top of page
Search

Die Vrou 15

Updated: Aug 5, 2020

‘Wat soek hy hier?’  Vra Lee baie kalm.  Niemand antwoord nie Shirley se oė is groot in haar kop.

‘Ek praat mos nie saam met myself nie.  SHIRLEY WAT SOEK LENNON HIER??’  Begin Lee te skreeu.

‘Ma hy net kom kyk of ek alright is..’  Lieg Shirley.  Terwyl Lennon stadig maar seker van die bed af klim.

‘Jong man? Het ek myself nie duidelik gemaak vroeėr nie? Bly weg van my dogter af huh?’ Gaan Lee kwaai voort.

Lennon staan daar baie geskrik.  ‘Ek ..ek is jammer auntie maar ek is lief vir Shirley ek kon nie weg bly nie.’

‘Lief vir haar?? Huh? het ek reg gehoor, lief vir haar??’ Skreeu Lee soos sy nader staan.

Lennon staan en bewe ‘Ja auntie’ antwoord hy.

‘Ma dus nou genoeg’  Gaan Shirley voort.

‘Hou jou bek Shirley, deur die gemors lź jy hier, deur hom en dan glo jy hom…Jy lief vir my dogter? Jy maak nie mense seer waarvoor jy lief is nie, jy doen.  Jy weet nie wat liefde is nie’  Dus spoeg Lee vir Lennon in sy gesig.

‘Ma dit was nie nodig nie’  Gil Shirley soos sy opstaan om Lennon te beskerm.

Lennon vee stadig maar seker sy gesig af.

‘Ek is jammer auntie Lee maar ek kan nie vir Shirley  los nie sy is my lewe.’

‘Shirley kom uit die pad uit, ek is nog nie kla met die vuil melk kind nie.’  Gaan Lee voort.

Maar Shirley staan verklaar in die middel van Lee en Lennon.

‘Weet jy my kind, ek probeer om jou te beskerm.  Maar lyk my nie jy het ore nie, die manetjie het nie twee keer gedink om jou dom te maak nie en het gepraat ek het net my Watch kom haal, ek konnie die Time vir jou Pa gee nie.’ Gaan Lee voort.

Terwyl sy haar watch kry wat op die kassie langs Shirley lź.

‘Ma asseblief ek smeek gee hom nog ‘n kans hy het aangejaag, ja, maar ons almal weet hy is nie die tipe persoon nie, asseblief ek smeek.’  Gaan Shirley voort.

“Jy het jou besluit gemaak ek wil niks weer hoor nie. Shirley ons almal is lief vir jou en ons haat om jou so te sien.  As iemand jou die eerste keer gewys het wie hulle is, beter jy dit glo..’  Gaan Lee voort terwyl sy Shirley se hande vat.

‘Ma maar ek is lief vir hom en hy lief vir my, hy het verander ek weet dit, ek kan dit voel.’

‘Ek is jammer ek gaan maar loop’  Maak Lennon Homself duidelik terwyl hy sy skoene aantrek.

‘Wag Seun’  Stop Lee hom.

Dus staan Lennon.

‘Ek is nie juis gelukkig met alles nie maar as jy my Shirley gelukkig maak moet ek seker maar aanvaar want ek wil nie my dogter verloor nie maar maak haar weer seer en jy gaan my kry.  Verstaan ons mekaar?’  Gaan Lee kwaai voort.

‘Ek verstaan vir Auntie Lee, ek sal nooit vir Shirley seer maak nie ek is genuinely lief vir haar, my hart hoort aan haar ek het rerig fout gemaak en het baie trots gehad om jammer te sź, ek gevoel dus deel van man wees om iemand dom te maak, maar ek besef dus nie reg nie, veral nie teenoor Shirley nie, die Here het haar vir my gemaak ek en sy hoort saam ons is sielsgenote, ek sal haar nooit weer seer maak nie Auntie ek belowe voor die Here.’ Die trane loop uit sy oė uit soos hy bieg.

‘AAIIHH my Seuna.’  Begin Auntie Lee se trane ook loop terwyl sy hom vas hou in ‘n drukkie.

‘Dit vat ‘n regte man om so te bieg ek is jammer, as ek so hard op jou was, maar jy moet verstaan as iemand my dogter seer maak, maak hulle my seer..’  Gaan Lee al te hartseer voort.

‘Ek verstaan Auntie Lee en ek neem nie vir auntie kwalik nie, ek het rerig vir Shirley seer gemaak en geen mens doen dit aan iemand wat alles vir jou doen en beteken nie.’

‘Presies nes jy daar sź Seuna maar ek hoop jy het uit jou foute geleer. Jy en Shirley maak die perfekte paartjie…” Gaan Lee voort terwyl sy Lennon se trane vir hom afvee.

Sy gee Shirley ‘n drukkie, ‘Ek lief vir jou Shirley pas jou op en bel my as Lennon wee aanjag.’  Maak sy effens ‘n grap.  En dus gee sy Lennon ook ‘n drukkie en dus loop sy met ‘n swaar hart uit.
Toe Lennon weg is, sit Shirley met haar kop in haar hande en dan loop haar trane en sy snik weer baie hart seer.

‘Dit waarvoor ons lief is.  Is nie altyd dit wat vir ons goed is nie…ek is lief vir Lennon maar hoekom voel ek so oor die tweede kans, ek is suppose om gelukkig te wees, ek is nie suppose om so te voel nie.’  Shirley sit en praat met haarself.

En dus besluit sy om Demi te bel want dus al persoon vir wie sy kan vertrou met haar gedagtes.

‘Ek verstaan nie so mooi nie…” Antwoord Demi terug lekker deur die slaap.

‘Ek het Lennon ‘n tweede kans gegee en ek het basies my Ma ‘n keuse gegee om hom te vergewe.’  Die seer kan mens in haar stem hoor.

‘Jy het wat Meid?  Maar hoekom klink jy so hart seer?’  Gaan Demi voort.

‘Ek weet self nie hoekom, ek so hart seer voel nie ek is suppose om gelukkig te wees maar ek is nie, was nie die oomblik toe hy hier was.’  Gaan Shirley voort soos sy snik aan die anderkant van die foon.

‘Shirley ek dink jy weet dit was ‘n fout om hom weer in jou lewe toe te laat, dus hoekom jy so voel , jy verlang net sy presence in jou lewe want jy was gewoont julle twee doen alles saam, verlang daai om iemand elke dag en nag met jou langs jou te hź, jy verlang glad nie vir Lennon nie jy probeer hom net ‘n tweede kans gee sodat jy nie so aleen hoef te voel nie, jy verlang die gevoel om wakker te word in iemand se arms… ek sou ook want drie jaar is ‘n laaang tyd, vriendin, maar jy het ‘n groot fout gemaak om hom te vergewe en nog ‘n kans te gee…’Gaan Demi voort.

‘Ek verstaan nie die gevoelens nie Demi, een oomblik haat ek hom, een oomblik is ek lief vir hom en een oomblik voel ek, ek verdien hom nie dus net so deurmekaar, ek wens ek geweet wat ek presies voel want as ek na hom kyk wonder ek hoe hy Leah gesoen het, hoe hy haar laat voel het al hierdie dinge,en dan raak ek weer hartseer.’ Shirley klink baie deurmekaar sy probeer sin maak van die hele situasie.

‘Meid jy sal moet rerig diep soul searching doen ek weet vir ‘n feit jy is lief vir Lennon, dit weet ek maar somige kere is liefde nie genoeg nie soos nou jy gaan baie insecurities het jy gaan hom nie rerig vertrou nie, jy gaan aaneen wonder wat hy besig mee is as hy miskien op sy foon is … ERK KAN rerig sien jy het Lennon diep lief en dus hoekom dit maak dit moeilik vir my om jou raad te gee.’

Shirley sit en sig, ‘Wat doen jy as huil nie meer genoeg is nie?? Ek wil nie hom verloor nie maar soms dink ek,ek het klaar.’

‘Shirley hierdie keer is die keuse in jou hande net jy kan gelukkig maak en as jy voel jy is gelukkig met Lennon sal ek terug staan en saam jou gelukkig wees maar as hy jou weer seer maak weet ek nie of ek hier vir jou sal kan wees nie want selfs jy sien gevaar tekens maar jy ignoreer dit ek is lief vir jou vriendin en glo my as ek sź jy kan better as Lennon kry, jy kan ver better as Lennon O’Reilly doen glo my…

Gaan Demi al te swak oor die foon voor want sy is diep moeg.

‘Dus die ding ek glo nie dat ek mooi genoeg is om iemand anders te kry nie, ek glo nie ek het dit in my om weer oor te begin met iemand anders nie, ek dink nie ek is genoeg nie.’ Gaan Shirley voort.

“Shirley jy is vokken mooi, het jy jouself al in die spieėl gekyk, enige man sal vir jou val is net jy het hierdie kak idea in jou kop dat niemand na jou gaan kyk soos Lennon na jou sal kyk..dus klomp insecurities en dus 'normal' om so te voel veral as die persoon op jou gecheat het maar wat jy doen is, jy wil nie beter raak nie jy wil nie weg kom nie jy wil daar op daai page van Lennon 
O'Reilly stuck wees.”  Gaan Demi al te kwaai voor.

‘Ek weet, ek weet maar my hart, ek kan hom nie laat gaan nie..”

Gaan Shirley met soveel hartseer in haar stem voort.

‘Ek weet nie meer wat om te sź nie, as liefde so maak wil ek rerig nie verlief raak nie want jy weet letterlik alles maar jy gaan nog steeds voort.’

Dus drop Shirley die foon in Demi se oor en begin skreeu, dus hardloop ‘n nurse in om te kyk of alles alright is.

‘Shirley wil nie hoor nie, Shirley wil net huil, Shirley weet wie hy is maar Shirley wil nie hoor nie, Shirley wil net seer kry…’  Shirley sit en sing vroeg oggend die woorde soos iemand wat besig is om mal te raak.

En dan stoot die nurses iemand in.  Ook ‘n jong meisie.

Haar bed word reg oor Shirley sin gesit.

‘Marais jy sien die sielkundige vandag.’  Gaan die nurse voort soos sy besig is om Shirley te monitor..

‘Moet ek rerig nurse?’  Vra Shirley al te swak.  ‘Ja Marais jy moet…’  Gaan die nurse voort.  Shirley sit en sig ‘Ek is mos nou alright.’  ‘Dus nog steeds nodig iets moet jou pla as jy so ver gaan om jou eie lewe te probeer neem.’  

Shirley kyk die nurse en dan gooi sy haar kop toe met die dun kombers.
En dus toe die nurse uit is hoor Shirley ‘n vreemde stem.

‘Meisie ek wil nie voorbarig klink nie, meer ek geluister toe die nurse saam jou praat ek verstaan 100% hoe jy voel, ek weet waarvan jy praat, ek gaan ook soort van deur ‘n moelike tyd in my lewe…’ Gaan die vreemde Meisie wat oorkant Shirley lź voort.  Shirley maak haar kop oop en sit dadelik reg op om die meisie te Bestudeer.

‘Jy is nie voorbarig nie ek is Shirley.’  ‘Ek is Lucinda.’  
‘As ek mag vra hoekom is jy hier?’  Vra Shirley ewe Nuuskierig.

‘Ek het ook self - moord probeer pleeg, was Gisteraand ingebring.’  Gaan Lucinda voort.  ‘Jy seker vir iets onbewus gedoen, want ek het vir iets ligsinnig myself probeer dood maak.’  Gaan Shirley voort.

‘Boyfriend troubles.’  Antwoord Lucinda.

‘Selfde hier op iemand verlief geraak wat my nie waardeur nie maar wat doen ek, ek hardloop elker keer terug.’

‘Maak ons almal maak nie dieselfde foute, sou sweer daar is iets fout met ons vrou mense, ek uit gevind my boyfriend is gay, so meisie jy kan mos dink hoe ek gevoel die oomblik toe ek hom betrap, ek voel dom en onosel want ons was vir 5 jaar saam en ek niks agter gekom nie so ek kan relate met jou ek soos jy gevoel Gisteraand toe ek daardie pille begin drink, maar vanoggend voek ek dit was dom om pille te drink.’  Gaan Lucinda voort.

Dus staan Shirley op en loop tot by Lucinda en vat haar hand.

‘Ek mag jou dalk nie ken nie maar ek weet ek en jy sal oraait wees ons vrou mense is sterk al voel ek huidiglik nie sterk genoeg nie want ek het alweer terug na my pyn gehaardloop…En ek weet mense judge want ek kan onthou toe ek eer gister aand hier in kom was daar ’n nurse wat jokes gemaak het glads vir my gesź ek is hastig om Jesus te ontmoet ek dit glad nie snaaks gevind nie want hylle weet eerstens nie hoe seer jy is om tot op so ‘n punt te kom nie, maar terselfde tyd weet ek die Here het ‘n plan met alles so ek vertrou.  ‘Gaan Shirley met trane in haar oė voort.

En dus gee sy Lucinda ‘n drukkie. ‘Dankie Shirley ek weet ek gaan oraait wees want ek kan nie daai man verander nie maar en ek ken jou nie lank nie maar die vraag is gaan jy oraait wees want jy klink baie onseker oor die dat jy weer jou boyfriend ‘n kans gegee het.’

‘Ek weet ek is onseker , my kop en dit wat my hart soek baklei met mekaar ek weet ek het hom lief maar is dit genoeg?  Gaan hy my weer verneuk?’  Vra Shirley aan Lucinda.

‘Ek is nie in ‘n posisie om raad te gee nie maar staan ‘n bietjie terug..En kyk ‘n bietjie na jouself …Jy is ‘n mens …jy is beeldskoon… jy kan enige man kry wat jy soek.  So ek glo op die einde van die dag gaan jy doen wat vir jou die beste is kyk net jouself deur ‘n derde persoon miskien iemand wat op na jou kyk en dan sal jy besef wie en wat jy rerig is. Shirley huil as jy moet huil man ek het vir maande oor die boyfriend of sal ek sź sissie van my gehuil en steeds het dit nie gehelp nie want kyk waar is ek in die hospitaal hoekom?? Want ek nie gehuil om te genees nie ek gehuil omdat ek nog steeds vas gavang was in die feit dat ek dit moeilik gevind het om die lewe sonder hom aan te pak.. Nou wat ek eintlik probeer sź is huil om oor dit te kom want is amper soos jy verloor iemand aan die dood dus hoe dit voel die verskil is net jy sien die persoon elke dag.  Maar soos jy oor jou ouma of enige belangrike mens se dood in jou familie gekom het sal jy oor jou ergste pyn en hart seer kom. .. Maar net jy kan laat gaan, maar laat gaan wanneer die tyd reg is… vat jou tyd ek weet julle saam maar dit gaan tyd vat om hom volkome weer jou hart te gee, wees Geduldig met jouself ek wens ek kon na my eie woorde luister, en toepas maar dus moeilik maar jy het ‘n nuwe vriend in my.’  Die trane rol van Lucinda se oė sy voel daai koneksie wat Sy sopas met Shirely gemaak het.

En daar wat Shirley staan stroom die trane ook van haar wange af.

Dus kom Lennon die kamer binne.

‘Hey my mooiste”  Gee Lennon van agter af vir Shirley ‘n drukkie.

“Dankie vir die gesprek Lucinda’  Gaan Shirley voort.

‘Stel jy my dan nie voor nie?’  Vra Lennon.

‘Argg waar is my kop Lucinda dit is Lennon, Lennon dit is Lucinda.’

‘Aangename K-ENNIS Lucinda’  Die Twee skit mekaar se hande.

‘Dankie Shirley ek en jy sal later praat.’  Gaan Lucinda voort.

En dus gaan Shirley en Lennon na haar bed toe.

‘Kan ek langs jou lź?’  Vra hy met onskuldige oogies.

‘Jy is meer as welkom Mnr O’Reilly’  Gaan Shirley voort.

En dus lź die twee en kyk na mekaar.

‘Jy weer gehuil Shirley?’  Vra Lennon terwyl hy diep in haar oė kyk.

‘Ja ek het weer gehuil..’  Gaan sy voort terwyl sy ook diep in sy oė kyk.

‘Waaroor?’  Vra hy.

‘Ek gaan eerlik met jou wees ek is onseker oor die tweede kans, ek weet ek het jou lief maar ek is steeds bang jy gaan my weer seer maak en dan is ek weer terug waar ek begin het…’  Shirley maak haar oė toe soos die woorde haar mond verlaat, sy wil nie Lennon se reaksie sien nie.

Hy vat haar hand en plaas dit op die plek waar sy kan sy hart klopping voel.

‘Ek sal vir altyd jou enigste wees, soos die son wat nooit ophou skyn nie en nooit verdwyn nie… Ek is rerig lief vir jou Shirley glo my as ek sź die hele Leah ding was ’n fout gewees, ek weet nou by wie ek wil wees en dus by jou glo my ek sal jou nie weer deur so iets sit nie.’

Shirley het haar oė oop gemaak en sy kan in Lennon se oė sien dat hy genuinely lief vir haar is en alles wat hy sź bedoel hy.

‘Ek is net so lief vir jou, en ek gaan letterlik hierdie keer weer my hart in die spel sit maar onthou as jy my hierdie keer seer maak is daar geen terug draai nie want ek kan nie jou heeltyd vergewe nie ek voel al klaar soos ’n gek omdat ek jou ’n tweede kans gee, maar ek gaan nie na mense luister nie ek is lief vir jou jy gee my ’n gevoel wat niemand anders my kan gee nie ek glo jy is die moeite werd moet my asseblief nie weer teleurstel nie Lennon ek smeek jou.’  Die trane loop weer uit haar oė want dit voel vir haar sy smeek hom om te verander maar die bal is Letterlik is sy hande, haar hart is in sy hande en dit hang af wat hy daarmee gaan maak.

Hy glimlag terwyl hy sy hande oor haar wange streėl. “Jy moet Mosselbaai toe saam my kom om my ouers te ontmoet net om jou te wys ek is erinstig oor ons, ek belowe jou ek sal jou nooit weer teleurstel nie want niemand het my lief soos jy my lief het nie.’  

‘Rerig? Gaan jy my aan jou ouers voorstel rerig?’ Vra Shirley asof sy dit nie glo nie.

‘Ek belowe Shirley’  Gaan hy voort terwyl hy sy hande om haar lyf sit.

‘Ek het die arms verlang.’  Fluister Shirley.

‘Ek weet en ek die lyfie.’  Maak Lennon ’n opmerking.

‘Ek wil hź jy moet my help om uit die hospitaal te escape hulle wil hź ek moet hier bly om ’n sielkundige te sien en ek sien nie kans daarvoor nie..’  Gaan Shirley voort.  Lennon se oė rek skierlik ’ Ek kan nie jou help om dit te doen nie Shirley, ek wil graag hź jy moet die sielkundige sien, jy het trauma ervaar en ek wil graag hź jy moet beter raak doen dit vir ons verhouding.’

“Ek en jy is mos nou fine so wat is die van ’n sielkundige ek voel nie dit gaan help nie ek was gebreuk maar jy is mos nou hier om my heel te maak’  Gaan Shirley voort.

‘Jy moet aan jouself werk Shirley, jy is afhanklik van my om jou gelukkig te maak en dit werk nie so nie…jy moet jouself eers weer gelukkig maak en ek sal saam met jou die pad stap ek belowe.’  Gaan Lennon voort terwyl hy haar ’n soen op haar voorkop gee.

“Ek wil hier uitkom en jy gaan my help jy het nie ’n keuse nie..’

‘Sien jy, jy wil altyd in control wees hoekom??? Jy over-think goed alweer, gaan atleast na die eerste sessie en dan sien jy hoe dinge gaan asseblief.’  Gaan Lennon voort.
‘Stry ons alweer?’

‘Nee ons doen nie jy moet net begin luister na my’  Gaan Lennon voort.

‘Dus miskien hoekom ek Klein outjies date want ek likes in control wees’ lź en dink Shirley terwyl sy Lennon in die oė kyk.

‘En as jy nou sommer stil is’ Vra Lennon,  ‘Dink sommer dat jy rerig reg is, ek moet nie so over-think..’ 

Dus kom die nurse in ‘So vroeg jong man klim van die bed af, die is nie KING KONG se kamers nie toe’

En dus vlieg Lennon vinnig op.

"WAT IS DIE MODUS OPERANDI VAN LENNON? SAL HY WEER VIR SHIRLEY SEER MAAK?,MOENIE DIE HOOFSTUK MIS VAN DIE VASELINE POT.  HAAL NOU DIEP ASEM IN EN UIT, AUNTY RONA MOET GAAN RUS..."

"SOMS is 'n koppie koffie saam met 'n goeie vriendin, al die BERADING wat jy nodig het..."





12 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Kommentare


All Videos

All Videos

bottom of page