top of page
Search

Ma Ellen 10

‘Kan jy nie dit is nie liefde nie?  Hy gebruik jou ook maarnet soos die voriges’  Gaan Greg hulpeloos voort.

‘Ek wil nie meer saam jou die gesprek het nie kom ons praat liewer oor die Daisy issue’  Verander Mildred dadelik die gesprek.

‘Anne hou niks van jou idea nie, sy sê dat Daisy geregtig is op alles en sy kan maak daarmee wat sy wil en jy weet ek luister altyd na Anne.’  Gaan Greg voort.

Mildred vererg haar ‘Jisis! Anne het altyd ‘n kak houding jy luister nie na haar nie kyk net as ek oorvat ek gaan sorg dat jy ook ‘n groot deel kry ek belowe.’

‘Ek sal vir Anne on board kry as jy rerig gaan doen wat jy sê…Ek altyd geweet jy het die brains my sister Ellen het gehad wat sy gehad het maar jy Milla jy weet net hoe en dus Hoekom jy nog altyd my favourite sister is ‘Gaan Greg voort.’

‘Ek is bly boeta ek is bly ‘  Staan en glimlag Milly soos sy haar glass leeg maak.

Buite sit die res …Andrea sit op Thabang se skoot en Maggie en Kevin sit langs mekaar.  Katrina sit plat op die grond.

‘Hoe oud is jy?’  Vra Andrea vir Kevin.

‘My Auntie ek is 22 jaar oud’  Gaan Kevin voort.

Katrina en Maggie lê soos hulle lag. ‘Jirrie  sister van my, jy is nou ‘n Auntie’  Gaan Maggie voort.

‘Die Kevin gedoente sien daai plooie op jou gesig van die black label’  Gaan Katrina voort.

‘Aggg, begin julle twee met my die een moet liewer gaan gym en die ander een moet nie haar verlede vergeet…Maar jinne Julle die manetjie is Klein en Anuty Dinges is in haar 46 dan nie??’ Gaan Andrea voort.

‘Mos hoeka mos hoeka!! Ons Auntie maak die kinders tussen haar bene groot.’  Lewer Maggie ook komentaar.

‘Sy is ‘n lekker Mammie en Aliyaah sê mos  ‘Age ain’t nothing but a number’  Gaan Kevin voort.

Katrina lê soos sy lag. ‘Sê hulle the boy, sê hulle.’

“Maar daar sit R Kelly nou in die tronk so hoe sê jy dan nou?’ Gaan Maggie voort.

Kevin sit en smile liewer.

‘Thabbie baby wat is jy so stil?’ Vra Andrea.

‘Nee hy is gevrek gesyp aan die black label!’  Gaan Katrina voort.

‘Nee Katrina, hy verstaan nie Afrikaans nie dus Hoekom hy skaars ‘n woord sê en my sister is mos nie by dit nie sy worry nie ek wonder hoe gesels hulle.’

‘Ek vorstoon so kleina biki afrikaks’  Gaan Thabang voort.

Katrina en Maggie en Kevin moes nie dit hoor toe begin hulle uitbars van die lag.

“Thabang jy steek my mos in die skande ou boetie!’  Gil Andra.

Thabang is dan somer doodstil.

*************

Die nurse het vir Daisy help was en die twee het lekker gesit en gesels.  ‘Dit is amper besoek tyd’  Gaan die nurse voort.

‘Ek glo nie ek gaan vandag besoekers kry nie… Die polisie was al klaar hier my outjie en sy ouers was al klaar hier en ek wil nie praat van my skelerige Auntie nie so ek glo nie ek gaan nog besoekers kry nie’  Gaan Daisy voort.

‘Shame kindtjie as jy nie besoekers kry nie sal ek hier by jou kom sit om jou geselskap te hou.’  Gaan die nurse voort.

Haar woorde was skaars koud toe kom Dennis en Marleen en Doran in en ‘n vreemde jongerige Vroutjie wat baie mooi en netjies angered is die kamer binne.

‘Middag Daisy pop’  Gaan Marleen voort.

Dennis en Doran groet ook ‘Middag julle ek nie verwag julle sal weer ‘n draai maak nie.’

‘Ons moes net ek het daar verby julle plek gery en ek sien jou mense hou weer party.’  Gaan Dennis voort.

‘My Vader nie alweer nie hulle drink seker nou die hele stock van die bottle stoor uit ek moet net hier uit kom’  Gaan Daisy onrustig voort.

‘Dus Hoekom ek het besluit genoeg is genoeg ek en my Vroutjie het ons prokureur gebring…”

Daisy lyk effens deurmekaar’  Maar ek het ‘n prokureur.’

‘Een wat nog nie by jou was om die plan voorentoe te bespreek nie.’  Gaan Marleen voort.

Dus staan die oulike dame nader..’Hello juffrou Booysen, ek is Erica Bosman - Botha ek is die Hendrik gesin se persoonlike prokureur.’

‘Aangename Kennis Mev Bosman - Botha maar noem my maar somer Daisy’

‘Sy is ‘n baie oulike prokureutjie en sal jou vinnig help met jou sake.’  Gaan Dennis voort.

‘Kom ons los hulle aleen’  Gaan Marleen voort.

Hulle verlaat dan die vertrek.

‘Ek vestaan day jy ‘n klomp geld en besighede geerf het.’  Gaan Erica voort.

‘Ja en ek oorweeg om alles te verkoop maar nie nou, as ek matriek klaar gemaak het.’

‘So wat is die prokureur se naam waar die geld en title deeds huidiglik by is?’  Vra Erica.

‘Sy naam is Leonard Groeneweld.’

‘Uhmmm daai een ek ken hom al te goed.  Daisy ons sal moet jou geld en alles vinnig daar uitkry, sy rente is belaglik as jy weer kom kry is jou geld klaar’.  Gaan Erica voort.

Daisy se oë raak groot ‘Maar hoe weet ek kan jou vertrou? Jy is immers die Hendrikse se prokureur en ek vertrou hulle ook nie.’

‘My mens ek sal nie aan jou geld raak nie en wat ek en jy bespreek sal nooit by die Hendrikse uit kom nie dis privaat.’

‘Okay dan kom sien my dan môre deur die dag dan kan ons die way forward bespreek.’  Gaan Daisy voort.

Dus lui Erica se foon. ‘Ek moet net gou die antwoord dus my Ma my kinders gee haar seker weer stress.’  Gaan Erica voort.

Daisy smile effens.

Erica sit die foon neer en sig baie hard.  ‘Ek sien jou dan môre Daisy ek moet jou ongelukkig gaan my kinders gee my arme Ma al haar dae.’  Gaan Erica voort.

‘Ek kan my indink mev sterkte daar ons sien mekaar dan môre.’  Gaan Daisy voort.

Erica haas dan uit by die kamer deur.

‘Sy lyk na ‘n genuine nice en earlike persoon Ma wys my tog net ‘n teken of ek haar kan vertrou sy is immers Doran hulle se prokureur…die is rerig een van die moeilikse dinge wat Ma ooit vir my agter mee gelaat het.’  Lê en dink Daisy soos Dennis en Doran en Marleen die kamer binne kom.

‘En??’  Vra Doran die oomblik toe hulle inkom.

‘Sy lyk genuine.’  Gaan Daisy voort.

‘Sy is die beste ek sê jou haar rente is min haar fooie wat sy vra is min.’  Gaan Dennis hoog en laag voort.

‘Ja sy help ons altyd mooi ek ken haar Ma vir jare goeie vrou met goeie waardes en Erica ook baie goeie maniere daai aarme kind ken hoe dit voel om mense in haar lewe te verloor sy kom deur donker dieptes en kyk na haar vandag ‘n Suksesvolle prokureur.’  Marleen vertel effens ‘n bietjie van Erica se verlede.

‘Ek kon sommer sien sy is ‘n goeie mens maar ek is nog so Klein bietjie skepties moet ek nie liewer my geld en goed by Groeneweld los nie ek meen my Ma het hom vertrou Hoekom kan ek hom nie vertrou nie?’

‘Die besluit lê op die einde van die dag by jou my kind”  Gaan Marleen voort.

‘Ja maar was hy al ooit by jou na die lesing van die testament?’  Vra Dennis.

‘Nee hy was nog nooit nie maar dus maar dan nou eers Woensdag, twee daie na die testament gelees was.’  Probeer Daisy sin maak.

‘Nogsteeds en jy is ‘n kind hy kan maklik advantage vat van jou belange …Ek stel rerig voort jy laat die Bosman - Botha meisietjie oor vat.’  Gaan Dennis voort.

‘Ma, Pa kan julle nie vir Daisy onder soveel druk plaas nie asseblief! Sy moet nou eers Fokus om gesond te raak en die dae wat sy mis by die skool!’  Onderbreek Doran sy Pa.

‘Ek verstaan Daisy moet gesond raak maar sy moet nou besluite neem haar familie gee nie om nie hulle is besig om alles te vernietig met parties en alles hoe langer sy draai hoe swaarder gaan haar laas word.’  Gaan Dennis voort.

‘Ek weet.  Ek weet maar kan ons net vir eendag nie oor dit praat nie ek gaan môre vir Erica weer sien dan sal ek dan my besluit maak is julle nou te vrede??’

‘Ons los julle twee lovebirds dan aleen, jy gaan nie spyt wees nie Daisy’ Gaan Marleen voort soos sy vir Dennis aan die hand vat sodat hulle kan uit die kamer.

‘Daisy hoe voel jy genuinely?’  Vra Doran die oomblik toe sy ouers uitsig is.

‘Ek verlang net my Ma kwaai Doran, sy sou weet hoe om alles te hanteer ek is maar nog net ‘n kind wat op skool moet focus wat weet ek van besigheid af?  Wat weet ek van geld manage?  Wat wet ek vn ‘n huishouding run? Wat weet ek van ‘n familie in orde kry?  Mooi nik nie!! Die is die moeilikse taak wat die lewe ooit vir my gegee het ek wil net grief maar ek kan dit nie bihourly doen nie want ewe skierlik het ek die moerse verantwoordelikheid! Op hierdie stadium vertrou ek niemand nie.’  Gaan Daisy Hartseer voort.

‘Ek is hier vir jou onthou dit…ek sal saam jou deur elke stap gaan ek belowe jou en jy kan my vertrou jy kan rerig op my staat maak is mos Doran en Daisy teen die wêreld…’  Gaan Doran voort.

‘Dankie baby dat jy laat ek so beter voek maar niks kan die void binne vul nie ek het my Ma nodig.’

‘Ek verstaan vat jou tyd my lief…maar daar is nog ‘n ding wat ek met jou wil bespreek.’  Gaan hy voort.

‘Ek luister …’ Daisy lig haarself sodat sy bietjie op kan sit.

‘My ouers mos gesê is reg as jy paar dae as jy uit die hospitaal uitkom by ons bly… Maar check die ding staan so…hulle wil hê jy moet help met koks dalk iets uit die sperm ark gaan haal?’  Gaan Doran effens onseker voort.

‘Ek sien.’  Gaan Daisy Mismoedig voort.

‘Is dit ‘n probleem? Ek mean jy gaan mos by ons bly en jy kan mos nie verniet nie.”

‘Dit weet ek maar dis mos onbeskof om net in die supermarket te stap en grosaries links en regs te vat dit gaan mos wins negatief afekteer.’  Gaan Daisy voort.

‘Ek verstaan maar dan met jy aan my ouers verduidelik.’

‘Ek kan ‘n paar rand neer sit en dis dit vir nou ek gaan seker net 3 daie by julle bly.’

‘Plus my Pa gaan ons moet skool toe ry en jy weet wat is sy voorwaardes.’

‘Hier begin dit ek moes geweet ek gaan maar liewer huistoe na my deurmekaar familie wat my wil dood maak as om by Doran te gaan bly ek word al klaar uitgebyt asof die geld al klaar in my bank rekening is.’  Dink Daisy soos sy vir Doran aan kyk.

‘Ek is moeg kan jy asseblief ook loop ek het klomp goed om uit te figure.’  Gaan sy beskaafd voort.

‘Word ek nou weg gejaag?’

‘Dink maar wat jy wil jong.’  Gaan Daisy ewe droog voort.

“Aihh’ Was al woord wat sy mond verlaat het soos hy loop sonder om haar ‘n soen te gee.

******
Die volgende oggend is die Hendriks gesin vroeg in Erica se kantoor.

‘Wat is so dringend dat ek my 9 uur vergadering moes kanseleer wil julle. Jul testament verander? Gaan Erica voort.

Is net Marleen en Dennis, Doran is skool toe.  Dennis moes vir een of ander rede vir Janelle ook lift gee skool toe.  Sonder dat hy ‘n sent gevra het.

‘Nee man Erica ons is te vrede met ons testament.’  Gaan Dennis voort.

‘Ja, Ja kind ons is te vrede jy doen mos net die beste.’  Chorus Marleen.

‘Okay maar dan wat bring vir julle hier is Doran in die moelikheid?’  Vra Erica met concern op haar gesig.

‘Nee man ons is hier om oor daai meisietjie te praat…’  Gaan Dennis voort.

‘Daisy? Aih wat ‘n aangename, vriendelike kind.  Sy hereunder my so aan myself toe ek haar ouderdom was, ‘n regte vegter’ gaan Erica voort met ‘n glimlag op haar gesig.

‘Ja Daisy …ons wil weet as ons haar onder ons sorg neem sal ons dan die maandelikse fooie ontvang?’  Vra Dennis.

Erica kyk vir Dennis aan, ‘Meneer Hendriks as sy onder 18 was dan as U haar wettig aaneem sou julle die maandelikse fooie ontvang het maar met bewyse dat julle vir haar sorg maar sy Sal moet instem het sy julle gestuur?’

‘Sy maak eers oor 3 maande 18 so kan ons haar nog aaneem?’  Vra Marleen ewe Erinstig hulle vermy die vraag ‘het Daisy hulle gestuur.’

‘Hierdie goed vat tyd en as die Aanneming goed gekeer word dan is sy al klaar 18 so dit gaan nie werk nie ek is jammer ek moet gaan ek sien reeds vir Daisy nou…’  Gaan Erica voort terwyl sy haar swart tas oplig en naby die deur staan sodat Deniis en Marleen kan loop.

‘Mense is so oor geld kry nie eers skaam ek is lus ek stuur hulle ‘n invoice omdat hulle my tyd kom mors het’ staan en dink Erica soos Dennis en Marleen groet…

Sy maak dan haar verskyning paar minute later by die hospitaal.

‘Goeie dag Daisy hoe jy geslaap?’  Gaan Erica voort.

‘Môre Mev Bosman - Botha ek het onrustig geslaap oor die baie besluite wat Ek moet neem…’

‘Dit is verstaanbaar my meisie en noem my Erica asseblief…ek vertel my Ma gister oor die oulike meisie wat ek ontmoet het en dat jy jou Ma verloor het en alles ek weet Ek mag nie kliente bespreek met my familie maar jou storie my so geraak.’

Gaan Erica voort terwyl sy voor Daisy sit.

‘Arrrg nee dus nie ‘n probleem nie Erica.’

‘Sy bid geoponic by die hospitaal so sy sal seker draai by jou later maak Ek hoop nie jy gee m.’

Daisy voel bietjie weird maar dan gaan sy voort.’  ‘n gebed Sal seker nie skade doen.’

‘Maar arg laat ons oor Erinstige dinge begin praat..’

‘Ek besluit om jou aan te stel…en hier is my hele plan….’

Daisy verduidelik vir Erica alles stap vir stap sy laat nie ‘n detail uit nie.

‘Jy is slim vir jou ouderdom jy my nie eers nodig nie.’’’ Smile Erica.

‘Maar Ek jou tog nodig om die plan wettig uit te voer.’ lag Daisy effens.

‘Weer waar ek begin vandag sommer aan alles te werk, Ek glo teen Maandag is alles uitgesort en reg om ons plan in aksie te sit…ek geniet dit al klaar om saam met jou te werk..sake soos joune is die rede Hoekom ek regte gestudeer het.’  Gaan Erica voort soos sy haar notas in haar tas pak.

‘Dankie ek waardeur jou hulp jy het geen idea nie.’  Smile Daisy breed.

‘Wel jong dame Ek moet jou nou verlaat. Ek moet in die hof oor ‘n uur wees..Ek is seker my Ma sal ‘n draai hier maak, sterkte ons sien mekaar Maandag’ gaan Erica voort soos sy weer die pad vat.

Daisy lê en smile breed ‘Vergewe my Here maar ek moes dit doen’ lê en dink sy.

**********

Kevin staan in sy boxers voor die yskas en melk drink, dus al 10 uur.

Maggie sit en hou hom dop, sy drool Behoorlik omdat hy so sexy gebou is.  Sy skoon die vetkoek en snoek voor haar vergeet soos sy Kevin dop hou.

Dus klap Mildred haar van agter af op haar kop dat sy terug na realiteit toe kom.

‘My man so dop hou! Is jy dan laf’  maak Mildred geraas.

‘Was dit nodig om my te klap ek het nie vir Boetie kakie dop gehou nie, die ding Lyk so Clement wat by die graveyard werk, Jirrie nie eers aantreklik nie.’  Gaan Maggie voort.

Kevin staan en smile net soos hy die yskas toe maak ‘Mammie is mos kwaai jaloers.  Ek laaiks ‘n jaloerse bokkie.’  Gaan Kevin stout voort.

Maggie lag laat die trane rol want Mildred kry al te lekker vir wat uit Kevin sê mond kom.

‘Glads Mammie…Andrea my sister waar is jy, kom hoor die nuus hierso, ons Mammie alweeer” Skreeu Maggie.

‘Arrg shut up, jy dik vetragte vetkoek bitch!’  Gaan Mildred voort.

Kevin loop dan stadig tot by Mildred wat langs Maggie staan en hy begin haar met passie te soen.

Maggie maak haar oë toe.  Andrea kom die Kombuis binne.  ‘My Vader Maggie, Ek wil mos maar sê jy kyk ou mens porn, nee sies wanneer val die Ouma se tande uit.’  begin lag Andrea.  Kevin gryp vir Mildred nader en haar ‘n ‘lovebite’ gegee.

‘My sister Milly het nie meet die speel gekom nie.’  Lag Maggie soos sy probeer pad gee uit die kombis.

‘Hy is mos net my baby, hy weet hoe om te vry, jy moes seker vir Thabang geleer het want hy is mos vokol gewoont.’  Gaan Mildred voort.

‘Sê hulle Mammie.’  Gaan Kevin voort.

‘Maar is jy nie groot om soos ‘n vuilmelk kind aan te gaan, eenne “Mammie” vir die rosuintjie tette. ‘Vra Andrea vir Kevin.

‘Jy antwoord niks nie my baby, sy is net jaloers want sy sit met gogga maak vir baba bang’ Defend Mildred haarself.

‘Atleast is hy my ouderdom’.  brom Andrea.

‘Jy moet mos jys jaloers gaan kyk liewer of jou skoon sister, Katrina nog asem haal.’

Andrea kyk vir Mildred vuil terwyl sy uit die Kombuis loop.

‘Waar was ons Mammie.’  gaan Kevin voort terwyl hy vir Mildred soen.

Dennis slaan sy Kombuis tafel met geweld ‘Ek jou gesê Erica sal nooit iets onwetig wil doen nie’  Gaan hy kwaad voort.

‘Ek is jammer my man’ probeer Marleen vir Dennis kalmeer.

‘Ons gaan alles verloor, as ons nie daai geld in die hande kry nie my vrou, alles, ons huis, ons kar, ons Sal Doran uit die skool moet haal’  stress Dennis.

‘Ek weet maar jy het ons in die gemors gekry met jou Gambling demons.  En Daisy was ons enigste hoop hier uit maar daar is tog iets wat ons nogsteed kan doen’  gaan Marleen voort.

‘Soos?’ Luister Dennis.

‘Ons kan iets in Erica’s verlede opsoek en dit teen haar gebruik, almal het tog geraamtes in die kas.’

‘Ek glo nie sy het…ek weet van die outjie wat haar op college verkrag het, maar hy tronk mos nou nog vir dit maar Ek glo nie daai meisiekind het donker geheime’  gaan Dennis voort.

‘Ahahaha daar moet iets wees, sy kan nie wil perfek wees nie, geen prokureur is perfek nie.’  Marleen tel haar foon op.

‘Ek iewers ‘n kontak wat ek kan verniet gebruik’  gaan Marleen voort soos sy die nommer soek op haar foon.

Dennis hou verklaar sy kop.

‘Los dit net toe ek sal plan maak’ gaan Dennis voort.

‘Jy ons gesin in die gemors gekry en ek gaan nie stil sit en kyk hoe ons vergaan nie.’  Maak Marleen haarself duidelik soos sy die foon optel en bel.

**********

Daisy se oë is vol trane, niemand behalwe Erica het haar vandag kom kyk nie.  Sy weet Aunty Mildred is kwaad oor die hele Edwin storie maar sy ken tog vir Aunty Milly, sy het ‘n goeie hart maar Hoekom het sy nog nie kom kuier nie.

Dis kom ‘n vreemde Auntie die kamer deur binne met my nurse

‘Dankie doctor nurse’  gaan die auntie voort.

Daisy kyk na die auntie wat oppad is na haar bed.

‘My kind is jy Daisy?’  Vra die vreemde auntie.

‘Ja auntie is seker Erica se Ma?’ Gaan Daisy beskaafd voort terwyl sy haar trane afvee.

‘Ek is Lettie, Hoekom huils jy my kind, alles gaan oraait wees’  gaan Lettie voort.

‘Dankie Aunty Lettie vir die omkom’ Gaan Daisy voort.

‘Groot plesier my kind, Erica my vertel jy het net Saterdag jou Ma begrawe, ek is so jammer.’

Een traan verlaat Daisy se oog en dus vat Lettie haar hand.

‘My kind ek wil nie baie sê ek wil net vir jou kom bid so kom ons maak ons oë toe…’

‘Hemelse Vader, vanmiddag bring ek die jong dame voor U.  U ken aleen haar seer, U is wel bekends met haar omstadighede… Weerloos lê haar Klein lyfie voor my … vee haar trane vanmiddag af Vader. Staan haar by Vader maak haar sterk, Hemelse Vader…al gaan sy ook deur ‘n donker Daal van dood skaduwee, beskerm haar Here… Hou haar styf vas in U Hande, sodat sy nie in die hande van mense kan val nie…OOO Lord jy is die Alpha en Omega, die Begin en die Einde, daar is niks onmoontlik by U nie… kom raak hierdie jong dame vir haar genesing en vrede. In Jesaja 41 ver 10 sê hy so mooi in sy woord, ‘wees nie bevrees nie, want ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou , ook help Ek jou.  Ook ondersteun Ek jou met my reddened regterhand.’  Beskerm hierdie Kind, maak haar wonde weer heel. Vader Ek wil nie vir te veel vra nie maar wees saam hierdie Kind in Jesus naam, Amen’

Die sweet druppels tap af soos Lettie in Gees gegaan het.

Die trane loop van Daisy se oë af soos sy ‘Amen” sê.

‘Ek kyk nie meer rond om my nie, ek wil die Here dien met my hart en my siel, wil Ek die Here dien met my hart en my siel wil ek die Here dien, Ek kyk nie meer rond om my nie ek wil die Here dien.’  begin Lettie te sing en Daisy kry al te lekker en sing saam.

Nadat hulle gesing het gee Lettie vir Daisy ‘n drukkie.

‘Sterk wees my kind en ek sal sorg dat daai Erica mooi na jou kyk anders kry sy met my te doen…Het jy enige broers en sisters, ek sal graag wil vir hulle ook besoek want Ek weet al te goed hoe dit voel om ‘n moeder te verloor ek wil vir hulle ook die woord weg vat.’ gaan Lettie voort.

‘Dankie my Auntie die woorde het my kom salf, ek voel stukke beter. Ek gaan sommer vir my Auntie die adress neerskryf.  Hulle almal bly by dieselfde adress.’ Gaan Daisy voort.

Sy gee dan vir Lettie die adress, ‘Laat ek dan weg wees my man ry my vandag rond en hy is so ongeduldig sou sweer ek gaan soos sy Ma aan maar ek gaan somer nou daar draai maak by jou gesin.’  gaan Lettie voort.

Sy groet dan vir Daisy en is uit by die deur.

‘Wat ‘n geestelike auntie ek hoop sy kan my familie reg bid.’  lê en praat Daisy met haarself.

**************

Die musiek speel al te lekker, terwyl Maggie huis skoon maak.  Mildred sit in die sitkamer nog in haar lingerie op Kevin se skoot, sit en voer hom strawberries.  Andrea en Katrina sit op die stoep, sit en rook.

‘My man gaan mos nie nou uitkom nie.’ Gaan Katrina voort.

‘Ja Ou skokiaan Vroutjie, Daisy de Melker speel nie’  Gaan Andrea voort.

‘Begin jy alweer met my wanneer gaan ek en jy net in vrede chill?’ Vra Katrina.

‘Nee jy hou mos nie van Blacklabel nie dus Hoekom ek en jy nooit Sal oor die weg kom nie.  Ek kom rook net jou dagga klaar dan vok ek…’ Maak Andrea haarself duidelik.

‘Ou uit vreter jy’  Was al woorde wat Katrina se mond verlaat het.

‘Vader hier kom die Jehova Witnesses.’ Skreeu Andrea soos sy die zol op die grond gooi en maak laat sy in hardloop‘.

Toe sy Hannes en Lettie Sien in kom by die hek.

‘Kyk die donderse meit kom mors my dagga, die vokken zol is skaars klaaar.’  Skel Katrina dis staan Lettie alreeds voor haar.

‘O jirri, Sorry Auntie, ek weet die Here hou nie van lelike praatjies nie.’  plei Katrina.

‘Middag Dame…..is die, die Booysens woning?’  Vra Lettie beskaafd.

‘Einste, einste, kom ons gaan in’  Katrina loop voor.

Lettie en Hannes loop agter Katrina aan.

‘Die mense hier binne is vir jou besig Auntie.’  Gaan Katrina voort.

‘Nee ek gaan nie pla nie, ek wil maarnet ‘n gebed bring’  Gaan Lettie voort.

‘Dan kom my Auntie mos op die regte tyd, hierdie duiwels hier binne kort die…’ Gaan Katrina voort.

Sy maak dan die deur oop en Lettie en Hannes is in die kombis.

‘Sit solank, hulle is seker in die sitkamer maar die is Maggie.’  Stel Katrina vir Maggie voor aan die mense.

‘Ek gaan haal nou my Auntie en my sister.’  Gaan Maggie voort soos sy die Kombuis verlaat.

‘O Jesus, my sister ‘n pastor vrou en haar man wag daar binne, kom. Jy en Thabang’ Gaan Maggie voort soos sy Andrea se kamer oop vlek.

‘Sowaar, Jehova Witnesses ek mos nou krag vir dit.’  Mompel Andrea lekker high van Katrina se zol, maar sy vat vir Thabang aan die hand en hulle is kombis toe.

Maggie loop in op Mildred wat haar tong diep in Kevin se mond druk.

‘OOOOOO ek wil mos nou nie dit sien nie, Auntie Dinges hou op man, hier is ‘n kerk vrou wat ons almal wil sien’ Half skreeu Maggie……










5 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page