top of page
Search

Die Vrou 14

Updated: Aug 4, 2020

“Shirley moet nie laat die gevoelens jou beheer nie, glo dat jy sal beter raak en jy sal maar as jy aanhou daaraan gaan dink en worstel oor what if…gaan jy jouself in die voet skiet… ek wil hê jy moet beter raak… wees dankbaar vir die mense wat altyd daar vir jou is, Lennon gee nie ‘n duiwel om oor jou en hoe jy voel nie, hy is gelukkig daar waar hy nou is.? Gaan Demi voor. Shirley lug haar kop en kyk na Demi, ‘Dus die waarheid maar dus nie wat ek nou wil hoor nie bel vir Lennon laat weet hom ek is in die hospitaal asseblief Demi ek moet hom sien.’ ‘Dit gaan ek rerig nie doen nie, jy kan maar nou kwaad vir my wees ek gee nie om nie maar ek gaan nie vir Lennon bel en laat weet wat gebeur het nie hy gaan hom net verheerlik, jou ouers is oppad en ek het hulle alles vertel so jy moet jou maar reg maak ek gee rerig nie om of jy my nou haat of ’n ding nie maar dus wat jy sou doen as jy sien jou beste vriendin is besig om agter uit te gaan.’ Demi is heel kwaai Shirley sit daar met ’n mond vol tande. Dus kom die nurse en help, Demi verduidelik wat Shirley gedoen het en wys die leeu pille sakkies vir die nurse sodat hulle weet wat om te doen. Dus vat hulle Shirley in om haar te ondersoek. “Mev Marais jy sal moet hier bly vir paar dae” Maak die dokter duidelik. ‘Hoekom dan nou, Dokter het sopas gesê ek is dan fine’ Sit Shirley ’n stry op. ‘Die kanse dat as ek jou nou huistoe stuur en jy dit nie weer gaan doen is skraal so jy gaan hier bly en vir sielkundige behandeling gaan vir net 3 dae en dan kan jy huistoe gaan.’ Shirley rol behoorlik haar oë. Dus vat sy haar foon en stuur Lennon ’n boodskap. ‘Ek hoop jy is bly, jy het my hart gebreek, jy het my van binne gebreek, jy het my gesny in stukkies, jy het my sinne geskeer in woorde wat nie meer heel sinne kan maak, ek wens ek geweet hoe om jou op te gee al wat ek vra is kom maak alles weer heel Lennon ek is nog lief vir jou ek wil hê ons moet weer probeer asseblief jy het my nou gebreek en net jy weet hoe om die stukke weer aanmekaar te sit asseblief. Jou liefie Shirley.’ Sy stuur die boodskap met trane in haar oë dus kom Demi in met Shirley se ouers. ‘My kind’ hardloop Lee na Shirley toe en druk haar vas. Haar Pa loop stadig maar seker nader. ‘Wat jou besiel Shirley my hoë bloedruk is Sky High deur jou nonsense hoekom?? Hoekom het jy pille gedrink oor ’n boyfriend? Is dit die moeite werd my kind? Is dit? Ek lus en bliksem jou met die slipper’ gaan Lee al te kwaai voor. ‘Lee is nie nou die tyd om haar ter verskreeu nie asseblief’ Leon (Shirley se Pa) maak sy vrou stil. ‘Sien jy hoekom ek nie wou hê jy moet hulle laat weet Demi’ Gaan Shirley voort terwyl sy vir Demi ’n kyk gee. ‘Dus alright Pa se PRINSES’ Haar Pa vryf haar hare. Terwyl haar Ma daar staan dik kwaad. ’Ek gaan nou daai Lennon bel! Hy ken nog vir Lee Marais min.’ En dus haal Lee haar foon uit haar handsak. ‘Ma jy gaan alles net erg maak los vir Lennon, hy ook net ’n fout gemaak niemand is perfek nie.’ Skreeu Shirley van die bed af. Lee ignoreer vir Shirley en stap dan uit die kamer en bel dadelik vir Lennon. Sy sê nie nog Hello nie sy gaan reg uit na die punt toe. Lee: Jy my dogter se hart gebreek sleg ding, ons familie was goed vir jou!! GOED! En dus hoe jy ons terug betaal deur ons dogter seer te maak. Maar Luister mooi na my, jy block haar nommer vandag en bly weg van haar af laat ek hoor jy stuur weer vir haar boodskape of bel dan gaan jy vir my kry.. Lennon: Maar Auntie, Shirley is die een wat my pla. Lee: EK wil niks hoor nie block haar nommer en ek sal seker maak sy block jou nommer verstaan ons mekaar? Lennon (met seer in sy stem): Ja Auntie. Dus drop Lee die foon is sy oor en stap terug in die kamer… ‘Kan Ma asseblief loop’ Skreeu Shirley van die bed af. ‘Hoor die donderse kind Leon jy better praat daar’ Vererg Lee haarself daar waar sy staan. ‘Shirley jy praat nie so saam met jou Ma nie, vra dadelik Onverskoning’ Maak Leon himself duidelik. Shirley sit ewe dik bek ’Jammer Ma’ Sê sy sonder lus. ‘Is min pakslae wat jou so het, ruk daai bek reg of ek ruk dit vir jou reg’ Gaan Lee voort. ‘Ek mos gesê ek is jammer’ ruk Shirley haar weer op. ‘Ek gaan nie die kind se maniere vandag duld nie.’ Dus trek Lee haar slipper uit en begin bliksem vir Shirley van ’n kant af. Leon staan mooitjies terug, Demi is geskok daar waar sy staan. ‘Ek is die Ma en jy is die Kind, jy gaan luister of ek maak jou luister. Jy laat ek jou sistertjie by die huis los om agter jou te hardloop.’ Praat Lee met elke hou wat sy insit. ‘Ek is jammer Ma ..Ek is jammer’ Kreeun Shirley van die pyn. Die een nurse wil vir Lee sê sy moet ophou maar sy is te wild vir die coloured auntie wat nou so omkeer. ‘En maak weer jou mond oop en wees disrespectful dan klap ek jou laat die pis loop.’ Maak sy haarself duidelik. Shirley se oë is groot in haar kop. Lee sit die slipper weer aan haar voet. ’En laat ek weer hoor jy is deurmekaar met Lennon dan gaan ek die hose pipe vat en julle altwee goed bliksem, so kan jy darem nie van jou ’n gek maak nie, jy is sterker en beter as die jy het van alles. Jy het jou eie kar, jy bly in ’n gemaklike huis, jy kry elke maand sak geld, jy studeer. En dan wil jy kak soos die aanvang oor ’n manetjie? Nee man ek en Leon het jou nie so groot gemaak nie ons het voor die een Here nie. En jy weet waardeur ek en jou Pa se huwelik gegaan het…’ ‘Hier gaan my vrou alweer..’ val Leon vir Lee in die rede. ‘Nee jou dogter weet hierdie dinge, sy het saam my gesit as ek so huil en bid dat jy moet huis toe kom. Sy weet waardeur ek is en sy gesien hoe ek dit hanteer het met my bybel voor my. As ek die seer kon survive kan sy ook en sy het nie eers kinders van die bliksemse aanmekaar figure nie. Wat lyk asof sy kop te groot is vir sy lyf donderse vuil melk kind.’ Gaan Lee voort. Shirley sit en luister met trane in haar oë. ‘Ek het nooit op jou gecheat nie. Lee’ Spring Leon in. ‘Ja jy het nooit nie, jy was net ’n syp gat, maar ons prys die Here jy is beter vandag.’ ‘Ma ek hoor vir Ma en ek is jammer maar ek het Lennon my alles gegee ek is diep lief vir hom.’ Gaan Shirley voort. ‘Een vraag is hy lief vir jou?’ Vra Lee. ‘Hy is lief vir my ek weet dit hy het net ’n fout gemaak wat hy berou.’ Antwoord Shirley haar Ma. ‘Nee my kind hy is nie lief vir jou nie en dus die realiteit hy was lief vir dit wat jy hom kon offer..’ Gaan Lee voort. ‘Dus nie die waarheid nie, Ma ek ken Lennon en hy is lief vir my. Hy is lief vir my ek weet dit.’ Die trane loop uit haar oë. ‘Dus nou genoeg Lee, troos haar liewers, ons weet nie hoe sy voel binne’ Gaan Leon voort. Demi staan en hou alles fyn dop sonder enige woorde maar haar hart breek vir haar vriendin daar waar sy staan en aanskou. “Dus alright my kind jy gaan eendag gelukkig wees en dan gaan jy terug kyk en lag oor die hele situasie met Lennon, ek kan dalk nie relate nie want my eerste liefde was jou Pa gewees maar ek het al dinge met hom deur gemaak en ek kan jou sê geen pyn is vir ewig nie my angel oog.. Kyk rond om jou, jy het vir my, jy het jou Pa, jy het jou baba sistertjie wat mal oor jou is, jy het vir Demi, ons is almal hier, jy het nie vir Lennon nodig nie.’ Lee hou vir Shirley styf teen haar bors vas. Haar trane loop saam met Shirley sin. Dus los Lee vir Shirley en vee haar trane af ..’My engel oog ek wil net vir jou dit sê voor ons loop, onthou elke dag is nie goed nie,maar ons moet die lewe voluit lewe en nie almal vir wie jy lief is gaan jou terug lief hê nie. Maar Hê in elk geval lief, Nie almal praat die waarheid nie, maar my kind wees ten alle tye eerlik. Nie alle pyn is vir ewig nie maar dit vorm jou, het jy al ’n potter bakker gesien? Die klei aan die begin lyk so lelik soos môre die heeldag as daardie potter bakker klaar is met daai klei dan is dit mooi… Dus hoe Jesus werk, hy vorm jou deur al hierdie dinge na jou toe te stuur en op die einde van die dag is jy perfek soos daai beeld wat die potter bakker skep. Leer om die mooi in niks te sien.’ Lee gee vir Shirley ’n drukkie. ‘Dankie Mammie, ek Waardeur die raad en ek sal my bes probeer om dit te onthou ek wens my sister was hier.’ Gaan Shirley voort terwyl sy haar trane afvee. ‘Ek kan haar nie saam gebring het nie sy voel effens nie lekker nie dus kan ek en jou Pa nie lank bly nie ek het haar by my sister gelos maar Demi is hier, ek sal elke dag bel om te hoor hoe jy voder.’ ‘Lee voel effens sleg omdat sy moet Shirley in so ’n toe stand los maar sy kan nie anders, sy het ’n 1 jarige wat op haar staat maak… ‘Ek is groot Mammie en ek is vir 3 dae in die plek. Maar ek hoop sissie raak gou gesond.’ Sig Shirley effens. ‘Sisie sal as groot sis haarself gaan op pas. Jirri ek kan nou nog nie glo Lennon het jou so verkeerd gedoen nie, maar ek het ’n gevoel gekry jy weet daai gevoelens wat ek altyd kry as ek iemand nuuts ontmoet en hulle energy stem net nie oor een met myne nie ek het jou Pa gesê daai dag toe julle van die huis af ry dat iets omtrent daai manetjie nie reg is nie maar hy gesê ek sien spoke as ek maar net my gut feeling gevolg het oor hom my kind dan het jy nie so seer gekry soos jy nou seer gekry het nie.’ Gaan Lee voort. ‘Ek sal hom dik donner as ek hom in die hande kry niemand mors met my prinses nie, niemand.’ Maak Leon Homself duidelik. Shirley sit en glimlag. ’Julle is die beste ouers ooit, Dankie dat julle so streng op my is en my die nodige liefde gee… En Mammie hoef nie te worry nie dus nie mammie se skuld nie ek was gelukkig gewees en dus al wat vir Mammie op daardie oomblik saak gemaak het…En Daddy jy het jou foute maar nooit sal jy my in die steek laat nie jy is altyd hier as ek jou nodig het ek is baie lief vir Daddy moet asseblief nie vir Lennon slaan nie Karma sal met hom af reken. En Demi ek en jy ken mekaar nou net vir ’n jaar maar jy het my kom wys wat ware vriendskap is ek weet ek is soms harde gat en harkopig maar ek is onvoorwaardelik lief vir jou Meid moet dit nie vergeet nie, sal ‘n bullet vir jou vat.’ Demi se trane loop vir mooi woord en Lee versmoor vir Shirley met ‘n drukkie dus kom Leon ook. “En ons is lief vir ons Shirley.’ praat Leon en Lee saam. ‘Dus tyd om te gaan Demi moet ons jou gaan aflaai by die huis?’ Vra Leon. ‘Jaa Uncle Leon’ Dus groet hulle vir Shirley. Shirley lê op haar foon toe hulle weg is. En dus kom daar ‘n oproep van Lennon deur. Alles in haar wil dit nie antwoord nie maar dan antwoord sy. ‘Shirley, Shirley is jy oraait lief is jy oraait ek gehoor jy het pille gedrink in watter hospitaal is jy…’ HY klink baie bekommerd. Shirley luister net en dan rol die trane weer maar daar kom geen woorde uit haar mond uit nie… Shirley praat steeds nie ‘n woord nie. ‘Shirley ek is so jammer oor alles’ Begin Lennon te huil aan die anderkant van die foon. ‘Uhmm’ is al wat Shirley kan uit kry. ‘Ek is rerig jammer Shirley, ek is lief vir jou jy moet dit weet en jou Ma my gewaarsku om weg van jou af te bly maar ek kan nie, veral nou met die self - moord attempt’ Gaan hy baie hart seer voort. En dan vee Shirley haar trane af ‘Ek is by Livingstone Hospitaal, vyde vloer, saal D1, maar besoek tyd is seker al verby.’ ‘Ek gee nie om nie ek KOM…’ En dus drop hy die foon. Baie dinge gaan deur Shirley se gedagtes sy kan nie glo hy is oppad nie en dat hy ‘jammer’ gesê het… ‘Wat is jy weer mee besig Lennon?? Want ek verstaan nie’ Praat sy met haarself terwyl sy lê en die ceiling staar. Haar skouers ruk van die hart seer want sy is deurmekaar, sy weet nie wat sy intensies hierdie keer is nie maar sy is lief vir hom en glo in hom. Dus kom Lennon in gehardloop soos ‘n superhero. ‘Batman” Hy kyk in Shirley se oë en sy kyk in sy oë die stilte heers in die kamer en dan verlaat ‘n traan albei se linker oë dit lyk soos iets uit ‘n fliek. En dan sit Lennon sy hand in Shirley se hand en sit skyns langs haar op die hospitaal bed. Shirley haal effens swaar asem ‘Lennon…’ ‘Sssht jy hoef nie ‘n woord te sê nie ek is nou hier.’ Gaan Lennon voort. ‘Lennon ek is moeg om vir ons te baklei ons sê altyd dieselfde goed en dan maak ons mekaar weer seer…’ Antwoord Shirley met ‘n swaar knop in haar keel. ‘Hierdie keer gaan anders wees ek belowe ek is lief vir jou Shirley’ Die trane loop van sy oog banke af. ‘Ek kan nie Vokken asem haal nie Lennon maar nog steeds gee ek nie op nie ek wil saam met jou wees…’ Die trane verlaat ook haar oë en loop stadig oor haar wange soos die woorde haar mond verlaat. Dus vee Lennon die trane stadig maar seker van haar wange af. Shirley maak haar oë toe vir ‘n oomblik want sy het Lennon se hande verlang. ‘Ek is mal oor jou Shirley’ En dus soen hy haar en sy soen ook met passie terug. ‘Belowe my net een ding Leah is iets van die verlede?’ vra Shirley die oomblik toe hulle mekaar los. ‘Ek belowe, maar kom ons Fokus nou op jou en jou gesondheid…pille?rerig oor my?’ Vra hy met soveel op sy gesig. ‘Ek is lief vir jou Lennon en dit moet jy nou al teen die tyd weet ek kan nie sonder jou nie..’ Gaan sy voort. ‘Maar nou het jy jou ouers betrek my bokkie, hoe gaan ons nou weer reg maak met hulle? Selfs Demi hulle sal my nooit vergewe nie dus moet ons, ons tweede kans ‘n geheim hou.’ Maak Lennon Homself duidelik. ‘Ek weet ek moes ons break up stil gehou het maar dit het my net te seer gemaak ek kon nie met dit op my eie deal nie ek was en is steeds seer ek wil saam jou wees maar ek sal altyd wonder of jy nie my dom weer gaan maak nie.’ ‘Ek weet maar kan ons nie dalk in ‘n Open Relationship wees?’ Vra Lennon. ‘Wat?’ Shirley vee dadelik haar trane af en gee vir Lennon ‘n ‘WTF’ kyk. ‘Ek maak net ‘n joke my lief relax!’ hy vinnig vir Shirley gerus. ‘Jy beter, want jy moet nou al teen die tyd weet ek deel jou met niemand nie.’ Gaan sy voort. Lennon trek sy skoene uit en klim saggies in die bed langs Shirley en hou haar vas. En dus kom Lee daar in baie hastig “Shirley ek het my Watch hier verg…” En dus sien sy vir Lennon…






12 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comentarios


All Videos

All Videos

bottom of page