top of page
Search

Die Intern 5

Updated: Dec 17, 2020

‘Beatrice ruk jou reg! Nou is nie die tyd om swak te raak.’ Beatrice sit en sig en dan antwoord sy, ‘Okaaay ek sal dit doen. Goodbye then!’ Sy gaan sit voor die spieël met ‘n bose uitdrukking op haar gesig en dan praat sy met haarself. Freddie Matthews your days are numbered!!! So lank ek nog lewe sal ek jou lewe hel maak.’ En dan begin sy te lag soos ‘n ou Heks. Haar roomie het dadelik ingehardloop om te kom kyk of sy alright is. ‘Vrek laat jy ek skrik Ravonia! MENS KLOP!’ Sę sy met soveel en woede in haar stem. Ravonia staan daar geskrik want dit kom vir haar voor dat Beatrice haar wil leed aan doen. ‘Wag Beatrice! You made noises so I came running.’ Sy is engels maar praat so bietjie Afrikaans en verstaan dit. ‘You shouldn’t be rolling up on me like this girl! I could’ve hurt YOU!’ Probeer Beatrice in ‘n vriendelike maar tog sarkatiese manier sę. ‘You shouldn’t be making sounds like that. You sure did sound like a cat who is busy drowning.’ probeer Ravonia ‘n grap te maak om die tensie in die kamer te verlig. ‘Okay nou Rav…you can leave my room, I have things to do…’ En so is Ravonia uit by die kamer en Beatrice haal haar beursie uit en lę op die bed voor in die beursie is ‘n foto van sy en Fredds. Sy vryf haar wys vinger oor die foto. ‘As dinge maar net anders was! ‘n Mini ons. Ons was dan Magic!’ Een traan verlaat haar linker oog. ‘ ‘N liefde soos ons sin. Al wat ek wou hę was jy! En nou gaan jy betaal.’ Beatrice is een oomblik normal en die volgende oomblik is sy ‘n heel ander mens dit is asof iets oor vat en haar beheer. Fredds en Roderick was besig om in die sit kamer te sit en video games speel. Na vandag het Freddie net ‘n bietjie nodig om te ontspan. Dit was ‘n lang dag met die dat hy ‘n toets geskryf het wat hy nie juis voorbereid voor was nie. Hy dink dan weer aan vanoggend die dagga wat hom laat voel het asof hy op cloud nine was. En hy wil nog brag by Roderick oor dit maar dan val dit hom by Roderick is totally teen rook. Dan kom die gedagte van Beatrice weer sy is die rede waarom hy net wil high wees. Die verlede klop skierlik aan sy deur soos ‘n vrees bevange mens. Hierdie keer kan hy nie weghardloop nie. ‘Hoekom is jy weer so diep in gedagte?’ Vra Roderick toe hy die video speletjie wat hulle besig was om te speel vir die vyfde keer wen. ‘Niks nie my bru. Jy weet ek laat jy maar net wen omdat jy altyd verloor.’ Lieg Fredds sonder om sy oë te knip. ‘Ek ken jou nou al vir 2 of 3 jaar en ek kan sien wanneer daar fout is.’ ‘Heey man! Hou op karing!’ Ruk Fredds hom op en gaan na sy kamer. ‘n Verbasende Roderick het daar gesit sonder ‘n woord. Hy het nog nooit hierdie kant van Fredds gesien nie. Nou weet hy dat daar definitief iets groot fout is maar hy belowe Homself dat hy nie gaan inmeng nie. Freddie het besef dat wat hy so pas gedoen het verkeerd was maar hy kan ook nie Fredds se nuuskurigheid vat nie. Hy weet Roderick bedoel goed en gee om. Maar as hy moet weet van sy verlede sal hy nooit weer die selfde respek vir hom het nie. Fredds voel aaklig oor die situasie met Beatrice, maar daar is nou mooi niks wat hy kan doen nie. Wat gebeur het, het gebeur. Hy is onbewus van die feit dat sy trauma ervaar het na die aborsie, hy weet nie eers dat sy vir 7 maande in ‘n sigiatriese hospitaal was nie. Fredds het weer een van daai swaar oggende, hy staan op en gaan Kombuis toe om vir hom ‘n koppie koffee te maak vir een of ander rede is Roderick nog nie wakker nie. En hy is Gewoonlik die een wat heel eerste in die Kombuis is besig om ontbyt te maak, maar nie hierdie Donderdag oggend nie. Toe die ketel klaar gekoek het en hy die water in die Koppie gooi gaan sit hy op een van die stoele om die Kombuis tafel, en kelk albei van sy hande om die Koppie. Die warmte van die Koppie voel goed. Miskien sal dit die koue anstigheid afweer wat in hom kom vasklou het sedert Beatrice se onverwagste opdaging. Roderick maak dan sy veskyning heel moeg en deur die slaap. ‘Kon jy my nie wakker maak nie?’ ‘Goeie môre aan jou ook!’ antwoord Fredds. ‘Ek gaan maak klaar, maak solank vir ons iets vir ontbyt my bruh. Ons gaan laat wees.’ Voordat Fredds nog kon weier is Roderick terug kamer toe om klaar te gaan maak vir die dag. Dus besluit hy maar om vinnig eiers te bak aangesien daar nog brood is kan hulle dit vir ontbyt eet. Toe Roderick uiteindelik klaar gemaak het gaan sit hy aan tafel sodaty Fredds hom kan bedien dit is die eerste keer wat Fredds ontbyt maak. Hy bring dan die kos tafel toe en skink vir Roderick koffee en maak dan weer sy eie koppie vol. Toe hulle regoor mekaar sit. Vra Fredds nederig om Verskoning omdat hy Gisteraand so oor reageer het. ‘Dus oraait my bruh, ek moes ook nie so karing nie.’ Antwoord Roderick. ‘Dit is net dinge wat ek gedink het sal nooit weer op kom, kom skierlik weer op. En nou het ek ‘n bietjie inerlike konflik met myself.’ ‘Op die einde van die dag moet mens jou demons face. Het dit te doen met die meisie wie jy jou nommer gegee het?’ Daar was begrip en teerheid in Fredds se oë. ‘JA’ ‘Soos ek jou nou die dag gesę het moet nie laat sulke Klein dinge jou onder kry nie.’ As Roderick maar net wil weet hierdie is gans ‘n Klein ding nie. ‘Oraait genoeg met die boring talk oor die lewe. Kom ons maak liewers dat ons weg kom.’ En dit staan hy op en gaan na sy kamer om sy sak te kry en dan kry hy die gedagtes van die notas wat hy moet vir Beatrice saam vat, En sit dit dan gou in sy sak. ‘My bruh kan ek die notas in jou kar los, moet dit vir iemand gee vandag maar die persoon is eers vanmiddag beskikbaar.’ ‘Geen probleem nie, ek gee jou somer die spaar sleutel want ek het daai tyd klas.’ ‘Regso.’ Roderick het vir Fredds afgelaai by die mediese hek, en is toe weg. Josh het vir Fredds sit en wag in die cafeteria van die hospitaal aangesien dit weer ‘n practise les vandag is hulle almal is in groepe van twee verdeel en elkeen gaan vandag saam met ‘n dokter rondtes doen by hulle pasiënte. Die twee groet mekaar en gaan soek na Dokter Gunis se kantoor want hulle twee gaan rondtes saam met hom doen. Oppad soon toe sien Josh een van die medikasie kasse oop staan. ‘Bra Fredds. Die is mos ARV’S right?’ ‘Ja dit is ek dink nie ons moet hier wees nie.’ Josh sit ‘n dosier van die pille in sy rugsak. Fredds raak bekomerd, ‘Bra wat die hel doen jy?’ ‘Kyk jy net of iemand ons gesien het.’ ‘Bra ek is nie deel hiervan nie, los daai goed jy weet as die uitkom sal jy soos in alles verloor.’ Josh het nie ‘n bang haar op sy lyf nie, ‘so wat kom ons waai.’ ‘Wat gaan maak jy met daai goed? Sit dit terug bra.’ Josh trek vir Fredds aan die hand wat besig was om stil te staan sodat hy die pille terug kan sit. ‘Bra as jy wil high wees hierdie is die pille om te sniff.’ Fredds ruk sy hand uit Josh se grip. ‘My bru is jy dan bevok. Is jy ‘n addict?’ ‘Hou op dramaties wees. Kom ons gaan na dokter Gunis se kantoor.’ Hy ignoreer Fredds se vraag. ‘Ons kan heavy in die moeilikheid kom.’ ‘Ek kan ja nie jy nie, ek is die een wat die pille gevat het nie jy nie.’ ‘Maar ek was by gewees! HULLE gaan dit nie so sien nie.’ ‘HEH man jy worry verniet, jy het mos gesę niemand het ons gesien nie.’ ‘Ja niemand het maar onthou camera’s is oorals.’ ‘Hoekom sal daar nou ‘n Camera in die medikasie kamer is?’ ‘Okay! Kom ons gaan net.’ Fredds is baie bekommered oor die hele pille steel situasie. HY kon skaars konsentreer op dit wat dokter Gunis hulle gewys het, hy kon skaars notas maak sy aandag was net op die sak agter Josh se rug gefokus. En met elke besoek aan ‘n pasiënt en ‘n security guard wat verby loop dink hy hulle kom nou om vir hulle twee te kom haal. Josh was op sy gemaak, dit kom voor dat dit nie die eerste keer is wat hy so iets doen nie. Na die twee ure met Dokter Gunis. Is die twee cafeteria toe om vir hulle iets te koop om te eet voordat hulle na Proff Lara met die sexy boude se klas gaan. ‘My bruh wat jy nou daar gedoen het was onverantwoordelik.’ ‘Ek weet bra maar dis tussen ek en jy solank jy nie ‘n woord sę nie sal alles oraait wees. As jy my expose gaan ek sę jy was saam in die ding.’ Vir die eerste keer besef Fredds rerig watter tipe persoon Josh is. Fredds loop stadiger ‘Is daai ‘n dreigement?’ ‘Nee my bra ek sę jou maarnet.’ ‘Dis nie hoe dit vir my geklink het nie. Maar ek sal nie op jou snitch nie, jou geheim is veiling.’ ‘Goed so!’ ‘As jy my nou kan verskoon ek gaan solank klas toe.’ Hy het sy apetite vir kos verloor en besluit om aleen klas toe loop. ‘Wag my bru moet nie kwaad wees vir my nie, jy is Letterlik al bra ek hier het.’ Probeer Josh ‘n woedende Fredds smeek. ‘Is oraait sien in die klas.’ ‘Jy is vroeg Meneer Matthews.’ sę Proff Lara in ‘n delekate maar tog sharmante stem. ‘Net om die beste sit plek te kry in Proff se klas.’ antwoord hy terug. ‘Lyk asof jy geweet het, ek wil saam met jou praat. Gister se toets ek is baie teleurgesteld in jou. Jy gee altyd die beste werk maar toe ek Gisteraand jou toets merk. Sowaar jy het 2 uit 40 gekry, en dus ‘n baie swak punt en onthou die tel 50% van jou semester punt. Sy staan reg voor hom. ‘Ek is jammer kan Proff my net ‘n tweede kans gee?’ smeek Fredds met teleurstelling in sy oë. Sy staan en staar na Fredds dan gee sy ‘n slinge glimlag af. ‘Wel daar is iets wat ons aan die situasie kan doen, jy sien my man is nou oorsee amper vir 6 maande.’ Fredds sit aandagtig en luister, ‘En? Wat het hy nou hiermee te doen?’ En dan gaan sy voort met haar voorstel, ‘Wel ek is ook maar net ‘n mens en ek het needs. En ‘n aantreklike jong man soos jy kan voorsorg maak vir my special needs. So wat sę jy Matthews? Dink aan jou semester punt wil jy die module herhaal?’ Hy kry nou die groter prentjie wat sy probeer voorstel, ‘n sexual favour om sy semester punt ‘n boost te gee. Hy is vir ‘n tydtjie stiel terwyl Proff Lara vir ‘n antwoord wag, hy kan by Homself nie glo wat nou net van hom gevra word nie. Dan breek hy dit stilte, ‘Wel, ek is desperate en ek sal enige iets doen ek wil nie die module herhaal nie so ek sal doen wat Proff vra.’ Sy glimlag ‘Nou toe nou! Môre vyf uur in my kantoor.’ Freddie kan voel hoe swaar hy sy spieg sluk. En dus loop Lara terug tot voor in die klas terwyl sy wag vir die ander studente om op te daag. Josh het paar minute later in die klas opgedag. Sy oë het gesoek vir Fredds en dus gevaar hy waar Fredds sit en stap direk na hom toe en sit langs hom. ‘Ek is jammer oor vroeër, ek moes liewer die pille gelos het.’ Fluister hy. ‘My bruh dus nou gedane sake kom ons vergeet liewer daai het gebeur.’ Fredds se gedagtes is nie nou by Josh en die pille nie, sy gedagtes is gefokus op wat Proff Lara hom paar minute terug gevra het. Hy is desperate en kan nie boosting om ‘n module die ouderdom verskil tussen hulle twee laat hy nogals bietjie ongemaklik voel. Josh kom agter dat Fredds op ‘n heel ander planeet is. ‘Waar is jou gedagtes weer? Tog nie weer by Beatrice Baxter?’ ‘Wat! Nee my broe dis glad nie. Wat sal jy doen as iemand wat amper jou Ma se ouderdom is jou vra om saam met haar te slaap?’ Dit moes nie uit sy mond gekom het nie maar hy wil graag Josh se opinie hoor is nie te sę hy gaan hom alles vertel nie. ‘Wel toe nou is jy besig met ‘n Sugga Mammie?’ “Mooiloop is vir my so ‘n mooi Toewensing!” Nommers 23:22


6 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page