top of page
Search

Die Intern 36

Updated: Mar 31, 2021

Maar niemand gee antwoord nie. Hy begin bekommer raak en gaan dadelik na die sitkamer maar steeds niemand, hy sit dan die musiek af en klop aan Roderick se kamer deur want dit blyk die rook kom daar uit maar geen antwoord nie. Dus maak hy die deur oop. ‘O vrek!’ Was al woord wat sy mond verlaat het toe hy sien Roderick sit en rook hom voos aan die dagga. ‘Wat gaan aan my bruh? Is jy nou ‘n Rasta?’ maak Fredds nog ‘n grap. ‘Ek rook al my probleme in hulle hel in.’ ‘Bra Roderick ek ken jou mos nie so nie Awe my outie wat gwang?’ ‘Ek het die heks dood gemaak Fredds, wel welcome Home, my Hommie, my laaste hond.’ Fredds is confused hy verstaan nie so lekker nie. Hy vat dan die bottle Vodka wat Roderick besig is om skoon te drink en die dik gewaaide dagga zol uit sy hand uit. ‘Wat maak jy?’ ‘Ek Red jou van jouself af so kan jy mos nie aangaan nie.’ ‘Preek die man wat aangekla is vir rape.’ Begin Roderick aggresief raak. Fredds ignore daai stelling want hy weet dit is nie Roderick wat nou praat nie dit is hierdie goed wat hy mee besig is. ‘Roderick kom ek gaan sit die weg dan vertel jy my wat gebeur het en Hoekom jy jou aan goed vergooi waaraan jy nie gewoond is nie.’ ‘Tsek man, bring my goed.’ Fredds is vinnig die kamer uit om die goed weg te gooi. Roderick kan nie juis agter hom aan vinnig loop nie Asgevolg van sy toon wat nog seer is of half af soos Elaine dit geskiet het. Roderick begin huil ‘Asseblief bra Fredds die goed help my met die pyn wat ek binne voel.’ Fredds het vinnig terug na Roderick se kamer gegaan ‘ Bra jy is altyd positief en jy het my nog altyd deur slegte tye gehelp met woorde, selfs met geld. So nou gaan ek jou wys ek steek uit vir jou. Vertel ‘n man wat gebeur het en Hoekom jy bandages om jou voet het?’ ‘Bra Fredds ek het die al die bargepole week so baie herhaal dat ek nie langer kans sien nie.’ ‘Vertel ‘n man sodat ek jou kan help.’ Roderick wat lekker high en dronk was het toe vir Fredds die storie stadig maar seker vertel hy het geen detail uit gelos nie en Fredds se oë het kwaai gerek. ‘So jy wil vir my sę Josh het van alles geweet die hele plan van Beatrice en Mammie E?’ ‘Ja hy het, hy is haar broer apparently, a messed up family as jy my vra.’ ‘Wat?? Broer maar dit maak nie sin nie ek het dan vir Beatrice en Josh aan mekaar voorgestel.’ Fredds is geskrik vir hierdie nuwe inligting en hy voel in die rugesteek hy het Josh vertrou. ‘Alles net ‘n act my bru die volle naam is Joshua.’ ‘My bru wat sę jy my nou en jy vir Tannie Elaine doodgemaak? En sy het Josh doodgemaak? Die storie is mos lelik nou wat gaan nou gebeur waar is Beatrice?’ ‘Bra ons trial kom môre voor ek weet nie gaan ek moet tronk toe of wat. Sy verskyn ook môre maar daar is klaar aanklagtes teen haar omdat sy die staat belieg het en hul tyd gemors het met die aanklag teen jou.’ ‘Naai my bruh ek glo nie jy sal tronk toe gaan nie. Ek salute jou, jy het die regte ding gedoen die lewe is ‘n better plek sonder Elaine. ‘Waar my bru maar, weet jy hoe dit voel om iemand se bloed op jou hande te dra? Ek slaap nie in die nagte nie al waaraan ek dink is daai aunty en ek het haar nie eer geken nie maar vir daai uur wat sy ons hostage gehou het het ek vir die eerste keer so iemand wat geen gewete het ontmoet nie, ek moes haar liewer net vas gemaak het en die polisie gebel het en dna het sy gesuffer in die tronk.’ ‘Roderick jy het gedoen wat enige ander mens sou doen as hulle gevoel het hul lewe is in gevaar. Daar was dae in die tronk wat ek self iemand wou dood maak as die gedagtes op kom van die pyn wat hulle veroorsaak het maar jy weet die Here is so goed elke keer as ek op daai stadium was om Derek dood te maak dan het hy in getree. Die moes gebeur het my bra Vergewe jouself jy het baie mense, future victims gered van Elaine af. Ek stel voor jy sien ‘n berader na môre se gebeure en kry jouself reg want as jy nou so in ‘n Toestand is wie gaan dan nou Suid - Afrika se James Bond wees?’ Roderick gee dadelik ‘n glimlag af ‘Ek voel nou beter wat sal ons sonder mekaar doen? Dankie bre en welkom tuis my laaste hond!!!’ Roderick gee vir Fredds ‘n vuis hou op sy skouer. ‘Hey watch it Roderick ek het ‘n halwe skouer hierso. Mes steek wond.’ Roderick lag ‘Moetie worry bra ek het ‘n halwe toon.’ ‘Laat ek na my kamer gaan ek moet seker op pad die date ek nie rent sal kan betaal jy weet mos my busary is gevat en boonop sal ek seker eers volgende jaar my studies voort sit.’ ‘Agg nee bra Fredds jy kan so lank as moonlik bly ek sal sorg vir die huur as ek nou nie môre tronk toe gaan nie.’ ‘Nee ek kan nie dit van jou verwag nie jy het baie vir my gedoen die Afgelope maande, ek gaan liewer huistoe.’ ‘Bra Fredds neh jy kan mosi vir my weer aleen los in die woonstel nie, naai jy bly en klaar.’ Fredds aanvaar maar toe.’Kry nou slaap my bruh môre is ‘n lang dag vir jou, en ek kom saam geen verskoonings nie.’ ‘Is jy nie al moeg vir die gereg en die hof goed nie?’ ‘Naai my bruh jy weet mos man vang man staan ek support jou one hundred so daai maak nie saak besides ek wil daar wees as Beatrice straf kry.’ ‘Sure my bruh’ Fredds is toe uit by Roderick se kamer en die eerste ding wat hy doen toe hy is sy kamer kom is ‘n stort vang, en sy baart shave. ‘Welkom terug Fredds Matthews’ Praat hy met himself in die spieël, voordat hy hom op sy dubble bed gooi hy het vinnig aan die slaap geraak so lekker sag het sy bed weer vir hom gevoel. Die dag het Aangebreek Fredds was op sy senuwees want dit voel vir hom soos die dag wat hy moes hof toe gaan. Sy hart klop vinnig vir Roderick se paarte.


2 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page