top of page
Search

Die Vrou 16

Updated: Aug 8, 2020

Die drie dae het vinnig geloop en Lucinda en Shirley se bond het net sterker geraak en Lennon se bond het net sterker geraak en Lennon het seker gemaak hy kom kuier elke dag.

Demi kom laai Shirley die oomblik toe sy in klim.

‘Eerlik waar vriendin ek weet nie hoe om te voel nie ek is gelukkig dat ek en Lennon ons dinge finaal uitgesorteer het, maar die tweede kans voel net nie reg nie en ek dink ek weet wat om te doen ek het nog net paar weke nodig om myself emotioneel sterk te maak.’  Gaan Shirley voort.

‘Gaan jy hom los?’  Vra Demi al te bly.

‘Ek weet nog nie, soos ek sê, ek wil myself emotionally sterk maak en kyk waarna toe hierdie tweede kans gaan maar ek is lief vir Lennon dit weet ek vir ‘n feit …’  Gaan Shirley voort.

‘Okay ek verstaan en soos ek gesê het ek stem nie saam jou nie maar ek gaan ook nie in jou pad van geluk staan nie.’  Maak Demi haarself duidelik.

‘Dankie vir jou understanding.’

‘Ek kan nie wag om vir jou ‘n lekker koppie tea te maak en dan kan ons lekker gesels ek jou omtrent verlang.’  Gaan Demi voort.

‘Ek gaan net paar goed kry by die huis, ek gaan vir die twee weke by Lennon oorslaap so ek is jammer ek kan nie nou nie opvang nie, jy weet Lennon wil nie by die huis slaap nie hy is nog bang vir jou.’

‘Wat??Meid! Jy los my alweer aleen om saam met Lennon tyd te spandeer?’

Gaan Demi al te kwaai voor soos sy Shirley se kar bestuur.

‘Moet nie so dramaties wees nie Lennon gaan na my kyk en sorg dat ek oraait is, en ek sal na jou toe kom deur die dag of as ek op kampus is sal ek jou mos sien.’

‘Jy moet somer al jou goed vat en intrek by Lennon.’  Demi is smoor kwaad.

‘Wat gaan dan nou aan met jou Vriendin chill toe.’  Probeer Shirley vir Demi kalmeer.

‘Ek is sowaar klaar met jou Shirley hoe kan jy weer vir jou na seer kry toe vat?? Kry jy nie genoeg seer nie??’  Half skreeu Demi.

‘Dus my lewe die en ek sal met my lewe maak en breek soos ek voel ek wil laat ons somer mekaar mooi verstaan.’  Begin Shirley ook kwaai raak.

‘As dit is hoe jy voel Meid sal ek nie weer omgee nie hoor.’  Dus hou Demi stil voor die huis en haal die kar sleutels uit en gooi dit vir Shirley en dus klim sy uit.  Shirley sit ‘n rukkie, die trane loop uit haar oë.  

‘Ek het sopas my beste vriendin seer gemaak omdat ek te stupid is om te verstaan dat sy my net wil beskerm’  Sy slaan haar hande Behoorlik teen die dash board.

En dan klim sy uit en gaan stadig maar seker op om haar goed te gaan pak.

Nadat sy kla gepak het skryf sy ‘n brief vir Demi.

‘Ek is jammer oor dit wat ek gesê het, ek is jammer oor dit wat ek doen maar as ek nie die kans waag nie sal ek vir die res van my lewe wonder of Lennon rerig lief vir my was, ek hoop jy kan dit in jou hart vind om my te vergewe.

Love Shirley’

En dus stoot Shirley die brief onder Demi se kamer deur in.

Sy loop ewe hart seer na die huis deur.

‘Ek hoop ek doen die regte ding’  sig sy soos sy die deur toe maak.

En dus stuur sy Lennon ‘n boodskap, ‘Ek is oppad.’

Shirley en Lennon lê al te lekker in mekaar se arms baie gelukkig en in hulle eie wêreld.  

‘Shirley ek het vir jou gekook’  Gaan Lennon voort.

‘Rerig kan jy ooits kook?’ Vra Shirley verbaas vir Lennon.

‘Ja natuurlik sit reg op ek gaan kry gou.’

Dus staan Lennon op, hy is in sy boxers.

Toe Lennon die kamer verlaat ontvang Shirley ‘n oproep.

‘Hello…’  Antwoord Shirley die foon.

‘Hey Shirley is Lucinda hier…’

‘Hoe gaan dit Lucinda? Hoe voel jy?’  Shirley is al te bly om weer van Lucinda te hoor.

‘Goed man ek kan nie kla nie en jy. Maar ek bel om te hoor kan jy dalk later na my Welcoming Home party toe kom?’  Vra Lucinda.

‘Dit gaan heelwat goed met my die son skyn buite en ek is bly, Uhmm ek sal eers by Lennon hoor dan sal ek jou terug bel, ek neem aan ek kan hom saam bring?’  Gaan Shirley voort.

‘Dus in die hak jy kan my sommer my nommer stoor en my op whatsapp laat weet asseblief ek sal dit waardeur as jy kan kom.’  Gaan Lucinda voort.

‘Dankie hoopelik sien ek jou later bye.’

Lucinda en Shirley groet mekaar.

Dus kom Lennon die kamer binne met gebakte hoender en wit brood en sy favourite, chillie sauce.

Shirley kyk na die bord, ‘En jy noem dit kook?’

‘Ek het darem probeer Shirley…’  Gaan hy voort.

‘Jy het jaa..’ En dus haal hy sy vals tande uit en begin ëet.

‘My pap bekkie, ek het jou verlang sê gou ‘Vleis’ En dus Shirley effens.

Lennon se vier boonste tande is uit getrek dus dra hy vals tande.

‘Jy gaan op hou Shirley’  Gaan Lennon voort terwyl hy vir Shirley met hartseer oogies dop hou omdat sy hom effens terg.

‘Ek gaan op hou… anyways die meisie wat ek in die hospitaal ontmoet het Lucinda, sy het my nou gebel sy wil graag weet of ek na haar welcoming home party kan gaan en as jy wil kan saam gaan.’  Vra Shirley terwyl sy die droë vleis probeer afsluk met Sprite.

‘Jy kan gaan Shirley ek moet opvang met my werk ons skryf mos volgende week.’ 

‘Is jy seker?’ Vra Shirley.

‘Dood seker liefde van my lewe’  en dus soen hy vir Shirley.

Toe die twee klaar geëet het gaan shower Shirley terwyl Lennon op sy foon lê.  Sy laat weet toe vir Lucinda dat sy kom en dus stuur Lucinda haar die location.

‘Ek is weg Lennon’  Laat weet Shirley vir Lennon.  En dus kom Lennon naby om haar ‘n soen te gee ‘Kyk hoe mooi lyk jy, jy beter jou gedra.’  ‘As always jy beter jou gedra’  Gaan Shirley voort.

En dus maak Lennon die hek vir Shirley oop.  

‘Bye lief’  Soen hulle mekaar.

En dus trek Shirley weg.

Paar minute later ariveer Shirley by haar besteming.

Sy stuur Lucinda ‘n boodskap dat sy buite is.  Lucinda kom uit om Shirley te kry.

‘Aista Meisa jy is mos nat uit gevat’  Maak Lucinda ‘n opmerking die oomblik toe Shirley uit die kar klim.

‘Dankie jy ook’

En dus loop en gesels die twee tot binne.  ‘Waaroor gaan die party? ek weet is jou welcoming home party maar waaroor, moet tog ‘n dieper meaning het?.’  Vra Shirley vir Lucinda met ‘n drankie in haar hande.  ‘Ek celebrate net die feit dat ek ‘n tweede kans gekry het om die lewe aan te pak dus waaroor dit gaan maar kyk gou hier ek wil jou gou aan my broer voorstel.’  Dus stap Lucinda reg uit na ‘n witerige manetjie toe.

Shirley is effens nervous.

‘Damon ek wil hê jy moet Shirley ontmoet’  En dus draai Lucinda se broer om.  En Shirley herken hom dadelik ‘ARRGG nee man dus mos Damon wat saam my in ‘n klas is’  ‘Ja sis ek ken vir Shirley met die lekker rokkies’  Maak Damon ‘n opmerking.  ‘Sies kry skaam Damon’  Glimlag Shirley effens.

‘Okay dan ek moet gou my ander gaste gaan verwelkom julle twee is mos fine’  Gaan Lucinda voort.

‘Enige tyd kan jy my met hierdie bekwame dame los’  Gaan Damon al te charmant voort.

Shirley staan en glimlag al te breed agter die champers glas.

‘Ek ..nog altyd gewonder.’  Gaan Shirley voort.  

‘Wat jy gewonder?  Vra Damon.

‘Oor jou, jy is so stil en op jou plek, is jy dalk gay?’  Vra Shirley.

En dus begin Damon lag, ‘Nee man so jy assume sommer al stil ouens is gay?’  

‘Soms ja’

‘Jy is iets anders Shirley Marais, Lennon se stukkie’  Gaan hy voort.

‘Arg toe nou ek hoort nie aan Lennon nie’  Gaan sy voort.

‘Ek sien so kan ek nog ‘n glasie vir die dame kry?’  Vra Damon.

‘Asseblief ek sal dit waardeur’

‘Kom ons gaan loop buite rond en vat die gesprek veder’  Maak Damon ‘n voorstel die oomblik toe hy twee glasse champagne in die hande gekry het.

En dus Agtervolg Shirley hom, die twee het so lekker begin gesels toe hulle weer kry begin hulle passievol mekaar te soen.

En dus breek Shirley die soen en hardloop soos Aspoesterjie weg.

En Damon probeer agter haar hardloop maar sy het vinnig verdwyn.

Sy start haar kar en trek vinnig weg.  ‘Wat op aarde, ek kan nie dit aan Lennon doen nie, neee Shirley! Jy is nou besig om jou kop te verloor.’  Gaan sy voort soos sy terug na Lennon se plek bestuur.

‘Ek is mos nie hy nie of is ek?’  Worstel Shirley met haarself.

Toe Shirley by Lennon se plek  ariveer en hy maak die hek oop die oomblik toe sy uit haar kar klim spring sy in sy arms.

‘Wat gaan nou aan Shirley?’ Vra Lennon baie deurmekaar.

Sy huil nie maaar sy hou hom styf vas.

‘Soen my asseblief.’  Gaan sy voort.

En dus soen Lennon haar.  

Dus asof sy iets wou uitvind.

‘Ek is lief vir jou Lennon’  Gaan sy voort toe hulle klaar gesoen het.

En dus stap die twee in na Lennon se kamer.

Sy bied aan om sy rug te masseer en dus het die twee ‘n romantiese nag vol liefde.  Die twee weke het so vinnig geloop voor hulle dit kon kry was dit die September vakansie. Shirley het elke dag vir Demi gaan kuier en bietjie op haar studies gefokus met Lennon steeds in die prentjie, hulle liefde het elke dag sterker vir mekaar geraak en Shirley het draaie om Damon geloop op kampus.

Dus ‘n Vrydag oggend die laaste dag voor die September vakansie begin.

‘Gaan jy nie huistoe nie?’  Vra Shirley vir Lennon terwyl sy langs hom lê.

‘Ek gaan nêrens, dus mos net ‘n week vakansie gaan nie geld mors op ‘n ticket huistoe net vir ‘n week.’  Gaan hy voort.

‘Okay dan sal ek ook nêrens gaan, wil die week saam jou spandeer.’  Maak Shirley haarself duidelik.

‘Jou ouers verlang jou, gaan liewers huistoe.’  Probeer Lennon oortuigend klink.

‘Hoekom?’  Vra Shirley.

‘Want ….Leah kom vir die week jy moet ongelukkig vandag terug na jou huis gaan, sy is op die bus en is môreoggend 2 Uur hier.’  Gaan Lennon voort sonder om enige emosies te wys.

Shirley kan voel hoe haaar hart haar ligaam verlaat trane vul somer dadelike haar oë en dus staan sy op.

Lennon lyk bietjie bangerig.

‘Ek moes geweet het…’  Trane stroom van haar oë af.

En dus vat sy Lennon se skoen en smyt dit in sy gesig  en gryp haar kar sleutels en storm by die deur uit.

‘Shirley, SHIRLEY ek is jammer!!!Kom terug my bokkie.’  Hy hardloop agter Shirley aan wat besig is om die hek oop te maak.

‘Ek moes na my brain geluister het ek moes nie my hart gevolg het nie is waar wat hulle sê, once a cheater always a cheater…’  Shirley is so kwaad en hartseer die trane loop soos sy skreeu.

Lennon sluk ‘n swaar knoop, ‘Ek is jammer Shirley maar…’  Hy sukkel om te verduidelik.

‘Jammer gaan niks reg maak nie ek is hierdie Keer rerig klaar met jou. Eers cheat jy op my met haar en nou het jy op haar met my gecheat ek gaan jou nie eers hierdie keer expose nie…Karma gaan hierdie keer met jou deal ..’ En dus spring Shirley in haar kar.  Lennon staan nog agter die kar dus skreeu Shirley.’  Lennon! Beweeg of ek maak jou vrek.’

‘Ek gaan nêrens nie voordat ek en jy nie praat hier oor nie, sy is net vir die week hier ek sien jou Saterdag as sy loop en jy verjaar.’  Skreeu Lennon terug.

‘Lennon ek wil jou nie weer sien nie, ek is rerig klaar, beweeg asseblief voor ek jou omstamp..’

En dus rev Shirley die kar.

‘Ek gaan nêrens, klim uit’  Gaan Lennon voort.

‘Laaste waarskuwing jy weet ek het ‘n temper.  MOOOVVVEEE OR I’LL MAKE YOU MOVE’

Skreeu Shirley weer vir die laaste keer.

‘KLIM UIT SHIRLEY MARAIS EK GAAN NIE BEWEEG NIE.’

En dus sit Shirley die kar met meaning in reverse en ….

Lennon het vinnig uit die pad gespring want Shirley het begin reverse en hy gesien sy sal hom rerig seer maak.

‘Shirley Asseblief’  Smeek hy..

‘Hoekom doen jy dit aan my? Gee my hoop net om my hart van vooraf te breek.  Voetsek Lennon, Tsek voor my’  En met dit trek Shirley met ‘n spoed weg.

Sy huil diep hart seer.  ‘Ek myself teleurgestel ek moes van beter weet almal het my gewaarsku, ek wou nie luister nie.’  Praat sy met haarself soos sy terug na die huis van sy en Demi bestuur.

Sy hou stil by die huis en loop stadig maar seker op, sy vee haar trane af sodat Demi nie kan sien sy huil nie.

Sy besef sy het haar huis sleutels saam met haar kleure netso by Lennon gelos, dus klop sy.

Demi maak dadelik die deur oop toe sy hoor dus Shirley.

“Vriendin so vroeg?’  Vra Demi die oomblik toe sy die deur oopmaak.

Die trane loop weer soos ‘n donder storm uit Shirley se oë, en sy hou dadelik vir Demi vas in ‘n drukkie.

Demi is baie deurmekaar.

‘Shirley wat gaan aan?’  Vra Demi

Maar Shirley kan nie ‘n woord uit kry nie dus asof sy stom is.

Dus vryf Demi haar rug ‘Ek neem aan Lennon het jou weer seer gemaak?’

Dus los Shirley vir Demi, ‘Hy het vriendin, hy my vals hoop gegee, hy my hart vir die tweede keer gebreek, Leah kom.’  Gaan Shirley voort terwyl sy haarself probeer reg ruk maar sy kry dit nie reg nie.

Demi maak die deur toe, “AAAIIIHH meid ek het geweet dit gaan weer gebeur en kyk hoe lyk jy glads my stomme vriendin.’

Demi vat Shirley om haar lyf en stap saam haar kamer toe.

‘Ek moes geweet het kan een mens so dom is?? HUH? HUH?’  

‘Nee jy was nie dom nie, jy gedoen wat jou hart jou vertel het en jy kan mos nie verhelp as Lennon ‘n smooth operator is nie…maar jy moes van beter geweet het.’  Gaan Demi voort.

‘Ek weet nie meer wat met my aangaan nie al wat ek weet is ek het nie hiervoor gevra nie ek het nie Demi.  Hoekom? Wat het ek ooit aan Lennon gedoen om die te verdien??  Wat??' Shirley sit op die bed met Demi langs haar.

‘As daar nou een ding is wat ek geleer het uit jy en Lennon se situasie is dat jy nie kan kies vir wie jy lief raak nie, maak nie saak hoe ontmoonlik die verhouding is of hoe sleg iemand vir jou is nie, jy kan nie gevoelens afsit nie.  Liefde speel nie by die reëls nie… En ek dink jy is nie rerig weer lief vir Lennon nie jy was rerig lief vir om gewees en dus hoekom ek dink dit so moeilik vir jou is want jy gee steeds baie om dit gebeur as jy baie lief vir iemand was, jy sal altyd omgee so ek wil hê jy moet op jouself begin fokus asseblief.  Die is nou jou kans om die regte Shirley Marais te ontmoet sonder Lennon O’Reilly sonder hom meid, want jou seer is my seer en ek haat om my vriendin so te sien.’  Demi se oê is vol trane…

‘Ek weet ek jou vertel van Damon na ek en hy gesoen het, ek iets agter gekom, ek het agter gekom dat my gevoelens vir Lennon nie so sterk is nie maar ek het vir weke niks gesê nie want dit het nie reg begin voel nie maar ek is nog steeds seer gemaak vir die feit dat hy so harteloos kan wees ek het genuine gedink ons tweede kans is real rerig vriendin, ek het Lennon rerig lief en dit maak so seer as jy uitvind dat hy nie dieselfde voel nie, en vat nog sny is hy het my Ma ooreed dat hy rerig verander het ….kan een mens so ‘n ander mens vernietig?? Sonder om sleg te voel, maar jy is reg Demi ek moet my lewe agter mekaar kry en op myself begin focus Lennon is nie goed vir my nie’  Die trane loop ook van Shirley se oë af.

Demi hou dan vir Shirley vas ‘Nou moet jy eers huil Meisa.  Ek sal saam huil maar is tyd dat ons Lennon in die verlede sit.’

En Shirley doen ook maar sy begin snik huil en Demi hou haar vas albei se trane loop.

Die volgende oggend.
Shirley en Demi het in een bed geslaap in mekaar se arms.

Dus word Shirley wakker ‘Daai Bitch met die name van Leah Thurston is nou al hier…En my goed is nog daar.  Demi word wakker’  Verskreeu sy op Demi.

‘Wat the hell Meid’  Antwoord Demi.

‘Kom ons was, ons bliksem vandag daai muis gevreet, kom.’

Demi is lekker deur die slaap…

‘Ek gewag vir die dag..’  Gaan Shirley voort.

Shirley sleep behoorlik vir Demi uit die bed uit.

‘Kom jirri die kind kom, Toe, ons moet vir Leah gaan slaan…’  Gaan Shirley voort.

‘Meida is jy dan bang as ek moet saam gaan?’  Vra Demi dik deur die slaap.

‘Ek bang? Nog nooit jy moet vir Lennon besig hou terwyl ek die meit in Bloem verwelkom.’

Shirley is ewe besig.

Dus staan Demi op.  ‘Jirri Meit nou wat moet ek aan Lennon doen lyk ek vir jou soos ‘n bull?’

Shirley kyk vir Demi dan begin sy lag,  'Jy is dik en hoog gebou en nou maak jy nog sulke vergelykings ek kan nie met jou deal nie jy maak my swak.’

“Gaan aan, jy wat mense wil slaan vanaand slaap jy hoeka in die tronk.’  Demi kyk vir Shirley met ‘n ander aandag.

‘KOM man Demi gaan shower laat ons vir Leah in Bloem verwelkom’  Shirley se voetjies jik want sy loop dan spieel to dan na Demi se kante wat nog op die bed sit.

‘Was mal ‘n persoon, dan was dit jy.  Los daai madampie sy gaan gou agterkom wie Lennon rerig is, jy gaan jou net verlaag as jy jou hande op slang kak sit.’  Gaan Demi voort.

‘Ek weet wat ek doen, kom gaan shower toe laat ek ook kan shower.’  Shirley krap vir skoene in haar hangkas.

‘Shirley is on fire en arme ek moet ook maarnet saam gaan.’

Demi staan toe op om te gaan shower toe sy uit die shower uit kom gaan shower Shirley.  Toe hulle albei klaar is sit hulle in Shirley se kamer want Shirley soek nog behoorlik tekkies.

‘Wat van die North Stars?’ Vra Shirley Demi.  ‘Meit daair goed vrot behoorlik, wanneer jy nog vir hulle gewash?’  Gaan Demi voort .’Dus die plan ek wil met die stink tekkies al in haar bek trap.’  Gaan Shirley al te kwaai voor soos sy die tekkies aantrek.

Demi lê soos sy lag, ‘Jirri tjy, is iets anders. Jy sal soos Lynette Francis riel dans op die arme Leah se kop,  Die stof sal mos waai..’  Lag Demi waar sy lê.

En dan gaan haal Shirley ‘n groot blik Blue Seal Vaseline uit haar kas uit.  Demi hou die hele proses baie fyn dop.

‘Kom ons gaan.’  Gee Shirley ‘n bevel aan Demi met die Vaseline in haar hande.

‘En die Vaseline? Meit?’  Demi lyk baie deurmekaar, sy verstaan nie.

"Die Vrou is die Sout van die Aarde,
Die Suurdeeg,beskou op die keper:-
Al hoër steeds rys sy in waarde.
Sy's beide die Sout en ...Die Peper!
Wie ter wêreld verstaan ooit Die Vrou,
En Wie sal haar geheimenis weet?
Haar verjaarsdae moet jy onthou,
Maar haar ouderdom moet jy vergeet!!!"








18 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

댓글


All Videos

All Videos

bottom of page