moet daai prokie bel en hoor, want ons het nie meer tyd nie.’

Marleen handig vir Dennis die foon oor.

‘Hoe gaan ons vir Doran sê as ons hom moet uit die privaat skool uit haal.’  Marleen stress net oor Doran.

‘Jy oordink alweer ons het mos nou vir Erica in ons kant.;

Dus bel Dennis, die foon lui en lui.

Erica antwoord dan.

‘Oom Dennis?’

‘Ja man sien die saak staan so, ons daai geld die naweek al nodig anders moet ons jou man vertel.’

‘Sit die foon op speaker’  Fluister Marleen , Dennis  doen ook wat sy vra.

‘Ongelukig is Daisy se geld nog by haar Ma sê prokureur. Ek gaan dit eers Maandag los kry’  Gaan Erica voort.

‘So jy is in op die plan?  Vra Marleen.

‘Jy kan vir ons Solank van jou geld gee, dan sit jy dit net terug wanneer Daisy sin inkom.’  Gaan Dennis voort.

‘Die ding staan so, ek is nie obliged om enige onwettige goed aan te vang nie…’  Gaan Erica voort.

‘Wat Beteken dit?’  Vra Marleen.

‘Ek het my man en Ma alles vertel’  lieg Erica sy het niks vir Charles vertel nie.

‘Dink jy ons is dom???’  Gaan Dennis voort.

‘Oom Dennis kan maar my Ma bel en self vra…Ek is jammer ek kan julle nie help nie en Dankie dat julle my foseer het om die waarheid uit te haal want ek loop nou al lank met die geheim nou hoef ek mos nie weer te worry nie.’

‘Jy is ‘n B….” Gaan Marleen voort maar Erica drop die foon in hulle ore.

Dennis hou verklaar sy kop vas ‘My vrou ons gaan sink.’

‘Ek sê jou sy lieg!!!”  Skreeu Marleen.


‘Bel dan vir Lettie’  gaan Dennis aan.

‘Ek weet nie wat van as sy nie gesê het en ons sê dan is ons plan nog steeds ‘n mislukking ek is skoon deurmekaar.’  Gaan Marleen voort.

‘Miskien moet ons die Here gaan konsulteer.’  Maak Dennis ‘n voorstel.

‘Die Here stem nie saam ons bose planne nie.’

‘Marleen die Here sorg vir al sy kinders en die is nie bose planne nie hy sal saam met ons stem’  Gaan Dennis voort.

‘Okay dan kom ons gaan bid.’

********************************

Daisy lê en wag vir Midred Geduldig in.

‘Wat van as sy haar wig op het hoe gaan ek dan maak.’  Dink Daisy.

Dis kom Mildred in by die kamer deur in.  Haar bietjie hare is omtrent uitgeblaas.  Daisy smile te in haar skik.

‘Hierdie bietjie hare soos geleende suiker is omtrent gedoen wonder wat is die occasion’  sit en smile Daisy soos sy vir Mildred dop hou wat aangestap na haar bed kom.

‘Maar OOOO Aunty Milly se hare is oulik’  gaan Daisy vroeilik voort.

‘Dankie maar ek is seker ek is nie hier om hare te discuss nie.’  Gaan Mildred kwaai voort.

‘Glad nie my Auntie ek wil tog net Verskoning vra, ek weet ek was rou met Aunty Milly gewees nadat Aunty Milly net nice met my gewees het.’  Gaan Daisy voort.

Mildred kyk haar aandagtig aan, ‘Watter Speeletjie speel jy Klein Madampie, ek is nie gister gebore nie.’

‘Aunty Milly, ek is genuinely jammer ek het gister lank en hard gedink oor seker goed en ek het besef ek het vir Aunty Milly nodig in my lewe om te help met die besighede want ek sal nie kan reg kom as ek Maandag hier uitkom dan kan ons Dinsdag weer ‘n familie vergadering het waar ek voor almal bekend gaan maak dat Aunty Milly alles tydelik oor gaan vat’  Gaan Daisy beskaafdt voort.

‘Rerig jy maak mos nou jou Auntie se hart so bly, so bly my eie sister se kind, ek nog altyd vir Ellen gesê jy is ‘n goeie kind daai Andrea en Maggie goed is almal gemorse.’

Gaan Mildred al te opgewonder voort.

‘Ek is so lief vir Aunty Milly, kom gee my ‘n drukkie my eie Auntie.’

Mildred sak ook af vir ‘n drukkie ‘Maar natuurlik maar natuurlik.’

Dis pluk sy ‘n haar uit Mildred se kop vel.

‘Eina wat was daai?’  Vra Mildred dadelik.

‘Sorry Aunty Milly ek ‘n woletjie gesien en dit net uit probeer haal.  Sorry as ek my auntie seer gemaak het.’  Sy hou die haar wat sy gekry het in haar hand toe sodat Midred dit nie kan sien.

‘Dus alright my kind, ek moet nou gaan ek gaan pajamas vir jou gaan koop en vir jou KFC later bring, jy seker ook al moeg van die hospitaal kos.’

Daisy smile netso breed ‘Lyk aunty Milly het geweet ek lus daai KFC.’

‘Ek sien jou dan vanaand met besoek tyd my darling ek gaan vir KEVIN saam bring.’  gaan Mildred voort.

Sy is in ‘n goeie mood.

Sy is uit by die hospitaal.

‘Jou gesê ek kan ook die Speeletjie speel.’  Praat Daisy met haarself soos sy Mildred se haar stuk met die Rapport koerant papier toe draai.

Sy wil graag weet of Mildred haar Ma is maar dit maak haar bang, sy glo diep binne dat dit net ‘n leeun is maar terselfde tyd maak die onsekerheid haar mal.

******************************

Maggie is vas gemaak aan haar bed met ‘n stuk lap in haar mond.

Andrea sit op die bed se punt met drie vetkoeke in a bak met achaar en snoek en op die ander bord koesisters.

‘My sister jy wil mos nou soos Daisy behandel word…Kyk my DITE, ek eet so lekker nou, maar jirri Hoekom gooi Auntie Dinges sulke baie yeast in die donderse vetkoek, die goed gee skoons swooi brand’  Gil Andrea.

‘UHHMMmmmmfffgeieheiiergeietjie”  Gaan Maggie voort.

‘Wat sê jy dik niggie” Ek kan nie hoor nie, lus jy die vetkoek of koesisters??’  Andrea hou die vetkoek in die lug en dan vat sy dit na Maggie se gesig. ‘Ruik jy hoe lekker ruik dit ,shame Maggie, Maggie kry nie, sy mag nie kry nie’  Lag Andrea te lekker.

Maggie se trane loop en haar maag begin geraas maak.

‘Hoor hoe drill daai skoep pens nou vir die vetkoek.’  Lag Andrea….




5 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page