top of page
Search

Die Vrou 7

Updated: Jul 29, 2020

Shirley sit en wag geduldig in die kombuis vir iemand om aan die deur te klop.

“Ek hoop net my plan werk dus al want as dit nie het ek hierdie moeite verniet gedoen.”  Sit en praat sy met haarself.

En dan stuur sy Lennon ‘n boodskap.  “Ek gaan jou laat middag join vir klas. Ek moet nog paar goed doen, asseblief, vat notas.”

Hy reply “Dus reg Shirley,  terwyl jy vir my iets saam bring om te ëet.”

Shirley rol haar oë . “Dus ook al waaraan hy dink geen wonder sy gat raak so vet nie.”

Sy reply dan “Ek sal sien.”

En dus is daar ‘n klop aan die deur.

Sy staan dadelike op.  En maak oop sonder om te vra.

“Ek dink julle kom nie meer nie.”  was haar eerste woorde aan die vreemde twee manne.

“Jammer Mev ons verdwaal“

“Geen probleem.”

“So in watter vetreke wil Mev die kameras instaleer?”

“Ek soek een in die kombuis, een in die sitkamer en een in die kamer en as moonlik sal  ek een in my kar ook kan kry?  Maar julle moet seker maak dit is hidden, niemand moet agter kom dat daar kameras in die vetreke of my kar is nie.”

Maak Shirley haarself duidelik aan die twee manne.

Die twee manne stem in en die een begin die eerste kamera instaleer terwyl die ander een Shirley se laptop vra en haar foon om seker te maak die kamera apps is op beide die foon en die laptop.

‘En asseblief die angles moet reg wees.”

“Kom kyk hier mev.”

Roep die een man haar wat die apps install.

Hy wys Shirley die angels “Dus perfect.”
Nadat  die Kameras instaleer is in die huis gaan sy na haar kar toe sodat hulle kan kyk hulle daar ook een instaleer.  Nadat alles klaar is gaan sluit Shirley die huis en gaan klim in haar kar.

“Nou toe nou Lennon, jy is in vir ‘n ding.“

Sy trek weg.  Sy is oppad Mall Toe.

“Nou moet ek vir my ‘n Drop Dead Gorgeous outfit kry en dus tyd vir ‘n verandering.“

Sy klim uit, sluit haar kar en sit haar earphones in haar ore en speel een van haar gunsteling songs.

‘Keri Hilson - Breaking Point.”

Die song laat sy soos ‘n bad ass strong vrou voel.

Sy loop en sing saam oppad na die salon toe.

‘Every woman has a breaking point ya’ll, 
Heey heey heey, tell me why we put up with that you can forget that, see I done did that but this time, there’s a limit to my love. There’s a limit there’s a limit to my love.”

Sy loop in die salon baie confident.  Sy haal haar earphones uit en sit die song op pause terwyl sy die dame voor groet.

“En wat kan ons vandag vir U doen.”  Vra die dame vir Shirley.

“Ek het ’n hair cut nodig, ’n lekker bob, my hare is te lank, dit pla my en dan soek ek blonde high lights en natuurlik ’n wash en blow…en miskien kan ek ook my naels doen, My gels begin afbreuk.”

Maak Shirley haarself duidelik.

‘Okay gaan sit mev ons is nou by jou, en kry vir jou ’n glas champagne.Daar is ook waatlemoen en spanspek snye, as Mev wil hê”

“Dankie.”  En dus gaan sit Shirley .

En speel weer die song voort.  ’Now ladies, we should really be mad at ourselves cause see, some woman just tolerate too damn much… now I know we gotta choose our battles but damn it, every woman gotta breaking point and see the next time he’s testing your love you put your finger in his face and tell him that your love has a limit.”

Shirley kry al te lekker, “Yees Miss Keri, you better preach because this  girl right here has reach her breaking point.”

Die dame wat Shirley se hare sny kyk vir Shirley met groot oë aan en dus sien Shirley en haal dadelik die earphones uit.

‘Ek is jammer ek nou bietjie oor boord gegaan is net ek begin besef baie dinge en die is my nuwe begin.”

Die vrou glimlag “Dus goed jong dame ek is bly om jou so gelukig te sien.”

Sy ken Shirley van geen kant af nie maar sy kan sien dat Shirley rerig gelukkig is.

‘Dankie.”

Shirley het daar vir paar ure gesit alles was nou al klaar gedoen haar hare is mooi gesny en mooi uit geblaas.  Haar naels was so mooi, cutex too stunning. En dus vat dit dame vir Shirley na ‘n spieël toe om haar nuwe look te sien.

Daar het een woord uit Shirley se mond gekom “Wow!!”

“Jy is baie mooi, geniet jou dag mevrou.”  “Dankie dus rerig mooi selfde vir jou.”

En dus betaal Shirley en gaan uit by die salon se deur.

“Dus nou tyd om ‘n nuwe outfit te kry.”

En dus begin SY loop en in draai by plekke om vir ‘n outfit te kry.  Nadat sy vir haar ‘n outfit gekry het, ry sy gou huis toe om die nuwe outfit aan te trek voordat sy Kampus toe gaan.

Sy stuur Lennon ‘n boodskap om hom te laat weet dat sy nou oppad na die klas toe is.

Toe sy in loop by die klas is almal se oë op haar en Lennon se mond hang behoorlik oop.

Die lecturer is nog nie in die klas nie en die ouens maak vir jou geraas oor Shirley.

En dus raak Lennon onsteld.

“Is my bok daai ouens gedra julle.”

“Ja, ja gedra julle voor Lennon upset raak soos  ‘n draak.” Antwoord Shirley baie sarkasties terug.
“Jy better daai meida oppas Lennon” Skreeu Damon wat hulle klas maat is van ‘n kant af.

‘Vertel hom Damon want ek is goud of hoe?” voeg Shirley by terwyl sy oppad is na Lennon toe om langs hom te sit.

Lennon se gesig is heel anders.  En dus kom die lecturer in en almal is doodstil.

Lennon FOKUS glad nie op wat daar voor gepraat word nie sy oë is vierkantig op Shirley gefokus.  Shirley kan dit aan haar voel maar sy hou haar net erinstig.

“Hierdie gaan tog nie so moeilik wees soos ek gedink het nie, hy is nog vrek lief vir my.”  Sit en dink Shirley.

En toe die klas uit kom vang Lennon glads vir Shirley om haar heupe en die twee strol behoorlik intiem saam.

“Jirri maar Shirley toe ek en jy saam was het jy nooit vir jou so nat uit gevat nie en die hair cut, damn jy is een mooi vrou.”  Gaan Lennon voort.

‘Dus waar wat die gesegde sê tjy weti wat tjy heti until it’s gone…” of hoe Lennon?”

Shirley is baie sarkasties.

“Ek weet nie meer wat ek en jy van mekaar is nie om eerlik te wees ons slaap in een bed ons doen nog alles saam ek is net so deurmekaar, so vertel jy my.”

“Kom ons gaan nie daar nie Shirley ons sal dit uitfigure.”

‘Ons? Daar bestaan nie meer ‘n ons nie hartjie.’ Dit gaan deur Shirley se kop terwyl sy vir Lennon met vlou oggies aankyk.

“Wel ek is nog lief vir jou…”

“Ek weet dit Shirley ..kom ons kry kos ek is honger en jou outfit maak my “Eers Honger".

‘Sies kry skaam, bel vir Leah..’

‘Hoekom moet jy altyd ‘n nice oomblik bederf met haar naam?’

‘Dus mos wat jy gesoek het?  Ek en jy was fine gewees ons twee was “LeShir” gewees maar een eendag op ‘n reën dag toe gaan soek Lennon groene wy velde nou is hy team “LenLea” Shirley lag al te lekker.

“Jy moet rerig iemand gaan sien jy is besig om die plot te verloor.”

“Oh so nou is ek mal?”

Die twee is naby Shirley se kar.

“Jy gaan soos ‘n mal mens aan Shirley.”

“Oh Lennon ek is jammer ek het rerig net ‘n moeilike tyd om te aanvaar dat jy my so vinnig vervang het, ek is seer gemaak ek is jaloers maar terselfde tyd wil ek gelukig vir jou wees.”  Lieg Shirley sonder om ‘n oog te wink.

“Dus verstaanbaar Shirley maar kyk na die groter prentjie ek is nog steeds hier vir jou, beteken dit nie genoeg nie?

‘Nee hond dit doen nie jy is hier omdat jy dink jy in die jam geval, Shirley sal mos alles vir Lennon doen.’ Dit gaan deur Shirley se gedagtes.

Dan glimlag sy “Presies nes jy daar sê jy is nog hier vir my, jy ondersteun my deur die moeilike tyd, jy hou my hand, jy sorg dat ek uit verkeerde dinge bly, en is so dankbaar Lennon, dus gaan ek vanaand kook en al wat jy moet doen is sit back en relax, al jou gunsteling kos sal ek maak, Hoes gemsquash en geel rys?".

Die twee klim in die kar.

‘Shirley jy is te sweet ek waardeur jou.’ Dus sit hy sy hand op haar boud.

“Enige iets vir jou Lennon.” maak Shirley haarself duidelik voor sy wegtrek.

Shirley staan voor die stoof, skierlik speel alles weer in haar kop af.

Lennon lê voor die TV in die sitkamer.

Sy raak van vooraf kwaad soos sy die gravy roer wat sy besig is om te maak.

“Dit is nie asof ek die emotionele demone in genooi het nie. Die hond het  vir my bitter gemaak.’ Haar gesig uitdrukking begin verander.

Sy maak die pot toe en vat die mes om die aartapels te skil.

Dus kom Lennon die kombuis binne.

‘Het jy gepraat?’

Shirley hou die mes met geweld vas, sy wil net omdraai en hom pap steek, netsoos ‘n deflated wyn papsak!.
Maar dan onthou sy, wat sy einlik beplan en dus nie moord nie, sy laat gaan van die mes.

“Ek jou geroep, wou hoor kan jy my help met die aartapels?” Lieg sy vinnig, voor sy omdraai.

“Okay is reg, kan ek dit voor die TV skil oulik?” Maak hy ‘n voorstel.

‘Solank jy net nie mors nie lief.”  Glimlag Shirley heel vriendelik.

Hy vat toe die aartapels en die bak en verdwyn weer na die sitkamer toe.

Shirley gaan gou in na haar kamer om seker te maak die kamera’s record elke beweging.  Sy sit en hou Lennon dop wat in die sitkamer sit en aartapels skill en dan sien sy hy kry ‘n oproep.

Hy kyk eers rond om te sien waar Shirley is maar hy sien haar nie dus antwoord hy die foon.

Dus Leah.

‘Hoor hoe belieg hy vir Prinses Leah, dus nie lank nie pop, Jy gaan gou uitvind wie en wat Lennon rerig is …” sit en praat Shirley terwyl sy hulle gesprek af luister.

Sy maak vinnig haar laptop toe en haarloop kombuis toe asof niks gebeur het nie.

En dus kom Lennon in met die geskilde aartapels. Shirley staan en roer heel rustig die pot.

‘Hier is die aartapels my mooi ding.” Maak hy ‘n opmerking terwyl hy haar om die lyf vang.

‘Die fool val reg in my trap’ staan en dink Shirley soos Lennon se hande om haar lyf is.

‘Ek het hierdie hande gemiss..” Gaan Shirley voort.

‘En ek het jou verlang Shirley, daar is niemand soos jy nie.”

“Jy is reg, daar is niemand soos ek nie, ek mean ander meisies sou weg loop, maar nie ek nie, ek wil jou van jou eie medisyne gee… hierdie keer het jy met die veerkeerde een gemors…”

Dit gan deur Shirley se gedagtes soos Lennon haar vashou.

‘Daar is niks soos ons liefde vir mekaar nie Lennon..” dus draai sy om.

En die twee begin passievol te vry net daarvoor die stoof.

‘Uhmm…jy nogals vol verasings mev Marais.”

“Toe nou die kos, gee die aartapels…”

En dus los hy haar en gryp die bak met die rou aartapels…

Sy gooi dit in die pot …

En met die water wat oor bly in die bak waarin die aartapels was, sprinkle sy so bietjie oor Lennon se gesig.

‘Oh jy wil hierdie speeletjie speel.”

Hy hardloop na die sink om ‘n koppie te vul met water.

‘Nee Lennon ons gaan die kombuis nat maak.”

Gil Shirley soos sy weg hardloop en Lennon hardloop agter na.

Dit is nie God se wil dat ons moet, maar soms laat God ‘n winter in ons lewens toe om ons nader aan hom te bring…

Shirley en Lennon het ‘n wonderlike nag saam gehad en Shirley het seker gemaak alles is op tape.

‘My liefie Demi kom mos vandag.”  Vertel Shirley aan Lennon, sy lê heelwat op sy bors.

‘Ek sien maar sy sal mos nie ‘n probleem het nie, jy haar mos nie gesê van ons break up nie right?”

“Nee ek het nie, jy weet mos dus net tussen ons totdat ons reg is, dit voel so awesome om op jou bors te lê ek het jou verlang al daai nagte wat ek my moes aan die slaap huil…”

Shirley klink baie oorend maar diep binne wil sy net in Lennon se gesig spoeg.  Maar omdat sy die master plan het, is sy so kalm en speel net haar rol saam.

‘En voel hoe maer het jy geraak Shirley, jy kon net gesê het jy verlang my.”  Gaan hy voort terwyl hy aan haar heupe vat.

“Deur huil vir ‘n vark soos jy, deur slaap te verloor, deur nie êet nie en waaroor deur jou Lennon.” Dit borrel deur Shirley se gedagtes maar sy moet haar inhou.

“Ek het jou rerig verlang, maar ek belowe ek gaan na myself begin kyk, klaar ‘n afspraak gemaak met ‘n sielkundige …is tyd dat ek die emosies uit kry.”  Gaan Shirley voort terwyl sy stywer na Lennon klou.

‘Ek is so, lieg vir die man, maar ek moet doen wat ek moet doen al gaan dit seer maak ek moet hom laat gaan.  Hy was nog nooit rerig lief vir my nie. Hy is net ‘n goeie woorde smous en ek het daarvoor geval ek het hom rerig lief net ‘n jammerte hy voel nie dieselfde oor my nie,  Hy sien my aan as ‘n ATM…” Lê en dink Shirley terwyl sy klou aan Lennon, dus amper soos sy closure soek.

Lennon sit sy regte arm om haar en trek haar styf teen hom vas.  "Lennon" sê sy huiwerig.  Maar hy maak haar onverwags stil met "n soen wat so teer en terseldertyd so passievol is dat sy na tyd haar gesig skaam teen sy bors vasdruk.




7 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page