top of page
Search

Die Intern 4

Updated: Dec 16, 2020

Freddie sit en eet die burger wat hy vir hom gekoop het en vir die eerste keer kom hy agter hoe lekker ‘n cheese burger is, dit is asof hy dit vir die eerste keer eet. En dus toe Josh hom sien en reguit na hom toe gaan. ‘My bru jy het dan vroeg klaar gekry.’ sê hy terwyl hy die stoel regoor Freddie uit trek om te sit. ‘My bra daai toets was dan kak maklik.’ Brag Fredds. ‘Daai toets was geen maklik my bru ek kon die geluid van my sweat druppels wat af getap het letterlik hoor. Maar jy is mos ‘n yster.’ Diep binne weet Freddie hy het aangejag maar gee maar voor dat dit goed afgeloop het. ‘Dit was onverwags maar ek is altyd gereed jy weet dan my bra! Het jy nog van daai groen stuff?’ Josh kyk vir Freddie verbasend aan. “Broe wat pla? Dagga is nie die oplosing nie.’ Freddie is doodstil hy reageer nie op Josh se vraag nie. Josh breek dan die stilte 'JA ek het ‘n supplier daar, die ou bly langs my.’ ‘Nou kry dan nog een vir ons vir môre.’ ‘My bru ons kan nie elke dag gerook Varsity toe kom nie, is jy van jou kop af?’ Kom Blom liewers saam met my die naweek dan kan ons weer so een of twee rook.’ Hy het nie nog twee keer gedink nie toe hy hoor van Josh se aanbod het hy dadelik ingestel. Josh het ook toe besluit om vir hom iets te koop om te eet, en die twee het daar gesit en eet met hulle vlou oogies. Freddie kyk die tyd aan sy foon ‘Vrek my bru ons moet klas toe gaan.’ Josh en Freddie het vir ure en ure in die cafeteria gesit en wag vir hulle volgende klas. En teen die tyd was die dagga besig om uit te trek en Freddie kon voel hoe hy nou net die bed nodig het. En nes hulle opstaan roep ‘n stem vir Freddie op sy volle naam. ‘Freddie Matthews!’ Sy oë het dadelik gerek want dit was Beatrice. Die gesprek wat hulle op Whatsapp die vorige aand gehad het speel weer in sy kop af. ‘Beatrice wat maak jy hier?’ ‘Hey Joshie! Haai nee Freddie ‘n girl moet ook mos eet of hoe?’ Josh het net sy oog geknip om Beatrice te groet. ‘Ek mean ja waar is my kop!’ antwoord Freddie. ‘Altyd by die verkeerde dinge Matthews wanneer kan ek die notas kom kry?’ ‘Jy kan môre Middag, ek sal dit vir jou Kampus toe bring.’ Beatrice sit haar hand op Freddie se skouer met geweld sy half knyp hom. ‘Wel lover boy ek wil nie vir nou moeite maak nie. SO stuur my jou location en ek sal dit self kom haal.’ Sy haal toe sluetels uit haar handsak. ‘Ek het mos nou vier wiele so dit sal nie moeite wees nie, so ek stel voor jy ontmoet vir my môre Middag na klas dan ry ons saam na jou plek toe!’ Hy weet natuurlik dat dit nie ‘n goeie idea is nie want as sy moet weet waar hy bly gaan sy net moeilikheid begin veroorsaak. En dan antwoord hy met ‘n forced glimlag ‘Geluk met jou motor.’ Haar hand was steeds op sy skouer en Josh het maar net daar gestaan en die vibe tussen die twee observeer. ‘Arg Dankie Matthews!!! SO?” Freddie het vergeet wat sy gesê het en vra dan ‘SO WAT?’ ‘ ‘n mens sou sweer jy is op ‘n ander planeet het jy nie gehoor wat ek gesê het nie??Die notas jou plek môre.’ Hy probeer vinnig aan ‘n verskoning dink. ‘Uhmmm…Hoe dringend het jy dit nodig? Want ek en Josh moet môre Middag aan ‘n taak werk. Right Josh?’ Josh is ‘n bietjie ontkant Gevang maar vang vinnig wat Fredds probeer doen. En stem dadelik saam met hom. ‘Wel, ek het dit soos nodig nodig, nodig!! Ek moet begin study vir die eerste toets reeds.’ ‘Okay dan moenie worry ek sal dit môre saam bring dus geen probleem. Sal dit darem nie heeldag rond dra my roomie het darem ‘n kar.’ Sy het uiteindelik haar hand van sy skouer afgehaal. En hom ‘n soen op die wang gegee voordat sy hulle groet. ‘Sien dan môre! Lekker dag veder boys!’ En daar stap sy weg asof niks gebeur het nie. Josh en Fredds het nie juis met lus vir Beatrice terug gegroet nie. En die eerste woord uit Josh se mond was . “My bru nou sien ek Hoekom jy weed nodig het. Daai girl lyk na ‘n handvol.’ ‘Jy het geen idea nie, sy is obsessief.’ Josh gee ‘n skelme laggie af ‘Sulke soort kort net een ding en dus die Vitamin D.’ Fredds skud net sy kop. ‘Dus ook al wat op jou gedagtes is nuh?’ Daai goose is crazy vat my woord.’ ‘Is reeds hulle wat so crazy is wat die bed lekker warm maak.’ ‘My bruh! Ek sê liewer niks nie,kom ons march liewer klas toe.’ Die tweetjies is weg klas toe…. ‘Ek kom nie deur by Fredds nie.’ Beatrice is in haar kamer op die foon sy klink baie histeries. ‘Beatrice! Just hang in there. Ons plan sal werk wees jy net Geduldig. Jy weet Fredds kon jou nog nooit weerstaan nie. Hy sal een of ander tyd in gee. En dan my liewe mens het ons hom waar ons hom wil hê.’ Verseker die persoon aan die ander kant van die foon vir Beatrice. ‘Hoekom doen ons dit nou weer?’ Beatrice wil hê die persoon aan die ander kant moet haar net weer Herinder so dat sy weer vol stoom die plan kan voorentoe sit. ‘Ons doen dit vir jou wat 7 maande in ‘n sigiatriese hospitaal was omdat Fredds nie man genoeg was nie hy het jou gedwing om ‘n aborsie te maak, onthou die slaaplose nagte. Hoe jy jou kop verloor het want al wat jy wou hê was julle baba.’ ‘Maar …Ma dit was my besluit ook.?



4 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Bình luận


All Videos

All Videos

bottom of page