top of page
Search

DIE INTERN 26

Fredds se verhoor het amptelik begin. Die hof was vol en almal soos in almal was daars selfs Josh en Roderick. Die slange Beatrice en Haar Ma was ook by die verhoor want Beatrice moes getuig. Van Vuuren was Fredds se prokureur dwaars deur die verhoor en hy het sy beste probeer om Fredds se onskuld te bewys. Maar op die einde van die dag was hy skuldig bevind en het ‘n tronkstraf van 7 jaar in die tronk gekry. Alle faktore was in ag geneem selfs hulle verlede die aborsie maar steeds is hy skuldig bevind. Josh en Roderick was baie teleurgesteld. Prof Lara het nie eers die verhoor begewoon nie nog onsteld omdat Fredds haar gedreig het, maar sy het darem die prokureur se kostes gedek. Vir Fredds het dit gevoel asof sy hele lewe besig is om in mekaar te val, toe die judge hom skuldig bevind het hy net daar neer gesak in trane. En hy het net agter toe gekyk om Beatrice se reaksie te sien, maar sy was kalm en het geen emosie getoon. Hy het net herhaaldelik gepleit dat hy onskuldig is maar hy is dan in handboeie verwyder uit die hof. Dit beteken dat hy geskors ook is by die Uni. ‘Wat doen ons om ons Victory te celebrate?’ Het Mammie onderlags vir Beatrice gevra wat se oë die heeltyd op Fredds wat plei dat hy onskuldig is. ‘Ma kan ek net vanaand aleen wees. Ek voel nie reg oor die hele storie nie, Fredds verdien dit nie.’ Sy begin second thoughts kry oor die hele plan, maar die heks wat haar Ma is fluister sy in Beatrice se oor ‘Ruk jou reg Bea of ek sal sorg dat jy môreoggend in boek word by die naaste mal huis.’ Beatrice wil nie terug gaan nie en sy weet as Mammie E iets sê doen sy dit sonder om te dink. ‘Okaaay Ma ons kan seker gaan celebrate.’ Verander Beatrice vinnig net om nie terug mal huis toe te gaan nie. ‘So praat mens Dogter van my.’ SO staan hulle op en loop uit by die hof. Buite staan daar joernaliste en elkeen wil net weet hoe Beatrice voel nou dat justice geskiet het. En sy wil nie ‘n onderhoud doen nie maar Mammie E druk op en dus gaan staan Beatrice voor en van die joernaliste. ‘Wel ek kan nie sê ek is bly nie, ons twee het ‘n history maar wat hy gedoen het was wreed, geen meisie dit maak nie saak hoe lank julle date of julle nou getroud is nie forced sex is steeds rape hy het dit teen my wil gedoen.’ En dus vra die joernalis haar wat sy uit die situasie geleer het en hoe sy met dit deal en hoe sy voorentoe ander gaan help. ‘Ek het nie hulp gaan soek nie ek weet baie mense gaan na ‘n sielkundige toe in sulke situasie, maar ek het net my Mammie se Ondersteuning nodig gehad om met hierdie nagmerrie te deal, ek mean wie sou dink iemand wat jy vertrou kan jou so seer maak. En om terug te kom na jou ander vraag ek het geleer om nie maklik mense weer te kan vertrou nie, die lewe is ‘n wrede plek. Die planne vir die toekoms is om ‘n stem te wees vir ander slag offers.’ Mammie E het Beatrice aan haar hand gevat en hulle twee is na haar kar toe. Wat hulle in klim maak Mammie E ‘n helse geluid, een van blydskap. ‘YYYYEEESSS!! Ek het jou gesê liewe Beatrice ons plan gaan werk arme Fredds moet nou 7 jaar tronk toe gaan ‘n volle 7 jaar!!! Niemand mors met my prinses en dink hulle kan daarmeeweg kom, ek hoop hy en sy Daddy gaan mekaar se company geniet in die joekie, want soos ek hoor gaan die Pa ook grootvlei toe.’ ‘Is Ma nou klaar? Weet ek is fed up! Ek was cool met alles maar na Fredds se Ma vermoor is, het ek net sleg gevoel dit is nie hoe ‘n mens ander behandel nie Mammie!’ Beatrice het begin frustreer raak en het op Mammie E begin skreeu. ‘Beatrice, bedaar ons in nou by jou woonstel dan kan jy jou bipolar medikasie drink.’ ‘Ek is nie donners wil siek nie, Ma moet op daai Vokken medikasie KOM!!! Dit is en was nog altyd Ma met die Vokken kop probleem, Ma is so mal soos ‘n haas en ek besef nou dat Ma die een is wat my gedryf het na ‘n inrigting, nie die aborsie nie.’ Mammie E is cool en calm sy bestuur na Beatrice se flat sy praat nie ‘n woord nie. En toe hulle parkeer het voor die woonstel kyk sy eers of daar mense rond om is. Sy sluit dan die deur van die motor en gryp haar handsak wat op die agterse stoel lê. ‘Wat op aarde doen Ma, Iemand help! Iemand Help!’ Begin Beatrice te skreeu. Haar Ma het ‘n naald uit gehaal met verdowings medikasie in en sy het vir Beatrice wat besig was om te skop en trap in gespyt dit was skaars 2 sekondes toe is Beatrice uit soos ‘n kers. ‘Mamma is Jammer maar, sy moes dit doen vir jou eie bes wil my kind. Sy sluit dan die deur oop loop tot by Beatrice se kant maar maak eers die agter deur oop van die kar en sy neem vir Beatrice en plaas haar op die agterste seat. Sy maak vinnig die deur toe en kyk Beatrice se woonstel sleutels in haar handsak en vinning is sy op met die trappe om Beatrice se klere te gaan pak. Rovia is nie daar nie sy is by haar klasse. En soos blits kom Mammie E met twee groot tasse die trappe af.


‘Nuwe vleis, nuwe vleis awe masekind!’ Soos die tronk bewaardes vir Fredds in ‘n lang gang aflei na sy nuwe tuiste maak elke tronk voël ‘n opmerking.

3 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page