top of page
Search

Die Intern 14

Updated: Jan 31, 2021

Fredds kry ‘n droom van Beatrice in die droom loop sy in die see en hy probeer agter haar hardloop, maar sy skreeu dan. ‘Los my uit ek wil dood soos my baba, los my laat ek verdrink.’ Fredds weet nie wat om te doen nie, hy wil agter haar aan hardloop maar hy kan nie swem nie en die branders is sterk. En soos blits verdwyn Beatrice saam met die branders. Hy skreeu kliphard “Nee, Nee!” Dus skrik hy dadelik wakker, hy is pap nat gesweet. ‘Dankie Here, dit was net ‘n droom.’ Fluister hy toe hy agterkom dat hy net gedroom het. Hy gryp sy foon wat op die bed kassie langs hom lê om die tyd te kyk. Hy sien dat dit 2 uur in die oggend is. Hy besluit dan om op te staan om ‘n glas water te gaan drink. Die droom pla hom sy Ma se woorde speel in sy kop af ‘Elke droom het ‘n betekenis my kind.’ En hy dink by himself wat kan hierdie droom tog beteken, hy lê op sy rug die slaap is skoon weg. Al wat hy nou doen is lê en dink oor die droom. Hoekom was hy hartseere toe Beatrice haarself dood maak in die droom? Is dit omdat hy nog miskien lief is vir haar?’ Hy het nie nou al die antwoorde nie, en dit maak hom frustrated. Die volgende oggend in Beatrice en Ravonia se woonstel. Beatrice is vroeg besig om iets aanmekaar te slaan vir sy en Rav. ‘Goodmornings Beatrice.’ ‘Môre Jy Engelse Bird.’ Antwoord ‘n vroëlike Beatrice. ‘Why are you so busy so early, you’re usually the one that sleeps late.’ Vra Rav terwyl sy langs Beatrice staan om te kyk wat sy besig is om te maak. ‘Kan ek nie vriendelik wees nie, you know the saying when life throws you lemons you make lemonade girl. So sit nou die kos kom nou, nou.’ ‘I like this Beatrice. You’ve even glowing, so come tell Sis Rav who the guy is?’ Rav het gaan sit aan die Kombuis tafeltjie terwyl Beatrice opskep van die heerlike bacon en eiers wat sy gemaak het, die rooi worsies bly nie agter nie. ‘Who said it was a guy?’ Vra Beatrice toe sy uiteindelik sit, ‘n kans kry. ‘Don’t tell me your into Chicks.’ Vra Rav met kos in haar mond. Beatrice het baie vinning die vraag bentwood, ‘No, No Don’t be silly wena!’ ‘I was about to say, should I get myself a blade to protect my Virginity.’ Rav is ‘n anne grap jas. Die trane loop van Beatrice se oë af soos sy lag ‘Girl your something else, a BLADE? I can’t deal with you.’ ‘But anyways girl vertel vir Sis Rav what is making you so happy for the nation?’ Rav is lekker muskier. ‘Wel as jy moet weet, ek voel net lekker want ek gaan finally justice kry vir wat ek moes jare en jare deur maak. En alles is besig om in plek te val.’ Antwoord Beatrice met ‘n glimlag op haar gesig. ‘I’m so happy for you. You see pain isn’t forever girl.’ ‘Nes jy daar sê Sis Rav.’ Die tweetjies het hulle ontbyt rustig aan tafel lag, lag en gesels klaar geëet. Toe Beatrice in haar kar klim voordat sy nog kon ry bel sy haar Ma. ‘Hello Mammie. Kon Mammie toe die agent ooreed om vir Roderick daardie audisie te kry, Vrydag in Johannesburg?’ ‘Heey Ma se pragstuk, natuurlik hoe ken jy my? Ek is ‘n vrou van haar woord. Nou moet jy net bid hy stem in want die agent het my gebel en gesê dat hy eers wou maak of sy legit is, hy is nogals nie onder ‘n klip uit gebore nie, maar hy gaan gou agter kom dat alles above board is en dan my liewer Beatrice gaan hy nie nog twee keer dink nie. En ek laat weet jou die oomblik wanneer hy land. Maak jy net seker alles is in order vir Vrydag, niks mag skeef loop nie hoor jy my, anders gaan ons verniet geld spandeer op Roderick se vliegkaartjies en verblyf.’ ‘Dis nou te baie om in te neem. Maar Ma hoef nie te worry nie, ek is gereed alles sal uitwerk, vertrou my net hierdie een keer.’ ‘Ek het volle vertroue in jou. Maak seker jy drink tog jou medikasie, want dit kan teen ons tel in die toekoms en dit kan ons plan lelik omver gooi.’ ‘Ma moet nie bekommerd wees nie ek drink my medikasie elke dag, elke dag.’ ‘Ek moet net seker maak Beatrice. Jy wil nie weer opgesluit word tussen klom mense wat se koppe raas.’ ‘Ek verstaan Ma. Stuur vir my geld asseblief ek wil die beste lingerie gaan koop.’ ‘Beatrice jy kan nie lingerie koop nie wil jy hê ons plan moet geheel en al skeef loop?’ ‘OKAAY MA ons praat dan weer.’ ‘Reg my kind, kry genoeg rus vir die groot dag wat ons vir 2 jaar wag.’ ‘Ek moet so Ma lief vir jou.’ Mams sit dan die foon neer en Beatrice kyk gou net haar boodskape op Whatsapp en dit besluit sy om elke boodskap wat sy vir Fredds gestuur het te delete. Sy start toe haar kar en vertrek van haar woonstel.

3 views0 comments

Recent Posts

See All

KIMMY'S LIST

CHAPTER 21   Kimberly leaned a shoulder on the wall while she chatted to her work friend Naomi, during her allocated telephone call time....

KIMMY'S LIST

CHAPTER 20   Jax wedged the phone between his shoulder and ear while he continued to scribble notes. ‘OK. That’s great. I appreciate you...

CHAPTER 19 - CONTINUED

Jax positioned himself in front of the TV waiting for the news feed to loop back around. He sipped on his coffee, waiting.   ‘The Dawn...

Комментарии


All Videos

All Videos

bottom of page