top of page
Search

Die Intern 31

Updated: Mar 19, 2021

Dit is doodstil in sel 33, Fredds het toe terug gekom maar hy jet reguit vir hom op ‘n bed gegooi die pyn medikasie maak hom Behoorlik moeg. Booboo het op sy bed gelê en bybel lees terwyl Derek hard besig was om ‘n brief te skryf. Toe Fredds sy oë oop maak is hy aleen in die sel die ander twee was weg eet saal toe. ‘n Wit papier was voor hom, hy vat dit toe in sy hand hy sit regop om dit te lees. Soos hy lees loop die trane. “Fredds, ek wens ek was ‘n vreugde volle mens ek wens ek was die persoon wat jou die eerste keer vas gehou het jou geleer sokker speel. Ek kan onthou die eerste dag toe ek jou sien was my hart wit want jy het my aan my Pa hereunder. Jy en Karen was gelukige kinders, maar ek het julle childhood kom spoil. Dit het alles met drugs begin, drugs het my van julle beroof. Ek wil nie alles op drugs blameer nie maar dit het my verander dit het my ‘n koue persoon gemaak, ek het jou Ma as ‘n slaan sak begin sien om haar te slaan en te skop het my beter laat voel oor myself. Ek het aan jou geslaan ek het aan Karen geslaan ek verdien julle nie, ek is ‘n gemors maar ek belowe om te verander. Die aand van die moord spook by my want ek weet nie wat presies gebeur het nie toe ek bykom is ek in die hande van polisies, en Karen se huil sal ek nooit vergeet nie, nooit nie! Dit speek in my kop af en ek wens daar was ‘n rede Hoekom ek Katrina vermoor het maar daar is nie. Ek is vandag speit oor alles Fredds ek weet nie hoe om Verskoning te vra nie want dit sal nie die roos wat ek gepluk het terug bring nie, arme Katrina sy het nie dit verdien nie, sy was so lief vir jou Fredds sy het die hele gemeenskap vol gebrag oor jy wat ‘n dokter gaan word. Ek was nog altyd die een wat nie wou hê jy moet succeed nie. Maar my Laaitie ek is jammer ek is rerig jammer! Jy hoef my nie te verge we nie, God is klaar besig om met my af te reken, ek betaal al klaar vir my sondes. Ek weet nie hoe lank ons nog ‘n sel gaan deel nie maar ek wil hou weer leer ken en ek wil hê jy moet tyd maak om die nuwe ek te leer ken. Jou Pa - Derek… Elke woord in die brief raak vir Fredds hy kan nie verhelp as hom diep in en uit asem te haal en sy trane af te vee nie. ‘Aiiihhh Here u is my toe lug wys my wat ek in hierdie situasie moet doen. Want hoe kan ek net wil verge we en vergeet, maar Here dan is daar weer die situasie toe ek hom beskerm het, Hoekom het ek, as ek hom so haat?’ Fredds sit en kyk na die ceiling dit is asof hy wag vir die Here om hom ‘n antwoord te gee maar die antwoord lê is sy hart. ‘Aiiih jirre julle is darem gevrek!! My Mammie is daar buite iewers ‘n groot gevaar en julle glo my nie omdat sy die donderse raadslid is!!!’ Beatrice skreeu op die polisie man wat dink haar verklaring is belaglik en dat Mammie E nie die soort goed kan doen net omdat sy die raadslid is van die dorpie. ‘Kom ek neem julle na ons huis toe sodat julle kan self bewyse kan sien dat sy my ontvoer het die bewyse is alles in die basement vervlaks, terwyl julle nog hier staan en draai maak sy moeilikheid daar buite!! Ek sweer ek kan dit aan my voel.Hou op gevrek wees.’ ‘Beledig my nog een keer juffrou’tjie en ek sluit jou op!!” maak die beampte sy stem dik. ‘Arg vader!’ Beatrice is uit by die polisie stasie. ‘Kom verduidelik tog vir die mense waar julle my gekry het.’ beduie sy vir Riaaz en haar stiefbroer. Die twee is toe in saam met Beatrice om haar storie te bevestig. ‘Wel dan moet ons maar vir Mev Baxter wag om terug te keer na haar huis en dan sal ons haar kant van die storie hoor.’ ‘Ek is nou mooi moeg, ek gaan nie nog langer hier wag nie, ek gaan haarself gaan soek!’ Beatrice is uit by die polisie stasie. Riaaz bied vir haar lift aan tot by die huis waar sy haar Kar gaan kry. Sy wil eers was maar dan dink sy elke oomblik wat sy nog mors is iemand daar buite se lewe in gevaar. Sy gaan gou in haar Ma se kantoor, maak elke laai oop sy is opsoek na die pistool sodat sy haarself kan beskerm teen Mammie E. Maar sy kry niks nie, ‘Damn sy moes dit gevat het. Josh! Oh my GoD!!’ Alles begin in haar kop kliek. “Natal, die heks is KZN toe.’ sy gryp haar sleutels en maak haar way na die garage toe sy is te hastig om nog oop te maak sy stamp die garage met haar kar ‘n lekker duik in dit klim sy vinnig uit en maak dit oop. ‘Jammer karetjie dat ek jou nou so seer gemaak het maar ek moet nou daar uit kom.’ Sy jaag bihourly deur die strate om by die hoof pad uit te kom. ‘Asseblief Here Josh is al wat ek van my Pa oor het my liefie my enigste BROER, beskerm hom.’ Roderick is rooi in sy gesig van die pyn, sy toon bloei nog aan een. ‘Vok aunty, gee my net iets sterks ‘n dop of enige iets die pyn is kwaai!’ “Heey manetjie hou jou bek ek het jou mos gesê ek haal jou liggies ook uit.’ Mammie E lyk baie woes. ‘Maar aunty ..’ ‘Maar niks nie jy wanna be famous!’ Roderick is dadelik stil en wonder hoe weet die aunty van hy wat wil famous wees. Josh lê in sy eie bloed liggies is nou af en Mammie E sit daar langs hom haar klere is vol bloed, die pistool lê paar meter van haar af weg. ‘Ek haar jou van die eerste dag af toe ek swanger was met Beatrice en Warren huistoe gekom het en my vertel dat jou Ma ook swanger is met jou!! Ek haat jou, van daai dag af het ek planne met jou lewe gehad. En toe maak ek jou slegte dronk gat Ma dood en whoops toe moes jy wees huistoe. En ek het maar my mense daar gehad en alles het volgens plan verloor. Jy het ‘n druggie geraak nes ek beplan het en kyk waar lê jy vandag. Gemors kind.’ Sy kyk Josh met soveel haat aan. ‘Dit is tyd dat ek once and for all die ding EINDIG.’ Sy tel die pistool op en rug dit na Rodeick toe. ‘Asseblief moet my nie skiet nie, ek is lief vir die lewe. “smeek Roderick toe hy sien wat Mammie E se plan is. ‘Hou jou bek.’ Sy druk die sneller maar daar kom geen bullet uit nie, sy druk weer maar niks nie sy cock die gun en lug dit weer na Roderick toe sy druk en druk die sneller maar niks kom uit nie. Is net wat wat loop van Roderick se broek af hy het Homself nat gemaak van geskrikte geit. ‘Vervlaks! Wat the hell.’ Sy haal die kosyn uit om te kyk of daar bullets in is maar daar is geen. ‘Wie the hell het my Gun gebruik hier was 3 bullets in.’ Sy gooi die gun eenkant en staan dan op en loop nader aan Roderick. “Dit is tyd vir plan B.’ Sy vat ‘n stuk van die los tou wat langs Roderick lê die ander stuk bind sy hande. Die skok In Roderick se oë hy weet presies wat sy nou gaan doen, die pyn van sy geskiete toon is skoon weg so geskrik is hy nou. Sy vat dan die tou en sit dit om sy nek en sy begin hom wurg. ‘URRRG! Hmmm asseeeblief.’ spartel en smeek Roderick.

3 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Opmerkingen


All Videos

All Videos

bottom of page