top of page
Search

Die Intern 32

Updated: Mar 25, 2021

Beatrice het uiteindelik die volgende oggend arriveer en soos sy by Josh se woonstel optrek gewaar sy haar Ma se kar ‘Ek moes geweet het ek moes geweet het!’ Sy klim baie vinnig uit, maar dan onthou sy dat Mammie E ‘n pistool op haar het. ‘Dink Beatrice DINK!’ loop sy op en af in die parking lot en dan sien sy ‘n baksteen. ‘Wel dit gaan nie juis help, maar my broer is in gevaar tyd is nie nou aan my kant nie.’ Sy gaan tel die baksteen op en dan gaan sy vinnig na haar kar om haar foon te kry maar dan besef sy dat Mammie E nog haar foon het. ‘Vervlaks! Hoe op aarde gaan ek nou die polisie in die hande kry.’ Sy het een van twee keuses om in te gaan en haar boetie te red of om polisies toe te ry en dan is dit miskien te laat. Sy wortel met wat sy gaan doen. ‘SY is wel my Ma maar sy sal nie twee keer dink om my ook dood te maak as ek nou daar in storm. Daddy as jy maar net hier was, sou ons nie in die gemors gewas het nie, as jy maar net getrou aan Mammie gewees het sou sy jou nie geskiet het nie.’ ‘Beatrice dink terug.’ Dit was ‘n laat winter aand en hulle het vir ‘n drive gegaan, haar Ma wou net ry daardie aand sy het ‘n slapende Beatrice in die kar stoel vasgemaak. Beatrice kan nie alles van daai nag onthou nie want sy het wakker geword in die middle van die pad met twee gun shot geluide en twee manne wat probeer onslae raak van die lyk en Mammie E wat daar staan en glimlag asof niks gebeur het nie en toe sy gewaar dat Beatrice wakker is, het sy vinnig na die kar geloop en vir haar ’n storie vertel. Haar Pa se lyk is tot vandag toe nie gevind nie. En Beatrice dink al die jare wat sy gesien het was maar net ’n droom, sy het al familie lede vertel maar omdat sy 6 jaar was het niemand haar geglo nie, hulle het net gedink Warren het wegehardloop van sy probleme. En Mammie E het gesorg dat geen familielid polisie toe gaan om ’n vermiste persoon aan te kla nie, sy het al die jare haar spore goed toe gemaak. ‘VANDAG STOP ALLES!! EK HET GENOEG GEHAD!’ Alles wat haar Ma gedoen het, het begin in haar kop afspeel en dus storm sy die trappe op met die baksteen in haar hand. Fredds het lank en hard gedink, oor die hele brief wat Derek geskyf het. Toe Derek en Booboo terug keer weet hy nie hoe om te reageer nie. Derek kan sien dat hy die brief gelees het. Die feit dat hy nie die brief opgeskeur het nie gee vir Derek hoop. Maar Fredds praat nie ’n woord nie. ‘Is jy NXA Bra Fredds?’ vra Booboo toe hy sien Fredds lê doodstil en kyk die muur sonder enige oog knip. Fredds antwoord Nogsteeds nie. ‘Nog in pyn?’ vra Derek. ‘Tsek is nie jou besigheid of ek in pyn is of nie.’ Fredds se stilte verander vinnig in woede. ‘Fredds my bru respek jou toppie, hy vra maar slegs.’ Maak Booboo ’n opmerking van die eenkant af. ‘Is deur hom wat ek gesteek is.’ Derek gaan maar stadig na sy bed toe sonder ’n woord. ‘Hier gaan ons alweer skuld gevoelens, naai my bru het ons dan nie nou die dag gepraat oor forgiveness?’ ‘Booboo my bru ek is nie in die mood vir motivational talks nie!’ Booboo wil nog praat maar Fredds staan riet reg op om sy sin veder klaar te maak. ‘Ek is ’n blerrie die goeie persoon my hele bladdie lewe lank, my vokken hele lewe lank en wat kry ek in return? Ek kry honde strond in return? Ek word tronk toe gestuur vir iets wat ek nooit sal doen nie, ek word soos shit behandel ek word deur lectures verlei omdat ek ee blerrie fout gemaak het. Ek covir vir my Bra wat pille steel ek is te vokken goed vir die wêreld en nou word daar verwag ek moet my Ma se moordenaar sommer net so verge we. Ek is FEDUP!!! Tiger moes my somer vrek gemaak het miskien sou die lewe ’n donderse beter plek sonder my wees.’ Fredds is rooi van woede dat sy aare uitstaan. Dit blyk hy wil huil maar daar is geen trane wat sy gesig verlaat nie. Booboo staan dan nader om hom vas te druk maar hy stoot vir Booboo laat hy val. ‘Bra Fredds kalmeer.’ Die trane rol van Derek se oë af. ‘Moet nie vir my sê ek moet ‘kalmeer’ nie moet nie! Ek wonder sou jy dieselfde sê Meneer ‘die Here is goed! Twak! As hy so goed was Hoekom laat hy ek deur dinge gaan wat seer maak.?’ Booboo weet nie wat om te sê nie en staan stadig op en draai sy rug op Fredds wat nou so te kere gaan. ‘Ja loop vokken lê, jy skierlik nie vandag smart antwoorde nie.’ Booboo is steeds stil, hy weet dat Fredds nie Homself is nie en vinnig tot sy sinne sal kom. ‘Seun as dit die brief is wat jou so omkrap, ek is jammer maar elke woord daarin is die waarheid.’ ‘Die waarheid???’ Hy stap nader aan Derek en gryp hom aan sy dun nek. ‘Kom ek wys jou die waarheid !!!’ Derek het geskop en trap totdat hy Fredds in die maag getrap het dat hy neer val op die grond. ‘Ek het genoeg van jou gehad, ek probeer nice wees ek probeer die christen pad te stap, maar ek dink is tyd dat ek jou maniere leer.’ Derek is dadelik op van die bed af en begin vir Fredds skop al op die steek wond is net bloed wat loop soos hy op daardie plek skop. ‘Ek het vokken gewonder wanneer gaan die regte Derek sy verskyning maak jou hond! Maak my vrek soos hy my Tannie vrek gemaak het man.’ Fredds is in pyn maar wys dit nie hy dag eintlik vir Derek uit. Soos Derek trap en skop moedig Fredds dit net aan ‘Kom vrou en kinder slaner dit is nog vokkol ek voel vokkol.’ Booboo het nader gestaan toe hy sien die ding gaan nou hand uit ruk.

Hy gryp Derek aan die orange tronk overall en gooi hom soos niks op die bed. ‘Wanneer sal julle twee dan op hou?’ Fredds staan stadig maar seker op van die vloer af met sy hand op sy steek wond wat besig is om te bloei. ‘My bru jy moes die toppie gelos het, ek deserve om te vrek.’ ‘Bra Fredds ek is nou moeg om saam jou te praat as ek net dink ons maak vodering dan vat jy weer tien stappe terug, naai man. Raak groot. Die lewe draai nie net om jou en jou probleme nie.’ Fredds hoor vaagweg wat Booboo sê want die pyn maak hom swak en soos een slaan hy net daar voor Booboo neer. Beatrice loop stadig na die deur sy hoor geluide van iemand wat probeer asem soek, sy dink nie nog twee keer sy storm daar in en soos die deur oop gaan draai Mammie E onmiddelik om en los die riem en Roderick haal dadelik diep in en uit asem. ‘Surprise, surprise - kyk wie daag uiteindelik op, nou is dit Behoorlik ‘n family affair.’




6 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page