top of page
Search

Die Intern 20

Updated: Feb 15, 2021

Die gesprek tussen Fredds en die staats prokureur het vinnig ‘n klimaks bereik. ‘Ek weier om skuldig te plea terwyl ek onskuldig is. Vok! Dan kan ek myself maar verdedig.” Fredds vererg hom vir die prokureur. ‘Okay dan Meneer Matthews, ek respekteer jou wense sterkte met jou hof saak.’ Die prokureur pak dan sy tassie en verdwyn dan. Fredds dink aan wat hy nou kan doen, hy het letterlik nie ‘n geldtjie op sy naam om ‘n prokureur aan te stel nie maar skulding sal hy nie plea nie. Dan kry by ‘n plan in sy kop. Hy vra dan die polisie beampte of hy ‘n oproep kan maak, die polisie beampte stem in dat hy maar ‘n oproep kan maak. ‘Hello, saam wie praat ek nou?’ Antwoord ‘n dame die foon aan die anderkant. ‘Prof Lara, dit is ek Fredds.’ ‘Fredds Hoekom bel jy met ‘n polisiestassie nommer, is jy in die moeilikheid?’ ‘Ja Prof kan U dalk net ‘n draai maak by Parkweg Polisiestassie? Ek moet jou dringend sien asseblief ek is desperate.’ ‘Okay gee my net paar minute Matthews.’ Sy druk die foon neer. Die polisie beampte lei Fredds na sy sel terug. Maar hierdie keer is dit leeg want Booboo is hof toe. Prof Lara het paar minute na Fredds se oproep opgedag en hy was weer loop haal. Sy het daar gesit in die wag kamer rustig, sy het by die polisie uitgewis Hoekom Fredds aresteer was. ‘Dankie dat jy gekom het.’ ‘Ek het nie heeldag tyd nie Fredds ek het ‘n klas oor ‘n uur so praat.’ ‘Ek het ‘n prokureur nodig en jy is al persoon wat kan help asseblief.’ ‘Jy het iemand verkrag Fredds, En nou verwag jy ek moet vir jou ‘n duur prokureur kry. Wat is fout met die staats prokureurs?’ Fredds sig hy wil haar nie dreig nie maar hy moet nou net, dit is al manier hoe hy gaan kry wat hy soek. ‘Hulle wil hê ek moet skuldig pleit omdat die bewyse wat die staat teen my het baie krag dra. Maar ek is onskuldig Prof, glo my. En ek is seker U man sal baie bly wees om die nuus te hoor van ek en U. Ek wil nie praat van die raad van die Uni nie, ek is seker hulle sal dit geniet om te hoor hoe Prof punte verniet gee om onskuldige studente te verlei.’ Vertel Fredds haar met ‘n smirk op sy gesig, heel onskuldig. Prof Lara wil amper ‘n aar baars, ‘Jy sal dit nie doen nie manetjie want dan is jou loop Baan daarmee heen.’ ‘Wel ek het niks om te verloor nie ek is klaar hier in die aklige plek, jy aan die anderkant gaan jou mediese lisensie en boonop jou werk verloor en dan moet jy nog skei papiere teken.’ ‘Okay dan ek sal paar oproepe maak.’ sy is rooi van kwaadheid sy staan dan op en loop. ‘Bye Proif lekker klas gee.’ Maak Fredds ‘n sarkastiese opmerking. Die dag het geloop en niemand het eers weer vir Fredds kom besoek nie, hy het daar in ‘n lëe sel gesit. Roderick het nie terug gekom om hom uit te bail soos hy belowe het nie. Die volgende oggend vroeg het die Polisie beampte hom kom besoek om hom te laat weet dat iemand sy borg tog betaal het. ‘Dankie Here U is altyd met my.’ Dit is al woorde wat uit sy mond gekom het voordat hy homself reg ruk het en die polisie beampte agter volg. Roderick het hom uit gebail. ‘Dankie Bra Roderick.’ Fredds gee vir Roderick sommer ‘n drukkie van blydskap. ‘Fredds! ek het ongelukig nie goeie nuus vir jou vandag nie.’ Roderick se stem verander van blydskap na hart seer.’ ‘Wat is dit Roderick?’ Vra Fredds met bekommernis in sy stem. ‘Kom ons gaan klim eers in die kar voordat ek jou kan vertel.’ Die twee is uit by die polisiestasie. Om die son weer te kan sien, voel vir Fredds asemrowend, dit was net ‘n naweek maar dit voel soos ‘n wegheid dat hy in die hel van ‘n plek was. Toe hulle in Roderick se kar is kyk Roderick vir Fredds en die woorde kom swaar uit sy mond uit. ‘Jou Ma….’ ‘Wat van haar? Het sy toe kom kuier?’ ‘Nee sy kon nie.’ ‘Hoekom nie?’ ‘Nee Bra Fredds, Ummn …jou sister het gister gebel, om te laat weet sy is nie meer met ons nie.’ ‘Jy bedoel? Afgesterwe???’ ‘Ja Fredds ek is so so jammer.’ Fredds kan dit nie glo nie sy oë skiet dadelik vol trane. ‘Maar hoe Roderick? Sy het dan geen siektes gehad nie.’ ‘Sy is vermoor, deur jou Pa. Saterdag aand.; ‘Vok!!Vok!! Ek maak daai ding met my eie hande vrek.’ Dit voel asof iemand Fredds se hart uit sy borskas geruk het. Hy klim uit Roderick se kar om asem te skep. Hy is kwaad en hart seer terselfde tyd. Hy sak net daar langs die kar deur neer en huil, snik snik. Roderick moes maar uitklim en hom probeer troos. Hy slaan sy vuiste teen die grond met geweld sodat net bloed kan loop. ‘Wag Fredds kom klim in laat ons huistoe gaan.’ ‘IS DEUR MY RODERICK , AS EK NIE WEG GEGAAN HET NIE SOU SY NOG GELEWE!!’ kerm Fredds deur al die pyn en woorde. Roderick lug hom dan stadig maar seker van die grond op deur sy hande om sy lyf te sit. “Jy moet gaan bath en dan slaap dan sal ons die res uit figure.’ Roderick het die reg gekry om Fredds in die kar te kry. Dit maak hom seer om sy vriend in sulke toe stand te sien. En dan is daar nog ’n hof saak wat voorlê. “Here gee vir Fredds krag, Maak hom sterk Here.’ sê Roderick in sy binneste soos hy terug na die woonstel bestuur.

5 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page