top of page
Search

Die Vrou 2

Updated: Jul 20, 2020

Sy sit verlep en verlore in haar kamer.  Sy weet sy het nog baie om te doen, sy moet nog klas toe maar hoe tel sy haarself op? Hoe glimlag sy voor mense terwyl haar hart diep binne besig is om vlam te vat? Soos die kagel vuur wat haar kamer lekker warm hou in die aande.  Sy nodig haar special olie om haar vuur aan die gang te hou, die kagel lig moet nooit dood blis nie.

Sy tel dan weer haar selfoon op en gaan reg uit na die fotos van sy en Lennon saam.  Dit breek haar want hulle was gelukig.  Sy onthou elke “Memory” agter elke foto.  Die eerste dag toe hulle saam kook in die Klein woonstel kombuisie.  Hoe hulle mekaar se gesigte met die meel bemors toe hulle “Cupcakes en Roti” gemaak het. Hoe hy nog foto’s gevat het van alles wat hulle besig was om te doen.  Die grappe dus asof sy weer daardie dag in die kombuisie herleef.  Sy probeer hard om nie te huil nie maar die trane stroom soos ‘n hewige storm van haar wange af.

“Ek kon sweer jy was die een Lennon!!!” begin sy alweer gil.  Sy haal haar bril af en sit dit op die bedkassie neer.

Sy vryf haar hande deur haar hare dus asof sy net die herinderinge wil weg neem. Sy mompel iets “Gam Zu L’TovaH” maar sy voel dit is nie so nie.

En dan is daar die herinderinge van die eerste dag toe sy besluit om hom huistoe te vat en voor te stel aan haar ouers.

Hulle was mal oor hom, selfs haar baba sistertjie Mida was mal oor hom en sy hou mos nie dadelik van vreemdelinge nie maar met Lennon was dit asof hulle dadelik connect het.

Selfs haar Pa het van Lennon gehou en hy hou nie sommer van outjies wat sy date nie maar met Lennon was dit anders.  Hy het soos ‘n huis kind geword, almal het hom met ope arms verwelkom.

Sy weet sy is besig om haar hart net veder en veder seer te maak maar sy gaan na die videos toe en kyk na hulle jam sessions in die kar elke oggend of middag as sy hom gaan op tel vir klas.  Daar was defintief liefde tussen die twee.  Shirley voel letterlik hoe haar hart uit haar bors kas geruk word.

‘Ek verlang jou Lennon, dit maak nie saak wat jy aan my gedoen het nie, ek verlang jou.”

Praat sy terwyl sy die foon weer eenkant gooi.

Sy huil sonder om op te hou, die son skyn buite, sy het dinge om te doen maar sy kom net nie so ver om haarself op te tel en maak asof niks aan gaan nie.

Haar vriendin Demi wat saam haar die huis deel was weg op ’n kamp vir paar dae.  So sy is stoksiel aleen in die huis.

Sy gryp dan weer haar foon om op “WHATSAPP” te kyk wat hy op sy status gepost het.

Maar tot haar verbasing verskyn daar geen fotos op sy profiel nie.

Sy double check maar dan slaan die realiteit haar, “Hy het my sowaar geblock … Hy het sowaar.”

Sy snik huil van vooraf.
  
Dit maak haar so seer want sy wil nog net een laaste boodskap gestuur het.  Sy wil hom graag vertel dat sy hom verlang en dat dit nie so maklik vir haar is om te laat gaan van 3 jaar saam nie.

Dit is eenvoudig nie so maklik as wat dit lyk nie.. Sy weet en erken dat hy haar seer gemaak het maar sy sien dit huidiglik nie raak nie al wat sy voel is die verlange en die leemte.

Sy kyk haarself in die spieël. Sy erken nie haar eie refleksie nie.

‘Wie is jy!” vra sy angstig.  Maar daar is geen antwoord nie.

“Wie is jy!!”  Skreeu sy hierdie keer. Maar steeds geen antwoord nie,  Die persoon in die spieël se hare is woes.  Lippe is droog en gekraak.  Oë is Rooi soos sy nog altyd besig is om te huil.

Hoe tel sy die stukke op sit en wonder sy weer van vooraf.

“Hy het my belowe dat hy vir altyd hier sal wees vir my, hy het my die Węreld belowe maar nou is hy weg en my węreld is vernietig.” Sit en praat Shirley met haarself in die spieël.


Niemand kon haar iets anders sę nie,want sy het geglo dat Lennon sou altyd by haar wees.  Sy kan presies onthou hoe hy haar lyf laat voel het.  Met elke soen het dit verskillende effekte op haar lyf gehad.  Elke keer as sy hande haar lyf explore dop haar oë om.  Dus asof sy elke ding herleef wat hy aan haar lyf gedoen het.

Sy was verslaaf aan sy soene en nou dat dit nie meer daar is nie verdroog sy haar lippe, skeep sy haar lyf af.

Kos proe nie meer dieselfde nie, al wat sy kan aandink is sy lyf sy kosbare lyf wat net vir haar bedoel was maar toe nie.
Die trane loop steeds, sy wil nie meer huil nie, maar die seer raak nie beter nie.

Sy soek antwoorde om haar te troos dat  daar niks fout met haar was nie, maar hierdie selfde antwoorde wat sy na smag maak haar die bangste.

Sy dink dat dit beter is om nie te weet nie, maar diep binne in haar hart soek sy tog die “Hoekoms en die Waaroms.”

“Ek was nog net loyal aan hom Here, ek het hom dan elke keer voor jou gebring as ek op my kniee gaan hoekom het hy my nie die tekens gewys nie? Ek was alles wat hy in ‘n meisie gesoek het, ek ry my eie kar, ek is slim ek is mooi wat meer het hy nog gesoek?”  Probeer Shirley vir antwoorde soek op haar kniee maar daar is geen antwoord nie.

Sy staan dan op en gaan lę weer op die bed die dag is besig om verby te gaan.  Sy het letterlik niks geëet of gedrink nie.  Al wat sy doen is lę en huil.

“Lennon! My baby, kom terug na my toe, ek verlang jou.  Kom net terug, ek lewe met alles maar nie die verlange nie kom terug Lennon.”

Snik huil sy.

“Wors in die hondestal soek”

"GAM ZU L'TOVAH MEANS IN HEBREW 

Gam zu l'tovah (גַּם זוּ לְטוֹבָה) - "this too is for the best."  God works "all things together for our good (Rom. 8:28) -- even trials (nisayonot)(NISayon)Tests.., afflictions, etc.  Thank you for all your encouraging words to me!

YOU STUDY HEBREW??

12 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page