top of page
Search

Die Intern 15

Updated: Feb 2, 2021

Roderick is hard besig op sy laptop, so vroeg in die oggend. ‘Is daar dan nie vanoggend ontbyt nie.’ Maak Fredds sy verskyning uit die kamer. Die droom wat hy oor Beatrice gehad het, het hom die heeloggend gepla dit het hy nooit rerig slaap gekry nie. Maar hy ook nie gedink hy moet solank bietjie ontbyt maak toe hy nie kon slaap nie. ‘Ek is gou besig met iets.’ Gee Roderick antwoord. ‘Dan is dit seker maar weetbix? Vir ontbyt.’ ‘Ja nee maak sommer maar vir my ook asseblief as dit nie te veel moeite is nie.’ Fredds stem ook maar in en maak die weetbix soos die ketel kook maak Roderick ‘n helse geraas in die sitkamer. Fredds hardloop dadelik om te kyk wat aangaan. ‘My bruh is alles oraait?’ ‘Raai wat? Een van die land se beste Agente in die entertainment industry het my gister ‘n luitjie gegee, en ek was so onnosol gedink dit is ‘n scam of ‘n ding. Raai wie gaan Johannesburg toe Vrydag?’ ‘Wag nou ek is lost.’ ‘Ek gaan vir ‘n audisie vir ‘n moonlike rol in 7De Laan.’ ‘Wag nou, is jy dood Erinstig dus major dude geluk.’ ‘Dankie, ek beter nou dadelike die vrou terug skakel.’ Fredds is toe terug Kombuis toe terwyl Roderick die oproep maak. ‘Die weetbix is reg my bruh.’ Dit kom Roderick met ‘n bree glimlag die Kombuis binne. ‘Ek neem aan alles is reg nou?’ vra Fredds terwyl hy suiker oor sy weetbix gooi. ‘Natuurlik, Yours Truly vertrek Vrydag oggend 9 uur.’ ‘Wat van jou klase Vrydag? ‘Sal een van my klas maats vra om vir my notas te vat, ek kry net sulke geleenthede een keer in ‘n skrikel jaar.’ ‘Ek kan nou nog nie glo nie bra.’ ‘Hou net duimvas dat ek die rol kry dit is ‘n tydelike rol.’ ‘En as jy die rol kry wat van jou studies? Wat van Natal, want jy kan tog nie elke dag vlieg Johannesburg toe om paar scenese te shoot en dan weer terug te kom.’ ‘There is many ways to kill a cat Bro Fredds. Ek wou nog altyd in Pretoria my drama loop Baan gaan voltooi het so as dit kom by daai punt sal ek trek.’ ‘Jy is tog nie Erinstig nie. Moet ek nou dood van die hongerte?’ ‘Jy kan mos kook. Bid net laat ek die rol kry.’ ‘Ek bid jy doen nie, want waar gaan ek weer ‘n roomie kry wat so baie omgee?’ ‘Arg toe nou Fredds is hoogtyd dat jy moet vir jou ‘n meisie kan sy vir jou kom kook.’ Roderick is baie opgewonder en Fredds is bly vir hom. Nadat die twee klaar geźet het is hulle weg Uni toe. Soos elke dag gaan drop Roderick vir Fredds by die hospitaal af en gaan sy koers. Oppad na Dokter Veldman se kantoor gewaar hy weer vir Josh was sy rug sak vol stop met ARV’s. Hy besluit om hom skrik te maak. Hy verander sy stem ‘Wat maak jy Meneer!’ Josh skrik so groot dat hy een pak van die pille laat val. ‘My bruuuu, jisliked dit was nie nodit nie.” Fredds vrek soos hy lag ‘HAHAHAHAHA jy moet die uitdrukkings op jou gesig gesien het, dit gelyk asof jy jou wil nat pis.’ ‘Dit is nie snaaks nie.’ ‘Kom maak klaar Dokter Veldman wag vir ons.’ Fredds het besluit om niks weer te sź oor die pille steel situasie want hy het gister op ‘n blou Maandag ‘n lekker veis hou gekry. Josh zip toe vinnig sy sak toe en loop saam met Fredds na Dokter Veldman se kantoor. ‘Wat doen ons Vandag?’ vra Josh ‘Hy het laas week belowe dat ons mense gaan besoek wat aan kanker lui.’ ‘My magies, ek is nie gereed vir dit nie, my Ouma het kanker gehad en die siek het haar omtrent verniel, sy het so hard probeer om sterk te wees maar later aan kon sy nie meer nie, die siek is erger as HIV.’ ‘Jammer om te hoor Josh. Maar ons moet met die goed deal dalk kan ek en jy in die toekoms op kom met ‘n cure vir dit.’ ‘Dit is ‘n plan, maar ek en jy wil tog nie mediese navorsers word nie, ek wil in ‘n operating room is, ek wil aan mense sny en sien hoe spat bloed.’ ‘Jy laat dit amper soos iets uit ‘n series klink.’ Die twee het gesels tot voor Dr Veldman se kantoor. Hierdie keer het hy hulle aanbeveel om hul sake in sy kantoor te los, en hy het elkeen ‘n masker gegee. Hulle kon nie hierdie keer boeke saam vat om notas te maak nie hulle moet net saam loop en observeer. Nadat hulle 3 ure saam met Dr Veldman gespandeer het loop hulle moeg moeg en sleep voet na die cafeteria en soos Gewoonlik loop hulle in Beatrice vas. ‘Wat ‘n lekker Verasing Matthews en Joshy.’ ‘Beatrice Baxter.’ groet hulle altwee gelyk sonder enige lus. ‘Julle is so baie saam dat julle nou al nes ‘n tweeling klink.’ ‘Ek het ‘n vraag vir jou. Hoekom het jy al jou boodskapPe wat jy my die afgelope week gestuur het delete?’ Vra Fredds. ‘Ek los julle twee nuh, ek is raasend honger.’ laat weet Josh voord dat hy loop. ‘Nee dit is net ek wil dit nie constantly lees nie, dit maak my net upset die dat ons nou mekaar Vergewe het wil ek hź ons moet op ‘n skoon en nuwe bladsy begin, so ek stel voor jy delete al jou messages wat jy aan my gestuur het ook.’ ‘Oh ja jy het ‘n punt beet ek delete dit sommer nou, nou.’ Beatrice gee ‘n slingse glimlag af. Fredds delete die boodskappe voor haar. ‘Op ‘n nuwe begin.’ Beatrice gee hom ‘n drukkie. ‘Dankie dat jy my kon verge we Beatrice.’ Maak Fredds wat se kop op Beatrice se skouer leen ‘n opmerking. Die twee los toe mekaar. ‘Ek sien jou dan Vrydag wanneer ek die notas vir jou Kampus toe bring.’ ‘Regso geniet jou dag en lekker leer Bea.’ ‘Daar doen jy dit weer, maar ek likes dit. Totsiens Fredds tot Vrydag.’ Sy loop shake, shake weg. Daai arme maer heupe word behoorlik geshake. Roderick het sowaar geval vir dit. En Fredds het die boodskappe delete. Aih aih aih Bea is net op ‘n next level … Dink julle Fredds het nog gevoelens vir hierdie Mal kop?


5 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Comments


All Videos

All Videos

bottom of page