top of page
Search

Die Intern 21

Updated: Feb 16, 2021

Oppad na die woonstel het Fredds nie ‘n woord gepraat nie, dit was doodstil in die kar Roderick wil ook nie veel sê nie. Fredds se kop werk oor tyd. Die ding met Beatrice, hy is kwaad vir Homself hy moes van beter geweet het. En nou die ding met sy Ma hy moes haar beskerm het. Toe hulle ariveer by die woonstel gaan Fredds reguit na sy kamer toe om te gaan stort want hy het nog Vrydag laas gestort en dit is al Dinsdag. Nadat hy gestort het gaan lê hy op sy bed en slaap vir paar ure, hy het sy bed verlang. Roderick is besig om rëelings te tref vir Fredds om op ‘n bus te klim voor vanaand sodat hy kan huistoe gaan om sy sister wat in matriek is te gaan help met begrafnis rëelings. Dus hoor hy ‘n klop aan die deur. ‘Wie is daar?’ ‘Dus ek Josh.” antwoord die persoon aan die anderkant van die deur. Roderick gaan maak dan die deur oop vir Josh om binne te kom. ‘Waar is daai man?’ ‘Hy slaap nog, ons het net paar minute terug van die polisiestasie Afgekom.’ Josh gaan sit op een van die stoele in die Kombuis aangesien Roderick besig is in die Kombuis. ‘is alles nou alright? Sal hy môre kan Kampus toe gaan?’ Josh weet nog nie van Fredds se Ma nie. ‘Ek glo nie, sy Ma is vermoor Saterdag en sy sister is basies aleen so hy moet afgaan om te gaan help met bergafnis rëelings my bru en dan moet hy Maandag terug wees om vir die hof sak voor te berei.’ ‘Wat? Jeeez Bra Fredds moet mos met baie deal op een tyd. Daai Beatrice chick gaan nog haar dag kry.’ Maak Josh ‘n opmerking. Is duidelik dat beide Roderick en Josh glo dat Fredds haar nie verkrag en assault het nie. ‘Ken jy haar? Vra Roderick. ‘Ek en Fredds het ‘n paar keer in haar vas geloop, sy kom voor as ‘n normale mens maar ek sê jou haar koppie raas.’ ‘Bra ek weet ook nie hoe kon Frredds saam met haar slaap nie. Ek mean hulle het ‘n geskiedenis. Maar somige dinge sal ons net nooit verstaan nie my bru.’ ‘Dit waar bra Roderick. Ons bid net laat God die hof wys wie en wat Beatrice rerig is.’ ‘Aweh ek bid ook net vir daai want Bra Fredds is onskuldig hy kan nie tronk toe gaan vir iets wat hy rerig nie gedoen het nie.’ ‘Ma jy weet Roderick, die hof glo altyd vrou mense, ons mans sal altyd gemorste bly en dit en deur ane brasse wat opgevok het nou moet die hele geslag blameer word.’ ‘Nes jy daar sê.’ Die twee het vir ‘n uur gesels in die Kombuis voordat Fredds sy verskyning gemaak het lekker deur die slaap oë is bloed rooi. ‘Aweh altwee my brasse onder een dak, Bra Fredds lewe nog so watse vergadering hou julle twee hier.’ Maak Fredds ‘n grap toe hy die Kombuisie binne gaan. ‘Bly om te sien die Fredds is nog op sy been.’ Staan Josh op en vat Fredds se hand. ‘Ja neh, Bra Fredds is ‘n Die Hard’ maak Roderick ook ‘n grap. ‘Hoe is Kampus en hoe was Maandag se toets?’ Vra Fredds vir Josh. Hy besef nou eers dat hy die toets gemis het maar soos dit vir hom lyk sal hy moet sy loop Baan op pause sit. ‘Dit was darem nie so erg nie, die ander wat nog kom gaan heavy wees. Maar hy moet nou oor Kampus worry nie. Kry eers hierdie hof saak agter die rug dan kan jy dit maar van daar af vat.’ ‘Ek het maar vrede gemaak my bry miskien was die alles deal van God se plan.’ Fredds was nie juis gelukkig met die situasie nie maar hy moet dit net aanvaar. ‘Ek gaan kry die bus ticket nug.’ laat weet Roderick vir Fredds terwyl hy uit stap by die deur. ‘Dus reg weerheens dankie Bra!’ Vriende soos Josh en Roderick is skaars soos hoendertande dink Fredds by himself. Cole het glads sy bail betaal. Hoe gaan hy ooits vir Roderick terug betaal. Toe Roderick net weg is haal Josh ‘n lekker dik geswaaide weed zol uit sy sak. ‘Kom ons rook, voordat Roderick terug kom. Ek weet jy dit nodig my bru.’ ‘Awe nou praat jy maar kom ons gaan rook in my kamer sodat die reuk kan vinnig uit gaan by die venster.’ Die twee is toe na Fredds se kamer en light die zol en rook heerlik. Die kamer is dik van die rook. En die twee lag en gesels so klophard dit is asof hulle ver van mekaar af sit. Roderick het terug gekom en die reuk die oomblik gekry toe hy die woonstel deur oop maak. ‘My hel!’ is al wat hy gesê het toe hy die kamer deur van Fredds oop maak. ‘Bra Roderickie soek jy nie ook nie?’ Vra ‘n lekker high Josh. ‘Nee ek, julle twee is nie Erinstig nie, Fredds jy moet nog jou sakke pak. Die bus ry 23:00 uur vanaand.’ ‘Arg Chill Roderick. Daar is ‘n muis op jou kop.’ Fredds is lekker high en sien al die wonder like goed wat nie eers bestaan nie. ‘Ek gaan nou waai moet nog gaan study vir môre se toets.’ Josh staan op en groet dan vir Fredds en wens hom alle sterkte voor vir die begrafnis en dan groet hy vir Roderick en is uit by die deur. ‘Bra jy kan nie vir jou dood rook aan dagga nie, dink jy dit gaan jou problems solve? Ruk jou reg Bra Fredds.’ Fredds was doodstil nie ‘n woord het sy mond verlaat nie. Roderick was kwaad.

4 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page