top of page
Search

Die Intern 23

Updated: Mar 4, 2021

“JY KAN DAREM BEHOORLIK BAKLEI, HOU OP.!” Die week het vinnig geloop en voor Fredds sy oë kon uitvee was dit die dag om afskeid van sy Ma te neem. Hy wil nie hê dat hulle laaste ontmoeting so drasties moet wees nie. Die Saterdag oggend is vir hom baie bitter, hy sien nie kans om uit die bed te klim nie. Die paar dae by die huis was goed hy het weer met sy ou vriende lyne elope en hy het skoon die rede vergeet Hoekom hy hier is. Prof Lare het toe vir hom ‘n prokureur gevind en dus moet Hy Sondag Middag weer in die pad val terug KZN toe om voor te berei vir sy hos saak. ‘Fredds - Mammie is hier.’ Het Karen die kamer binne gekom. ‘Oh ek gaan nou kom.’ Het Fredds met ‘n swaar gemoed sy sister geantwoord. Dit is nog baie vroeg Fredds het nog nie eers gewas nie. Maar die lyk word oopgemaak vir die familie om dit te sien dan word dit weer toegemaak tot later as die ander mense opdaag. Hy het stadig maar seker na die Klein sit kamer geloop waar ‘n eenvoudige hout kus gestaan het. En al sy Ma se familie het rond om die kus gestaan die pastoor het eers gebid en toe maak hulle die kus oop. En soos hulle oop maak loop die trane. En Karen spring op en af en skreeu “Nie my Mamma Nie! Asseblief tog, nie sy nie!’ Fredds staan nog bietjie ver hy wil sy sister vas hou maar een van sy aunties troos en probeer haar kalmeer. ‘Kom seun wat staan jy so ver, kom groet vir Katrina.’ Maak sy ma se broer ‘n opmerking. Fredds huiwer ‘n bietjie maar dan gaan hy nader en toe hy sy Ma se gesig sien hoe dit vol merke is die make-up wat hulle haar aangesit het cover nie eers die helfte van die merke nie. ‘Mammie dit is nie hoe ek ons ontmoeting na twee jaar in my geestes oog gesien het nie, ek is jammer. Ek is jammer. Ek moes kom kyk het hoe dit met Mammie gaan ek moes Mammie beskerm.’ Die trane rol soos hy praat, in sy stem kan jy die seer hoor. Hy is Letterlik gebroke. En die woord “Jammer” het meer as eenkeer uitgekom. Dit is asof hy net wil hoor dat sy hom verge we. Maar daar is geen antwoord nie sy lê daar doodstil. ‘Wat het ju,le met my Ma gemaak? Dit is nie sy daai niie.” Maak Karen ook aan die eenkant lawaai. Aunty Girty kom staan dan langs Fredds wat se oë gefokus is op sy Ma hy staan doodstil en staar dit is asof soveel dinge in sy gedagtes afspeel. ‘My kind wees sterk. Jou Ma sou wou hê jy moet vrede maak.’ Troos Girty vir Fredds. En soos blits raak Fredds aggresief. ‘As ek daai vark in die hande kry!!! Ek maak hom vrek, ek belowe, ek maak hom vrek!!!’ Dit is asof hy nou eers besef dat dit deur sy Pa is wat sy Ma in die kus lê. Hy is reguit kamer toe Girty wil hom nog Agtervolg maar haar broer het haar gekeer. ‘Hy het nou net tyd aleen nodig, hy sal bedaar. Maak maar die kus toe tot later.’ ‘Stomme kind, sien julle spyt kom altyd te laat hy het soveel geleenthede gehad om vir Katrina te kom sien… AIIIHHHH die vokken lewe.’ Het Girty ‘n opmerking gemaak voordat sy op ‘n stoel gaan sit het. Fredds het in die kamer vir hom gewas in ‘n skottel vir die funeral wat half nege eers begin. Maar soos hy besig is om klaar te maak loop die trane. Sy Ma se laaste woorde speel in sy kop af die dag toe hy op die bus klim “Gaan en gaan maak my trots my eie Fredds, en moenie oor ek en Karen worry nie ons sal fine wees. Ons sien mekaar met die June vakansie pas jou op my kind.’ Dit was die laaste keer wat hy sy Ma se stem gehoor het as hy maar net van beter geweet het, en sy trots gesluk het en kom kuier het. Dinge sou miskien anders wees. Die begrafnis het begin en die hele gamesman is daar behalwe Beatrice en haar ma, hulle sal natuurlik nie opdaag nie want hulle is huidiglik enemy number 1 en snaaks genoeg ken niemand in die gemeenskap van die verkragting besigheid nie. Fredds het nie die kus verlaat nie hy het daar gestaan totdat die lyk toe gemaak is. By die begrafplaas het Karen weer baie hart seer gesit en huil. En soos by elke kleurling begrafnis was daar weer ‘n aunty in die gemeenskap wat vlou raak en al die aandag was op haar gewees, en mense moet rond val om suiker water aan die hande te kry. Na die begrafnis was almal heel vroëlik behalwe Fredds hy het in die hek aleen gestaan en dink. Die ooms en aunties was besig om lekkerte om hom te hou dit is net black label bottels wat kop uitsteek en die gepratery raak al hoe harder en harder. Dit lyk nie asof daar nou net ‘n begrafnis was nie. Vandat Karen klaar geëet het is sy net weg. En dit begin laat raak. ‘Fredds gaan soek tog vir Karen ek dink sy is begrafplaas toe.’ Vra Maggie die buurvrou vir Fredds wat nou al ure en ure in die hek staan sonder om ‘n woord te praat. Hy besluit toe om maar vir Karen te gaan soek en sowaar sy lê langs hulle Ma se graf…


3 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page