top of page
Search

Ma Ellen 12

Updated: Nov 10, 2020

Mildred kry skoon skaam en bring haar stem toon af ‘Jammer my kind ek is nog hier binne, die sweet auntie vergewe my ek stress net te veel deesdae, veral as ek moet dink ek moet jou Ma se verantwoordelikhede oorvat…’

Daisy kyk haar ‘Ek glo nie ‘n woord wat uit jou mond kom nie, nie ‘n woord nie jou ware kleure is klaar gewys jy is nie beter as Andrea en Maggie goed, julle almal is dieselfde…En ek het nuus vir jou, ons agreement is af, ek vertrou nie vir Aunty Milly sover as wat ek kan spoeg nie, so kry die idea uit jou kop uit dat jy my Ma se plek oor gaan vat, jy gaan nie jou vuil hande na aan een van haar besighede sit nie hoor jy my en as ek uit die hospitaal uit kom dan moet JY pad gee uit MY HUIS UIT! Daisy het mooi genoeg gehad.

Mildred begin lag ‘Ek word nie deur ‘n kind gedreig nie! Verstaan ons mekaar. Ek gaan jou MA se besighede oorvat of jy nou daarvan gaan hou of nie, ek speel die speeljie langer as jy en verloor die gaan ek nie.  Dit gaan ‘n bloed bad kos om my uit my sister se huis te kry’

Daisy smile ‘Ek geweet die Verskoning is vals…Ek weet nou duidelik wat jou agenda is …Maar soos jy sê, jy speel die speeltjie langer as ek maar pasop dat ek jou nie wen in jou eie speeltjie, Ek mag dalk ‘n kind is maar pasop…’

‘Ons sal sien Madampie een van die dae gaan jy onder my pype dans’  Gaan Mildred mal voort.

‘En terwyl ons op die gesprek is …Park my Ma se kar in die garage jy het geen reg om dit te bestuur nie en as ek hoor jy bestuur dit nog steeds gaan ek die polisies bel en jou aankla van diefstal.  Ek hoop ek en JY VERSTAAN MEKAAR’  Daisy kyk vir Mildred vuil.

‘Ek laat ‘n kind my dreig’  Gil Mildred soos sy uitstap.

Daisy haal diep in en uit asem, sy bewe behoorlik ‘Vergewe my Here, ek weet ek moet mense groter as ek respekteer’  Was al woorde wat haar mond verlaat het.

*****************

‘Halejujer ek geweet die Here wat ons dien sal nie laat ons op die straat broke sit nie.’  Skreeu Marleen.

Doran en Dennis sit voor die TV.

‘Hoe bedoel Ma met "broke op die straat".’ Vra Doran sy Pa.

‘Sy praat somer maarnet’  Lieg Dennis nie een van hulle het vir Doran gesê van Dennis se dowel probleme nie en dat hulle op die brink van bank krot staan.

‘Dennis kom ons gaan praat in die kamer.’  Gaan Marleen voort.

Doran steer hom nie, hy kyk Fokus veder op TV.

Dennis en Marleen is kamer toe.

‘Ek jou gesê ek gaan nie laat die gesin onder gaan nie.’  Gaan Marleen opgewonder voort.

‘Beteken dit jou kontak het iets op die Bosman - Botha verlede gekry?’  Vra Dennis.

‘Oh Yeeees my man, sy is nie so onskuldig soos sy lyk nie…Met hierdie Kaart in ons hande kan ons, ons kloue op die Booysens se Fortuin kry.’  lag Marleen.

Dennis gee Marleen ‘n soen ‘Ek het een slim vrou getrou so dit beteken al ons probleme gaan verdwyn en Doran sal nog kan aanbly in die privaat skool?”

‘Presies my man! Erica sal moet op ons note dans.’

Dus vertel Marleen vir Dennis wat sy teen Erica gekry het stap vir stap.

‘Die kan mos haar hele familie vernietig Gaan Dennis voort.

‘Presies dus Hoekom sy dit ‘n geheim hou.’ Gaan Marleen voort.

**********************

Mildred bel vir Kevin sy sit in die kar in die hospitaal parking lot.

‘Baby jy is mos by die huis neh?’

‘Ja Mammie, ek nou net hier aangekom.  Katrina en Andrea het mekaar geslaan oor dagga.;

‘Arrrrggg dus niks nie laat weet almal asseblief dat ek hulle wil in die sitkamer nou hê vir ‘n familie meeting’  Gaan Mildred aan.

‘Ek maak so Mammie sien jou nou.’  Antwoord Kevin.

Sy drop die foon.

‘Daisy jy mors met die verkerder ou bitch’ Gaan sy voort soos sy die motor start en weg trek laat die tyres antwoord gee…

Almal sit in die sitkamer sit en wag vir Mildred.  Kevin is van kop tot toon uit gevat, hy die Kappa tracksuit aan en sy nuwe Puma’s.

‘So waar is jou Mammie nou?’  Vra Katrina sarkasties vir Kevin.

‘Vra hom suur lieste waar is sy Mammie nou? waar is jou Mammie nou?”  Praat Andrea soos ‘n baba.

‘Mammie is oppad, sy is oppad’  Gaan Kevin voort.

Dus kom Greg en Anne ook binne.

‘Julle enige idea Hoekom Milla ons wil sien” Vra Greg soos hy inkom.

‘Seker om my man se byl te discuss’  Gaan Katrina voort.

‘Jirri ek glo nie, nie as baby goed so nat uitgevat is in klere wat nog na die fabriek ruik’  Gaan Maggie aan.

Kevin sit en smile maarnet.  ‘Auntie Dinges het weer lelike planne.’  Gaan Andrea saggies voort.

Almal sit en wag net vir Mildred.  Dus kom sy die sitkamer binne.

‘Ek is so kwaad julle. Daisy het nie maniere nie.  Begin sy te skel.

‘Nee vat nog haar part.’  maak Andrea haar stem hard.

‘Wat het sy nou weer gemaak?’  Vra Maggie.

‘Seker slim geraak vir die slang’  Chorus Katrina.

‘Genoeg julle.  Jul Auntie het ‘n meeting geroep so bly stil laat sy klaar praat’ Maak Greg die drie stil.

‘Sy sê as sy uit die hospitaal kom dan gaan sy ons almal uitsit. Ek ook ingesluit almal van julle so onthou die plan met die prokureur ek gaan so môre vir hom sien om die plan in werking te sit maar hy is vol so ek sien hom eers Maandag…Ek wil hê ons moet Daisy doodmaak… Dink net as sy dood is sal die geld natuurlik tussen ons moet gedeel word want sy het nie ‘n testament nie en ons is volgende op die erf lys…’  Gaan Mildred voort.

‘LET’S KILL THE BITCH’ Skreeu Andrea.

‘Woah! Julle gaan ons nie te ver nie?’  Vra Greg.

‘Boeta wil jy ‘n arm gat vrek? Nes Edwin en Andrea vir Ellen dood gemaak het en niks oorgekom het, so kan ons almal iets aan Daisy doen en maak asof dit ‘n ongeluk is.’  Skreeu Mildred.

‘Wat het Edwin en Andrea my sister doodgemaak?’  Vra Greg met soveel skok.

Andrea hou haar kop almal is in skok selfs Maggie en Katrina.

‘Ek sweer ons niks gedoen nie.’  Gaan Andrea huil - huil aan.

Die trane loop van Maggie se oë af dis klap sy vir Andrea laat haar vingers op haar wang sit.

‘Jou Moordenaar’

‘Aunty Dinges lieg Maggie’  Gaan Andra voort.

‘Lieg ek? Jy en Edwin het geweet sy beplan die besieged trip JHBURG toe en toe tamper Edwin met die brieke en clutch van die Swart Corolla en jy was in op die plan Andrea… Ek weet alles… Dis wat die tronk aan mens doen.  Edwin het by my gesing soos ‘n geel Kanarie net sodat ek sy byl moet betaal.’  Gaan Mildred voort.

‘En nou verwag jy ons moet Daisy ook dood maak?’  Gaan Maggie voort.

‘Ja dit gaan ons almal benefit ons verdrink haar in die bad en spyt met ‘n naald drugs in haar sisteem op die manier dit lyk soos ‘n ongeluk’  Kontempleit Mildred.

‘Gaan dreig maar eers die prokureur dan kan ons praat.’  Gaan Greg voort.

‘Okay dan ons probeer eers daai plan.’

‘Het jy toe my man uitgebyl jou feeks’  Vra Katrina.

Nee sy byl is denied. Nie my skuld nie…So ons almal is on board met die plan?’

Almal stem in dat hulle in is op die plan.

*********************

Die volgende oggend is die Hendrikse vroeg in Erica’s se kantoor.

‘Wat kan ek vandag vir julle doen?’  Vra sy dadelik.

‘Vra liewer wat ons vir jou kan doen.’  Gaan Marleen voort.

‘Ek luister?’  Gaan Erica aan.

‘Jy gaan ons help om ons hande op Daisy se Fortuin te kry.  Ons almal weet dit asof sy die Jackpot geslaan,  Daai Power Ball het in haar favour gespin.  Ons soek ‘n snytjie van dit.’  Gaan Dennis voort.

‘Wat??? Is julle van julle sinne beroof? Is julle?  Ek gaan nie daai arme kind in doen nie.’  Gaan Erica kwaai voort.

‘Jy het nie ‘n keuse nie’  Gaan Marleen aan.

‘Ja jy het nie, ons het uitgevind …Jy stuur vir jou ex boyfriend wat jou verkrag het elke maand geld en jy het hom uit die tronk ook gekry terwyl jou Ma en jou Man nie daarvan weet nie….En ek is seker hulle sal die brokkie Nuus interesant vind…so jy gaan doen wat ons vir jou sê sodat ons jou geheim veiling hou.’  Gaan  Dennis Erinstig aan,.

‘TRAP NOU UIT MY KANTOOR UIT…’  Skreeu Erica.

‘Ons loop maar weet net ons sal nie kan stil bly as jy nie volgens ons reëls speel nie.’  Gaan Marleen voort.

‘Julle het geen skaamte nie man.  Julle wil ‘n weerlose kind besteel.  Haar Ma is nou die dag begrawe, watter tipe mense is julle???’  Gaan Erica kwaai voort.

‘Wel ek sal enige iets doen vir my gesin’  Gaan Marleen voort soos sy opstaan.

‘Die Klok Tik prokie’  Maak Dennis homself duidelik.

‘TRAP UIT MY KANTOOR UIT.’  Skreeu Erica weer.

Erica klap Behoorlik die deur toe, toe hulle uit is.

‘Vrek, Vrek. Jy is dom Erica, jy moes geweet het Charles gaan nie jou Vergewe nie nog minder Lettie.’  SY hou Behoorlik haar kop.

‘Maar ek kan ook nie Daisy in die steek laat nie, ek sal nooit saam myself kan lewe as ek laat die monsters haar verskeur nie.  Maar ek kan ook nie skoon kom nie dit gaan moelikheid in my huwelik veroorsaak wat van my kinders, hulle kan nie groot word met divorced ouers nie.’  Erica begin haar naels byt.

Die volgende oggend is Maggie vroeg by die hospitaal.

‘Kan ek vir Daisy Booysen sien ‘Vra sy aan die nurse wat voort by die ontvangs tafel van die unit sit.

‘Natuurlik! is besoek tyd, kamer 3’  Gaan die nurse voort.
‘Dankie’  Maggie loop die gang af na kamer 3.


Daisy sien vir Maggie in kom ‘Ek soek nie een van julle hier nie.  Julle kom disturb my peace, elke keer as julle hier kom’  Skreeu sy.

Maggie bars in trane uit ‘Ek het in vrede gekom, ek nie gekom om te baklei nie Diana’  Gaan sy Hartseer voort.

Daisy lyk effens verbaas want sy nog nooit vir Maggie so gesien nie.

‘Is die een van jou speeletjies om my sag te maak?’  Vra Daisy.

‘My sister ek neem jou nie kwalik as jy so dink nie maar ek moes net na jou toe kom.  Jy is al persoon wat sal verstaan en nee ek is nie hier met Speeletjies nie, niemand weet eers ek is hier nie.’  Gaan Maggie al te Hartseer voort.

‘Sit Maggie dan vertel jy my wat jou pla’  Daisy verander haar stem toon want sy kry ewe skierlik vir Maggie jammer.

‘Daisy ons broer en sister is Evil…Hulle het…’ Snik huil Maggie.

Daisy steek haar hand uit vir Maggie om dit vas te hou.

‘Wat het Andrea en Edwin nou weer gedoen?’  Vra Daisy.

‘Is moeilik vir my om dit te gehoor het ek was ook lief vir Ma diep lief dus nie hoe jy …dus nie hou jy…’ Maggie kan nie die woorde oor haar lippe kry nie.

‘My sister hoe moes ek voel toe julle almal op my gedraai het? Julle is al wat ek oor het van Ma en julle behandel my asof ek stief is’  Gaan Daisy voort.

‘Nog ‘n ding wat ek moet bieg, jy is nie ons bloed nie, dus Hoekom ons jou so behandel veral toe ons uitvind jy kry alles…’ Bieg Maggie.

Daisy is baie deurmekaar sy dink dan aan wat Mildred gesê het oor haar regte Pa.

‘Wat bedoel jy ek is nie julle bloed nie??? EK is mos Ellen Booysen se kind.’

‘Ek is jammer dat ek die een is wat jou moet vertel, JY IS MILDRED BOOYSEN SE DOGTER’  Gaan Maggie aan.

Daisy se oë rek Behoorlik sy begin swaar asemhaal . ‘JY lieg mos nou, hoe, dit is ontmoontlik.  Aunty Milly het nog nooit kinders gehad nie.’

‘My sister Aunty Dinges was dood verlief op ‘n Klein manetjie back in the days.  Jou Pa hulle op trou gestaan en toe vind sy uit, hy cheat op haar en terselfde tyd toe is sy swanger met jou, sy wou aborsie maak maar MA het haar gekeer…Toe jy bore toe gee sy jou op vir adoption omdat jy haar Herinder het aan jou Pa.  Jy lyk nes hy en dus het my MA jou aangeneem en groot gemaak as haar eie en dus die rede Hoekom Aunty Dinges nooit rerig na ons huis gekom het nie, DEUR JOU’  Gaan Maggie voort.

‘Maggie. Jy lieg mos nou’  Gaan Daisy aan soos die trane rol.  Sy glo Nogsteeds nie.

‘Dit is die waarheid, jy kan selfs ‘n bloed toets doen.’

‘Maggie…’ Ek geweet jy kom net om my om te krap, LOOP’ Ek sê LOOP met jou donderse leeuns. Mildred het jou gestuur right?? Met haar kopdoeke en wigs.’  Skreeu Daisy.

‘Daisy ek het nie gekom om jou dit te sê nie ek weet wat het met MA….”

Daisy Onderbreek weer vir Maggie ‘Ek sê loop ek wil niks hoor wat jou bek uit jom nie. NURSE, NURSE, NURSE’ Skreeu Daisy.

‘Okay ek gaan loop.’  Gaan Maggie Hartseer voort want sy kon nie vir Daisy sê dat Andrea en Edwin vir Ellen doodgemaak het.


****************


3 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page