top of page
Search

Die Vrou 3

Updated: Jul 30, 2020

Dus besig om donker te raak, Shirley lê en huil nog steeds, sy voel dat sy moet iets in haar lyf kry maar die dedagtes aan kos maak haar siek.

Sy besluit dan om op te staan en die bed lampie aan te sit, sy maak die bedkassie se laai oop en haal haar kar sleutels en haar brille uit.

Dus baie laat omtrent agt uur maar sy voel sy moet nou iewers ry om haar kop skoon te kry.

Sy vergeet effens bietjie swak, maar sy trek vinning vir haar iets gemaklik aan, sonder om haar hare te kam of haar tande te borsel.

Sy sluit die huis se voordeur  en spring in haar kar… Die Nissan Sentra was behoorlik opgerev..Sy besluit om net hatseer musiek te speel… En soos sy wegtrek loop die trane van haar wange af.

Dus nie goed om te bestuur waneer jy emotioneel is nie maar sy dink nie reg uit nie. Al wat sy wil doen is weg kom van die huis af.

Sy het geen rigting of spesifieke plek waarna sy toe wil gaan nie, sy ry net aaneen …dan besluit sy, sy gaan na Lennon se plek toe, sy wil hom net sien.

Dis natuurlik nie ‘n goeie idea nie en sy weet dit.  Lennon het aanbeweeg en sy weet dit maar sy wil hom net sien,  Sy wil weet wat het daardie meisie wat sy nie het nie.

Sy hoot voor sy plek …sy hoot en hoot…

Tot haar verbasing kom hy uit.

Sly klim stadig  maar seker uit, alles in haar wil na hom toe hardloop en hom ‘n drukkie gee en vas hou.  Maar sy onthou dat sy daardie reg verloor het.

“Shirley wat soek jy hier? EK dog ons het besluit dat ons nie mekaar weer gaan sien nie.”  vra Lennon die oomblik toe sy uit die kar klim.

Shirley probeer om die trane in te hou maar sy kan nie. “Lennon ek verlang jou! Ek doen en elke oomblik van elke dag  dink ek aan jou.” Sê sy tussen soveel trane.

‘Kom ons gaan praat daar binne.”  Stel Lennon voor.

Shirley sluit haar kar en loop agter Lennon in na sy kamer.

‘Shirley ek weet jy verlang my maar jy moet sterk wees.”  hy sit op sy bed sonder enige emosies.
Shirley breek letterlik voor hom, sy snik huil, woorde kan skaars haar mond verlaat sy kleef aan sy blou T-shirt met die woorde ‘Hierdie kat het room gekry”, “Ek vergewe jou Lennon dus hoe lief ek vir jou is ek is bereid om jou te vergewe, al maak dit seer.”

“Ons kan nie Shirley ek is lief vir jou maar ek is verlief op Leah, ons kan nie meer nie Shirley, Ek is nou in ‘n verhouding en jy weet dit.”  Vertel Lennon aan Shirley sonder om haar vas te hou of te troos hy probeer haar los maak van sy blou T-shirt af.

‘Ek smeek jou Lennon, ek smeek jou!”  hou sy steeds styf aan sy T-shirt vas met oneindige trane.

“Ek kan nie Shirley…. Aanvaar tog asseblief, Ai Shirley..

“So jy gaan 3 jaar net so weg gooi en dit vir Leah??? Het ek niks vir jou beteken nie?  Het ek rerig niks vir jou beteken nie?”  Shirley het sy T-shirt gelos en op sy bors met haar vuiste begin slaan.

“Jy het alles veroorsaak Shirley as jy nie so jaloers en insecure was nie en net laat ek my naweek weg geniet het, sou ek nooit in Leah se arms beland het nie.”

‘Ek het mos gesê ek is jammer, maar hoe verduidelik jy dit jy is die volgende dag na ons “Break Up” sommer in ‘n verhouding met dieselfde persoon wat ek jou mee verdink het? Hoe verduidelik jy dit Lennon en dan wil jy die slagoffer speel jy maak asof die hele  ding my skuld is.”

‘Shirley jy is nie sterk genoeg vir die waarheid op die oomblik nie.  Loop liewer asseblief.” En met dit maak Lennon die deur oop sodat Shirley kan loop.

Dit maak haar so seer so seer maar sy besluit om te loop, sy weet wat die waarheid is maar in haar agter kop wil sy dit nie glo nie want sy blameer haarself vir wat skeef geloop het as sy maar net nie daai Saterdagaand so aangegaan het nie as sy nie die Sondag oggend so ver gegaan het om Leah te bel en te konfronteer was hulle verhouding nog perfek gewees.

Sy klim weer in haar kar en ry met ‘n spoed, sy neem niks in ag nie, nie eers die Rooi robots nie…

Sy bevind haar op die plek waar hulle, hul eerste date gehad het,, Dus die view oor die stad, dus donker maar sy is nie bang en gee ook nie om wat haar oorkom nie die ergste het klaar met haar gebeur wat sal nog seer maak.

Sy klim uit en staar na die view en paar tree van haar af sien sy ‘n paartjie wat mekaar vas hou en ook die mooi view aanskou.  Sy dink terug dit was sy en Lennon Drie Jaar gelede op hulle eerste date baie skaam vir mekaar maar die spark was daar.  Sy onthou hoe hy haar uit haar dop gebring het daai nag met sy simple “Jokes”.

En die herindering wat by haar spook is toe sy van die burger en sous op haar lippe agter gelaat het en hy dit met sy sagte hande mooi afgevee het.  Alles speel in haar kop af, sy onthou haar glimlag wat sy probeer wegsteek het toe dit gedoen het.

“Was hy ooit lief vir my?”  praat sy terwyl sy na die stad ligte kyk.

Maar soos gewoonlik geen antwoord nie en die trane loop weer van haar oë.  Dus crazy hoe iets wat jou eens so gelukkig gemaak het, jou so seer maak.  Iets wat eens jou siel gevoed het.

“Wat sien hy in haar?  Wat het sy wat ek nie het nie??”

Praat sy kliphard met haarself dat die paartjie besluit om nader te kom.

‘Dame is jy oraait?”  vra die jong meisie vir Shirley.

‘Ek is oukay dankie.”  Antwoord sy.

Maar die vreemde meisie en haar boyfriend kan duidelik sien dat Shirley nie oraait is nie want haar oë is bloed rooi maar hulle besluit dan om haar woord te vat en weg te stap.

Shirley klim dan weer in haar kar en sit daar vir paar minute.  Sy speel die videos van hulle eerste date sy probeer die dag herleef.  Lennon het nog nooit rerig die view gesien nie, die was sy eerste keer en dit het dit vir haar special gemaak om hom nuwe dinge te wys van die vreemde stad.

‘Al wat oorbly van al hierdie herinderinge, Lennon, is ‘n gebroke en ‘n verlore siel, dus al wat van my oorbly dus al wat ek deesdae rond dra terwyl jy aanbeweeg, hoe beweeg ek aan?”

Sy staar na ‘n photo van Lennon terwyl die woorde haar mond verlaat.

Sy het net daar in haar kar aan die slaap geraak, tussen bosse en suurlemoen bome.

Iemand klop aan die kar venster.  Shirley skrik so groot dat haar foon onder die seat in val.  Sy “FOKUS” op die vreemde man met ‘n torch, hy wil hê sy moet die venster afrol, sy panic dadelik en start die kar en trek met ‘n spoed weg.

Sy bevind haar wert terug by die huis.

‘Aih Demi hoe wens ek jy was al terug van die kamp af, ek het iemand nodig om mee te praat.  Ek kan nie meer met die aleen deal nie.”

Praat sy terwyl sy haar kar sleutels op die kombuis tafel gooi.

Die hele aand speel weer in haar kop af hoe harteloos Lennon met haar was, hy het nie eers eenkeer jammer gesê of haar vas gehou terwyl sy gehuil het nie.

‘Hoe kan ek hom nog so lief het Here? Hoe kan ek die persoon wat my totaal en al gebreuk het no steeds so lief het?  Hoe?”  Shirley begin haar boude krap met haar lang naels.  Sy wil net die uiterlike pyn voel want sy is dood binne.

Trane rol weer van vooraf en dan besluit sy, sy het nou genoeg gehuil sy staan op en gaan na die badkamer om te gaan stort.

Nadat sy klaar gestort het kyk sy haarself in die spieël ‘Miskien was hy my eens in ‘n leeftyd tipe liefde, miskien maak dit seer omdat ek my alles vir hom gegee het en miskien was dit my grooste fout, maar Shirley, jy kan nie laat Lennon jou so breuk nie, jy kan nie laat Lennon jouself so verloor nie, dus wel seer maar jy moet kop hou.”

Sy probeer haarself motiveer dat sy oraait sal wees maar hoe meer sy haarself oortyg vertel haar hart haar ‘n ander storie dat sy nie oraait sal wees nie want Lennon was haar lewe gewees.

Sy besluit om te slaap.

Die volgende oggend toe sy opstaan is haar kussing sop nat van die trane. Sy sien skierlik nie weer kans vir die dag nie, sy moet klas toe gaan maar daar is geen motivering om op te staan en te maak asof sy oraait is nie.  En boonop sien sy nie kans om vir Lennon te sien nie aangesien hulle in dieselfde klas is.  Sy sien rerig nie kans op die stadium om hom raak te loop of te sien nie.

Haar foon maak ‘n geluid, Dus ‘n boodskap wat deurkom.

Sy kyk dadelik en sien dus “Lennon”

Sy glimlag dadelik want dus al wat sy nog verlang is om saam hom te komunikeer.

“Kykstof wat saak maak!!!”

Shirley dink nie nog twee keer nie sy maak die boodskap oop om te sien wat Lennon te sê het, dalk wil hy verskoning vra…

Lennon: ‘Hey Shirley! Wil jy nie vanaand vir my stick vir Mc Donalds? Ek en jy moet praat.”

Shirley sit en dink vir ‘n oomblik “Die hond, hy het die nerve om nog te sê “Gaan ek hom nie stick vir Mc Donalds!!’

Sy gooi die foon eenkant, sy sit en hou haar kop.  “Ek soek tog antwoorde. Miskien is dit nie ‘n slegte idea nie.”

Psalm 8 "As jy Kyk ...as God Kyk.

"Moenie 'n kat sonder handskoene aanpak nie."







""

11 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page