top of page
Search

kies nommer 1 of 2

Updated: Nov 30, 2020

‘Aihsta is ‘n nuwe jaar en kyk hoe mooi lyk my Shirley, glads blonde hare’ en die curls gir? Gaan Demi al te mal voort ek het die meit gemiss al het ons elke dag oor die foon gepraat. ‘En kyk vir jou Demi, Hare is uitgeblow!’ ‘Ek mos nou ‘n boyfie girl, wat ken jy so ek moet so op FLEEK lyk.’ Gaan Demi voort. “Ek is bly my vriendin het finally besluit dus tyd om haar coochie wind te gee.’ ‘Maar jy meit nogstteds dieselfde ou rebel …ek hoop net ons het ons demons nou in 2019 vergeet ek kan nie die jaar nog met jou drama opgeskeep sit.’ ‘Maar hoe ken jy dan vir ou Shirley??' ‘Ons moet anyways op catch!” Ek loop agter Demi na haar kamer vir haar help om haar sakke uit te pak ons het begin gesels.... STORIE NOMMER EEN Dit voel asof die lug besig is om uit my longe te verdwyn. Die woorde wil nie uit my mond kom nie. Hoe sal jy voel as jy ‘n geheim jare en jare saam met jou dra? Hier sit ek eenkant en verlate in my kamer al plek waar ek Veilig voel, die lewe het verander of moet ek sê dat ek het verander. Hoe verlang ek nou na my kinder dae ek was vryloos, genadeloos, Geen sorge al wat ek kon doen was hardloop, lag en speel. En ek en my kinder vriende kon speel, ons het nie eers aandag gegee aan ons basies benodighede nie. Die lewe was soos ‘n Sondag skool lied. Hoe wen ek, ek was daardie kind wat van niks geweet het nie. Normale ouers, normale lewe maar Ongelukig werk die lewe mos nie altyd so. Ek moes op ‘n jong ouderdom afskeid neem van die mees belangrikste mens in my lewe. My held. Die man wat elke aand van die werk Afgekom het en ek vreesloos in sy arms gespring, En of hy moeg was na ‘n lang dag steeds ‘Wegkruipetjie’ saam my gespeel het. Hoe wens ek, ek kon vandag die woord ‘Daddy weer kan sê. Daddy was weg en ek en Mammie was aleen. Skierlik moes sy die rol van Daddy ook vertolk. Dis nie altyd maklik om ‘n enkel ouer te wees nie, maar sy het haar beste probeer. Vir my was dit asof Daddy by die werk was, en elke Middag het ek gesit en wag. Soos tyd verloop het, het ek vergeet daar het so ‘n persoon bestaan. Daar was wel die foto’s wat my elke dag Herinder het. Ek wens steeds hy was vandag hier, vir ‘n seun om sonder ‘n pa groot te word is torture. Ek wonder steeds as hy hier was sou hy trots op my was? Sou hy aanvaar het dat ek gay is? Of sou hy skaam wees? Dus my geheim wat ek rond dra. En ek worstel nog elke dag hoe ek hierdie vir my Ma gaan vertel. Ek weet al ek is ‘Anders” vandat ek 16 jaar oud was, ek het agter gekom na meisies kyk. Ek het tussen my neefs groot geraak en ek was soos hulle. Ek was rof soos hulle. Maar op 16 het ek besef ek is niks soos hulle is nie. ‘Basil, Basil.’ My gedagtes word onderbreuk deur ‘n klop aan my kamer deur. Ek staan op en maak die deur oop. Daar staan my Mammie met ’n cigarette in haar hand. ‘Wat soek Mammie?’ Sy gee my een kyk. ‘Kom uit hierdie Bedompige kamer, Ammie soek jou.’ Ammie is my neef en ons is albei 18 jaar oud en in dieselfde klas. ‘Hy kan mos inkom Mammie.’ ‘Ek vertrou nie teenagers in hul kamers aleen nie. Julle jonges van vandag kyk mos kaal vrouens op julle fone.’ STORIE NOMMER TWEE… JOU KEUSE, KIES 1 OF 2...


6 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page