top of page
Search

Intern 25

Updated: Mar 9, 2021

‘Aunty Girty kyk asseblief mooi na my sister ek weet nie waneer ek weer hier gaan uit kom nie, met alles wat huidiglik gebeur.’ Hy het vir Aunty Girty vertel van die klag teen hom as ook vir Karen sodat sy nie dink hy gaan aspris weg nie. ‘Moenie worry nie Fredds sy in in veilige hande. Mooi ry en alles van die beste.’ Sy gee hom ‘n drukkie en dan stap Karen nader. ‘Bye Boeta sterkte.’ ‘Maak jy net seker jy slaag matriek sodat jy kan hier uit kom, belowe.’ Hulle omhels mekaar. Fredds se hart is baie seer maar daar is mooi niks wat hy aan die situasie kan doen. ‘Ek Belowe Boeta en Beatrice sal haar dag kry sterkte lief vir jou.’ Hulle ma se murder trail begin ook een van die dae, en Fredds wil graag daar wees maar kan nie hy wil sy Pa net een vraag vra ‘Hoekom?’ maar hy weet geregtigheid sal see vier. Hy klim dan in die bus sonder om terug te kyk want hy moet nou sterk wees vir alles wat nog vir hom voorlę. Hy het alreeds paar toetse gemiss maar met die dat hy ‘n klag teen hom het is alles van hom huidiglik op hold. Hy sal eers na die hof sak kan voort gaan met sy studies. En vir Beatrice is al hierdie dinge wat met Fredds gebeur te lekker. Roderick het vir Fredds kom oplaai toe hy arriveer. Hy het nie nog baie met Roderick gepraat nie hy wou net by die woonstel kom en gaan slaap want hy sien die prokureur die volgende oggend. Fredds het hom vroeg klaar gemaak sodat hy die prokureur wat Lara vir hom gekry het kan ontmoet. Hulle het sommer maar in sy kantoor ontmoet. ‘Goeiedag ek neem aan u is Meneer Matthews. Ek is advokaat Van Vuuren.’ Die prokureur het Homself aan Fredds voorgestel voordat hulle in sy kantoor in verdwyn het. ‘Ja ek is Matthews. Aangename kennis.’ ‘Laat ons nie nog tyd mors nie want ek sien jou trail begin 7 dae. Ek het na die polisiestatie gegaan om meer uit te vind ek het toe ‘n dosier gekry wat al die inligting bevat van jou saak en ek het bietjie investigating gedoen.’ ‘So wat stel U voor gaan gebeur?’ ‘Wel, jy sę jy het haar nie verkrag nie maar soos ek nou na die saak kyk staan jy nie ‘n kans nie die mediese verslag dui daarop aan dat sy wel verkrag is en jou semen is in haar gevind. So kan jy vir my dalk meer vertrel oor jy en Mev Baxter se verhouding?’ Fredds wil nie die verlede herleef nie maar hy het nou nie juis ‘n keuse nie. Hy haak diep in en uit asem voordat hy begin. ‘Ek en sy het op hoër skool gedate, sy het toe swanger geraak en ons albei het besluit ons is nie reg vir ‘n baba nie en ons het wel verskillende opsies oorweeg soos adoption maar ons het toe saam besluit ‘n aborsie is die enigste opsie aangesien ek wou my matriek goed slaag en my drome vervul en sy wou ook haar drome vervul op daardie stadium het ek gedink ons is op dieselfde bladsy maar duidelik nie, sy het paar dae terug na my toe gekom en geweier op ‘n aborsie, wel ek het haar besluit respekteer maar ek het woorde in haar oor gefluister woorde wat laat sy skuldig gevoel het en dus het sy op die ou einde van die dag voort gegaan met die aborsie. Ek was nog net ‘n kind daai tyd ek het van niks geweet nie, en na die aborsie het ons verhouding swaar gekry ons het net verder en verder uit mekaar gedryf, die liefde was nog altyd daar maar iets was net nie reg nie tot vandag toe kan ek nie my vinger op wat verkeerd gegaan het lę nie. Maar ek dink sy het terug gekom vir wraak en dit is Hoekom ek vandag in die gemors sit, sy het die notas vir my terug gebring daardie aand wat dit gebeur het en sy het my begin soen en dit is hoe alles gebeur het.’ ‘En hoe verduidelik jy die merke op haar lyf’ Vra die prokureur terwyl hy elke detail record wat Fredds hom vertel. ‘As ek mooi daaraan dink, dink ek sy het alles beplan, haar fyn beplan, sy het my gevra om haar rof te behandel en ek het haar blindelings gevolg en gedoen wat sy gesę het. En toe ons klaar is het sy selfs op my bors gelę en so is ek aan die slaap net om wakker geklop te word deur die polisie paar minute later. En toe ek haar soek is sy weg al wat in my kamer was haar geskeurde panty.’ ‘Meneer Matthews wat jy sę maak perfek vir my sin, maar die vraag is hoe bewys ons al hierdie want dit is haar woord teen joune.’ ‘So wat stel jy voor?’ Die sweet druppels tap al van Fredds se voorkop so gespanne is hy. ‘Jy moet skuldig pleit dan kan ons dalk ‘n deal score met die prosecutor want as jy onskuldig pleit en hulle vind jou skuldig gaan jy meer tronk jare kry. SO KOM ONS speel veiling.’ ‘Maar ek is nie skuldig nie!’ Vererg Fredds hom. ‘Dink daaroor en dan kan ons weer gesels. Maar ek respekteer jou besluit en sal jou verdedig tot die beste van my vermoë.’ Fredds het daar gesit met soveel hart seer in sy oë, hy sien klaar hoe alles waarvoor hy hard gewerk het Letterlik af in die drain gaan. Hy het net laat weet dat dit reg is hy sal dink oor dit en terug kom voor die trial begin hy het Letterlik net paar dae oor. Fredds is daar uit by die kantoor van die prokureur en stuur dadelik vir Josh ‘n boodskap om ‘n draai te kom maak na klas vir ‘n skyf.

2 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comentarios


All Videos

All Videos

bottom of page