top of page
Search

Die Intern 30

Updated: Mar 18, 2021

Derek was so bang dat hy Homself nat gemaak het. ‘Ek deel ‘n vokken sel saam met papbroeke!’ Tiger los toe vir Booboo en tel dan die mes op en gaan vir Derek. Alles het so vinnig gebeur, Fredds het op sy Pa gespring en Tiger het hom in die arm gesteek. ‘Wat the Vok my bruh! Hoekom beskerm jy die vark.’ Booboo het teen die tralies geroep vir die bewaarders want Tiger gaan nie rus voordat hy nie vir Derek dood maak. Fredds kreun Behoorlik van die pyn, maar maak nie ‘n beweging van sy pa af nie. Mammie E maak weer haar verskyning in die basement waar sy Beatrice aanhou. ‘Mammie ek is honger.’ Beatrice lyk en ruik baie woes. ‘En is dit my probleem ek voer jou nou al heeltyd jy sal nie vrek as jy nie vandag eet nie.’ ‘Asseblief Ma - Mammie.’ ‘Anyways ek gaan my shopping bietjie gaan doen vandag en dan het ek ‘n gemeenskap vergadering wat ek moet bywoon.’ lieg sy gou. Mammie E is soos blits weer by die deur uit. Sy het natuurlik weer die kous in Beatrice se mond gedruk. Sodat Beatrice nie geraas maak terwyl sy weg is nie. Sy is skaars weg toe hoor Beatrice ‘n kar optrek by die garage. Sy herken dadelik die stemme buite dit is haar Ma se boyfriend of liewer ex- boyfriend. Sy probeer om ‘n geluid te maak, maar die kous smoor haar klank. Mammie E sit en wag vir Josh in by sy woonstel, sy het ingebreuk. Dus hoor sy die klank van ‘n sleutel in die deur. Josh maak eers sy verskyning maar hy het iemand by hom. Sy kom dadelik uit waar sy haar weg gesteek het. ‘Welkom tuis Joshua!! Ek sien jy het ‘n vriend saam gebring.’ ‘Wat soek Tannie hier?? Het tannie dalk my geld kom deliver?’ ‘Nee my liewe mens,’ sy haal die gun uit en rig dit op Josh. ‘Roderick my bruh, jy moet laat jy weg hardloop.’ fluister Josh vinning aan Roderick. ‘Hy gaan nêrens vandag maak ek julle altwee vrek!’ ‘Maar hy het niks gemaak, laat hom gaan.’ ‘Wie is die Aunty Josh?’ ‘Beatrice se Ma!’ ‘Wat?’ ‘Ek sal later alles verduidelik.’ ‘HEEEYY! EK is nie dom as ek laat hy gaan dan gaan hy reguit polisie toe.’ Sy gooi ‘n riem na Josh toe ‘Maak hom vas.’ ‘Jy gaan nie hiermee weg kom nie.’ ‘Ek het alreeds liewe Joshua!’ Roderick praat nie ‘n woord nie hy is baie geskrik hy knip sy oë 5 keer om seker te maak hy droom nie. Josh is netso geskrik maar probeer dapper te wees, hy het nader aan Mammie E geloop. ‘Kom ons praat die ding uit, niemand hoef seer te kry nie.’ probeer Josh haar oortuig. ‘Ek is moeg gepraat, ek lus begrafnis KOS.’ Josh het nie nog twee keer gedink hy spring dadelik tot voor haar die twee het beveg vir die pistool en dit is toe ‘n skoot afgaan…. Josh lê op die vloer is net bloed wat loop, hy is in sy maag geskiet. Mammie E is uit asem sy het haar op die vloer neer gegooi. ‘Help hom asseblief aunty! Help hom net, bel die ambulans.’ Smeek Roderick wat steeds aan ‘n stoel vas gemaak is. ‘Shut up tjy! Jy is volgende.’ Die sweat druppels tap van Mammie E se gesig af. ‘Ek sou jou nie skiet Jooshua! Moet nie dood , HAAL TOG NET ASEM!’ Sy besef nou eers die erins van die saak toe sy sien Josh lê en bloei hy is nie dood nie maar hy verloor baie bloed. ‘Joshua! TANNIE IS JAMME!’ ‘Vok Aunty bel die ambulans, Jirre hy vrek dan.’ Dit is die eerste keer wat Roderick ook hard praat en kwaad raak. Sy staan dan op en rug die pistool na Roderick se voete toe en dus skiet sy laat die bloed spat. ‘Ek het jou mos gesê jy moet jou bek hou.’ ‘EINA, EINA!’ Roderick kreun Behoorlik van die pyn. ‘Shut up vokken as jy wee bek rek dan skiet ek dwaars deur jou hart!’ Roderick mompel soos hy kreun van pyn want hy kan nie geraas maak nie. Josh hou sy twee hande oor sy wond, maar dit help niks nie, die bloed loop kwaai en soos blits is hy uit soos ‘n kers. Mammie E staan voor Josh baie geskrik ‘Is hy nou dood?’ Roderick praat niks hy kerm aaneen oor sy toon wat geskiet is. Beatrice het vir paar minute gesukkel tot sy met ‘n PLAN op gekom het sy haarself in die stoel om gegooi sodat dit kan ‘n geluid maak. En nes sy hoop dat haar stiefpa die geluid hoor sluit hy dadelik die basement van die buite kant oop. ‘My ander goed het ek hier binne gestoor Seun sit aan die lig, ek wonder wat stink so hier binne.’ Mammie E het skoon vergeet dat haar Ex boyfriend Riaaz sy ander goed vandag kom haal aangesien hulle opgebreuk het. Soos sy seun die lig aansit gevaar hy dadelik vir Beatrice. ‘Wat op aarde??’ hy hardloop en sit die stoel met Beatrice dadelik regop. Hy haal dan die kous uit haar mond. ‘Maak my los voor sy kom, en vat my dadelik polisie stasie toe asseblief.’ Praat Beatrice baie vinnig en hastig. Riaaz doen soos Beatrice sê en maak haar dadelik los. ‘Verduidelik my wat hier aan gaan.’ Wil hy weet die oomblik toe hy haar los maak en sy staan. ‘Kom, ek sal in die kar verduidelik, maak vinning sy is ‘n gevaar.’ ‘Ek wil mos maar sê jou Ma se dak raas.’ ‘Dit is nie nou die tyd nie oom Riaaz, ons moet weg kom.’ Beatrice gryp die oom aan sy hand, die drie is uit by die basement. Die vars lug gee weer vir Beatrice lewe al is sy honger al is sy dors sy moet nou net by die naaste polisiestasie uit kom, voor haar Ma nog skade doen. Sy leun vinnig haar stiefbroer se foon om vir Joshua te bel maar die foon gaan net voicemail toe. ‘Asseblief tel op Josh, liefie asseblief tel op, OOOH my Baby!’ Sy stress toe sy sien Josh tel nie op nie, sy kan dadelik aan haar voel iets is verkeerd. ‘is daar ‘n gemeenskap vergardering?’ vra sy haar stiefpa. ‘Nie wat ek van weet nie.’ ‘Nou waarheen kan die heks wees??’ ‘Dit vir my gelyk sy ry uit.’ Beatrice sit en dink maar niks kom op nie waarheen haar Ma kan wees nie. Riaaz het haar by die polisie stasie Afgelewer sy het ‘n verklaring afgelê. Fredds was sommer net daar in die tronk van ‘n tronk dokter gehelp. En Tiger is dadelik verwyder van die sel af. Dit het gekos want hy was baie violent toe die bewaarders op daag gelukkig is Derek nog in een stuk is net Fredds wat ‘n steek wond het maar dit is nie so erg nie. Booboo en Derek was aleen in die sel. ‘My Toppie jy moet Verskoning vra by Fredds ‘n outie se Ma beteken die wêreld vir hulle. Wat jy gedoen het was nie reg nie. ‘Met dit gesê haal Booboo die bybel onder sy bed uit om vir Derek wat sy gesig in sy hande hou die woord van die Here te gee. ‘Die Here laaiks nie mense soos ek nie.’ Maak Derek sy stem dik. ‘Dit is waar jy verkeerd is God is vir almal selfs die wat sondig.’ ‘Maar ek het my kinders van hul Ma beroof ek is ‘n duiwel, en kyk my laaitie het my nog beskerm teen daai gemors.’ ‘Hoekom hy jou beskerm het is, jy bly sy Pa ongeag die seer wat jy veroorsaak het, en dit my bru moet laat jou oop gaan. Jy kan nie die verlede verander nie, maar jy kan nou besluit watter tipe Pa jy vir hulle gaan wees van die dag af.’ ‘Ek sal nooit die Pa wees wat hulle graag wou hê ek spandeer my hele lewe in die tronk.’ ‘Steeds as Fredds nou inkom vra Verskoning dit sal nie sy Ma terug bring nie maar wys hom, jy is regtig jammer.’ ‘Weer waar. Wat doen iemand soos jy in die tronk?’ ‘Ek het baie foute in my lewe gemaak, maar ek nie laat dit my verhouding met my mense en God negatief Beinvloed nie, vra net Verskoning en kom tot bekering en ek belowe jou jy gaan sien hoe verander jou lewe.’ Derek sit en luister aandagtig na Booboo se wyse woorde. Toe begin Booboo sing ‘Jesus my Heiland, Jesus my Heiland, Hy is alles vir my. Hy is die Lelie van Dale, Die blink môre Ster….Hy sterf vir my sondes, Sy bloed maak my vry..”



7 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page