top of page
Search

Die Intern 3

Updated: Dec 14, 2020

‘Geen probleem solank jy betaal.’ ‘Altyd jy is vrek synig Freddie selfs vir jou eie maag.’ Freddie het net ‘n skelme lag afgegee. ‘Wet jy het met die idea gemors dus net fair as jy betaal.’ Roderick het nie nog veder met Freddie probeer stry nie want hy weet hy gaan verloor. ‘Kan jy glo my bruh een van my vriende in die klas bied my dagga aan net omdat ek sê ek slaap min.’ ‘Ek hoop jy het nee gesê want dus hoe mens begin verslaaf raak jy begin by die Waterpyp en dan gaan jy oor na dagga en na dagga is dit mandrax en die lys gaan aan.’ Roderick is baie, baie ingelig oor hierdie goed. Freddie het sy hand op Roderick se skouer gesit wat besig was om te bestuur net om hom te kalmeer want Roderick is besig om die bobejaan onodig agter die berg te gaan haal. ‘Nee man Roderick, Jy weet mos ek sal nooit nie, ek het anyways gelees daai goed laat mens ‘n hartaanval of beroete kry.’ ‘Dus goed jy besef dit bra.’ En dus stop hulle voor Debonairs om ‘n pizza te kry. Hulle kon dit net sowel per foon bestel het maar die twee het nie lus vir hulle boeke, hulle wil heel aand rond ry. Nadat Freddie en Roderick by die flat aangekom het is elkeen in hulle kamer met hulle boeke op die bed. Freddie se foon het weer Afgegaan. ‘MXM wat soek die kind, ek moes nie my nommer vir haar gegee het nie. Jesus, nou gaan sy nie end kry nie.’ Freddie is besig om hom te vererg. Hy het haar Boodskappe heeltyd net geblue tick. Totdat hy moeg was en net moes reply want sy is baie determined. (WhatsApp Boodskappe tussen (B)eatrice en (F)reddie) F- Wat soek jy? Beatrice. Wat gebeur het, het gebeur.’ B - ‘Maklike vir jou om te sê ek is die een wat eendag die prys gaan moet betaal.’ F - ‘ Die het twee jaar terug gebeur is jy nie happy dit het gebeur? Jy sou nou nie Eens op Varsity kon gewees het. Maak vrede.’ B - ‘Hoe kan ek Freddie??? Dit pla my nou al van 2015 af. Of course sal jy nie omgee nie, jy is dieselfde persoon wat sy family abandoned het. So ek verwag nie jy moet simpatiseer nie. F - ‘Op die einde van die dag het jy ‘n keuse gehad B. Niemand het jou gedwing nie. EN KOM ONS los my family uit asseblief.’ B - ‘Jy gaan jou dag kry Freddie dit kan ek jou belowe.’ Freddie het net die laaste boodskap gelees en nie reply. Die gesprek wat Freddie met Beatrice gehad het, het hom begin pla. Hy het skierlik begin voel hoe swaar hy asem haal en dus pas hy die tegniek van diep in en uit asem haling toe. Hoe meer hy probeer konsentreer op die boek en notas wat voor hom lê hoe meer en meer speel die whatsApp Boodskappe in sy kop af. Hy onthou dan dat daar ‘n twinty cigs in sy sak lê dit is nie syne nie, dis Josh sin wat hy in Freddie se sak vergeet het een van die vorige weke. Hy staan dan op en gaan na sy rugsak en haal die 20’s RG uit en haal dan vir hom een uit, en loop vinnig Kombuis toe om dit by die stoof te light, en so vinnig as wat hy dit light is hy reguit kamer toe sodat Roderick nie kan agter kom nie. Maar met die eerste trek hoes hy so hard dat hy seker is Roderick het gehoor, maar hy het toe nie gehoor nie. Dit is die eerste keer wat Freddie rook. Nadat hy die eerste cigs klaar gerook het besluit hy om nog een te gaan light. ‘Dit help darem met die druk wat ek nou voel, Longetjies julle moet maar nou sterk wees.’ Praat hy met Homself terwyl hy die rook uit blaas. Hy besluit om die kamer venster oop te maak net om die rook reuk uit te kry. Alles begin weer in sy kop afspeel die ding wat tussen hy en Beatrice gebeur het. En hy dink by Homself as hy maar net tyd kon terug draai en dinge probeer anders doen. Dit begin hom so erg pla dat hy sy boeke van die bed af gooi en besluit om te slaap. ‘Is alles okay Fredd?’ het Roderick tussen happe ontbytkos gevra. Freddie wat regoor Roderick sit se gedagtes het gedwaal hy het skaars ‘n woord gehoor wat uit sy kamer maat se mond kom. ‘Lyk my die liggies is aan maar niemand is tuis. Kom ons loop.’ ‘Jy kan maar gaan ek het eers 11 uur klas.’ lieg Freddie vir hom. Roderick ken by die tyd Freddie se schedule en weet dat hy nou besig is om vir hom te lieg maar hy steer hom maar nie en is aleen weg. Freddie is besig om onrustig te raak, hy besluit toe om sy notas uit te sorteer en die boeke op te tel wat hy op die vloer gesmyt het las nag. Dus vang dit hom by Josh het mos gister ‘n aanbod gemaak miskien is dit nie ‘n slegte idea nie. Hy wil nog ‘n whatsApp Boodskap vir Josh stuur maar dan dink hy om te bel gaan die proses so veel viniger en gemaklik maak. Hy het nie nog vir Josh gegroet nie hy het net straight tot die punt gekom. ‘My bruh ek nodig nou daai Weed maak ‘n draai vir ‘n vinnige rook dan kan ons somer saam klas toe stap.’ Josh was so bly aan die ander kant van die foon om uiteindelik te hoor sy mede mediese student wil saam met hom ‘n Zol rook. ‘Aweh stuur my net jou adress brah weet mos nie waar jy bly.’ Dus drop Freddie die foon en Whatsapp dadelik vir Josh sy location. Dit was skaars paar minute en Josh daag op. ‘Maak jou comfortable daar op die couch. Ek is nou met jou.’ Josh het homself op die couch gemaklik gemaak terwyl hy die weed aan mekaar slaan. Toe hy die zol klaar geswaai het steek hy dit aan die brand en begin rook terwyl hy vir Freddie wag wat besig was in sy kamer. ‘Heee bra kom voordat ek die hele ding aleen rook.’ Freddie kom ook hastig uit die kamer uit met sy rugsak en sit langs Josh. ‘Hierso! En vat dit stadig jy moet trek en dan hou jy die rook vir paar sekondes in voordat hy dit uit blaas.’ Gee Josh vir hom instruksies. Freddie doen nes Josh sê maar soos hy uit blaas hoes hy verskriklik. ‘Ek het jou gesê stadig’ vererg Josh hom vir Freddie wat nie doen soos hy sê nie. ‘My bru die voel kak goed! Kom ek trek nog.’ Die eerste trek het hom na meer laat smag en in paar minute se tyd het hy die hele zol so te sê aleen klaar gerook. ‘Jy vat jou mos great, ek wonder wat het verander tussen gister en vandag?’ Mens kan in Fredds se oë sien dat hy lekker high is. ‘My bra ek het besef dat ek nog kak jonk is so ek moet die wêreld so goed geniet.’ Josh het begin lekker kry ‘Dus hoe ‘n 22 jaarige moet praat, masekind laat ons waai. Ons is by daai sexy jong prof met die lekker boude.’ Hulle besluit dan om te loop maar die opstaan van Fredds was bietjie heavy gewees hy het amper geval en Josh het net gelag want hy weet hoe dit is wanneer jy vir die eerste keer Weed rook. ‘Is jy seker jy sien kans om Kampus toe te gaan?’ vra Josh. ‘My bru ek is oraait, kom ons waai.’ Hulle besluit toe om te loop, die son is vrek warm buite en dit help nie juis dat die twee gerook is nie. Die dagga is nou al so deur Josh se sisteem dat dit hom nie eers so kwaai afekteer soos dit vir Fredds afekteer. Fredds is in sy eie wêreld en lag vir elke ding wat verby kom. ‘My bruu check die kat met horings.’ Fredds vrek soos hy lag hy verwys na ‘n stil stander kar as ‘n kat met horings. ‘Vrek Bra. Is ‘n kar my bruh.’ Josh lag laat die trane van sy oë afrol. ‘Weed doen lelike dinge aan jou kom ons loop, ons gaan laat wees.’ Josh vat vir Freddie aan die skouer. Freddie het doodstil in die klas gesit en probeer Fokus maar sy oë wil net toeval. ‘Josh ek is honger.’ Fluister hy. ‘Klas is nou uit wees Geduldig. Check solank Prof Lara se sexy boude uit.’ Prof Lara is nog bloed jonk, vroeg in haar dertigs, getroude vrou maar trek gereeld kort rokke aan, en daarom is haar klas permanent vol. En voordat Fredds nog wil terug fluister kondig die jong proff aan dat hulle ‘n klas toets gaan skryf wat 50% van hul semester punt gaan tel. Almal het dadelik begin gons want dit is onverwags niemand het geweet dat hulle vandag ‘n toets in die klas gaan skryf wat 50% tel nie. ‘Kalmeer, ALMAL! My woord is wet soos ek alreeds aan die begin van die jaar aangekondig het moet julle elke dag van julle lewe hierdie module studeer want ek het gesê ek is ‘n persoon wat onverwags vir julle gaan toets.’ Maak Proff haar self duidelik. En almal is dadelik doodstil. En toe vra sy dat sy paar student haar moet help om die toets uit te deel. ‘Vrek my bru ons dop die toets.’ Fluister Fredds. En toe verseker Josh hom. ‘My bru as mens gerook is dink jy die beste trust me ons ACE die toetsie.’ Freddie aan die ander kant is nie so seker van sy saak nie, hy is honger en vrek moeg nou moet hy nog ‘n toets skryf. Toe die papier voor Fredds gelos word dink hy nie nog twee keer nie hy kry skierlik inspirasie en begin skryf. En hy is somer heel eerste klaar. ‘Is jy seker jy is klaar Meneer Matthews?’ Vra proff Lara. ‘Ja mevrou, kan ek maar loop?’ Almal is verbaas dat hy eerste klaar is terwyl hulle nog sukkel. ‘As jy seker is dat jy klaar is kan jy maar gaan Matthews.’ Freddie is soos wind by die klas kamer deur uit en reguit na die naaste winkel op Kampus.


3 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page