top of page
Search

Die Intern 33

Updated: Mar 26, 2021

Beatrice gevaar Josh op die vloer met ‘n helse dam bloed om hom. ‘Wat het jy aan my broer gedoen??’ Beatrice drop dadelik die baksteen en hardloop na Josh toe. “Josh asseblief moet nie dood.’ soos Beatrice nog besig is om op haar knieë langs Josh te sit en smeek dat hy nie moet dood. Gryp Mammie E haar hare en die twee begin stoei. Mammie sit bo op Beatrice en slaan met haar vuiste al in Beatrice se gesig is net bloed wat uit Beatrice se mond loop. Roderick probeer Homself los sukkel terwyl Mammie E en Beatrice besig is. ‘Genoeg! Genoeg!’ Skreeu Beatrice en soos een krap sy Mammie E in die gesig met haar naels. Dit is so seer dat Mammie E dadelik opstaan en haar gesig hou. Beatrice kry skierlik krag en soos sy nog op haar rug lê skop sy Mammie E in haar maag dat sy een kant toe val en haar maag hou. Beatrice sukkel om op te staan maar kry dit toe reg om op te staan. Maar in plaas van om vir Mammie E veder te slaan draai sy weer terug na Josh. ‘Asseblief Boeta! Ek kan nie vir jou ook verloor nie! Asseblief haal asem.’ Sy voel Josh se pols en daar is geen klopping nie en hy haal ook nie meer asem nie. ‘Moet nie asseblief.’ Begin Beatrice te skreeu en huil. Soos sy skreeu en huil maak Mammie E weer haar verskyning agter Beatrice. En Roderick skreeu toe. ‘Beatrice Watch.’ Maar met die omkyk slaan Mammie E vir Beatrice met ‘n plank oor die kop dat haar kop op Josh se skiet wond beland. “Awww broer en sister. Julle slegte Pa sal seker al te bly wees om altwee van julle in die hemel te sien, nee wag hy is in Hel vir al sy hoerdery.’ Sy lag al te lekker. ‘Ek het nie hierdie beplan nie, maar ek sal liewer ‘n dooie dogter het as ‘n Rugsteker.’ Sy lug Beatrice van Josh af, Beatrice lewe nog sy is net uit soos ‘n kers deur die hou oor die kop. Mammie E sit plat op die grond met Beatrice se kop op haar skoot. Sy streel haar hand oor Beatrice se hare en begin ‘n lullaby te sing. ‘Mamma wil nie jou doodmaak maar Mamma kan nie tronk toe nie, Mamma is net lief vir jou my arme Beatrice, as jy maar net Mamma se orders uit gevoer het sou Mamma nie oorweeg om jou dood te maak.’ Sit en sing sy soos sy haar hande heen en weer oor Beatrice se kop streel. Roderick kan nie op sy een voet rerig trap nie want dit is seer maar hy maak hom van binne af sterk deur Homself moed in te praat. Hy het nie juis ‘n plan nie en wonder wat gaan hy nou maak, hy kan nie in soveel pyn bestuur nie hoe gaan hy trap. Hy voel, voel in sy broek sak gelukkig is sy foon in sy sak. Mammie E het nog niks agter gekom nie, haar rug kyk vir Roderick terwyl sy nog besig is met Beatrice. Maar dan dink hy as hy nou bel dan gaan sy hoor. Hy staan stadig maar seker op, vat die riem en loop huppel huppel stadig na Mammie E toe. Snaaks genoeg hoor sy niks, sy is te besig om vir Beatrice te sing. Toe hy nader is vat hy die riem en sit dit om haar nek. Sy het dit nie verwag nie en Roderick dink nie nog twee keer nie soos hy die riem om haar nek vinnig gesit het trek hy die riem al hoe stywer. “UUUHHHRRRRRGGGGRGGGRGGRGRGGRGGRGGGRGRG Jou Klein geeeemmmmmmoooorrrrsssss.’ SY skop en trap en Roderick hou die riem totdat net skuim uit haar mond kom. Roderick het gesien dat Mammie E mors dood is maar Asgevolg van sy vrees het hy nog die riem getrek en vas gehou. Daar was ‘n stilte. Na paar minute besef Roderick dat hy sowaar iemand dood gemaak het en hy los dadelik die riem. En begin bewe van skok. Dit val hom by hy moet die polisie bel. Hy haal sy foon uit sy sak uit en druk die nommer stadig in sy foon wat amper uit sy hand val omdat hy so bewe. Al woorde wat uit sy mond gekom het was ‘Kom dadelik tot by die flats in Roadway, en bring ‘n ambulans.’ Toe die polisie die deur binne kom het hulle vir Roderick in trane daar gesien en Mammie E se lyk wat bo-oor Beatrice Lê. ‘Wat het hier gebeur?’ ‘Moenie nou vrae vra nie kry net die mense by die hospitaal ek sal verduidelik asseblief.’ Die paramedics was dadelik in geroep Mammie E is op die toneel dood verklaar en Josh ook. Beatrice was al een wat nog leef maar die hou op haar kop het haar heel flou gemaak. Roderick het toe sy verklaring gegee. Die polisie is saam met Beatrice hospitaal toe en Roderick is ook opgeneem vir sy toon. Toe Beatrice by kom het sy dadelik die verklaring afgelê dat sy ‘n false aanklag teen Fredds gelê het en sy het Roderick se storie bevestig dat haar Ma ‘n gevaar vir hulle was. ‘Is sy rerig dood?’ vra Beatrice die polisie beampte wat besig is om Beatrice vas te maak met hand boeie teen die hospitaal bed. ‘Ja, jy sal dalk Toegelaat word om jou Ma en Broer se lyke uit te ken.’ ‘Neeee! Nou het ek niemand nie.’ Sy begin skop en skreeu soos ‘n mal haas. ‘Het julle dalk enige ander familie lede wat ek kan kontak.’ ‘Vind self uit jong ek is nie nou by dit nie laat ek vokken kla huil en dit uit my sisteem uit kry.’ Beatrice raak histeries. Die polisie beampte is stadig maar seker uit die kamer van die hospitaal. Hy het toe die verklaring wat sy gegee het oor Fredds saam met haar foon wat bewyse vat in gestuur na ‘n staats beampte toe om die saak te review.


4 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Komentáře


All Videos

All Videos

bottom of page