top of page
Search

Die Intern 9

Updated: Jan 12, 2021

Fredds haal diep asem want hy wil nie so vroeg oor Erinstige dinge praat nie maar dan begin hy. ‘Wel as jy moet weet my verlede is besig om my in te haal.’ Hy sit die lepel neer en vir ‘n oomblik is daar stilte in die Kombuisie. En dan gaan hy voort ‘Wel de meisie wie ek jou nou die dag van vertel het, sy was my eerste groot liefde alles gewees totdat sy swanger geraak het dit was myne.’ Hy sak sy kop, want hy probeer die trane keer dit is nie vir hom maklik om oor dit te praat nie. ‘Is jy oraait?” Vra Roderick. ‘Ek het haar gedwing om ‘n aborsie te maak my bru, ek het ons kind vermoor. Sy wou eers nie maar later van tyd het sy ingested. EK was nie maar later van tyd het sy ingested. Ek was nie reg om ‘n Pa te wees nie en ek weet sy was ook nie reg nie ons was maar nog net in matriek. Alles het vinnig gebeur na die aborsie het sy net vreemd geraak en toe besluit ons dat dit beter is om ons verhouding te eindig. Watter Tipe persoon is ek Roderick??’ Elke woord het swaar uit sy mond gekom en die trane was onkeerbaar. ‘Wow, En jy dra die, die hele tyd saam met jou? Ek is jammer bra wens ek kon iets sê wat jou beter sal laat voel maar alles sal oraait wees. Maar moet nie laat hierdie jou onderkry nie want ek ken jou nie so nie. Dwelms is nie die uitweg jy dra nou al die baie lank maar nooit het jy na Dwelms gegaan vir vertroosing.’ Roderick weet nie moet hy opstaan en Fredds ‘n drukkie gee of wat nie. ‘Dit is die ding bra. Ek was oraait totdat ek weer vir haar gesien het, ek het haar baie lief gehad en is no steeds lief vir haar ons het goeie herinderinge gemaak. Ek het haar gedwing om ons kind dood te maak. Ek is ‘n moster!’ Fredds raak te emotioneel en ruk Homself op staan vir ‘n oomblik en vee sy trane af, Roderick sit no steeds regoor hom, hy weet nie wat hy moet doen nie. ‘Bra jy is nie ‘n monster nie kalmeer. Dink aan die groot prentjie as julle besluit het om die kin te hou sou julle vir die kind kon provide het? Jy sou tien teen een moes skool verlaat het en gaan werk het en sy sou ook nie terug skool toe kon gaan. Jy sal in die toekoms kinders hê.Jy hoef nie skuldig te voel nie.’ Roderick probeer die situasie verstaan en interpret net sodat Fredds beter kan voel. Fredds luister ook aandagtig na elke woord wat Roderick sê. ‘Jy praat die waarheid Roderick, en ek kan ook nie die verlede verander nie wat gebeur het gebeur. Ek wens net Beatrice kan dit so sien en vrede maak. Jy is ‘n bra op reg Roderick ek veruil jou vir geen persoon in die wêreld nie. Brasse soos jy is so skaars soos hoendertande. En hier dink ek jy gaan my judge.’ ‘Ek jou judge wie is ek om te judge? Ek is nie perfek nie my bra, ek het ook maar paar geraamtes in my kas.’ ‘Jy geraamtes? Dit sal die dag wees jy is dan so ‘n voorbeeldige soet seuntjie.’ Fredds het weer gesit om sy ontbyt klaar te maak. In ‘n manier het die praat met Roderick ‘n berg van sy skouers af gelig. ‘Ek sê jou nie kak nie, ek het life geraamtes in my kas. Ek het aan my Ex meisie geslaan dit het Klein begin eers met ‘n klap en so het dit verder gegaan ons was ook maar net tieners, ek was jaloers sy kon net met ‘n vriend of iemand wat sy ken gesels dan het ek aller hande opmerkings gemaak, ek het haar woorde gegee my bruh, woorde. En dit alles omdat ek dit in my ouer huis gesien het my Ma het aan my Pa geslaan sy het hom Letterlik mishandel hy was so lief vir haar dat hy nie eenkeer sy vingers vir haar gelig het nie, nie een keer nie. SY was die baas in die huis, ek kan onthou die een midday toe ek uit die skool kom toe loop die bloed van my Pa se gesig sy het hom met haar hakskoene gegooi. Ek het hom gesmeek om ‘n saak te gaan maak, maar hy was bang wat sou die gemeenskap van hom dink die polisies sou hom uit lag want watter vrou slaan aan haar man dit is mos belaglik. En so het dit aangegaan vir Jare en Jare totdat sy besluit het sy het hulp nodig. EN ek het ook besluit ek wil nie die cycle herhaal nie en ek ook gegaan vir berading. Maar vir my Ex was dit te veel sy het selfmoord gepleeg Fredds. En dit was alles my skuld, maar deur alles het ek geleer om myself te Vergewe want as ek nie myself met jou om die tafel gesit het nie. SO leer om te Vergewe dit sal jou vry maak van al jou demons.’ Roderick het sy kop vas gehou en sy wange gevryf hy was nie emotioneel nie, maar dit het net te veel gevat om vir Fredds van die ware Roderick te vertel. ‘Dus hectic bra dan dink ek, ek het alleen Demons. Dankie dat jy dit met my deel ek weet presies hoe dit is om uit ‘n huis te kom waar jou ouers constantly baklei, ek het myself belowe om nooit my hande vir ‘n vrou te lig nie. En Roderick jy is ongelooflik sterk ek haal my hoed vir jou af.’ Fredds was effens verbaas hy sou nooit kon raai dat Roderick instaat is tot so iets. Maar hy verstaan nou vir Roderick beter, en kan agterkom hy het verander. ‘Ja neh Bra Fredds so is die lewe maar as jy gaan vas kyk aan al die slegte goed in jou lewe dan gaan jy jouself net terug hou.’ Die gesprek het aangegaan om die tafel totdat die twee besef het die tyd het vinnig geloop en hulle moet ry. ‘Ons almal het ‘n verlede maar as jy aanhou daarin vas gaan kyk gaan jy net ‘n bitter persoon raak soos Beatrice. FORGIVENESS is KEY my liewe mensies.’


4 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page