top of page
Search

Ma Ellen 11

‘Julle weet ook net hoe om ‘n perfekte moment te spoil, wat soek die kerk mense alweer hier, ons mos Saterdag al vir Ellen begrawe en toe gaan ons mos kerk toe om te wys ons is dankbaar.’  Gil Mildred soos sy van Kevin se skoot afklim steeds met haar lingerie aan.

‘Mammie kan mos nie so na die kerk mense gaan.’  Maak Kevin homself duidelik.

‘Dan is die Ben 10 nog jaloers ook oor die ou velle wat buite hang.’  Fluister Maggie saggies soos sy Kombuis toe stap.

Mildred is kamer toe om haarself reg aan te trek.

Kevin gaan lê liewer.’  Mammie ek het nuwe Puma tekkies nodig.’

‘Ons sal later gaan koop as ek uit die kerk ding uit kom want ek weet nie Hoekom is daar nog sulke huis besoeke, Die vrou wat aan die kerk behoort het is mos vrek.’  Gaan Mildred voort soos sy die kamer verlaat.

Andrea en Thabang groet vir Lettie en Hannes en dus kom Mildred in.

‘OOOO Jesus is Goed my Auntie, kan ek ‘n Halejujer kry, ek verwelkom julle met liefde in my huis’ Prys Mildred soos sy die Kombuis binne kom en vir Lettie en Hannes elkeen ‘n drukkie gee.

‘Amen Sister, die Here is sowaar goed…’  Gaan Lettie voort.

‘Maar sister ek het jou dan nie by die begrafnis gesien, ook nie Sondag in die diens nie of ek seker mis gekyk.’  Gaan Mildred voort.

Andrea en Maggie en Katrina staan en lag saggies vir Mildred wat nou so Holy is.

‘Ek is Lettie en die is my man Hannes… Ons behoort nie aan julle kerk nie maar ons was by Daisy by die hospitaal en die Here het my na die huis gestuur om vir julle ‘n gebed te bring, ek weet die seer is nog vars en dus nie maklik om iemand aan die dood afte staan nie.’  Gaan Lettie beskaafd voort.

‘Oh so Daisy het die Auntie gestuur om ‘n gebed te doen.’  Gaan Andrea voort.

‘Lyk vir my so…’ Lewer Maggie komentaar.

‘Oh so nou stuur daai Klein Madampie glads pastore hier na my huis toe’  Gaan Mildred voort.

Ek waardeur nie hoe jy praat nie sister, ek is nie ‘n pastoor nie maar ek ken my Here’ Gaan Lettie voort.
‘Auntiejie ek sal waardeur as jy en jou man loop..’  Gaan Mildred voort.

‘Hannes kry vir my daai 2 litre, ek kan die duiwel in die huis voel..’  Gaan Lettie voort.

Hannes staan op en gaan uit na die kar.

‘Vroutjie loop ook, jou man is mos weg, kan jy ook uit my huis’  Gaan Mildred kwaai voort.

En Lettie begin wegval met gebed.

‘Vader, vandag bid ek vir hierdie gesin dat U hulle lui na die spore van geregtigheid.  Here U woord is waar en ek glo dit en bely dit met my mond… Here ek neem U woord dat U hierdie Gesin sal beskerm en bewaak dag vir dag…’

‘Bewaak die Blessers in die Kombuis Vader God.’  Lewer Andra komentaar op dit wat Lettie bid.

Lettie gaan voort ‘Stort Asseblief, U gees en seëninge uit op die Gesin …Gee asseblief U engele opdrag om hulle te vergesel…’

‘Amen, sister Fire, Fire’  Gaan Andrea Mal voort.

Mildred staan en kyk vir Lettie met oop oë en dan loer sy na Andrea se kant.

‘Te verdedig en te bewaar Here, ek vertrou hierdie gesin aan U toe Amen.’  Sluit Lettie die gebed af.

Hannes handig die bottle water oor aan haar.

‘Jy mos nou klaar gebid Auntie daar is die deur’.  Gaan Mildred voort.

‘Daar is nog een ding wat ek wil doen.’  Gaan Lettie voort.

Terwyl sy die bottle water oop draai.

‘Trap uit my huis’  Gaan Mildred voort.

‘Hoor vir Auntie dinges nogals haar huis’  Gaan Maggie voort.

Lettie spat nie nog nie sy gooi haar bottle Holy Water op Mildred laat haar wig skeef sit en sy smag behoorlik na asem, want Lettie het die water direk op haar kop gegooi.

Andrea staan en lag al te lekker laat die trane rol.  Katrina is op die vloer van lekker kry en Maggie hou haar maag.  Thabang is heel deurmekaar, hy weet nie wat aangaan.

‘Is jy dan van jou kop af, HUH?’ Skel Mildred.

‘Sal jou leer om kinders van die Here te respekteer, jy is groot om so aan te gaan. Watter voorbeeld stel jy vir die kinders. Uit Satan uit Satan!!” Spat Lettie nog die laaste bietjie water wat in die bottle is oor Mildred.

‘Ek bel die polisie vir jou.’  Gil Mildred soos sy Lettie aan die hand vat en uit gooi by die deur.

‘Jesus Bless You.’  Gaan Lettie voort soos sy uit die yard stap.

‘Daai vrou is van die duiwel’  Gil Mildred.

‘HAHAHAHAHA Aunty Dinges het darem ‘n lekker shower gekry, Daai Jehova Witness het nie met die speel gekom sy het gekom om nat te maak. Waar Kevin nie Kan.’  Staan en lag Andrea al te lekker.

‘Mrs my House’  Gaan Maggie lag lag voort.

‘Dus snaaks mos, Dus snaaks ek gaan charges teen daai mal kort vrou lê, sy het demons in die huis kom bring’ Skel Mildred soos sy Badkamer toe gaan om haar droog te maak.

‘Mamma wat het jy weer gemaak?’  Vra Erica vir Lettie.

Hannes het vir Erica vertel wat Lettie gedoen het.

‘Ek moes geweet het Hannes gaan weer skinder, hy is erger as sy Ma Linkie’  Gaan Lettie kwaai voort.

‘Ma wat het jy gemaak?’  Vra Erica weer.

‘Ek het gaan bid vir daai blomme meisietjie wat haar naam?  Die een met die gebreukte neus’  Gaan Lettie voort.

‘Daisy? Ja maar wat het jy na dit gedoen.’

‘Ek het na haar huis toe gegaan om saam met haar Familie te praat, nie juis praat maar bid maar OOO daar is hierdie rou vrou wat haar mooi hou, ek weet Jesus skape nie lelike mense nie maar OOO Daai vrou is bitter lelik, binne en buite.  Die Here moet my vergewe.’  Gaan Lettie aan.

‘Moet nie sê Ma het van die Holy Water gebruik gemaak nie? OOOO MA moet terug huistoe gaan. Maa kom gee my net al my Dae’  Gaan Erica kwaad voort.

‘Maar natuurlik moes ek my Holy Water gebruik daai vrou is die duiwel ek sal moet vir haar bid.  Wie gaan na die tweeling kyk as ek moet terug huistoe gaan?’

‘Ek sal plan maak,’  Gaan Erica voort.

***********************

Nadat Mildred haarself droog gemaak het, het sy somer gestort.

Terwyl sy in die stort is lui Kevin se foon.

Hy antwoord ‘Hey Babe’

‘Heey Kevy’  Gaan die meisie aan die anderkant van die foon voort.

‘Wat maak my baby, ek mis jou, kan nie wag vir die semester verby te gaan dan sien ek jou’ Gaan Kevin voort.

‘Arrrg baby, ek sit maar hier op die stoep lekker bored…Hoe gaan dit nog met jou studies?”

‘Jy weet hoe hectic kan varsity raak baby…ek sit en study nou reeds vir môre se toets’  Lieg Kevin sonder om ‘n oog te knip.

‘Dan pla ek jou maar nie my Kevvy, ek sien jou dan wanneer die semester om is…Ek bêre al hierdie good stuff net vir jou, jy is die beste outjie ooit… Slim en hardwerkend’  Gaan die meisie aan die anderkant voort.

‘Lief vir jou Skat…’ Gaan Kevin voort.

‘Lekker leer en gee jou beste in daai toets hoor jy’

‘Dankie skat geniet jou dag verder’ En dus drop Kevin die foon.

Mildred ek het ‘n nuwe tracksuit ook nodig, ek hou nogals van daai Kappa spanne.’  Gaan Kevin sonder skaamte voort.

‘Gaan jy nie was nie?’  Vra Mildred.

‘Nee Mammie ek sal was as ons terug kom wil mos nie al Mammie se perfume af was nie.’  Flirt Kevin.

Mildred smile netso breed, ‘Jy is darem iets anders en ek hou daarvan, jy  sal nie glo wat nou gebeur nie.’

‘Wat?’  Vra Kevin.

‘Die kerk vrou my met vuil water kom nat spat’  Gaan Mildred kwaai voort, skoon vergeet sy het nou so breed gesmile laat haar tande uitsteek.

‘Ek is jammer Mammie kom hier’  Hy hou sy hande uit vir om hom ‘n drukkie te gee.

‘AWWWW Kevin’  Gaan Mildred voort soos sy hom ‘n drukkie gee.

‘Enige iets vir Mammie.’

‘Nou kom trek aan laat ons weg wees ek wil nog hospitaal toe gaan na ek vir jou uitgesort het, ek het ‘n apel om te skil saam met ‘n sekere Madam.’  Gaan Mildred voort.

‘So ons gaan in verskillende karre ry?  Want ek wil nie hopitaal toe gaan.’

‘Ja jy kan huistoe kom as ons klaar is by die Mall’  Gaan Mildred voort.

Kevin trek vir hom vinnig aan.

Hy en Mildred loop deur die Kombuis om uit te gaan.  Andrea en Katrina sit aan tafel sit en Kaarte speel.

‘Die twee dronkgatte kom nou ewe skierlik oor die weg’ Maak Mildred ‘n opmerking soos sy verby loop.

‘Woah! Moet nie my verkeerd kry nie Aunty dinges, ek laaiks steed nie vir Katrina nie.’  antwoord Andrea.

‘Ek laaiks ook nie vir Andrea nie’  antwoord Katrina vir Aunty Milly.

‘Maar Hoekom speel julle Kaarte saam’ Vra Kevin.

‘Ons speel vir dagga, die een wat verloor kry nie die zol nie’  Gaan Andrea voort.

‘Aunty Dinges se Klein manetjie laaiks ook maar dinge’  sê Katrina.

‘Natuurlik sal hy, hy date ‘n ou mens en ou mense hou van skinder so is aansteeklik een van die dae kry hy ook menopause’  Gaan Andrea lag lag voort.

‘Manne kry nie Menopause nie’ Antwoord Katrina.

‘Wat ken jy, het jy ooits lewenswetenskap op skool geslaag, wag,wag, jy ken mos nie ‘n skool se ingaan nie.”  Gaan Andrea voort.

Katrina is somer dadelik stil.

‘Kom Baby, voor die twee mekaar dood maak.’  Gaan Milly voort.

Wat Mildred en Kevin uit die deur is.

‘Ek wonder waar kry sy so geld?’ Fluister Katrina vir Andrea.

‘Die meit is skelm, sy doen iets in die mou sy, sy kan nie wil so nuwe lingerie aan het en nou gaan sy Mall toe, iets is “fishy” my skoon sister’  Chorus Andrea.

‘Groot fout ek sê jou.'n Vis vrot van bo Af.'

*************************

Die nurse haal Daisy se bandage af om haar stiches skoon te maak.

‘Hoe lank gaan ek nog hier wees?’  Vra Daisy.

‘Nog net paar dae, die dokter sal die steke kom kyk en dan sal hy dan besluit so teen Middag of jy al huistoe kan gaan.’  Gaan die nurse voort.

‘Dankie Vader’  Sig Daisy.

‘Is jy dan so moeg vir ons?’  Vra die nurse.

‘Nee dis nie dit nie, ek wil by die huis wees want ek moet toesig hou oor my Family’  Antwoord Daisy.

‘Is hulle nie groot nie?’ Vra die nurse.

‘Hulle is maar hulle is ‘n handvol en ek het hulle so lief maar hulle is nie lief vir my nie en dit maak nogals my hart diep seer.’  Gaan Daisy voort.

‘Aiiihhh Kind, ek is so jammer maar miskien verstaan of sien jy verkeerd dalk is hulle lief vir jou’  Antwoord die nurse.

‘Ek weet nie meer wat om te dink nie hulle aksies wys die teenoorgestelde.’  Gaan Daisy voort.

‘Elke huis het maar sy Kruis, miskien moet jy hulle net ‘n kans gee.’

Dus kom Mildred in.

‘Is nog nie besoek tyd’ Sê die nurse vir Mildred.

‘Bepaal jou nursie ek het met my sister se kind kom praat’  Wat mos pastore met vuil waters na my huis toe stuur’ Begin Mildred kwaad raak.

Daisy maak maar net haar oë toe.

Die nurse is uit by die kamer.  ‘Dit word mos net ingekom en kom skel, word nie eers gevra Klein teef hoe gaan dit, is jy nog alright… Auntie laat ek al my respek verloor vir Auntie, ek was nog al kind wat die wêreld van Auntie gedink het wat het gebeur met die sweet Auntie wat elke oggend vandat my Ma weg is vir my ‘n koppie tea gebring het? Wat my getroos het en my part gevat het as Maggie hulle so aangaan met my? Of was dit alles net ‘n ACT?’  Gaan Daisy voort.

‘Die storie is vol geheime, Wie is Daisy eintlik? Watse Geheim weet Greg van Mildred? Oom Dennis en Aunty Marleen is ook vol skelme streke…

Ek kan nie wag vir al die Skeletons om uit die kaste te val nie….

MMMM.



6 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comentarios


All Videos

All Videos

bottom of page