top of page
Search

Ma Ellen 1 Family fueds over The will.

Die reėn was besig om te val en 'n hoop mense het om ‘n oop graf gestaan met swart sambriele.  Die predikant het die draers aangekondig wat die swart kus uit die swart lykswa moet dra na die graf.

‘Maggie Booysen, Andrea Booysen, Daisy Booysen, Edwin Booysen, Mildred Hoffman, Greg Roelfse.’

Die ses het na die kus gestap in die reėn wat besig was om hul swart klere sop nat te maak.

Elkeen probeer sterk voorkom maar die seer kan mens in elkeen van hulle se oė sien.

Toe hulle die kus op die oop graf sit en die predikant sy laaste paar woorde sź voor die kus gaan saak.  Begin die mense te huil veral die kinders van die oorledene.  Toe die kus klaar gesak het vra die predikant vir die familie om blomme in die graf te kom gooi.  Dus amper soos ‘n sien vir ou laas.

Maggie stap nader omdat sy die oudste dogter is van die oorledene sy sak voor die graf met die volgende woorde ‘Mamma rus in vrede.’  Sy vee haar trane af en gaan na die swart tent om haar sit plek weer in te neem volgende was die tweede oudste dogter Andrea sy het ‘n baie kort rokkie aan en huil nie juis baie nie en haar laaste woorde was ‘Uiteindelik is die ding dood.’  Maar niemand kon hoor nie want die koor sing al te lekker koortjies, en dus maak sy ook weer haar way terug na die swart tent om haar sit plek in te neem.  Derde kom die enigste seun van die oorledene, sy naam is Edwin hy neem die blommetjies en gooi dit in die graf met die volgende woorde ‘Dankie Here!', nou kan niemand niks hoor nie, die koor was so hard.  En laaste kom die baby van die oorledene ‘n baie mooi skraal bruin oog meisie met lang bruin hare en haar laaste woorde was ‘Ek gaan Mamma mis veral wanneer my matriekafskeid nader.  Mama was my beste vriendin.  Die huis gaan stil sonder mamma wees maar ek gun mamma die rus.’  Trane stroom behoorlik van haar gesig af en met dit gee sy ‘n laaste kyk af in die gat om die swart kus vir ou laas te sien wat besig is om nat te word.

Die undertakers was besig om die gat stadig maar seker met grond te vul.  Die mense het nie nog langer in die reėn gestaan en wag vir die gat om Behoorlik toe gegooi te word nie.  Baie het sommer in hul motors gespring en na die huis gejag vir ete.  Selfs die oorledene se kinders, al kind wat oor gebly was Daisy sy het daar gestaan totdat die gat toegegooi was en daar het sy aleen die kranse gestaan en lees vir ‘n minimum van vier mense.

Daisy het stadig maar seker huistoe geloop in die reėn, een van die familie lede het vir haar ‘n lift aangebied maar sy het dit van die hand gewys.

Sy het in die reėn geloop sonder enige sambriel of enige baatjie. Al wat sy aangehad het was ‘n kaal arm swart rok.  Toe sy uiteindelik by die huis kom het meeste mense al pad gegee.

‘Is jy oraait Daisy?’  wil Mildred weet.

‘Ek sal wees, ek nodig nou net ‘n warme stort dus al aunty Milly.’

Antwoord sy sonder om vir Mildred in die oė te kyk.  Mildred is haar Ma se sister en Greg is haar Ma se broer.

‘Jy lyk nie oraait nie Daisy, jy hoef nie voor te gee nie.  Jy het ‘n baie belangrike persoon in jou lewe verloor.  Dis okay my kind om te treur en te huil met tyd sal dit beter raak.’  Mildred is ‘n persoon wat baie omgee en altyd ander voor haarself sit.

‘Ek weet aunty Mil, dus net Mammie het so vinnig weg gegaan sonder om Behoorlik te groet’ En met dit skiet haar oė weer vol trane.

Mildred vat haar om die lyf en lui haar na haar kamer.

‘Kom ons kry haar eers uit die nat klere my kind dan kan jy stort en aunty sal vir jou net hier wag met ‘n lekker bekker warme teė,.’

Daisy glimlag vir die eerste keer.  ‘Aunty is ‘n stźr.’

Mildred is uit by die kamer en Daisy is in die stort wat sommer in haar kamer is.  Haar Ma was ‘n goeie besigheidsvrou en het 5 besighede besit voordat sy gesterf het so die huis is redelik groot en gamaklik.  AL haar kinders het saam met haar gebly selfs Daisy se enigste broer met sy vrou Katrina en hulle string kinders.  Almal is klaar met skool behalwe Daisy sy doen haar matriek nou eers.  En nie een van hulle werk nie.  Hulle het nog altyd staat gemaak op Ellen (Hulle Ma).

‘Waar is daai bedorwe bokkie?’ Vra Maggie die oomblik toe sy die kombuis binne kom van buite af.

‘Van wie praat jy nou?’  Wil Mildred weet.  ‘OOO ek het eers gesien aunty, dinges is hier binne nie,ooo nog lanklaas vir madam gesien.’  Bars Maggie uit die oomblik toe sy vir Mildred sien.

‘Juffroutjie jy loop heelweek draaie om my so moet nie maak asof jy my vir die eerste keer sien nie, ek was en is nou al die heelweek hier.’

‘Jammer Tannie ek was seker net te besig met begrafnis rėelings dat ek nie eers vir Tannie raak gesien het nie.’  Sy spreek die ‘Tannie’  woord uit soos wit mense dit uitspreek want sy probeer om sarkasties te klink.

Mildred het net daar gestaan en sig. ‘Ja maar waar is Daisy de Melker?’  ‘Die kind het gaan stort, sy voel nie lekker nie.’

‘Nee wag Tannie, stort? Rerig! Wie dink sy nou dan wie is sy? Koning Jesus?’

‘Sy het haar Ma verloor asseblief sy gaan deur baie op die oomblik.’

Maggie sit haar hande in haar heupe. ‘OO so wat was daai van my wat ons vandag begrawe het? Dit was ook mos my Ma maar sien jy dat ek gaan shower? Nee aha die swart potte moet gewas word.’

‘Maggie kan jy vir een oomblik nie selfsigtig wees nie? Ons almal hanteer dinge op verskillende maniere, jy weet wat het Ellen vir daai kind beteken jy weet dit.’

Maggie staan daar met ‘n mond vol tande ‘Okay dan as daai madam klaar gewas het doen my die guns aunty dinges en laat weet haar die swart potte wag daar buite.’  En met dit loop Maggie uit by die kombuis deur.

‘Die kind het geen respek nie, geen, maar ek is nie verbaas nie sy is maar van kleins af so ‘n rebel.’  Staan en praat Mildred met haarself.

Nadat Mildred die koppie tea gemaak het stap sy af in die gang na Daisy se kamer, sy klop eers om te hoor of dit veiling is om in te kom.

‘Ek is amper klaar trek net gou my slaap klere aan, is dit auty Milly?

‘Ja my kind, dus ek.’

Nadat Daisy klaar angetrek het maak sy die kamer deur oop met ‘n glimlag.

‘Jy het so ‘n mooi glimlag my kind.’

‘Dankie aunty Mil, is dit drie tee lepels suiker?’

‘Ja natuurlik ek weet mos hoe my familie oor hulle drie tee lepels suiker is, jou Ma het my altyd geskel as ek tee vir haar maak en ek gooi te min suiker in was altyd ek en sy se stry.’

‘Ja nee ek kan glo sy was baie oor tee gewees elke oggend voor ek skool toe gaan moes ek ‘n koppie vir haar in haar kantoor los.’

Soos Daisy dit vertel kan mens die seer in haar stem hoor.

‘Aih my kind alles gaan oraait wees’  vryf Mildred haar sagte hande oor Daisy se rug. ‘Kom kruip onder die komberse en moenie worry nie ek is nog tot Maandag toe hier om seker te maak jy is oraait.’

Met dit kruip Daisy die komberse in en Mildred gee haar ‘n soen op haar voorkop.

“Daisy ek gaan die kamer sluit sodat niemand jou kan pla nie Maggie is alreeds op oorlog uit.’

Daisy lź en sig ‘Aih Aunty Milly.’

Mildred neem die sleutel van die kamer deur en maak die gordyne toe en sluit Daisy in haar kamer toe sodat sy kan slaap.

Mildred is uit by die kombuis deur om maar te gaan help om die swart potte te was waarvoor Maggie nou so oor aangegaan het.

Andrea sit daar met vier black labels en haar boyfriend en sy vriende.

‘Maar julle het geen respek, Ellen is skaars koud in haar graf en julle vertrap al klaar.’
Beduie Mildred na Andrea se kante toe.

En dus kyk Andrea haar en dan draai sy haar rug na Mildred toe om saam haar boyfriend te praat.  ‘Verskoon my het madam met ons gepraat? Jirrie die ding wat skaars haar sister vir die laaste twee jaar kom kuier het.’

Daar wat Mildred staan begin sy haarself te vererg. ‘Julle is rou, geen respek vir groot mense nie en dis nie hoe Ellen julle groot gemaak het nie.’

Dus kom Edwin ‘Sies wat brom Aunty Milly weer so?’

‘Die ding kort ‘n man, Is van droog is daar onder wat sy nou wil so kom regeer hierso.’  Antwoord Andrea haar broer.  En almal begin te lag selfs Maggie wat naby Mildred staan en help om potte te was.

‘Geen respek nie, maar julle gaan nog op die harde manier leer Ellen lewe nie meer nie, swaarkry is julle voorland.’

‘Askies Aunty dinges maar onse Ma het ‘n testament agter gelaat ons almal gaan iets kry so wat praat jy van swaar kry ek gaan vir jou ‘n nuwe weave koop wanneer ek daai pond van my Ma kry.’  Maak Maggie dit duidelik vir Mildred.



3 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page