top of page
Search

Die Vrou 11

Updated: Jul 30, 2020

Demi gee vir Shirley ‘n drukkie “Meida wat het hier gebeur?’

“Ek dink jy weet maar ons nog nie klaar met hom nie” Shirley gee vir Demi die teiser.  ‘Kyk hom ek is nou terug’

‘Jirri Shirley, kyk hoe lyk jy, wat gaan haal jy nog los hom, kom ons sit hom uit.’  Demi is baie deurmekaar want alles het so vinnig gebeur.

Maar sy doen soos Shirley sê sy gaan staan naby Lennon.

‘Hoekom doen julle twee al hierdie goed aanmekaar?Hoekom maak julle nog mekaar veder en veder seer, het julle nie nou al genoeg skade aanmekaar gedoen nie?’  Vra Demi vir Lennon.

‘Jou Bipolar vriendin veroorsaak al hierdie onodige drama..’  sukkel Lennon uit want hy is nog in pyn van die teiser.

‘Nou gaan jy te ver, jy kan haar alles noem maar net nie mal nie, want ek ken haar, jy bring die monster in haar uit, Sies, kry skaam.  En dan wil jy die victim speel ek ken vir Shirley en jy het haar gebreek in maniere wat ek nog nooit gesien het iemand is gebreek nie, sy is besig om haarself te verloor deur jou Lennon.  Jy kon haar net gesê het jy voel nie weer dieselfde oor haar nie, maar neee jy gaan maak haar dom met ‘n bitch wat vir lelik defineer.  Maar julle verdien mekaar want wat julle aan my Shirley gedoen het was nie reg nie.  Jy haar uitgevreet sy nog vir jou bus kaartjie gekoop om terug van jou hoer af te kom, sy elke dag vir jou kos weg gevat, sy het elke keer vir jou na plekke gery as jy iets nodig het, sy was daar vir jou.  Sy het my glads sekere dae afgeskeep om tyd saam met jou te spandeer en wat doen jy Lennon.  Jy gooi alles in haar gesig terug.  Dus nie hoe jy iemand behandel wat haar hele wêreld en meer vir jou gegee het nie’  Demi is so kwaad dat die trane rol en dus druk sy weer daai teiser hierdie keer op sy boude.

Lennon lê en ruk, ruk net aan een die pis loop al.

‘Genoeg vriendin ek het vir hom iets gebring’  Maak Shirley haar verskyning met ‘n bottel ‘Black Cat Peanut Butter’  in haar hande.

Demi kyk vir Shirley aan met die Bottel Peanut Butter.

‘En nou Meit?’  Vra sy onseker.

‘Ons gaan ‘n tea party hou met prinses Lennon as ons eere gas.’

Gaan Shirley heel rustig voort, terwyl sy na die hang kas gaan om een ‘n “Tie” te kry een van Lennon se eie “Ties”.

‘Meit vat jou kop reg?’  Vra Demi.

“Dit doen Vriendin maar honger honde soos Lennon moet ‘n les geleer word, spaar mos geld om sy meit wat kom te entertain, hy laat sy eie maag daar onder lei.’  Sy die peanut butter op die spieël kas neer.  En stoot die spieël kas stoel nader.

‘Kom Demi help my sy bene en hande vas maak’

Hy kan steeds nie beweeg nie.

Demi is ook nie lui nie, sy help Shirley.

“Asseblief Shirley ek sal loop, ek sal na my kamer toe gaan, asseblief los my net’  Smeek Lennon.

Shirley kyk vir Demi en dan na Lennon toe’ OOO die sterk man wat hou van cheat het  sy broekie nat gemaak shame.’

‘Dus hoe geheeu verlies lyk’  Bars Demi van ‘n kant af.

Shirley lag ook baie lekker saam en High Five vir Demi.

‘Kom laat ons hom op die stoel kry’

Die twee het vir Lennon sukkel op die stoel gesit.

‘Demi gaan sit solank die ketel aan ons girls het ‘n lang dag wat voor lê maar eers bring vir my ‘n tea lepel..’

‘Jy laaiks orders gee Shirley, maar okaay ek gaan kry dit’

En dus is Demi uit by die kamer.

Shirley sit en hou die teiser ‘Soek jy nog van die?Huh? Lennon?’

‘Hou op ek wil net na my kamer toe gaan ek sal jou nooit weer pla nie asseblief ek smeek jou.”  Gaan Lennon voort met sy oë wat groot is in sy kop.

Dus kom Demi terug met die lepel.

‘Meit los daai Rooibos tea eers jy moet sy mond kom oop hou’

Demi het nie ‘n Tea lepel gebring soos Shirley gevra het nie sy het ‘n eet lepel gebring en dus te in Shirley se skik.

‘Gaan ons hom nou Peanut butter voer?’ vra Demi verbaas.

‘Ja hy hou mos nie van dit nie, maar vandag sal hy eet, hy het mos nie by sy kamer nie arme siel.’

Demi kan nie haar lag hou nie. ‘Ek kannie met jou deal nie.’

‘Asseblief Demi ‘Praat Saam” Shirley!’  Smeek Lennon.

Dus druk Shirley ‘n lepel vol peanut butter in sy mond.

‘En Waag om dit uit te spoeg, sien jy die teiser, Ma se baba? Ek gaan die baba met elke uitspoeg so twee van die beste met hierdie speel dingetjie gee en dus mos nie wat die baba soek nie, neh?’  Praat Shirley in ‘n koddige stem.

Lennon skud net sy kop, en begin sluk die Peanut Butter.

“Is hy nie oulikies nie Demi?  AAAIH jinne Ma tog’

Demi se trane loop soos sy lag.  

‘HOU op Shirley jy gaan tronk toe, die arme mense se kind.’

‘Hy verdien elke oomblik hiervan as ek moet dink aan hoe ek amper ongelukke gemaak het deur hom hoe my kussings nie droog bly deur hom.’  En met dit skep sy weer ‘n hewige lepel vol.

‘Hier kom die traintjie, hier kom die traintjie, maak oop baba’  Gaan sy voort.

Lennon maak ook maar sy mond oop en begin sluk.

Dan verstuk hy.  Shirley skrik so groot, ‘Water Demi Water’  Demi hardloop ook maar vinnig kombuis toe.  Lennon is rooi soos hy verstuk.  

Shirley slaan hom met ‘n helse klap agter sy rug ‘Kom reg toe, kom reg’ Begin sy bang raak.

‘Demi maak vinnig jirri’

‘Ek sukkel om asem te kry die goed sit in my keel’  Probeer Lennon vir haar sê.

‘Ek wil hom rerig nie dood hê nie hemel se Vader.’

Shirley is op haar kniee,, sy begin bid.

‘Kyk die vrou sy bid liewers, Kom Shirley staan op  hier is die water.’
‘Demi Jesus het my pas gewys, LENNON MOET DOOD.’

‘Is jy van jou kop af hier is die water’  Demi wil nie aan Lennon raak nie.

Shirley gaan sit verklaar in ‘n hoek in die kamer.

Demi moes moet vir Lennon water in jaag.

‘Is hy al dood’ vra sy ewe erinstig met haar kop tussen haar bene.

“Vrou kom net uit daardie hoek uit asseblief hy is alright, die water hom gehelp’  Demi sit verklaar swak voor Lennon.

‘Shirley Marais jou koppietjie raas rerig, jy was nou benoud toe jy sien hy gaan dit nie maak nie dus asof jy wens hy het dood gegaan weet jy hoe verlig ek is dat hy lewe maar hier gaan groot consequences kom..’  Gaan Demi voort.

Lennon is diep aan die slaap steeds vas gemaak op die stoel.

‘Hy sal nie wag om vir ek en jy oor te gaan gee aan die polisies nie, hy het eerste aan my geslaan en ek het bewyse so as hy na die polisies toe hardloop gooi ek net voor dit was self - defense en plus die idiot het nog gelieg hy het geheeu  verlies hospitaal dokumente lieg nooit nie so ons gooi net voor hy weet nie waarvan hy praat nie…Los alles in my Bekwame hande Demi.’  Gaan Shirley voort heel dapper.

“Belowe my net een ding?’ Demi staan op en hou Shirley aan haar hande.

‘Ek luister?’

‘Alles stop vandag, jy het nou jou revenge gekry is tyd om aan te beweeg met jou lewe asseblief ek jou gehelp so doen my die guns laat gaan is tyd om die stukke op te tel.’

‘Ek belowe, maar nog net een ding ek moet vir Prinses Thurston die bewyse stuur…’ Dus los Shirley Demi  se hande en gaan na haar laptop.

Sy dink nie nog twee keer nie, sy stuur die videos waar sy en Lennon gevry het en hy in haar bed lê na haar foon toe, sy haal die sex scenes uit net om haarself te beskerm maar die soen en die cuddle scenes los sy in die videos.  Dus dink sy nie twee keer nie, sy stuur dit vir Thurston op whatsapp.

Demi staan en hou vir Shirley dop.

‘As dit jou gaan beter laat voel meit, kan ek jou nie keer nie.’

En dus kry Shirley dadelik ‘n boodskap van Thurston af.

‘Die is siek, psychopath behaviour.’

Shirley wys vir Demi die boodskap, ‘Kyk die pop’

‘Haar hartjie brand daar wat sy is Shame’

Gaan Demi voort.

Dus type Shirley terug. ‘Ek wou jou maarnet laat weet met wie en wat jy te doening is, jy is mos kamig anders ek jou gesê wat hy aan my gedoen het, Kan hy aan jou doen.’

‘Jy kan vir Lennon O’Reilly kry en ek is klaar met hom, Happy?’

Stuur sy ‘n boodskap terug.

Shirley is doodstil, Demi hou vir Lennon dop wat lyk asof hy wakker begin raak.

En dan type sy weer ‘Sister girl ek het my tyd met hom gehad. Guess it’s your turn now.  Geniet die hoer terwyl jy kan.’

‘Los my uit asseblief, Jy is vokken siek in jou kop.’

Shirley het haar nie eers moeg gemaak om te reply nie.

Dus skrik Lennon wakker.

‘Dus tyd, die son trek al water hier buite.’

Gaan Demi voort.

‘Maak my los, jy Shirley jy gaan betaal.’  Begin Lennon te skreeu.

‘Shut up jy maak geraas, voor ek jou na jou plek vat moet ek eers paar rules neer lê, jy luister en luister mooi… jy sal seker Binnekort uitvind jou precious sweetheart het bewyse gekry dat jy hier oor geslaap het en alles dus alles op videos en sy het dit. Sy was mos onder die indruk dat jy al ter rustig in jou kamer is …maar nie te min jy gaan nie ‘n woord vir die polisies of engie iemand sê nie, nie eers daai beste vriend van jou nie … Sien ek het videos van alles wat hier in die huis en in die kamer gebeur het so wag om polisies toe te hardloop en ek wys hulle jy het my eerste geklap en ek het myself net verdedig… en moet nie nog maak laat ek jou Geheeu verlies expose nie.  Ek like nie die Speeletjie nie maar jy wou mos speel en ek verloor nooit nie.’

Gaan Shirley heel kalm voort.

‘Jy het wat vir Leah gestuur.  Teef ek het kaal foto’s van jou, ek kan jou destroy.’  Gaan Lennon voort.

Shirley sê oë rek behoorlik terwyl Demi haar kop vashou.

‘Jy het wat?' En dus gee Shirley hom ‘n klap.

‘Jy het my reg gehoor, Jy delete daai videos en ek delete jou foto’s, jy dink mos jy donders te smart.’  Gaan Lennon voort.

‘Doen net wat die siek ding sê Shirley hy kry nie eers vokken skaam nie breuk jou hart en nou wil hy jou nudes versprei’  Demi gee ook vir Lennon ‘n helse klap.

‘Sien jy die Peanut Butter moes die ding vrek gemaak het.’

‘Julle kan my maar klap en slaan soos julle wil maar julle twee gaan sien, ek wil nice speel maar twee kan hierdie game speel.  Shirley delete nou dadelik daai goed op jou laptop.’

Gaan Lennon voort.

Shirley is bietjie geskrik maar sy weet diep binne wat haar plan is.

Sy gaan haal die laptop Demi hou haar fyn dop.

‘Jy eerste Lennon, Demi gaan haal daai foon in die gang.’

‘Okay nes jy dit wil hê’ gaan hy voort.  Demi het die foon gaan kry.

‘Password asseblief.’

‘Op een voorwaarde, Demi delete die videos terselfde tyd soos jy jou foto’s delete.’

‘Deal’  Shirley handig die laptop oor aan Demi.

Lennon gee sy password vir Shirley en so begin die deleting proses aan albei kante.

‘Die is nie eintlik nudes nie vriendin kyk ek is maar net maer kan mos nie so gesien word, kyk my bene’

Shirely is net in haar Bra en Panty in die fotos Lennon het dit skelm afgeneem sonder dat sy gesien het.

‘Arg dus nie so erg nie as hy dit wou doen, jy moes hom gelos het.’

‘Nee man ek wonder wat gaan die ou vir Leah Thurston die moerse meit sê maar soos ons Lennon O’Reilly ken, kan hy ‘n hond uit ‘n bos lieg jong…’ Gaan Shirley voort terwyl sy seker maak alles is van Lennon se foon af.

‘Hou jou mond Shirley, jy dink wat jy doen is reg.’  Maak Lennon homself duidelik.

‘As ek jy was praat ek laaster’  Anwoord Demi hom.

‘Vriendin hy sal mos geld op my spandeer die dag toe hy die kaartjie toe gaan koop het ientlik ‘n helse Spur date, gedink ek Shirley Marais is onder ‘n kalkoen uit gebroei ek wonder nog steeds as ek nie daai Saterdag oggend gevideo call het nie en hy so vinnig die call geindig het nie, sou ek seker nooit van my geweet het nie hy sou lekker daarmee weg gekom het …maar hy het met ‘n ander Cape Fletse poppie gemors die verkeerde een ek mag dalk sag lyk maar ek laat nie ‘n man oor my loop nie nooit. Veral nie ‘n luis soos die ding nie al wat hy in goed is, is Hoer, loop en rond slaap.  Wie weet watter dinge hy nog aan gevang het in sy kamer as ek nie by was..’

Demi lag al te lekker. Lennon is bloed rooi daar wat hy sit.

‘Dink net vir jou om koop met Spur, seker net laat jy better moet voel en hom kan trust..’ Gaan Demi voort.

‘Is julle vroue klaar, kan jy my nou los maak en huis toe vat.’  Vra Lennon.

Maar beide Shirley en Demi ingoreer hom hulle gaan voort met hulle gesprek.

“Mc Donalds Hoer dus wat hy is’  Gaan Shirley voort.

Demi se trane loop soos sy lag vir Shirley se dinge ‘Meit en jy ‘n Spur Hoer …hoekom jy nie Mc Donalds ge-order dat ons die ding kan in stop tot hy nie meer nie.’

‘Nee kyk hulle soort moet net Peanut Butter kry, ek sien nie eers meer kans vir Mc Donalds nie deur hierdie ding.’

‘Shirley maak my los.’

‘Sê asseblief Mev Marais.’  Lag Shirley

Beide sy en Demi het alles delete.

‘Beat thine ass then deliver them at home.’  Maak Demi ook ‘n grap van die eenkant af.

‘Ons moet ientlik vir hom ‘n Uber bel, maar ek wil hom persoonlik gaan aflaai.’ Gaan Shirley voort.

‘VIP treatment of wat Shirley’  Gaan Demi voort.

“Heel wat my eie, heelwat.”

Lennon is dik naar daar waar hy sit.

‘Sy ding moet pyn Shirley.”
‘Heelwat vriendin Ha Ha Ha.’
Dus maak Shirley vir Lennon los ‘OOO kyk die klomp boodskape van Prinses Leah’ …



Lat die wêreld ma' praat pêllie los en vas
'n sigaretjie en 'n kannetjie Oem Tas
en dis allright pêllie dis allright
ons kannie worry nie.

'n sigaretjie en 'n kannetjie Oem Tas
en 'n lekker meid en lekker anner dinge oe!

lat die wêreld ma' praat pêllie los en vas 
wat daarvan
wat daarvan
wat maak dit saak
soes die Engelsman sê,it cuts no ice
die Here het gaskommel
en die dice het verkeerd geval vi' ons
daai's maar als.

so lat hulle ma' sê skollie pêllie
nevermind..
daar's mos kinners van Gam en daar's kinners van Kain
so dis allright pêllie dis allright
ons moenie worry nie...

word vervolg,...













14 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page