top of page
Search

Die Intern 6

Updated: Dec 18, 2020

“Moenie laf wees nie man. Antwoord tog my vraag.’ Proff Lara is besig om les te gee en te vertel hoe dit gegaan het met die merk van die toets. Maar Freddie en Josh hou hulle eie geselskap onder langs. ‘As sy so sexy en hot soos die tannie wat hier voorstaan my bruh, dan sal ek nie nog twee keer dink nie, seks is net seks!’ ‘Dankie wou net dit hoor kom ons FOKUS nou!’ ‘Nie voordat jy my vertel watter Tannie se pakkie jy wil slaan.’ ‘Ons almal het geheime so hoe minder jy weet hoe beter my bruh.’ ‘Lekker secretive bra Fredds. Laat weet maar net hoe dit was.’ Fredds gee Josh net ‘n kyk en dan focus hy, maar hy focus op al die verkeerde goed. Skierlik kom hy Proff Lara se sexy boude agter en hy hou haar lip bewegings stiptelik dop. Hy het skaars gefokus op wat sy besig was om te onderig. En toe die klas uit is en hy verby haar stap om uit te gaan knip sy vir hom oog. Hy gee dan ‘n awkward smile terug, en stap dan agter Josh die klas deur uit. ‘Nou is ek definitief honger.’ ‘Jy is gelukkig want ek het vir jou ‘n toebie gekoop.’ ‘Jy is ‘n life saver my broe. So vertel my wat gaan jy met die pille maak?’ Vra hy terwyl sommer maar op een of ander bankie gaan sit onder ‘n boom. ‘Ek jou mos gesê ek bly langs ‘n supplier, so basies steel ek vir hom die pille my bru hy betaal my goed en jy weet ek sukkel maar met rent, my beurs cover mos nie dit nie, so die geld kom in handy! Ek weet dis verkeerd om te steel maar soms het mens nie ‘n keuse nie.’ Fredds voel dadelik sleg hy het Josh gejudge sonder om die omstandighede te ken, hy het nou meer begrip Hoekom Josh dit gedoen het, al stem hy Nogsteeds nie saam nie. ‘Ek verstaan nes jy daar sê bra soms het mens nie ’n keuse nie, maar soms kan mens tog iets anders doen daar is baie opsies, jy kan altyd part time waiter of iets soos daai want vertou my jy gaan een of ander tyd uit Gevang word.’ ‘Jirri Fredds, as ek ’n ander keuse gehad het sou ek vertrou my, my bra! Waiters verdien peanuts. Peanuts my outie. Sal nie eers die helfte van my rent geld dek nie.’ ‘En jou ouers? Kan hulle nie help?’ ‘My bru sal ek nou die doen en my ouers kan help? Bra jy van aller mense moet begrip het oor hoe swaar dit gaan met ons bruin mense in ons gemeenskappe.’ ‘Ek verstaan meer as wat jy dink. Maar wees versigtig.’ Josh het net vir Fredds gekyk sonder ’n woord. Hy weet dat hy moet stop met wat hy besig is maar hy doen dit nou al vir 2 jaar en niemand het hom uitgevang nie. So Hoekom sal hulle nou vir hom uit vang. Josh is op sy foon besig en Fredds op syne. Daar kom ’n boodskap deur vanaf Beatrice. B - Goeiedag, hoop nie jy het die notas vergeet nie. F - Maar natuurlik nie. B - ‘n Goeiedag terug kan darem mos nie skade doen nie of hoe? F - Jammer ek sit in die klas. Lieg hy vir haar. B - Okay dan stuur my die location waar jou roomie se kar gepakeer is, en ek Kry jou so 3 uur se kante daar. F - OKAAAY! En dus stuur hy die location waar Roderick sy kar parkeer het. Beatrice sit en wag in haar rooi Mini Cooper by die parkerings area wat Fredds haar gestuur het. Sy stuur dan haar Ma ‘n boodskap. ‘Mammie vandag is die dag, ek gaan uitvind waar hy bly. Wish me luck.’ ‘Ek weet jy kan dit doen. Ons praat later.’ Sy lees haar Ma se boodskap en gooi dan haar foon op die passenger seat. ‘Waar draai Matthews! Dis al past 3. Vrek hy het nog lankal nie sy maniere gelos van laat opdaag nie.’ Praat sy met haarself terwyl haar kop op die stuurwiel leeun. En dus lug sy haar kop om haar foon te kry om vir Fredds ‘n boodskap te stuur. ‘Waar draai jy, ek moet huistoe.’ ‘Ek is nou daar wees Geduldig.’ Net paar sekondes na die laaste boodskap sien sy Fredds aan kom, sy klim dadelik uit haar kar sodat hy haar kan sien. ‘Hier is ek.’ ‘Ek het jou gesien. Kom hier is my bra se kar parkeer jy hoef nie saam te loop jy kan net hier staan.’ ‘Nee toe ek gee nie om, om saam te loop nie. Besides ek en jy het nog lanklaas gesels.’ Die uitdrukking op sy gesig dui al klaar aan dat hy maar min lus het vir haar, hy praat skaars sy voseer ‘n geselskap. Toe hy klaar vir haar die notas gegee het is hy weg terug na Josh toe, want hulle het nog klas. Beatrice is terug na haar kar toe maar sy besluit toe om die nommer plate van Roderick se kar af te neem. ‘As hy sy kamer maat is, dan beteken dit ek sal presies weet waar hy bly voor die son sak vandag.’ Sy is so determinded dat sy nie na haar laaste klas toe gegaan het vir die dag nie sy het vir ure en ure daar gesit en wag vir Roderick om op te daag…. Roderick is oppad na sy kar toe, hy het sopas klaar gekry met oefeninge. Hy klim toe in en stuur vir Fredds ‘n boodskap om uit te vind of hy al by die flat is of nog op Kampus is. En dis vind hy uit dat Fredds alreeds by die flat is. ‘Die lui gat het sowaar vandag woonstel toe geloop.’ glimlag hy terwyl hy die kar start. Die start van Roderick se kar het ‘n slapende Beatrice wakker gemaak, sy het so lank gesit en wag dat sy aan die slaap geraak het. Sy ruk haar vinnig reg en start ook haar motor en Agtervolg vir Roderick maar sy ry nie direk agter hom nie anders gaan hy agterkom sy Agtervolg hom. En toe hy optrek by die woonstel kom sy agter dat, hulle net ‘n paar blokke naby haar woonstel waar sy bly. ‘Amazing nou weet ek waar hy bly, Freddie Matthews. Ek moet nou net die woonstel nommer uit vind en meer oor jou kamer maat en dan het ek jou waar ek jou wil hê.’ Sy parkeer haar kar buite die woonstel, en neem dan die gebou af. En stuur haar Ma die foto van die gebou. ‘Ek sal op google search wie die eienaar is van die gebou en dan sal ek bel om meer inligting te kry oor waar presies hy in die gebou bly. Find jy solank op Facebook uit wie die roommate is en wat hy doen, want as die plan moet uit gevoer word moet hy glad nie teenwoordig wees nie.’ ‘Dink Mammie rerig die eienaar sal sulke informasie vir Mammie gee? Is dit nie confidential nie?’ ‘My kind, ek is ‘n ou Kenner, ek ken wat ek doen. As sy ‘ma’ kamstig bel gaan die eienaar geen keuse het as om my inligting te gee nie.’ ‘Yoh Mammie is smart. Wat het ek gedoen om so ‘n awesome Ma te kry. Ons praat dan later ek moet nou ry.’ ‘Regso my Skat.’ Sy gooi haar foon op die passenger seat en kyk vir ou laas die gebou voordat sy weg ry.


2 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page