Fredds het skuldig gevoel omdat Roderick so vir hom alles doen nadat Roderick hom bus toe gevat het. Het hy hom ‘n stywe drukkie gegee dit was amper of hy vir ewig groet maar hy moet net terug keer sodat hy kan ontmoet met die prokureur wat Prof Lara vir hom gekry het.
Hy belowe Homself dat as hy uit hierdie gemors kom, hy plan sal maak om elke sent van Roderick terug te betaal.
Die reis huistoe was swaar vir hom, hy het nie eers eenkeer sy oė toe gemaak nie. Hy probeer agter Beatrice se plan kom en dan is daar die skuld gevoelens van hy wat basies sy Ma se dood veroorsaak het deur haar net daar te los.
Hy leen sy kop teen die bus venster met soveel hart seer en woede is sy oė.
Toe hy weer sy oė uitvee sien hy die dropie. Hy glimlag dan breed want hy tog die plek verlang. Toe hy sy voete uit by die bus sit haal hy diep in en uit asem net om die vars lug van die dorpie in te asem.
‘Home sweet Home. Al is die nie ‘n pleasant kuier nie is dit steeds huis.’
Fluister hy toe hy sy sak kry.
Hy loop dan na die taxi rank om ‘n taxi huistoe te kry.
Soos die taxi deur die strate ry begin hy elke Klein dingetjie onthou hoe hulle altyd gespeel het in die strate en hoe hulle nonsies aangevang het. Dit was die gelukkige ou dae.
Hy klim dan by ‘n hoek af wat nie ver van hulle RDP huisie is nie.
Soos hy loop na die huis groet 'n tannie hom in die straat.
‘Welkom tuis Fredds’ Gee aunty Girty die buurvrou vir Fredds ‘n drukkie toe hy net by die hek in kom waar sy Ma gewoon het.
‘Dankie Aunty Girty.’
‘Jou Ma jou so verlang, dis nou ‘n jamerte dat jy moet kom in sulke omstandighede.’
Fredds het behoorlik die knop in sy keel gesluk voordat hy kon vra waar Karen is. Sy sister.
‘Sy is daar binne in die Kombuis besig om tea vir die groot mense te maak.’
Hy loop dan stadig maar seker na die Klein Kombuis deur hy weet nie wat om te verwag nie.
‘Uiteindelike daag Fredds Matthews die moerse man op.’ Maak Karen ‘n opmerking toe Fredds die Kombuis deur binne gaan.
‘Dis mos nie hoe jy jou ou boetie groet nie my kind.’ Maak een van Fredds en Karen se oom’s ‘n opmerking.
‘Karen asseblief .’ Smeek Fredds.
Sy het die Kombuis dadelik verlaat en uit gestorm.
‘Kom gaan bêre jou sakke Fredds, jou Ouma en Oupa en somige van jou aunties sit daar in die sitkamer, hou reeds vergadering oor die begrafnis so gaan sit jou sakke daar binne dan kom sluit jy aan, jy is immers die oudste.’
Beduie Oom Carl vir Fredds.
Hy doen ook wat Oom Carl sź.
Toe hy die sitkamer binne gaan is sy aunties, Sy Ma se sisters in trane toe hulle hom sien. Trane van blydskap.
Merrel wat sy Ma se oudste sister was het glads opgestaan en hom ‘n drukkie gegee. ‘My kind ons is almal jammer ons het geweet Derrick slaan aan Katrina maar ons het al die jare niks gedoen nie, niks gedoen nie, ek is jammer, ons is jammer Fredds.’ Huil Aunty Merrel terwyl sy Fredds in ‘n drukkie versmoor.
Fredds het niks gepraat nie net een traan het sy oog verlaat. Hy self voel verantwoordelik vir wat gebeur het. Daar was soveel geleenthede om sy Pa oor te handig aan die owerhede, soveel maar hy het sy Ma en sy sister altwee misluk.
Sy aunty het hom gelos en hy het op een van die banke in die sitkamer gaan sit.
‘Ek is ook jammer Familie dat ek nooit moeite gemaak het om hier uit te kom nie.
Ek was besig. Maar ek is nou hier.’ Vra hy Verskoning maar hy het nie einlik hulle vergifnis nodig nie, hy het sy Ma se vergifnis nodig.
Oom Terrance sy Ma se enigste broer het begin om begrafnis rėelings te bespreek.
‘Katrina het geen polise gehad nie en dus gaan die staat ons help om haar te begrawe, ons moet maar net donasies gee vir Kos al koop ons net 3 Sakkies hoender en dan kan ons maar meel koop vir brood maak.’
Fredds het sy kop gehou, dis nie hoe hy sy Ma wil begrawe soos ‘n hond. Maar hy kan niks omtrent die saak doen nie.
Nadat die vergadering klaar is, besluit hy om bietjie buite rond te loop.
Die plekkie lyk en voel anders sonder Katrina.
Sy sister het dan weer terug gekom.
‘Kan ons praat Karen?’ vra hy met ‘n nederige stem.
‘Waaroor moet ons praat Mister Hot Shot Dokter?’ antwoord Karen hom met ‘n houding wat stink.
‘Asseblief Karen. Ma is nie meer met ons nie ons het nou net mekaar.’
‘Okay ek luister.’
‘Jy verwag tog nie ons moet Erinstige sake by die hek bespreek nie.’
‘Okay Fredds kom ons gaan dan kamer toe.’
Fredds agter volg dan sy sister na hulle Ma en Pa se kamer, hy maak die deur agter hom toe.
‘Dit was nooit my intensie om julle net hier te los om nooit weer te kom kuier.’
Begin Fredds te praat.
‘Nooit jou intensie?” Toe jy vlug kans kry so called Boetie!! Toe dink jy nie aan ek en Ma nie!. Jy het geen idea waarmee ek elke dag vir die twee jaar moes deal nie FREDDS!! Jy het geen idea nie. Ma het elke dag gehuil oor jou, sy het elke dag gebid dat jy huistoe moes kom. Ek moes elke dag hoor oor as Fredds sy dokters graad het kom haal hy ons…weet jy hoe ek en Ma altwee die jare probeer om bid het?’
Sy is so kwaad dat die trane begin rol en sy nie eers mooi kan praat nie sy half skreeu op Fredds. En hy staan net daar teen die hang kas met trane wat sy oė ook verlaat.
‘EK is jammer …’ dit is al woorde wat sy mond verlaat.
‘Jy moes aan jammer lankal gedink het Fredds! Ek verstaan die feit dat jy gaan studeer het vir ‘n beter lewe vir ons, maar ek verstaan nie die feit dat jy nooit huistoe gekom het vir vakansies nie, was ek en Ma dan so afskewelik vir jou?’
‘Karen dit is nie hoe dit lyk nie, ek wou nie weer onder die monster se dak woon nie. Jy het geen idea nie, hy het nog nooit vir jou geslaan, laat jou neus bloei nie hy het nog nooit sy vinger vir jou gelig nie! SO jy sal nie verstaan Hoekom ek moes wegbly nie. Die dag toe ek loop het hy my die dood belowe as ek weer my gesig hier moet wys.’
Karen trek dan haar T-shirt wat sy aan het uit sodat Fredds haar bo lyf kan sien wat vol blou kolle is.
‘En jy reken hy het nooit aan my geslaan nie HUH??? Kyk net hier Fredds kyk net hier. En despite alles of jy vir hom bang was of nie, mens kom kuier Jou Ma.’
Fredds het net daar gestaan trane het gerol, maar dit was trane van woede.
‘Een donderse mens, het al hierdie skade gerig, een donderse mens Karen.’
Hy sak in een voor die hangkas.
Karen het langs hom gaan sit en die twee het mekaar omhels en hart seer sit en huil.
Die Intern 22
Updated: Feb 17, 2021
Comments