top of page
Search

Die Vrou 4

Updated: Jul 31, 2020

Sy is verbaas want hy het haar unblock maar sy profiel foto pla haar effens want dit is ‘n foto van hy en Leah, dit pla haar want hy het nog nooit vir die drie jaar wat hulle date vir haar op sy whatsapp profiel gehad nie, was nog net op sy status gewees.  Dit sny soos ‘n mes in haar hart dat hy haar so vinning vervang het.

Dan text sy hom terug ‘Dus oraait vanaand ses uur?”

Hy reply dat dit “okay is”

“Ek moet iets doen hy kan nie weg kom met dit wat hy aan my gedoen het nie.”  Haar seer verander skierlik in kwaad.

Sy sit en kam haar hare in die spieėl, sy besluit om haar beste rok aan te trek.  Sy wil net vir hom wys dat sy dit nog het, hy het haar dalk seer gemaak maar hy kan nie sien hoe agter uit sy gaan nie.  Sy gaan maak selfs vir haar onbyt, sy het gister heeldag nie geėet nie en voel so so honger.

Sy beplan in haar kop hoe sy hom ook seer gaan maak.  “Hy moet voel wat ek voel.”  Praat sy terwyl sy besig is om te ėet.

So het die dag verloop Shirley was heeldag in haar huis, sy het hier en daar ‘n traan gestort maar sy was vasberade dat sy Lennon gaan terug kry.

Sy stuur hom ‘n boodskap dat sy oppad is.  Sy maak vinnig ‘n draai  by Spar se Tops, Sy koop ‘n bottle Whiskey en ‘n bottle Ginger ale.

Sy klim weer in haar kar en ry om na Lennon toe.

Sy stuur hom ’n boodskap dat sy buite is en hy moet uitkom.

“Ring the alarm. I’ve been through this too long, but I”ll be damnded if I see another chick in your arms”  dis die song wat speel in haar kar terwyl sy patient wag vir Lennon om uit te kom.

Vir een of ander rede vat hy sy tyd en sy wag maar al te Geduldig.

Die song se lyrics praat perfek met haar.
‘People told me about the flames I couldn’t see through.  The smoke when I need answers, accusations what you mean, You gone choke.”

Shirley sing netso kliphard saam die song want dit bring die 'aggression' in haar uit en dit beskryf perfek hoe sy op die oomblik voel.

Lennon kom stadig maar seker uit.  Hy hoor dadelik die geraas toe hy by die hek kom.
Shirley hou elke beweging dop.

“As jy maar net wil weet wat gebeur vanaand met jou Lennontjie my Poplap.”

Praat sy met haarself terwyl hy die hek sluit.

Hy maak die kar deur oop.

“Maar jirrie Shirley, wat maak jy weer so geraas? Jy is lief vir die Beyonce van jou.  Ek dog jy sal “All the Single Ladies”, speel, was sy eerste woorde toe hy in klim.

“Maar natuurlik my lief. Jy weet ek en sy is onskeibaar, maar nie te min jy is all fancy aangetrek, leather baatjie en alles.”

Sy sit die musiek ‘n bietjie sag sodat hulle mekaar kan hoor.

“Ek nou al lank lus vir Mc Donalds.” Maak Lennon ‘n opmerking voordat sy wegtrek.

“Ek is seker jy is.”  probeer Shirley kalm en cool te klink.

“Ja nee Shirley, jy weet wat is my favourite.”

“Ja en ek moes altyd betaal. Ek hoop daai Leah doen dieselfde.”  Sy probeer effens sarkasties klink.

Lennon is doodstil.  Hy Sź nie ‘n woord nie.

“Maar nie te min jy het mos gesź ons moet praat?”  gaan Shirley voort.

“Ja ek het…maar (hy kom agter die pad wat Shirley ry is glad nie Mc Donalds se way nie).  Waantoe is ons oppad Shirley?”

Begin hy bekommerd raak.

‘Rustig wees Baby, jy gaan gou uitvind waarna toe ons oppad is na een van my gunsteling plekke.”

En met dit draai Shirley die volume van die musiek weer kliphard sodat sy nir vir Lennon kan hoor nie.

En sy begin saam Kliphard met 'aggression'.  “Tell me how should I feel when you made me belong and the thought of you just touching her is what I hate most!I don’t want you, but I want it and I can’t let you go to know you gave it to her like you gave it to me, Come on!!!” Skreeu sing Shirley na Lennon se kante toe.
Hy sit daar in die passenger seat baie confuse, sy oė is groot in sy kop.

Hy draai die volume af.”Asseblief Shirley laat my uit die kar uit, asseblief wantoe gaan ons, asseblief my skat jy is weer besig om te oor dink. Asseblief, jy hoef nie die te doen nie, vat my huistoe asseblief, Shirley.”

‘Voel jy hoe dit voel om te smeek en te soebat?? Voel jy?’

Shirley lag effens asof sy finally haar kop verloor het.

‘Asseblief Shirley, moet nie dinge erger maak nie.”

“Hou jou bek of ek haal nou my tuiser uit my groot handsak, met al daai Sanitisers, Ek lus nou om dit af jou keel te gooi en choke die heel jaar se gat uit jou uit!!”

Lennon is ook maar doodstil hy praat nie ‘n woord nie hy is op sy foon.

Shirley gryp die foon soos blits uit sy hande uit.

“Ha ha geen Leah vanaand nie.  Liefde is net ek en jy!”

Hy probeer om die foon by haar te gryp maar dan besef hy, hy kan nie sy is besig om te bestruur en sy kan ‘n ongeluk maak so hy besluit maar hom haar te los vir as hulle stil staan.

Die musiek is steeds kliphard.

Lennon se oė is effens vol trane terwyl hy sy kop vas hou.

En dus draai Shirley die volume van die musiek bietjie af.

“Hoe lyk dit dan nou die man huil? Ek dog manne soos jy huil nie.”  gaan Shirley voort terwyl sy nog hard besig is om te bestuur.

‘Shirley ek is jammer vat my net huis toe asseblief ek smeek jou Shirley.”  Soebat Lennon van vooraf.

“Jy het nog die heeltyd beheer oor die situasie gehad Lennon die heeltyd jy het nooit gedink aan hoe ek voel nie, nie een keer nie al breek ek voor hou het jy my nie eers getroos nie, jy daar gesit asof jy elke oomblik geniet.”

“Maar dit is nie so nie Shirley, dink jy ek geniet dit om jou so te sien?  Dink jy rerig dit van my.”

Shirley stop die kar voor ‘n ou hoėr skool.
En dan draai sy om en kyk na Lennon.

‘Ek weet nie meer nie wat om jou te dink nie, eerlik waar Lennon ek, Ek Shirley het jou alles gegee, my Virginity, en dus wat ek in return kry…ek..”

Shirley wil voort gaan maar dan praat Lennon.

“Al wat ek kan sź is dit was nooit my intensies nie.”

‘Hou jou mond ek praat nou en ek praat aleen. Jy het geen reg om jou mond oop te maak totdat ek so sź.”  Sy haal haar teiser uit haar groot handsak en wys hom as hy weer in haar mond mors dan gaan sy hom choke.

“Waar was ek…(sy haal ’n foam glas uit en gooi ’n doodlike Whiskey shot vir haar in.)

Lennon kyk haar met groot oė aan.

“Jy het special Kaap toe gegaan om saam Leah te wees en arme ek, dom genoeg, ek gaan nog saam jou om ’n bus kaartjie te gaan koop, want jy gaan ’kamig huistoe’ en tog wat ons voor by die counter kom maak jy my mos ’n doos om vir my te sź “Baby gaan koop vir my ’n chocolate” ek onosel gaan ook min te wete jy book ’n kaartjie Kaap toe inplaas van Mosselbaai.  En nou maak alles sin Lennon, jy het daai dag ses honderd rand op my gespandeer sodat jy nie so skuldig kan voel oor wat jy besig was om te doen nie.  En jy rerig gedink jy is besig om met ’n dom bitch! My gut feeling lieg nooit vir my nie, dit het my net eendag een donderse dag gevat om alles bymekaar te sit alles!!! En toe wie kry die blame op die einde van die dag toe ek jou konfronteer??? EKKE, EK SHIRLEY!!! Want volgens jou is ek ’n “OVER THINKER” Lennon. Ek vokken over think mos, ek is mos die een met trust issues gewees nadat ek jou elke keer vertrou het.  En wat so ironies is, jy het my elke keer boodskape gewys wat jou ex’s vir jou stuur, was seker deel van jou plan om seker te maak ek vertrou jou, ( sy lag effens) maar ek is nie dom nie Lennon! En hoe op aarde as jy my nie dom gemaak het soos jy claim want jy loop mos hier buite rond en vertel jou vriende dat ek jou naweek met jou “ander vriende” in die Kaap opgemors het net omdat ek antwoorde gesoek het en ek was mos insecure en dus het jy sommer aangelź by Leah! En despite alles toe die bus jou die volgende Sondag weg gery het en jy nie geld gehad het om terug van jou hoerdery af te kom, toe het die einste gebroke Shirley vir jou geld gestuur vir ’n bus kaartjie terug!! Wie doen dit nadat jy uitvind jou so called Boyfriend het op jou gecheat??? Huh?  Maar nee jy sien niks raak nie!! En die Maandag toe jy terug kom was jy en Leah sommer in ’n verhouding, hoe ironies!! AS jy my vra kyk julle maar ’n ding en ek het dit net makliker gemaak vir julle albei… Shirley die grootse Doos in die hele Wźreld!!!”

Shirley skreeu, huil en drink terselfde tyd soos sy praat.

‘Hou op probeer sin maak van alles, jy is rerig ’n over thinker.”

“Lennon sź een donderse keer weer ek is ’n over thinker en ek maak kak met die teiser!! Jy maak my alreeds so vokken kwaad!!! Erken net die waarheid dus al wat ek soek.”

‘Shirley vat my net huistoe asseblief ek het nie krag hiervoor nie.”

“Okay dan as jy nie gaan praat gaan ons heelnag hier sit.”

Shirley maak haar glas leeg en besluit om nog een vol te maak.

‘Atleast gee my ook ’n Whiskey shot.”  Maak Lennon ’n opmerking.

“Jy verdien nie een nie, Lank genoeg vir my uit geėet en dan dink jy nogals ek sal vir jou weer vir Mc Donalds stick, jou honger hond.”

Shirley is cool en kalm.

‘Shirley dus nie hoe ek jou ken nie, die is nie jy nie asseblief babe.”  Begin Lennon te smeek terwyl hy sy hand deur Shirley se hare vryf.  Hy probeer haar sag maak.

“Los my af asseblief, vergeet jy ek het ’n teiser, ek soek nie jou vuil hande naby aan my lyf nie verstaan ons mekaar.!!”

Lennon ruk dadelik sy hand weg.

‘Ek smeek jou Shirley, ek ken jou rerig nie so nie.” Gaan hy voort.

‘Dus wat pyn aan mens doen Lennon! Dus wat pyn aan mens doen jy word ‘n persoon wat jy self nie herken nie so Welcome to the party of Shirley loosing her God damn mind, soos my aunty wat gefreelance orals, niks op die einde.”

“Maar Shirley daar is ander maniere om met dinge te deal.”

“Ander dinge? Ek het probeer om nice met jou te wees, ek het probeer om net te laat gaan maar as die hele storie van jy en Leah in my kop elke aand speel voel dit asof ek net iets aan julle wil doen!!! Too bad jou hoer myt sit in die Kaap want die Here weet wat ek haar sal aandoen, ry haar sommer Om!”

‘Shirley asseblief ek weet die is nie jy nie.”

“Moet nou nie die hele gesprek verander Lennon ek soek die waarheid gee my net die waarheid!! Begin Shirley te skreeu.

‘Die waarheid het ek jou al hoeveel keer gegee, ek en Leah was net vriende totdat jy alles uitverband uitgeruk het daai naweek en toe besluit ek, ek gaan saam haar in ‘n verhouding dus die waarheid Shirley!”  begin hy ook frustrated raak.

“Ons albei weet daai is ‘n leeun om jouself better te laat lyk!! Ons flippen altwee weet dit!! Want hoekom toe ek daai Leah teef bel en ek vra haar ‘Wat maak vir haar so speciaal dat my boyfriend so ver sal travel vir haar?’ en wat was haar antwoord ‘Ek het nie eers geweet Lennon het ‘n girlfriend nie.’  Daai aleen was die cherry op die koek!! Priceless! En sź nog een donderse keer dat my waarheid ‘n leeun is en ek choke die Jesus uit jou uit!!”

Shirley bring die teiser al hoe nader aan Lennon .

“Glo wat jy wil Shirley glo net wat jy wil!”

“Jy sien hoe ‘n kwaai leeunaar jy is!! Jy maak seker ek voel dat my weergawe ‘n leeun is maar feite bly feite.

“Stop nou Shirley dus genoeg.”  Hy gryp die foam glas met die drank uit haar hand en maak die deur oop en gooi dit uit.

“Klim uit my kar uit!! Ek se klim uit!!”  demand Shirley vir Lennon.

‘Is jy mal in die middle van nowhere?”

Shirley bring die teiser nader.  ‘Ek is ernstig Lennon klim uit!””

Lennon se oė is so groot in sy kop want hy sien dat Shirley dit bedoel hierdie keer.

“Kan ek atleast my foon kry?’ vra hy voordat hy uitklim.

“Nee, ou broer jy kan nie ek hoop jy geniet die aand en voel waardeur jy my emotioneel en fisies sit!! Veilig wees bokkie en geniet die stap huistoe miskien kry jy perspektief.”  Met dit trek Shirley  met ‘n spoed weg.  Lennon het geen idea in watter area hy is nie hy staan en hou sy kop.

‘Die vokken Teef!!! Skreeu hy.



16 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page