top of page
Search

Die Vrou 6

Updated: Jul 31, 2020

Shirley gooi haarself neer op die bed.

“Waar kry ek komberse om op die sofa te gaan lê?” wil Lennon weet.”

“Arg jy kan mos langs my lê, ons is mos nie vreemdelinge nie.  Ons ken mekaar.”  Gaan Shirley voort.

“Okay as jy so voel maar ons mag nie aanmekaar raak nie, ek kan dit nie aan Leah doen nie.”

Laat weet hy vir Shirley terwyl hy sy klere uitrek en Shirley op die bed lê en elke beweging van hom dop hou.

“Jy kan dit nie aan haar doen nie maar jy kan dit aan my doen hoe gerieflik die prinses se gevoelens word consider.” Shirley is effens sarkasties.

“Kan ons nou net op hou asseblief dus laat.” Praat Lennon terwyl hy die lug gaan afsit.

Hy kruip langs Shirley in maar draai sy rug na haar.

Sy het ook geen probleem met dit nie sy draai ook haar rug na sy kant toe en raak aan die slaap.

Oggend ure toe sy wakker word voel sy Lennon sy hande om haar lyf.  Sy glimlag effens, en dan draai sy om Lennon se oë is oop.

Sy lippe beweeg stadig maar seker na Shirley sin en voor die twee kry lê en Vry hulle.

Lennon vat behoorlik aan Shirley se lyf en Shirley kan ook nie sy hande wat oorals op haar lyf is weerstaan nie, sy kan eenvoudig nie.

Toe die twee klaar gevry het raak hulle in mekaar se arms aan die slaap.

Die son skyn al buite.  Lennon is wakker en hou vir Shirley dop terwyl sy nog vas aan die slaap is.  Hulle lê nog steeds in mekaar se arms.  Lennon bewonder vir Shirley en dan glimlag hy effens want Shirley lyk baie oulik wanneer sy slaap.

En dan maak Shirley haar oë oop dus asof sy aan haar gevoel het Lennon hou haar dop.

Sy glimlag effens “Jy darem een weirdo.”

Hy sê nie ‘n woord nie hy glimlag net.

“Nes ek jou ken.” gaan sy voort.

“Shht Shirley kom ons lewe net die oomblik en vergeet van alles en almal vir die tyd.”

Hy bring sy kop nader en die twee begin te vry laat die honde huil.

Die son skyn buite, dit is ‘n Saterdag oggend.  Shirley is heel vroeilik besig in die kombuis om ontbyt te maak vir sy en Lennon.

Lennon is nog vas aan die slaap.  Toe sy klaar is, gooi sy nog sap in twee glasse en sit dit ook op die skinkbord en dra dit versigtig kamer toe.

Toe sy die kamer deur oop maak sit Lennon alreeds reg op in die bed besig op sy foon.

“Môre Handsome, ek het ontbyt gemaak.”  Gaan Shirley voort.

“Môre Shirley, dit ruik al te heerlik.”

“Dus jou gunsteling…”

“Waardeur dit maar kan ons gou praat voor ons ëet?”  Lennon lyk baie ernstig en Shirley weet somer dadelik waaroor dit gaan.

“Oor vanoggend right?”

“Ja, jy sien dit mos nie gebeur het nie Shirley wat ek en jy doen is verkeerd ons maak Leah seer.”

Shirley rol haar oë, “Nie ons nie maar jy, ek was chilled ek nie aan jou geraak nie, jy was die een wat aan my geraak het.”

“Okay maar dit kan nie meer gebeur nie Shirley, en belowe my die bly net tussen ek en jy, geen woord hiervan vir Leah of jou vriende nie.”

Shirley glimlag effens van binne af.”Okay Lennon net soos jy dit wil hê..en die laaste keer toe ek check het jy my van al my vriende af weg gedryf net Demi wat oor is, onthou hoe possessive jy was, my laat glo jy is al persoon wat om gee en kyk wat jy aan my gedoen.”

Vir een of ander rede is Shirley baie kalm.

“Leah mag niks weet nie asseblief.  Sy is onder die indruk ek en jy praat nie meer met mekaar nie.” Probeer Lennon vir Shirley oortuig om stil te bly.

“Nes jy dit verkies Lennon, ek respekteer julle verhouding genuinely en as sy jou gelukkig maak wie is ek om in julle pad te staan.”

“Nog een gunsie”

“Ek luister?”

“Kan ek hier by jou crash vir ‘n week, ek het nie kos by my kamer nie die beurs mense gaan eers die tweede vir my geld insit.”

Klomp dinge gaan dadelik deur Shirley se gedagtes maar sy hou haar in.

Dan glimlag sy “Natuurlik dit is nie ‘n probleem nie, Demi is dalk môre terug maar jy weet mos sy gee nie om as jy hier is nie, maar nou moet ons pretend dat ons nog saam is, want ek het haar nie vertel nie ek het letterlik nog niemand vertel nie.”

“Jy is amazing Shirley.  Dankie en is beter as ons die break up ‘n geheim vir eers hou jy weet hoe mense is.”  Lennon gee vir Shirley onverwags ‘n drukkie.

Shirley is diep in gedagte “Hy maak my stiletjies dood, dink net ek moet stil bly oor die break up, dus mos om my mal te maak.”  En dan glimlag sy effens. “Kom nou ëet die kos raak koud.”

Shirley ëet nie saam nie, sy sit en hou vir Lennon dop wat baie rustig sit en ëet asof niks fout is nie,  Sy hou behoorlik elke beweging dop.

“Jy mors met die verkeerde een, jy mors met die verkeerde een.” Dus wat deur Shirley se gedagtes gaan soos sy hom sit en dop hou.

Die Saterdag het verby gegaan, Lennon het hom heel gemaklik gemaak.  Hy het selfs vir Shirley gevra om hom na sy plek toe te vat sodat hy kan klere kry.

Shirley was heel gewillig.

Shirley sit voor haar laptop om die werk van die week wat sy nie by die klasse was af te laai … Lennon se foon is toevalig op die lessenaar besig om te charge.  Terwyl hy in die shower is.

Shirley druk die foon en sien sy die wallpaper, ‘n foto van hy en Leah.

Sy klap haar laptop dadelik toe.  Sy kyk die foto aan met soveel haat.  “Die gemors was ek al ooit sy wallpaper gewees.  Vir die drie jaar wat ons date?  Nog nooit nie.  Die Leah is omtrent special, of hoe?” Sit en praat Shirley.

Dan probeer sy, sy foon unlock maar hy het sy password verander.
“Moes geweet het, hy het kamig vir my vertrou in die verlede met sy password, maar ek kon nooit rerig in sy whatsapp gaan of ek kon net access kry wanneer hy sy chat achieve het… seker die tyd toe hy besig is met hierdie Mickey Mouse gesig bitch. Vokken ding lyk nie eers cute nie.  She ain’t even half of me and this bitch will never be.”  Shirley is besig om haarself op te werk die foto bring die duiwel in haar uit.

Sy staan op en gaan lê op die bed en vryf haar hande deur haar hare.

“Wie nie luister nie moet voel, eenvoudig…” was haar laaste woorde voor Lennon die kamer binne gekom het.

“Is alles nog oraait, ek kon sweer ek het jou hoor skreeu?”  vra Lennon die oomblik toe hy in kom.

‘Skreeu? Nee liewe mens jy verbeel jou.”
“Okay dan,wat doen ons vanaand?” vra hy

“Hoe bedoel jy wat doen ons vanaand? Ons slaap!” Probeer Shirley hom beskaafd terug antwoord.

“Ek stel voor ons kook saam en dan maak ek vir ons hot chocolate en dan kan ons ‘n movie kyk.”  stel Lennon voor.

Daar is ‘n frons op Shirley se gesig.  “Hello, ons kan nie meer sulke goed doen nie ons is nie meer saam nie, jy is nie hier om saam my te bond nie, jy is hier omdat jy nie geld het vir kos nie omdat jy mos agter doos aan gehardloop het Kaap toe..”  Shirley staan van die bed af op om haar foon te kry.

“Hier gaan ons alweer, hoeveel keet moet dit in my gesig gegooi word ek jou mos gesê wat gebeur het…”

“Ja,ja,ja ek het oordryf , ek het die hele situasie verkeerd gelees, ek het over think, jy en Leah was nooit ‘n ding nie…ja, ja” En dan onthou Shirley iets.

‘Cherry op die koek my liewe Lennon ek val my mos nou by toe jy by die huis was met die June vakansie vertel jy mos ‘n vriendin van jou het kom kuier in Mosselbaai en jy gaan saam haar ontmoet, ek dom glo jou ook dat dit net ‘n vriendin is en ja toe jy terug kom is daar ‘n foto van jy en haar op jou whatsapp profiel die einste foto wat jou wallpaper huidiglik is …ek kan nog onthou ek vir jou gesê haal af daai foto van jou profiel af en jy kom met ‘n lame verskoning op ‘Ek likes nie my profiles change nie almal wat saam my chat weet ek hou dit lank op’ tipies ek dom glo ook maar dit het jou omtrent ‘n dag gevat voordat jy daai muis gesig van jou profile af gehaal het… een vraag Lennon wat het ek ooit aan jou gedoen?Vir jou om met my so te maak?”

Lennon loop verby Shirley en vat sy foon en verlaat die kamer in ‘n stilte.

Die trane loop van voor af van Shirley se oë.  ‘Jy dink jy ken iemand, maar toe nie.”  Gaan sy voort terwyl sy weer op die bed gaan lê.

Shirley lê en huil nog steeds terwyl Lennon in die sitkamer sit en TV kyk, lyks niks het gebeur nie.

Sy tel dan haar foon op om bietjie te hoor of Demi nog môre kom.

‘Heey vriendien jy sit net stil.” Antwoord Demi dadelik die foon.

“Hi …Chommie.”  Antwoord Shirley terug nie juis vol lus nie.

“AHHH wat klink jy weer so down? Of verlang jy my maar net?’

En dan begin Shirley snik huil oor die foon.

‘Ek kan dit nie meer in hou nie dit gaan my dood maak Demi.” Gaan Shirley voort.

‘Wat is dit Shirley?Praat jy, weet jy kan alles met my deel.”

“Lennon het my seer gemaak”  Skreeu huil Shirley.

Demi klink bietjie verbaas “Wat?Praat ons van dieselfde Lennon?  Stil manetjie jou boyfriend Lennon? Het die vark aan jou geslaan??”

“Nee hy het nie, dit maak te seer om dit te sê het op my gecheat… en despite alles gee ek nog vir hom om, vriendin hy gaan vir die week hier bly omdat hy niks by sy plek het nie. Hoekom doen ek dit nog aan myself? Hy is mos nie my veranwoordelikheid nie.  Ek voel soos die grootse idiot ooit.

“Shirley kalmeer, haal asem in en uit, ek is jammer dat hy dit aan jou gedoen het, en vriendin ek ken jou, jy het ‘n hart van goud, jy gee om so moenie jouself nie blameer omdat jy nog daar vir hom is in sy tyd van nood nie, jy is ‘n goeie mens Shirley en dus doen jy net die menslike ding om hom nog te help daar is nie baie mense soos jy wat verby jou seer sal kyk omdat jy hom nog jammer kry nie, so doen goed terwyl jy kan God gaan jou net meer blessings gee en jy gaan sien hoe skaam daai vark kry wanner God jou weer optel…aih  Shirley ek wens ek was daar om jou ‘n drukkie te gee.’

Shirley doen presies wat Demi se sy moet doen, sy haal diep in en uit asem.

‘Dankie vriendin, maar ek weet nie hoe ek ‘n week gaan uit hou saam hom nie, ek weet nie ek wil hom net seer maak en ek raak lelik kwaad ek is bang ek doen iets aan hom wat ek later gaan regret…Kom jy nog steeds môre?”

Shirley loop na die kamer deur om dit te sluit sy is bang Lennon kom in en dan hoor hy sy het vir Demi vertel.

‘Ek sou maar eers middle week seker eers Woensdag …Aih Shirley, kyk hom net so asseblief moet niks aan hom doen nie, belowe my jy gaan niks aan hom doen nie asseblief..”Smeek Demi oor die foon.

‘Demmit eers Woensdag, is seker maar alright…Ek belowe jou Demi maak net laat jy hier uit kom ‘n sister het ‘n skouer nodig om op te huil.”  Maak Shirley effens ‘n grap.

“Just hang in there my baby, ek is terug voordat jy dit weet.”

‘Dankie sis en asseblief nie ‘n woord vir ‘n siel nie en as jy kom moet jy maak asof jy niks weet nie want hy gaan nog hier wees.”

“Moenie worry, ek sal act asof alles fine is, ek moet nou gaan sterkte daar.”

“Dankie so, so baie, totsiens.“

Die twee groet mekaar en sy sit die foon neer.

Shirley gaan stadig na die spieël toe.

‘Is tyd om my plan in aksie te sit, niemand mors met Shirley Marais nie, veral nie ‘n lae luis soos Lennon O'reilly en ‘n gemors soos Leah Thurston”

Sy sit op haar foon steeds voor die spieêl om paar goed te google.   (Die Cape Flatse mense)
 
‘Perfek Prinses Leah jy is in vir ‘n groot verasing my Pop.  The clock is ticking tick, tok, tick, tok a bitch  is about to get what a bitch deserves…”

En dan stuur sy Haar Pa ‘n boodskap … 
“Daddy ek weet ek pla maar ek het dringend ‘n paar rand nodig dus vir een of ander projek wat ons moet doen..”

“Hoeveel het jy nodig my meisiekind?”

“Drie duisend rand?”

“Geen probleem nie my kind ek sal môre kyk wat ek kan doen.”

“Pa is ‘n engel en geen woord vir Ma nie asseblief.”
“Aarg my kind, Ma sal mos nie omgee as ek jou bietjie bederf maar ek sal dit tussen ons hou.”

“Dankie Pa.”

Shirley sit en glimlag.”  “Eerste ding Maandag oggend..”

So het die naweek geloop, Shirley act net hetemal kalm rond om Lennon .  Hulle slaap heel naweek nog steeds in een bed maar raak nie aan mekaar nie.  Shirley doen alles wat Lennon vra, sy het toe saam hom gekook en movies gekyk asof niks fout is nie.

Maandag oggend het aangekom.

Lennon en Shirley lê al te lekker in mekaar se arms dus gaan Shirley se alarm af.

Sy is eerste waker, sy lê en kyk Lennon aan met ‘n smirk op haar gesig.

“Two can play this game my liefie..”  dit gaan deur haar gedagtes soos sy hom aan kyk.

En dan besluit sy om hom wakker te maak … “Kom Lennon, ons gaan laat wees vir klas.”  SY ruk behoorlik vir Lennon.

“Uhmfp man Shirley hoekom maak jy my so rof wakker.”

‘Arg toe dit is nie rof nie engel“

Hy sit reg op en kyk elke beweging van Shirley.

‘Wil jy dalk saam kom shower bokkie?” Vra Shirley heel vroeilik vir Lennon.

Lennon is bietjie deurmekaar, “Toe ons saam was wou jy nooit hê om saam te kom shower nie, jy was altyd op jou foon as ek gaan shower.”

“Dinge verander mos, toe ek weet jy wil.”  knip Shirley  vir hom oog.

“Nee Dankie Shirley , ek gaan maar wag tot jy uitkom.“

‘Spoil sport” tease Shirley hom.

Lennon sit en kyk vir Shirley met ‘n ander aandag”  Jy is te vroeilik vanoggend wat gaan aan?’

“Nee niks nie, ek voel maarnet bietjie beter, jy weet ek het besluit om te sulk oor jy en Leah.  Gaan my nie help nie daar is so meer tot die lewe as julle twee miserable apies.”

En voor Lennon nog kon terug antwoord is Shirley smile, smile uit die kamer.

Hulle sê as ‘n vrou alleen lag of smile, is sy baie, baie gevaarlik.

Toe Shirley klaar is, is dit Lennon se beurt om te gaan stort.

Terwyl hy in die stort is maak sy solank ontbyt… en dan bel sy gou gou iemand.

“Julle kan die goed so 9 uur kom aflaai dankie weerheens ek sien julle dan 9 uur,”

Laat weet sy die persoon aan die anderkant van die foon.

Lennon kom die kombuis binne.

‘Maar dit ruik lekker…”

“Maar natuurlik, skep vir jou liewe mens.”

Shirley staan by die sink met ‘n warme koppie koffie in haar hande staan en hou elke beweging van Lennon dop.

‘Iemand is omtrent uitgevat jy wil weer die girls op campus se bene lam maak vandag nuhh? Gaan Shirley voort.

Lennon glimlag effens “Nie as ek so ‘n mooi girl by my side het nie.”

Hy vewys na Shirley.

“Flirt Leah se man nou met my, jy moet nie so flirt nie daai girl gaan uit die Kaap uit op haar besem vlieg Bloemfontein toe om my ore aan te sit.”

Lennon lag al te lekker, ‘En sy is nogals ‘n heks wuhr.”  voeg hy by.

Shirley glimlag so effens “Aih nee jy kan nie so van jou vrou lief praat nie”

“Kom sit nou Shirley laat ons ëet, en klas toe gaan.”

Stella glimlag ook terug in doen soos Lennon vra.

Die twee geniet mekaar se geselskap vir een of ander rede soos dit voorheen was net Lennon en Shirley teen die wêreld.  Demi het altyd so iriteerd geraak as sy hulle aan die tafel kom, kry in die oggende want hulle het altyd so lekker gesels en vergeet dat sy ook nog bestaan.

“Kom nou Lennon kry jou sak laat ons waai…”

“Okay my poplappie..”

Die twee is in die motor.

Shirley trek weg en Lennon connect sy foon en speel musiek.

‘Onthou jy die number Shirley.”

Hy speel ‘Brown eyes’ van Destiny’s child.

“Maar natuurlik Lennon, jy weet mos dus my favourite Beat.”

“Korreksie is ons favourite.”

Shirley slaan Lennon effens op sy bors. 

“Toe nou Lennon” Smile sy..

Lennon kry al te lekker want dit voel weer asof hy en Shirley weer op die regte pad is.

“O vrek Lennon, ek skoon vergeet ek moet 9 uur iewers wees ek moet ‘n pakkie wat my ouers gestuur het op gaan tel, so ek sal nou moet die klas skip, bring vir my die werk asseblief ek sien jou miskien by die 11 uur klas.”

‘Dus reg Shirley.”

Sy hou stil op Kampus.

‘Ek sien jou dan laaattteeer Lennie, en dankie.”

Hy maak die deur oop en klim uit.” Regso Shirley.”

Toe hy weg is en sy weg trek, speel sy weer haar ‘aggression” tipe musiek.

“ En so begin die speeletjie "Nice en Easy.”  Smile sy terwyl sy terug na die huis bestuur.







7 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page