top of page
Search

Die Vrou 5

Updated: Jul 30, 2020

Shirley bel haar Ma soos sy ry.

“Ma ek het iets aklig gedoen.”  Begin sy te huil oor die foon.

“My kind vertel my wat aangaan, jy klink nie na jouself nie.”

‘Ek …ek…ek het Lennon …’Sy kry nie die woorde mooi uit nie die trane smoor die woorde.

“My kind is jy oraait, haal diep in en uit asem en begin van vooraf.”

Shirley probeer haar reg ruk.

“Ma ek sal later bel.”

Sy sit dadelik die foon af en haar Ma bly terug bel want sy wil weet wat met Shirley aangaan.

Shirley kyk vinning in haar spieël voor sy ‘n helse U-turn maak.

“Ek haat die hond maar dus nie wie ek is nie, dus nie wie my ouers groot gemaak het nie.  Ek het tog ‘n goeie hart en ek is nog lief vir hom sal myself nooit vergewe as hy moet iets oor kom nie, wat het jou besiel Shirley.” praat sy met haarself terwyl sy terug ry om Lennon op te tel.  Sy het redelik ‘n end weg gery van hom af.

En toe sy hom sien hoot sy kliphard.  En rol die venster af.

“Kom my baby, kom ek is jammer, klim in die kar.”

Lennon se oë is vol trane en hy het redelik ver geloop van die spot af wat Shirley hom gelos het.

“Hoekom het  jy terug gedraai?’

“Gaan jy in klim of moet ek jou hier los?”

Hy gaan om en klim stiletjies in.

Shirley besluit om die musiek in die kar af te sit.  Sy is nog steeds diep kwaad vir Lennon maar sy kon hom nie net los in die wilderness nie, as hy moes iets oor kom was sy te blameer.

Die stilte in die motor kan mens met ‘n mes sny, niemand praat ‘n woord nie.

En dus hou Shirley stil voor Lennon se plek, sy draai haar om en kyk na Lennon.  Wat sit en bewe.

“Gaan jy dan nou nie uitklim nie?  Of is jy nou bang vir die nag, Huh Love?”  maak Shirley ‘n opmerking.

“Shirley! Gee my jou foon asseblief.”

“Hoekom my foon?”

“Sodat ek al ons fotos en herinderinge delete! En ons chats clear!”  Hy Half skreeu op Shirley.

“Gedra jou Lennon, onthou ek het nog die teiser! En hoekom wil jy dit namens my doen?”

‘Shirley gee jou foon of ek vertel vir die wêreld wat se siek persoon jy is en ek kan dit doen!”

“Oh en nou dreig jy my? Kom ons kyk hoeveel goed kan ek aan die wêreld verkondig oor jou, maar ek gaan die beter persoon wees, hiers my foon, “Be my guess!”  Shirley handig beide haar foon en Lennon se foon aan hom.

Dit maak haar effens seer toe sy sien hoe hy maklik al die “Memories” delete sonder om enige emosies te wys.  Die trane loop weer van haar oë af soos sy aanskou hoe hy elke foto en video wat vir haar kosbaar is delete, asof dit niks vir hom beteken nie.

Toe hy klaar is klim hy uit die kar uit met die volgende woorde.  “Jy is siek in jou kop, hoop jy kry help! En ek en jy is klaar, ek wil niks meer van jou hoor nie, wil jou nie eers sien nie! Jy is een siek vrou mens!”

Die trane het van Shirley se oë van vooraf geloop, sy woorde sny haar soos ‘n skerp vleis mes.

Maar sy besluit dan om die trane at te vee en haar motor te start en sy trek met ‘n helse spoed weg.

“Ek het nou sowaar dagga nodig!” sy is vinnig na die huis toe om haar foon op die charger te sit en haar vriend van “Uni” te text om vir haar dagga te bring.”

“Hans, ek nodig ‘n groot Zol”

Shirley geniet haar baie lekker, sy sit op een van Lorenzo se vriende se skoot en vry lekker saam hom, hy is al in haar nek en sy geniet elke oomblik.

Die geluid van haar foon onderbreuk sy en die vreemde manetjie wat so  passively vry.

Sy staan van sy skoot af op om die foon te antwoord sonder om te kyk wie bel.  

"Hello saam wie praat ek.” Vra sy baie onbeskof.

“Is Lennon, Shirley waar is jy? Jou Ma is bekomerd oor jou!”

“Snert man, Jy is net jaloers dat ek myself geniet sonder jou, erken dit jou hond!” gaan Shirley voort.

‘Shirley, dit gaan nie oor my nie asseblief laat weet my waar jy is sodat ek jou kom kry asseblief.  Doen dit vir jou Ma nie vir my nie asseblief Shirley ek smeek.”  Lennon praat baie mooi met Shirley met die hoop dat sy gaan luister na hom.

“Shirley stuur my net jou location en ek kry ‘n Ubber om jou te kom haal asseblief.”  Hy het die musiek in die agtergrond gehoor en begin bekommer raak.

‘Okaay as dit jou laat beter voel ek is by Lorenzo, jy weet mos waar hy bly?”

“Lorenzo jou vriend van klas? Vra Lennon net om seker te maak.

“Shirley, hoekom daar, jy weet daai mense is besig met al die verkeerde goed, stuur vir my die address op whatsapp.”

“Lennon jy hoef rerig nie ek is groot ek kan na myself kyk.”

“Nie soos jy nou aan gaan nie ek kom kry jou ek sal myself nie kan vergewe as iets met jou moet gebeur nie Shirley.”

Shirley sit die foon in Lennon se oor neer en stuur dadelik vir hom die address op whatsapp.

En dus gaan sy terug na die vreemde manetjie toe en gaan sit op sy skoot weer en begin hom weer van voor af te soen.

Sy hande is op oorals op haar lyf, maar dus nie sy hande waarna sy hinker nie sy hinker na Lennon se hande.  En sy slaan onmiddelik die vreemde manetjie se hande weg maar hy begin sommer dadelik kwaad raak.

“Meit jy gaan my gee vanaand of jy daarvan hou of nie.”

“Stadig manetjie ek ken jou nie eers nie, wie gee jou die reg om so aan my te vat.”

Antwoord Shirley hom terug terwyl sy uit sy grip probeer kom.
Die ander mense by die party praat niks nie, hulle aanskou net.

“Jy het mos klaar my dagga gerook nou check jy gaan sommer net so weg kom Huh? Wie dink jy is jy, jy gaan betaal vir daai dagga Girly.”

Hy ruk en pluk behoorlik vir Shirley en dus maak Lennon sy verskyning.

Lennon storm dadelik na die manetjie toe en slaan hom met een vuis dat hy val.

“Lennon! Dit was nie nodig nie.”  verskreeu Shirley vir Lennon.

En Lorenzo staan nader om vir Lennon te slaan maar omdat Lennon nigter is, slaan hy vir Lorenzo ook net met een vuis dat hy ook neer val.

Shirley gil behoorlik op Lennon.

Maar Lennon is so kwaad hy tel op en gooi haar oor sy skouer.

“Lennon is jy van jou kop af, los my ek het mos nie hier saam jou gekom nie los my!! Jou cheater, los my!!”  skreeu en skop Shirley, maar Lennon loop net aan sonder ‘n woord.

Hy half gooi vir Shirley in die Uber.

Sy sit ook maar doodstil gekrik want sy het nog nooit hierdie kant van Lennon gesien nie.

Hy klim langs haar in.  En gee haar address vir die drywer.

“Shirley, is jy van jou kop af??? Jy kan alles doen maar net nie dit nie, jy weet watter tipe mense Lorenzo mee uithang! Jy weet! Ek weet ek het jou seer gemaak maar daar is ander maniere om met pyn te deal wat jy doen is heel verkeerd!” Half skreeu Lennon vir Shirley.

“Dan admit die bastard nog hy het my seer gemaak.  Hoe ironies.  “Begin Shirley te lag.”

“Dus nie ‘n grap nie Shirley.” gaan Lennon voort.

“Dit gebeur wanneer jy iemand seer maak, dit gebeur wanneer jy iemand laat glo hulle is die een.  Hoekom het jy al hierdie beloftes aan my gemaak.  Hoekom het jy my laat dink jy is anders?? Hoekom Lennon??? En dan wil jy vir my kom preek van dus nie hoe mens dinge doen nie, ek kan tussen reg en verkeerd onderskei Lennon.  Maar wat ek binne voel Lennon ek kan dit nie meer hanteer nie.  Ek kan envoudig nie meer nie dus ’n seer wat ek nie kan weg vat nie, al wil ek dit met haat vervang kan ek nie, ek is besig om myself te verloor Lennon en waaroor?  Oor ’n stupid “no good for nothing type of a man like yourself!”

Shirley is so dronk en hoog terselfde tyd dat sy vir Lennon met haar vuiste slaan soos die woorde uit kom.  Hy hou net sy hande voor sy gesig sodat sy nie sy gesig by kan kom nie.

‘Shirley ek weet waardeur jy gaan. Ek weet presies hoe jy voel, maar my skat dus nie die manier om dinge te hanteer nie…ek stel voor jy gaan praat met iemand Shirley asseblief.”  Die trane loop uit Lennon se oë soos hy haar smeek om net hulp te kry.”

“Wat weet julle manne Lennon?? Weet julle manne Lennon? Weet julle watter pyn ons vrouens voel wanner jy moet uitvind jou partner die een wat jy met alles van jou vetrou het, het jou verneuk?  Met iemand wat eers niks in hulle lewe beteken .. Die veneering hoe vertel ek my familie dat hulle se soet Lennon en voorbeeldige Lennon my seer gemaak het?  Hoe moet ek myself elke oggend in die spieël kyk en my hare kam terwyl ek binne voel dat ek nie genoeg was nie?? Hoe gaan mense in die klas reageer  as hulle sien ons sit nie meer saam of ons praat nie met 

mekaar en ek kan jou verseker as hulle moet uitvind dat die klas se ideale paartjie opgebreuk het gaan daar baie stories is mense sê alreeds ek is uptight!!! So ek gaan blameer word vir jou wat gecheat het. Jy gaan nie die een wees wat woorde kry nie jou "braze" sal jou nog op jou skouer tap om vir jou te laat weet dat hulle trots op jou is want cheating maak jou mos ‘n man in these streets. So dink twee keer voor jy sê jy verstaan", woorde uit haar mond kom maar haar oë is sop nat van die trane. Lennon sluk ‘n swaar knop want alles wat Shirley uiter maak sin en seer. “Shirley ek is rerig lief vir jou!!Ek wou nooit jou seer maak nie dit was nie my intensies nie.” Begin hy praat terwyl hy stadig maar seker sy hand om haar lyt sit. “Los my Lennon, jy het geen reg om my vas te hou nie, jy het vir Leah. As jy my rerig lief gehad het sou jy nooit op my gecheat het nie nooit, so spaar jou asem.” Sy stoot sy hande weg van haar lyf af. Al verlang sy dit maar die gedagte dat hy Leah met dieselfde hande vas gehou het maak haar siek van binne. Liefde is soos ‘n kers vergeet van dit en dit brand uit… Die oomblik toe die Uber stil hou, klim Shirley uit en Lennon ook. “Gaan jy nie na jou plek toe nie?” vra Shirley met onsekerheid. “Ek kan jou nie alleen los nie ek moet seker maak jy slaap, ek sal op die sofa slaap.” Antwoord hy haar terwl hy die Uber drywer betaal. “Jy hoef rerig nie ek is fine, ek is seker jy wil alleen wees na alles wat ek vannaand na jou gedoen het.” ‘Ek is fine Shirley, ek is genuinely, ek is meer bekommerd oor jou, jy moet ëet en slaap.” Shirley se hart glimlag vir die eerste keer weer sy besef weer van voor af hoe ‘n goeie mens Lennon eintlik is. Dus die persoon op wie sy verlief geraak het, die een wat omgee vir ander. Sy sê toe niks vedeer nie, sy loop voor en hy agter na. Sy sluit die huis deur oop en gaan binne met Lennon agter haar. Die twee gaan reguit na Shirley se kamer.





7 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comentarios


All Videos

All Videos

bottom of page