top of page
Search

Die Intern 2

Updated: Dec 12, 2020

‘Duh dommie ek studeer ook nou hier, ek het 2 jaar by die huis gesit dus hoogtyd. En nou studeer ek ook medies jy is my inspirasie.’ Dus alles vreemd vir Freddie want op skool wil sy nog altyd onderwys studeer wat het verander tussen daai tyd en nou. Dit kom vir hom voor dat sy besig is om saam met hom te flirt die manier hoe sy haar hande en lyf beweeg, maar hy steer hom nie. Aan die anderkant is Josh besig om ongeduldig te raak en wys dan vir Freddie dat hy solank die koffee sal gaan kry. ‘Dus goed so, ek hoop dit is jou passie.’ Freddie probeer om sarkasties te klink. ‘Natuurlik is dit Freddie Matthews.; ‘Goed vir jou! So lank jy net konsenteer en as jy enige notas nodig het, ek het nog daar van my eerste jaar, jy kan net copies maak.’ ‘Jy is nog so goed soos altyd, wat het tussen ons skeef geloop?’ Vra sy met ‘n glimlag op haar gesig. En toe kom Josh terug met die twee koffee’s in sy hande. ‘Die lewe het gebeur. Waar is my maniere Josh die is Beatrice. Beatrice die is my vriend Josh.’ Die twee het mekaar se hande geskut, en toe korrek sy vir Freddie. ‘Dus Beatrice Baxter, nie net Beatrice.’ Josh het net ‘n ongemaklike glimlag gegee hy kon die spanning tussen die twee voel. ‘Lekker om jou te ontmoet Beatrice Baxter.; ‘Selfde Josh. Gee my jou nommer Meneer Matthews sodat ek ‘n draai kan maak om die notas te kry jy belowe het.’ Freddie het nie nog twee keer gedink nie hy het sy nommer vir Beatrice gegee, hy wil nie maar hy het voorgestel dat sy notas by hom kry. ‘Verwag ‘n oproep of text van my af binne kort.’ ‘Solank jy dit profesioneel hou is daar geen probleem.’ En dus gee sy hom weer ‘n drukkie met ‘n soentjie op sy wang ‘Natuurlik sal ek dit profesioneel hou. Geniet die dag veder boys.’ En voordat die twee kon groet is Beatrice weg tussen die ander studente. Oppad na hulle volgende klas toe. ‘Daai was nou intense. Hoe ken julle mekaar.’ Vra ‘n nuuskurige Josh. En al wat uit Freddie se mond uit gekom het was ‘Dit was my eerste groot liefde.’ Josh het glads stil gestaan om te vra. ‘En? Wat het skeef geloop?’ ‘Lang storie my bru en hoe minder ek van dit praat hoe beter. Ek wil liewer my CV in gooi by een van die white chicks hier.’ Josh het geen keuse as om vinnig te loop want Freddie was besig om baie vinning te loop. ‘Slow down my bru! En Trust my bru hulle is nie into Bruin mense nie, jy gaan net jou tyd mors! En besides lyk jou ex het nog feelings vir jou die manier waarop sy jou naam pronouce ‘FFFFFRRRREEEEDDDIIIEEEE.’ Josh vrek van die lag soos hy die naam UITSPREEK presies soos Beatrice gedoen het, hy is nou ‘n regte grap jas. Terwyl Freddie glad nie dink dat hy snaaks is nie. ‘Wel laat sy maar feelings het my bru, ek soek haar glad nie nie terug nie sy is ‘n pyn in die gat, sy het twee jaar by die huis gesit maar nog steeds het sy dieselfde mentality.’ Die twee is die klas binne waar almal besig was om te praat terwyl hulle vir die lecturer wag om op te daag. ‘Maar is alles reg jou kant ou maat?’ Vra Josh vir Freddie. ‘Ja wat. Net moeg, slaap nie baie goed nie, dink is die toetse wat nog kom wat laat ek so min slaap.’ ‘Relax my bru toestse is eers oor drie weke jy oor ys jou al ewig. Besides nou dat Weed legal is slaap ek kak lekker. Jy moet saam my kom uithang ons ken mekaar al twee jaar maar nog nie eens eenkeer saam geblom nie.’ Freddie trek ‘n gesig. ‘Naai my bru jy weet mos ek is nie ‘n man wat met dwelms mors nie.’ ‘Freddie, Dagga is nie dwelms nie. Dit is ‘n medikasie wat jou slaap patrone nxa maak.’ Josh probeer baie oortuigend klink, maar lyk nie asof hy deur kom by Freddie. Dwelms en geweld is reeds van die omstandighede wat hy onsnap het…Dus weier om dagga te probeer. Freddie bevind hom in die derde ry van die paviljoen en bepaal sy aandag op Roderick wat besig was met opwarmings oefeninge op die veld. Hy is besig om hom self voor te berei vir een of ander toneelstuk waarin hy ‘n atleet gaan speel, en wanneer Roderick ‘n karakter speel maak hy seker hy studeer elke eienskap van die karakter. En die enigste rede waarom Freddie vir hom sit en wag na ‘n lang dag is omdat hy baie lui is om terug flat toe te stap. Freddie se foon maak ‘n geluid, dus ‘n boodskap van ‘n vreemde nommer. Hy maak die text oop en lees. ‘Vandag het my weer herinder aan die ou dae! Ek en jy saam was magic.’ Hy vang baie vinnig dat dit Beatrice is. Hy het net die foon langs hom neer gesit en sy kop gehou. En dus kom Roderick aangehardloop met sy kodige kort broekie wat amper sy hele maer boudtjies uit wys. ‘Wat pla jou Fredd? Ek is nou klaar dan kan ons ry.’ Freddie lug sy kop ‘Iemand van my verlede raak geloop vandag. EN ek het per ongeluk my nommer vir haar gegee. Dammit. EK moes van beter weet. Maar maak kla my bru ek moet nog gaan study.’ Roderick sit sy hand op Freddie se skouer. ‘Alles sal oraait wees my bru, moet nie laat een mens jou dag so suur maak nie, ek dink ons kan maar gaan ek is klaar.’ Freddie het Opgestaan en sy sak gevat en vir Roderick kar toe Agtervolg. Hy het nie op Beatrice se boodskap reageer nie. Oppad na die flat het hy ook niks gepraat nie. ‘Gaan ons nie takeaways kry vir vanaand nie? Ek moet nog paar lyne leer vir die rol so ek gaan nie juis kans kry om te kook.’ Vra Roderick terwyl sy oė op die pad is. Freddie en Roderick het hierdie weird broer bond tussen hulle ‘BROMANCE.’

3 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page