top of page
Search

Die Vrou 17

‘Het jy Leah se pitte gesien? Die Vaseline is om haar kop uit te relax, ons doen vandag Hare Demi’ Gaan Shirley al te kwaai voor. ‘Jirrie die Leah het mos met die verkeerde meit gemors, ek leer elke dag iets nuut by jou Shirley ek kyk nie meer eers na Peanut Butter op dieselfe manier nie.’ Dus lag Demi al te lekker. ‘Hou op lag Demi laat ons weg wees, jy moet die teiser vat as Lennon wil keer dan teis jou hom laat die pis loop jy specialize mos in daardie department van teis tot die pis loop..’ Shirley is al by die kamer deur Demi sit en lag nog laat haar trane rol. ‘Jy is rerig een mal mens, moet ek rerig saam gaan?’ Vra Demi. ‘Ja jy moe,t dus nodig. Kom so as hulle my aanpak is jy daar om te help, kom toe.’ En dus staan Demi ook maar op en agtervolg Shirley tot by die kar. Die twee is weg… Toe hulle voor Lennon se deur kom hoot Shirley kliphard ‘KOM UIT LENNON. EK MY KLERE KOM HAAL’ Skreeu sy soos sy hoot. ‘Jirri meit maar jy het ‘n groot bek’ Gaan Demi voort. Dus kom Lennon uit in sy boxers… ‘Wat soek jy hier?’ Vra hy. ‘My klere kom haal.’ Gaan sy voort. Hy maak toe die hek oop …’Staan net hier ek gaan kry jou sakke..’ En dus is hy in …’Kom Demi ons gaan nou in, ons gaan nou ‘n ander bitch wys’ Demi hardloop ook al agter Shirley aan. ‘OOO Jirre Meit ek sien hoe vrek ek en jy vandag, of die polisies sleep ons hier uit..’ Demi is uit asem uit. Dus maak Shirley mooi die deur oop. ‘OOO Kyk wie is hier. Finally kan ek en jy hande shake, ek wil jou net geluk kom wens het…’ Gaan Shirley al te vriendelik maar tog sarkasties voort. Lennon is nie in die kamer nie. Hy het Shirley se sakke in ‘n ander vertrek in die huis weg gesteek.. ‘Is dit nie Shirley Marais die crazy goose.’ Wat soek jy hier? Lennon jou mos lankal gelos!’ Gaan Leah voort. ‘Demi sluit die kamer deur.’ Gee Shirley vir Demi ‘n bevel en Demi doen ook maar. ‘Leah donerse Thurston ek en Lennon is nog steeds saaaam, my angel dus het ek my klere kom haal maar voor ek my klere kry wil ek eers vir jou maniere leer. Het jou Ma jou nie geleer dat jy nie in ‘n ander Vrou se slaai mors?’ Dus stap Shirley stadig maar seker nader. Leah vlieg vinnig op, sy is nog in haar Panty en Bra. ‘Oh so die crazy bitch wil fight, jy ken my nog min, bring it on Sista.’ Gaan Leah voort. En dus… En dus klop en stamp Lennon aand die deur. ‘Weet jy wat besef ek Leah jy is nie dit werd nie.’ Shirley is besig om te kalmeer. ‘Is jy dan nou bang Shirley?? Ek dog jy is ‘n sterk vrou my kom wys waar die boere lê?Huh?’ Leah staan daar reg vir aksie. ‘In teen deel ek is nie bang nie ek besef mos nou net dus dom om oor ‘n man te baklei een wat ons albeit vir Gatte vat… Vriendin maak vir daai vark die deur oop,’ Gaan Shirley heel kalm voort. ‘Jy is bang, sê dit net en Lennon sal nooit vir my vir ‘n Doos vat nie…’ Gaan Leah voort Dus maak Demi die deur oop. ‘Shirley wat gaan in jou donderse kop aan wat is jy besig om te doen’ Begin Lennon aangaan die oomblik toe hy die deur oop maak. ‘Ek praat met Leah ek baklei nie Lennon..’ Gaan Shirley voort. ‘Sy is ‘n bang gat man.’ Gaan Leah daar in die hoekie aan. ‘Ek is glad nie bang nie vra jou boyfriend, wat ek aan hom gedoen en wat ek aan jou wou doen sou 10 keer erger gewees het maar soms moet mens laat gaan en laat God ingryp want glo my Prinses wat hy aan my gedoen het gaan hy aan jou doen en dan gaan jy terug dink aan al hierdie name en goed wat jy my genoem het toe ek jou probeer waarsku.. Ek en hy het aan ‘n tweede kans gewerk wat jy nie eers van ken nie maar weet jy wat, ek was ook eens jy ek het alles geweet hy het my op ‘n detail sy besigheid vertel selfs dat hy met iemand geslaap het vir dagga. Ek moek dit hoor ek moes hoor hoe hy eenkeer saam met ‘n Indian meise uit gehang het en hoe grand haar apartment was en hoe wou die Indian girl glad ‘n foon op haar rekening vir hom wou koop, noem my dom maar die tekens was almal daar en ek was te blind en verlief om deur hom te sien, selfs kos deliveries was gedoen en dan vertel hy my van dit en dan was ek kwaad vir ‘n oomblik of jaloers vir ‘n oomblik en dan kom ek oor dit Hoekom? Want Lennon het seker gemaak hy vertel my sodat ek kan dink ek is anders en om my Vertroue te wen… Jy weet seker ook alles en dit laat jy voel hy is lief vir jou en jy kan hom vertrou maar slaap oop oë meisie..’ Gaan Shirley voort. Dus doodstil in die kamer. ‘Jy is net jaloers man en seer gemaak.’ Gaan Leah voort. ‘Moet haar nie glo nie bokkie. Ek dink is tyd dat jy moet loop Shirley.’ Skreeu Lennon. “Vir lekker, jou lekker in ‘n ane vrou se pyn die "wiel draai" en dan gaan jy aan my dink…’ En dan draai Shirley om en kyk na Lennon . ‘Ek loop met graagte..So kyk asseblief hoe ek vreesloos uit jou lewe loop, iets wat ek al maande terug moes gedoen het.’ En dus stap Shirley na die deur waar Demi haar in wag. Maar sy draai om vir haar laaste woorde aan Lennon. ‘Jy het my verneuk met haar… Maar nou dat my hart bedaar, sien ek dit was so bedoel, dat ek alles moes voel om met my lewe aan te beweeg en nie te voel, ek is sonder jou leeg… So Dankie dat jy my aan myself weer voorgestel het.’ En met dit vat sy haar tasse die trane loop van haar oë af en Demi stap stadig maar seker agter na. Lennon staan daar met trane in sy oë en Leah in die agtergrond sonder enige emosies. Shirley sit haar sakke stadig maar seker in haar kar se boot.. ‘Ek is trots op jou meit’ Gaan Demi voort terwyl sy in die passenger seat in klim. ‘Nou is dit net ek en jy weer Demi sonder enige drama ek moet nog deur ‘n helse healing proses gaan maar die feit dat ek my rug op Lennon gedraai het maak laat ek al klaar so better voel en ek weet dit gaan moeilik wees om weg te bly maar ek verjaar die Saterdag so dus amper soos my nuwe begin.’ Gaan Shirley voort terwyl sy die kar start en weg trek. ‘Ek is rerig trots op jou, hou dit so, maar die goed wat jy daar binne gesê het oor Lennon dit was shocking en jy dit nooit met my gedeel nie?’ ‘Ongelukkig is alles wat ek daar gesê het die waarheid ek moes dit alles hoor ek was te blind Demi maar nou weet ek..’ Toe hulle by die huis kom gaan Shirley na haar kamer en sy begin weer van voor af te huil…’Liefde maak nie seer nie, as jy op die Verkeerde persoon verlief raak maak dit seer, liefde is ook nie blind nie jy jouself sit oog klappe aan jou oë omdat jy in die persoon glo…’ Shirley sit en skryf dit in die dagboek wat Demi vir haar aan die begin van die jaar gekoop het… Twee Maande Later.. Dus vroeg oggend Shirley sit in die mall by ‘n koffie winkel sy is hard besig op haar laptop sy is besig om haar "STORIE" wat sy geskryf het oor sy en Lennon se verhouding klaar te maak, die skryf van die storie was vir haar soos Berading . Dit het somige aande baie hart seer veroorsaak maar sy het deur dit gewerk met elke hoofstuk wat sy geskryf het … Demi het haar aangemoedig om oor alles te skryf, sy is nie juis ‘n goeie skrywer nie maar sy het geleer hoe om elke emosie neer te pen dit was amper soos sy skep ‘n skildery. ‘Shirley is jy al klaar met die storie”’ Vra Damon terwyl hy van agter af vir haar ‘n drukkie gee. “Loer jy Damon? Jy is nie suppose om te lees tot dit klaar is nie.’ Shirley dra haar wit en swart jersey, taamlik koel in die mall. Gaan Shirley al te kwaai voor terwyl sy die skerm van die laptop toe probeer hou. ‘Nee man Shirley ek sal mos nie, jy mos belowe ek sal lees wanneer jy klaar is.’ Gaan Damon voort terwyl hy op die stoel oorkant Shirley sit. ‘Ek glo nie jy sal wil lees nie maar ek is amper klaar met die storie, maar dit voel vir my asof iets missing is maar ek sal dit vind.’ Met dit stoor Shirley die word document en sit haar laptop af en in die sak wat langs haar staan. ‘So wat gaan jy vir December vakansie doen nou dat eksamens verby is?’ Vra Damon vir Shirley. Die twee het paar weke na Shirley en Lennon finaal opgebreek het weer opgevang en albei hou rerig van mekaar. Maar Damon kon sien dat Shirley tyd nodig het om oor Lennon te kom en dus het hy ingestem om eers saam met haar vriende te wees en sien waarna dinge gaan. “Ek gaan waarskynlik huistoe om tyd saam met my familie te spandeer after all I need to get away from this place for a while.’ Gaan Shirley heel vroelik voor. ‘Dus verstaanbaar ek gaan jou verlang.’ Gaan Damon voort met ‘n effens hart seer uitdrukking op sy gesig. ‘JY gaan okay wees, ons kan elke dag oor die foon praat ek hou nogals van jou .’ Die woorde het somer net Shirley se mond so onverwags verlaat. Damon glimlag ‘En ek van jou.’ En dus skyf hy sy stoel tot naby Shirley sin. ‘Wat doen jy?’ Vra Shirley verbaas. ‘Ek wil jou lippe proe soos daai aand wat jy so wild weg gehardloop het.’ Gaan Damon voort en sonder enige waarskuwing soen hy vir Shirley, die waiter kyk die twee. “Uhmmm!’ Maak die waiter om hulle aandag te kry. ‘Jammer ..ek dink nie ons gaan enige iets anders bestel nie.’ Gaan Damon voort. Shirley smag behoorlik na haar asem. ‘Jy is lekker Laf Damon..’ Gil Shirley. ‘Ek lank gewag om daai lippe te soen; Gaan hy voort. ‘Kom laat ons loop Demi al 10 please call me’s gestuur sy gaan mos huistoe vandag so ek wil haar groet.’ Dus staan Shirley op. ‘Moet ek saam kom?’ Vra Damon. ‘Nee dit is nie nodig nie ek en my vriendin moet nog vir laas skinder en as jy by gaan wees gaan dit mos nie lekker skinder session wees nie.’ Gaan Shirley voort. ‘Dus okay ek sien jou dan later.’ En dus loop Shirley. Toe sy die parking ticket by die mall se deur betaal sien sy ‘n bekende gesig. ‘My heiland dus Lennon ek het hom nog maande terug gesien die dag toe ek my calculator by sy plek gaan haal het.’ Die gedagte vang haar. ‘Shirley’ Begin hy te roep die oomblik toe hy haar sien. Shirley freeze vir ‘n oomblik ‘Ken ek jou?’ Vra Shirley. ‘Dus ek Lennon.’ Gaan Lennon voort. ‘Ongelukkig ken ek nie sulke persoon nie jammer my misgus my seker met die verkeerde persoon.’ Gaan Shirley voort terwyl sy die ticket betaal. Diep binne haar het sy Lennon nog bitter diep lief en dit maak haar effens seer om hom weer te sien al is hulle in een klas was sy amper nooit in die klasse nie, sy het die audio lectures gedownload en van die huis af geleer. Want sy het geweet as sy hom elke dag gaan sien gaan dit haar nie laat vergeet nie. ‘Smaak julle dan nou so Shirls?’ Gaan Lennon voort. ‘Ek is nie ‘Shirls” nie ek is Shirley Marais vir jou dankie ek moet nou gaan geniet die dag Mr Unknown.’ En met die stap Shirley weg. Haar hart voel effens seer omdat sy so teenoor hom optree maar dan onthou sy wat hy aan haar gedoen het en dit motiveer haar om effens vinnig na haar kar te loop. “Dankie Here ek gewonder hoe ek sal maak as ek hom moes weer vas loop Dankie vir die krag wat u my gegee het om weg te kon loop was nie maklik nie maar deur jou genade God kon ek weg loop.’ Trane loop effens van haar oë af dus vee sy dit af en start die kar. Toe sy by die huis deur in stap sien sy Demi se tasse in die kombuis. “Ek kan nie glo die jaar is alweer verby nie ek gaan jou vreeslik mis Demi.’ Gaan Shirley voort die oomblik toe se Demi gevaar. ‘En ek my Shirley, ons het soveel saam die jaar deur gemaak en dit het ons bond sterke gemaak…’ Demi se oggies is alweer sop nat. ‘Ek genoeg vir die jaar gehuil Demi. Maar waar begin ek, ek het nooit rerig in die ware vriende bullshit geglo nie totdat ek jou ontmoet het, jy is my long lost twin ek is baie lief vir jou moet dit nooit vergeet nie ek sal enige iets vir jou doen Demi jy is alles wat ek in ‘n vriend gesoek het, jy is lojaal jy is …ek kan nie beskryf nie maar jy is my engel op aarde..Ons is kop in een mus.’ Die trane begin ook weer loop van Shirley se oë af. Hulle gee mekaar ‘n lekker stywe drukkie… Dus maak Shirley se foon ‘n geluid. ‘Wie kan dit nou wees bederf ons perfekte moment.’ Gaan Shirley al te kwaai voor. Dus ‘n boodskap van ‘n vreemde nommer. ‘Shirley Marais…Jy was reg oor Lennon O’Reilly hy is ‘n player, ek was te dom om dit te sien ek is jammer oor al die slegte goed wat ek jou gesê het, ek was verlief en gedink jy is jaloers ek is jammer vir die seer wat ek veroorsaak het. LEAH THURSTON’ Shirley wys vir Demi die boodskap.. ‘Meida jy het mos gesê daai verhouding sal nie 2020 sien nie.’ Gaan Demi voort. ‘What goes around comes around. Ek gaan nie eers op die ding se boodskap reply nie dus haar beurt. Haar ding moet pyn’ Gaan Shirley voort soos sy kombuis toe gaan om ‘n glas wyn vir sy en Demi te skink. ‘Hier is op gesondheid, nuwe verhoudings, nuwe vriendskappe en ek en jy se Oneindige bond.’ Maak Demi ‘n toast die oomblik toe Shirley vir haar die glas gee. ‘En moenie vergeet nie kom ons toast op Lennon ook, ek sal graag Dankie aan hom wil sê want as dit nie deur hom was nie sou ek nooit besef het wie en wat ek rerig is nie.’ Gooi Shirley ook ‘n sent in die bord. En dus hou Shirley en Demi mekaar al te styf vas.. Shirley is by die huis tussen haar familie sy probeer gelukkig voorkom maar agter haar glimlag is daar ‘n Gebroke Hart, agter haar lag val sy uitmekaar, agter haar lyf is haar siel wat steeds probeer veg teen alles wat sy voel. En dus stap sy na die bome in die agter kant van die yard. ‘Here ek is jammer dat ek so baie scars het en ek is jammer dat ek nie ‘n dag gaan sonder om te huil nie en ek is jammer dat ek myself haat en dat ek elke keer oor my probleme praat en ek jammer dat ek nie perfek is nie en wat ek die Meeste voor jammer is , is dat ek nooit genoeg voel vir enige iemand …Ek weet ek moet Lennon vergewe dus die menslike ding om te doen maar Here dus moeilik om te vergewe wanneer mens meer van ‘n persoon verwag het.’ Sy weet sy het die regter besluit geneem om afskeid van Lennon te neem maar diep binne haar is daar so Klein bietjie hoop en daardie hoop is wat haar elke keer terug bring na die seer, En dus speel Demi se woorde ook in haar kop af. ‘Of van twee goed gaan plaasvind hy sal of agterkom dat jy die moeite werd was of hy gaan agter kom dat hy nooit was nie.’ “Shirley waar is jy?’ Roep Lee.. Lee kom tot waar Shirley staan onder die lemoen bome, en gee vir Shirley ‘n stywe drukkie teen haar bors. Lee oorhaandig ‘n present van haar niggie van die Baai af. Shirley maak die present oop en sien dit is ‘n hoodie en T’shirt met die woorde daarop,.....



‘Dankie Ma is die beste… Dit maak Bitter Seer om te laat gaan maar ek begin verstaan want ek voel daar is meer tot die lewe as ‘n gebroke verhouding ek het soveel dinge wat ek wil aanpak en al was Lennon deel van daai planne Ma moet ek dit my planne en my lewe begin maak…’ En dus gee Shirley haar Ma ‘n drukkie.’ “Ek het gedink dat ek jou kon vergeet, En in die sagte nag alleen kon slaap, Maar in my eenvoud het ek nie geweet Dat ek met elke windvlaag sou ontwaak. Dat ek die ligte Trilling van jou hand weer Oor my Sluimerigge hals sou voel… Ek het gedink die Vuur wat in my brand Het soos die wit boog van die starre afgekoel. Nou weet ek is ons lewens soos ‘n lied Waarin die smarttoon van ons skeiding klink En alle vreugde terugvloei in verdriet En eindlik in ons eensaamheid verdink. Iewers in die see se blou, Dryf daar ‘n bottel rond Met die Bitter Soet verhaal Van my en van Jou…



Die Einde…..

6 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page